{"id":3511,"date":"2011-03-31T15:21:00","date_gmt":"2011-03-31T13:21:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-waarheid-oor-ons-water\/"},"modified":"2016-03-02T14:16:24","modified_gmt":"2016-03-02T12:16:24","slug":"die-waarheid-oor-ons-water","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/","title":{"rendered":"Die waarheid oor ons water"},"content":{"rendered":"<p>Die nuus is nie goed nie. Die opskrifte in koerante laat jou hare regop staan: \u201cRioolvuil in drinkwater\u201d;\u201cKommer oor uraan in water\u201d of \u201cDae lank sonder water\u201d. Daar is berigte oor die water wat heeltemal gaan opraak. Daar is plekke waar mense woedend en raadop is omdat hul munisipaliteite nie behoorlik werk nie.Daar is \u2019n gestryery tussen omgewingsaktiviste, wat optrede eis, en die staat, wat meestal ontken dat die probleme so ernstig is as wat \u201copportunistiese groepe\u201d voorgee \u2013 volgens \u2019n persverklaring wat me. Nobulele Ngele, waarnemende direkteur-generaal van watersake, in September 2010 uitgereik het.En daar is mense soos die Cilliers\u2019s. Corn\u00e9 en Sarel Cilliers woon tussen Fochville en Westonaria langs die Leeuwspruitrivier, stroomaf van die land se grootste goudmyne. Talle toetse het reeds bewys dat die Leeuwspruit besoedel is met afvalmynwater, wat allerlei swaarmetale bevat \u2013 ook goud en uraan.<\/p>\n<p>Sarel (47) woon sy lewe lank in hierdie omgewing; die plaas Kalbasfontein, wat vandag \u2019n hele distrik vorm, het oorspronklik aan die Cilliers\u2019s behoort, so ook die plaas waarop Kloofmyn nou is. Corn\u00e9 (32) het tien jaar gelede van die Oos-Rand hierheen gekom. Sy is \u2019n gekwalifiseerde wildbewaarder, maar die afgelope klompie jare in die klerebedryf en ook boervrou. Dit het begin met die honde, vertel Corn\u00e9. Die afgelope vyf jaar is nege van hul\u00a0 honde en \u2019n kat aan kanker dood. Haar stem is sterk, sy praat nugter, sonder sentiment. \u201cDie kat was die ergste, die hele gesiggie was weggevreet. Toe die boerboel Mufasa. Hy was baie sterk. Dit het begin met iets soos \u2019n sproet onder die vel. Toe lyk dit soos \u2019n abses. Drie maande, toe\u2019s hy dood. Brakenjan het nie lank gely nie, twee weke, toe\u2019s sy dood.\u201d So gaan dit aan.<\/p>\n<p>\u201cDis moeilik om te s\u00ea wat die oorsaak is. Die kos? Die water? Maar iets is baie, baie verkeerd. Ons het vroe\u00ebr groente gekweek\u00a0 maar ons kan nie meer besproei nie, daar bly \u2019n wit poeier agter wat jy veral duidelik op die spinasie kon sien. \u201cOns het beeste gehad, maar hulle het begin aborteer. Ons skape het sulke klein, gebreklike dwerglammertjies gehad, hulle lyk soos klein foksterri\u00ebrtjies.\u201dMaar sy is die bekommerdste oor Sarel. Hy het vroe\u00eb Alzheimersiekte, sy o\u00eb is drasties aan die verswak en daar is probleme met sy geheue, abnormaal vir iemand so oud soos hy. Sy het baarmoederkanker gehad; tot laat verlede jaar is kankerletsels gereeld van haar baarmoeder geskraap. Sy is in remissie. Die hunkering na \u2019n eie kind is iets wat sy dikwels voel. Durf sy kinders h\u00ea? Maar Sarel huiwer: \u201c\u2019n Mens kan nie \u2019n kind in so \u2019n vuil w\u00eareld inbring nie.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie s\u00ea dis die water nie. Maar jy sien maar wat om jou gebeur,\u201d s\u00ea Corn\u00e9. \u2019n Mens kan inderdaad nie s\u00ea dis die water nie. Daar is te veel veranderlikes. Die skakel tussen swaarmetale en Alzheimersiekte is nog nie bewys nie en omdat kankers so lank kan neem om te ontstaan, is dit byna onmoontlik om te bewys wanneer en hoekom dit ontstaan het. Dit kan iets anders wees wat al di\u00e9 probleme op Kalbasfontein veroorsaak. Maar hulle is nie die enigste mense langs die Leeuwspruit wat hartseerstories het om te vertel nie. Daar is Ren\u00e9 Laubscher, wie se vrou, Esm\u00e9, in 2008 aan kanker dood is, en wie setwee kinders, Jeanne en Constant, albei kanker gehad het maar nou gesond is. Daar is me. Nicci Simpson, wat \u2019n tehuis vir honden het: \u201cVeertien honde en een kat. En\u201d (sy huiwer effens) \u201cmy man,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Piet Rheeder (68) vertel hoe mooi die dam op sy plaas was, hoe groot die karpe was, hoe daar otters en vo\u00ebls soos reiers en pelikane was, en honderde ganse en eende \u2026 En steeds is hy hartseer as hy vertel van sy vrou, Aletta, wat in 2001 aan kanker oorlede is. Piet se dam is die eerste reseptor stroomaf van \u2019n slikdam waar mynafval gestoor word. \u201cEk kan nie bewys dis die water nie. Ek blameer nie die myn nie,\u201d s\u00ea hy. Nee, die nuus oor water is nie goed nie. Maar hoeveel van die stories is alarmistiese bangmaakpraatjies? Wilde aantygings? Of selfs, soos iemand anders van owerheidwee suggereer, \u2019n uitgebreide set van maatskappye wat water in bottels verkoop en \u201cal die pad bank toe lag\u201d?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea die kenners?<\/h4>\n<p>Helgard Muller, hoofdirekteur: regulering by die departement van waterwese s\u00ea Suid- Afrika is \u2019n waterskaars land en ons water m\u00f3\u00e9t behoorlik bestuur word. \u201cDaar is twee aspekte aan die probleem: die hoeveelheid water en die gehalte daarvan. Wat die gehalte betref, is daar ook twee aspekte: die water in die riviere en die water in die krane. As daar in sekere riviere probleme is, is dit nog lank nie so dat daar \u2019n probleem in alle riviere of in die krane is nie.\u201cOp sekere plekke is probleme onafwendbaar. Maar daar gaan nie skielik iets verskrikliks gebeur en dan is daar geen water nie.\u201d Muller s\u00ea daar is baie kundigheid in die land en Suid-Afrika se waterkenners word hoog geag. Hy en \u2019n kollega het onlangs op uitnodiging van die W\u00eareldgesondheidsorganisasie aan \u2019n kongres oor waterbestuur in Montreal, Kanada, deelgeneem. \u201cOns beplan vooruit vir nuwe projekte, ons werk nou aan die Lesotho Hooglandprojek Fase II. (Die nuwe damme kan teen 2020 voltooi wees.) Ons kyk ook na hergebruik en na waar water bespaar kan word. \u201cOns departement se werk is deursigtig. Niemand het vyf jaar gelede mooi geweet waar ons staan met watergehalte nie, maar dit word nou bekend gemaak. Enigeen kan op ons webblad gaan kyk wat elke munisipaliteit se watersituasie is.\u201d<\/p>\n<p>Victor Munnik is die waarnemende beleidshoof van Mvula-trust, die grootste nieregeringsorganisasie wat met water gemoeid is, en bestuur ook \u2019n watergehalteprogram. Hy gee \u2019n historiese perspektief. \u201cIn die ou dae het die wet ges\u00ea die water behoort aan die eienaar van die rivieroewer. Nou s\u00ea ons wet die water behoort aan ons almal, en die staat is die bewaker daarvan.\u201d Hy s\u00ea sowat 98% van die water is reeds toegewys, maar dat dit \u201cbaie doeltreffender gebruik moet word. Landbou kry byvoorbeeld meer as 50%. Maar veral in besproeiing is daar baie ondoeltreffende gebruik.\u201dVictor s\u00ea die wetgewing oor nywerheidswater \u201cword al beter\u201d, maar daar is nie behoorlike toepassing van die wet nie. Hy beskuldig sommige nywerhede van moedswilligheid. \u201cHier teen Kersfees, wanneer personeel met verlof is en alles en almal meer ontspanne is, maak baie nywerhede gereeld hul tenks met besoedelde water in riviere leeg. Maar daar is ligpunte. Randwater, byvoorbeeld, beskerm hul opvangsgebied.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>En drinkwater?<\/h4>\n<p>Te min water is een ding, en dit is grootliks uit individue se hande uit. Tog voel dit asof daar hoop is met die belofte van meer water uit Lesotho, en moontlikhede van besparing op groot en klein skaal. Maar dis veral berig-te oor water wat ondrinkbaar is waaroor verbruikers bekommerd is. Carin Smit, \u2019n neurotoksoloog in Roodepoort en \u2019n stigterslid van die Stigting vir Skoon Water, verduidelik dat daar verskillende soorte besoedeling is en dat elkeen sy eie gesondheidsprobleme veroorsaak. Van rioolafval kan mense diarree, cholera, chroniese derminfeksies, parasiete (onder meer in die brein) kry; van suurmynwater wat toksiese metale soos uraan in die water laat oplos, kry mense onder meer kankers, dermkanaalsiektes sowel as genetiese mutasies wat tot verwronge fetusse lei. Die verhoogde voorkoms van mense wat as hermafrodiete, soos Caster Semenya, gebore word, is te wyte aan industri\u00eble afvalwater wat byvoorbeeld DDT bevat. Fosfaatbemesting wat in die landbou gebruik word, het\u00a0uraan in. Die oorloopwater beland in strome en die watertafel.<\/p>\n<p>\u201cAlle besoedeling kan lei tot immuuninkorting en kankers,\u201d s\u00ea Carin. Die winkelgroep Woolworths het onlangs sy kommer uitgespreek oor besoedelde water wat vir die besproeiing van groente en vrugte gebruik word. Sulke produkte is soms besmet met die E.coli-bakterie. Woolworths koop nie sulke produkte aan nie en is bekommerd dat die probleem sal toeneem. Helgard Muller erken dat daar probleme met besoedeling is: \u201cDaar is probleme in riviere en damme soos die Laer Vaalrivier, die Olifantsrivier en die Hartbeespoortdam. Daar is ook probleme met munisipaliteite se watersuiwering. Maar alle water kan gesuiwer word. Dit kan wel duur wees en word steeds duurder.\u201d Victor Munnik s\u00ea redelik onlangse navorsing wys twee derdes van munisipaliteite se rioolwerke werk nie behoorlik nie. Die departement van waterwese ken Blou Druppel- en Groen Druppel-status toe aan munisipaliteite vir die behandeling en monitering van drinkwater en rioolsuiwering onderskeidelik. \u2019n Stel vrae word aan die owerheid gestel, soos of hulle oor die regte personeel beskik en of hulle monsters neem. Die staat bied ook ondersteuning. Die probleem kom daarby dat plaaslike regerings vir die toepassing verantwoordelik is. En plaaslike regerings funksioneer nie altyd goed nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat kan jy doen?<\/h4>\n<p>Prof. Johann Tempelhoff, hoof van Noordwes- Universiteit se navorsingseenheid oor die kulturele dinamika van water, s\u00ea die Waterwet van 1998 maak voorsiening vir samewerking deur burgerlikes. Deur middel van waterforums oor die land heen kan enigeen inskakel by die bestuur van ons water, saam met die owerheid, sakelui en ander belanghebbendes. \u201cEk is betrokke by \u2019n paar sulke forums,\u201d s\u00ea hy. \u201cOngelukkig werk dit nie altyd na wense nie. Die alternatief is \u2019n vorm van wateraktivisme. Die mees ekstreme voorbeeld hiervan &#8211; en \u2019n mens kan dit nie wetlik goedpraat nie &#8211; is die inwoners van Sannieshof in Noordwes, wat letterlik die munisipaliteit se dienste oorgeneem het.<\/p>\n<p>\u201cSave the Vaal Environment is meer gematig, waar die groep die munisipaliteit hof toe neem. \u2019n Mens moet kyk wat die beste plaaslike opsie is. Veral in landelike gebiede is dit soms nodig om so \u2019n forum te stig of gesamentlike optrede aan die gang te sit. \u201cSoms is daar mense (soos \u2019n afgetrede boer of iemand wat iets van waterbestuur weet) wat \u2019n selgroep kan vorm en dienste aan munisipaliteite kan lewer en op di\u00e9 manier bystand lewer. Ons gaan n\u00earens kom as mense net terugsit en kritiseer nie. Daar m\u00f3\u00e9t na oplossings gesoek word. \u201cVeral in landelike gebiede, waar mense eers saam t\u00e9\u00e9n die owerheid kon optree, kan hulle s\u00e1\u00e1m met die owerheid nog meer uitrig. Wanneer mense gemeenskaplik optree oor gemeenskaplike, werklike probleme soos die omgewing, dan vlieg politieke probleme dikwels by die deur uit. \u201cDaar bestaan reeds diensgroepe soos die Rotari\u00ebrs, die Landbou-unie en ander groepe wat naastediens lewer. Waar daar nie is nie, kan kerkgroepe begin optree. \u201cPlaaslike owerhede is dikwels die bron van probleme in waterbestuur. Hulle gaan nog vyf tot tien jaar nodig h\u00ea om hul sake in orde te kry, maar ons het nie soveel tyd nie \u2026 Daarom moet ons nou optree.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wenke<\/h4>\n<ul>\n<li>Bespaar water waar jy kan, selfs op die vlak van kraan toedraai as jy tande borsel. Ons het nie water om te mors nie!<\/li>\n<li>\u00a0Ondersteun die Stigting vir Skoon Water. Hou jou o\u00eb oop vir produkte waarvan \u2019n deel van die wins in die vorm van Green Bucks aan di\u00e9 stigting geskenk word. Hulle beplan om die werk van groepe wat op water fokus te ko\u00f6rdineer en onder meer nywerhede, owerhede of selfs individuele amptenare wat nie hul werk doen nie, hof toe neem.<\/li>\n<li>Kom op die hoogte van die watersituasi in jou omgewing. Lees koerante en gaan kyk op die departement van waterwese se webwerf,<a href=\"http:\/\/www.dwaf.gov.za\" target=\"_blank\">www.dwaf.gov.za<\/a> by \u201cMy Water\u201d.<\/li>\n<li>As jy \u2019n geval sien waar water gemors of besoedel word, bel jou munisipaliteit (wees bereid om meer as een oproep te maak) of die departement van waterwese, of jou plaaslike waterforum.<\/li>\n<li>Sluit aan by \u2019n waterforum, hulle het meer vrywilligers nodig. Kontak Victor Munnik by Mvula Trust via die webblad <a href=\"http:\/\/www.mvula.org.za\" target=\"_blank\">www.mvula.org.za<\/a> of bel 011 403 3425 om te hoor van bestaande forums of hoe om saam met Mvula te werk, of die Federasie vir \u2019n Volhoubare Omgewing by <a href=\"http:\/\/www.fse.org.za\" target=\"_blank\">www.fse.org.za<\/a> As daar nie \u2019n forum is nie, gesels met mense en begin een.<\/li>\n<li>Dis die regering se plig om ons water op te pas, maar die regering kan nie by elke kraan waghou nie \u2013 werk saam met hulle.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Beveilig jouself Verbruikers is nie heeltemal uitgelewer aan die owerhede nie; daar is baie wat mense kan doen om hulself te beveilig.<\/p>\n<ul>\n<li>Bel\u00ea in \u2019n goeie waterfilter; koop die beste wat jy kan bekostig.<\/li>\n<li>Carin Smit raai mense aan wat in gebiede bly waar moontlike besoedeling is om \u2019n tru-osmose filtertoestel tussen hul huis en die munisipale bron te laat installeer.<\/li>\n<li>Hulle kan hulle ook by \u2019n toksoloog laat toets vir swaarmetaal-oorlading. Deurmchilering, \u2019n spesiale soort ontgiftingsproses, aanvullings en dieet kan sulke mense,gehelp word. Besoek <a href=\"http:\/\/www.carinsmit.co.za\" target=\"_blank\">www.carinsmit.co.za<\/a>vir meer inligting.<\/li>\n<li>Kook jou water as jy enigsins vermoed dat daar bakterie soos E.coli in die water is.<\/li>\n<li>Dis tragies dat alle fonteinwater \u2013 en dus gebottelde water &#8211; op die planeet waarskynlik nie meer 100% suiwer is nie, maar wanneer daar \u2019n probleem in jou kraanwater is, is dit baie beter as niks.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuus is nie goed nie. Die opskrifte in koerante laat jou hare regop staan: \u201cRioolvuil in drinkwater\u201d;\u201cKommer oor uraan in water\u201d of \u201cDae lank sonder water\u201d. Daar is berigte oor die water wat heeltemal gaan opraak. Daar is plekke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":16606,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674],"tags":[2979,2980,2981],"class_list":["post-3511","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","tag-drinkwater","tag-watertekort","tag-watersituasie-in-sa"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die waarheid oor ons water | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die waarheid oor ons water | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die nuus is nie goed nie. Die opskrifte in koerante laat jou hare regop staan: \u201cRioolvuil in drinkwater\u201d;\u201cKommer oor uraan in water\u201d of \u201cDae lank sonder water\u201d. Daar is berigte oor die water wat heeltemal gaan opraak. Daar is plekke [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-03-31T13:21:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-02T12:16:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die waarheid oor ons water\",\"datePublished\":\"2011-03-31T13:21:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:16:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/\"},\"wordCount\":2145,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/03\\\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg\",\"keywords\":[\"drinkwater\",\"watertekort\",\"watersituasie in SA\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/\",\"name\":\"Die waarheid oor ons water | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/03\\\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg\",\"datePublished\":\"2011-03-31T13:21:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:16:24+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/03\\\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/03\\\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg\",\"width\":800,\"height\":533},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-waarheid-oor-ons-water\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die waarheid oor ons water\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die waarheid oor ons water | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die waarheid oor ons water | rooi rose","og_description":"Die nuus is nie goed nie. Die opskrifte in koerante laat jou hare regop staan: \u201cRioolvuil in drinkwater\u201d;\u201cKommer oor uraan in water\u201d of \u201cDae lank sonder water\u201d. Daar is berigte oor die water wat heeltemal gaan opraak. Daar is plekke [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-03-31T13:21:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-02T12:16:24+00:00","og_image":[{"width":800,"height":533,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die waarheid oor ons water","datePublished":"2011-03-31T13:21:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:16:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/"},"wordCount":2145,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg","keywords":["drinkwater","watertekort","watersituasie in SA"],"articleSection":["In die nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/","name":"Die waarheid oor ons water | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg","datePublished":"2011-03-31T13:21:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:16:24+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/water-wat-loop-uit-n-kraan.jpg","width":800,"height":533},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-waarheid-oor-ons-water\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die waarheid oor ons water"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3511","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3511"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3511\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16606"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3511"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3511"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3511"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}