{"id":3509,"date":"2011-03-31T14:44:00","date_gmt":"2011-03-31T12:44:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/cher-baanbreker\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:25","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:25","slug":"cher-baanbreker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/","title":{"rendered":"Cher: Baanbreker"},"content":{"rendered":"<p>Die afgelope 33 jaar het sy met die een trefferliedjie n\u00e1 die ander haar plek in die kollig behou.\u00a0 In \u2019n w\u00eareld waar jonkheid alles is, het <strong>Cher<\/strong> haar ikonstatus en volharding te danke aan daardie onbepaalbare eienskap &#8211; suiwer sterstatus. Sy is \u2019n fassinerende kombinasie van talent, harde werk en \u2019n verbete vasbeslotenheid om vir meer as \u2019n blote kostuum bekend te wees &#8211; eienskappe wat in die mededingende Hollywood van haar die uitverkore ontvanger gemaak het van \u2019n Oscar (vir Moonstruck), \u2019n Grammy, \u2019n Emmy en \u2019n People\u2019s Choice Award. Cher is \u2019n baanbreker. Sy het met jonger mans uitgegaan toe so iets nog skandalig was. Aan die modefront het sy onder meer <em>bell bottoms<\/em> gewild gemaak en \u2019n storm ontketen toe sy op televisie verskyn het in \u2019n uitrusting wat haar naeltjie wys.<\/p>\n<p>Hoewel Sonny dikwels gesien is as die swakker skakel in die verbintenis, het hy in werklikheid hul professionele \u00e9n private verhouding beheer. Cher vertel dat sy Sonny ontmoet het toe sy 16 was. \u201cEk was \u2019n massa ongefokusde energie sonder \u2019n enkele plan met my lewe. Sonny het my onder hande geneem en soos prof. Henry Higgins met Eliza Doolittle in <em>My Fair Lady<\/em>, my ontwikkel. Hy was my held. Ek het aan sy lippe gehang. Ek het so baie by hom geleer. Ek dink nie daar sou \u2019n Cher gewees het as dit nie vir Sonny was nie. Ons het baie pret gehad; ons was bitter snaaks as ons bymekaar was.\u201d Hulle is in 1975 geskei. Cher is later met Gregg Allman getroud. \u2019n Seun, Elijah, is uit die huwelik gebore. Haar dogter by Sonny, Chastity,het\u00a0 \u2019n geslagsveranderingsoperasie ondergaan en is nou bekend as Chaz. Sonny was \u2019n kongreslid toe hy in 1998 in \u2019n ski-ongeluk dood is. Sonny was dalk verantwoordelik vir die aanvanklike vorming van die jong Cher en die rigting wat hy aan haar lewe gegee het, maar dis die vrou wat met eie krag en deursettingsvermo\u00eb gegroei en ontwikkel<\/p>\n<p>Cher het tot \u2019n formidabele ster ontwikkel wat \u2019n legende in haar leeftyd geword en sukses op verskeie gebiede in die vermaaklikheidsw\u00eareld behaal het. Sy is nou op die drumpel van sewentig en dit lyk nie of sy van plan is om uit te tree nie. Sy bly \u2019n trekpleister in Las Vegas waar sy haar eie vertoning het en in stampvol teaters optree. Cher speel in <em>Burlesque<\/em> teenoor Christina Aguilera as die eienares van \u2019n klub wat die geite van opkomende sterretjies en haar eie geldprobleme moet hanteer. Sy sing, dans en staan nie \u2019n treetjie terug vir die jonger meisies nie. Ondanks hul skoonheid en jeug, is dit Cher wat die fokuspunt is in die tonele waarin hulle saam verskyn. In die nabyskote is daar feitlik nie \u2019n plooi op haar gesig te siene nie en haar ho\u00eb wangbene is steeds indrukwekkend. Ek neem aan dat sy vullers, Botox en \u2019n operasie of twee aan haar gesig laat doen het, maar presies wat, sal \u2019n mens nooit weet nie. Maar wat jy voor jou sien, is \u2019n pragtige, rare verskynsel wat baie soos die jong, sonbruin meisie van die jare sestig lyk. Sy is nie meer die verpersoonliking van jeugdigheid nie maar sy het iets anders bygekry: \u2019n tydloosheid, amper asof dit onmoontlik is om \u2019n bepaalde ouderdom aan haar te koppel.<br \/>\n<strong><br \/>\nHoekom het jy tien jaar gewag voor jy weer \u2019n rolprentrol aanvaar het?<\/strong><br \/>\nEk het di\u00e9 karakter volkome verstaan. Dit het gevoel asof ek haar soos die palm van my hand ken. Ek wou veral graag in \u2019n fliek sing en het nie gedink dat dit ooit weer sal gebeur nie. Daar was vroe\u00ebr net nie \u2019n draaiboek wat my belangstelling geprikkel het nie.<br \/>\n<strong><br \/>\nJy het \u2019n baie lang loopbaan gehad. Wat dryf jou?<\/strong><br \/>\nNiks dryf my nie. Ek is eintlik baie lui. Baie van die aanbiedings wat ek kry, klink vooraf na pret en daarvoor s\u00ea ek maklik ja \u2013 net jammer alles werk in die praktyk nie altyd s\u00f3 lekker uit nie! Ek weet daar gaan \u2019n tyd kom wanneer ek nie meer sal kan optree nie. Ek het juis in Maart \u2019n voetoperasie ondergaan. Ek is op die oomblik nog op die krukkelys.Maar ek geniet my werk en sal aanhou daarmee tot ek nie meer kan nie.<\/p>\n<p><strong>Toe jy die Oscar vir Moonstruck gewen het, het ons gedink dat jy op jou toneelspel gaan fokus, maar toe verdwyn jy weer van die skerm af?<\/strong><br \/>\nEk wou van die begin af toneelspeel, maar niemand wou my \u2019n kans gee nie. Tot Robert Altman op die toneel verskyn het &#8211; hy was nie bang om iets nuuts te doen nie. Toe hy met sy eerste Broadway-produksie besig was, het almal hom gewaarsku: \u201cMoenie vir Cher in jou stuk gebruik nie. Hulle sal elke beweging van haar bestudeer. Dit sal \u2019n nagmerrie wees.\u201d Maar hy het my in elk geval gekies. Dis hoe my verhoogloopbaan begin het. Vroe\u00ebr wou niemand my \u2019n kans gee nie.<\/p>\n<p><strong>Hoekom nie?<\/strong><br \/>\nSelfs n\u00e1 <em>Mask<\/em> het almal ges\u00ea, ja, sy is talentvol, maar haar k\u00earels is te jonk, en sy trek nie paslik vir \u2019n aktrise aan nie. Ek het \u2019n sekere beeld gehad en mense het nie gedink ek kan iets anders wees nie. Ek het my rol in <em>Silkwood<\/em> in die loop van \u2019n middag gekry. Mike Nichols (die regisseur) het baie gesukkel met my karakter en wou haar uit die fliek skryf tot hy en Meryl Streep my op die verhoog gesien het. Hy het kom vra of ek saam met Meryl in \u2019n nuwe rolprent wou speel. Toe s\u00ea ek ja. Dadelik. Hy wou weet of ek nie eers wou seker maak waaroor die storie gaan nie, maar ek het nie omgegee nie. \u2019n Paar dae later s\u00ea hy vir my: \u201cEk wil h\u00ea jy moet weet jou karakter is gay &#8211; \u2019n oulike gay vrou.\u201d Ek het steeds nie omgegee nie. Mense dink ek het my loopbaan vooruit beplan, maar alles het net in plek geval. Dis hoe die lewe is. Jy kan planne maak maar dinge werk altyd anders uit as wat jy voorsien het.<\/p>\n<p><strong>Dit lyk of jy trots is daarop om \u2019n sterk vrou te wees. Hoe maklik en lekker is dit regtig?<\/strong><br \/>\nEk dink nie \u2019n mens word as \u2019n sterk vrou gebore nie. As jy die regte rolmodelle en die innerlike potensiaal het, is dit soos \u2019n plantjie wat water kry en versorg word &#8211; jy groei en word sterker. Ek dink elke vrou wat sterk is en nie bang om haarself te wees nie, kan \u2019n rolmodel wees. Ek hou daarvan om \u2019n vrou te wees, maar ek hou ook van mans. Ek dink hulle is wonderlik, maar ek dink ons is \u2019n bietjie beter, sterker ook (lag). Mans is soos nagereg. Dis heerlik, maar jy wil nie elke dag nagereg eet nie. Maar soms los ek die hoofgereg en eet dadelik die poeding.<\/p>\n<p><strong>Wat was die laagste punt in jou lewe? En hoogtepunte?<\/strong><br \/>\nDit was \u2019n reuse-laagtepunt toe ek en Sonny geskei is. Ek het nie \u2019n werk gehad nie en ek het nie die vaagste benul gehad wat ek met my lewe wil doen nie. Ek het elf jaar lank op hom staatgemaak &#8211; ek het hom ontmoet toe ek 16 was en ek was 27 toe ons uitmekaar is, maar eintlik was ek steeds 16 jaar oud. Ek het reuse-foute gemaak, boonop voor almal, soos die advertensie waarin ek en \u2019n vriendin verskyn het om \u2019n produk te onderskryf. Almal het vir my gelag en n\u00e1 die hele episode kon ek twee jaar lank nie werk kry nie. Dit was voordat bekendes soos Julia Roberts in Lanc\u00f4me-advertensies verskyn het. Dit was \u2019n nagmerrie. Een van my hoogtepunte was die Oscar wat ek vir Moonstruck gewen het. Dit was \u2019n bevestiging van die gehalte van my werk as aktrise. Meryl (Streep) was so opgewonde om my onthalwe. My hele familie was daar en my kinders was nog klein. Ek was nog altyd \u2019n reuse-aanhanger van Audrey Hepburn en die aand toe ek bekroon is, loop ek daar in haar vas. Sy het vir my ges\u00ea: \u201dEk is so bly jy het gewen.\u201d Ons het \u2019n ruk daarna selfs gekorrespondeer. Maar ek kon nooit besluit of ek die blyste was dat ek die Oscar gewen het nie, of omdat Audrey bly was dat ek bekroon is nie.<\/p>\n<p><strong>Het jy al kleinkinders?<\/strong><br \/>\nEk wens ek het kleinkinders gehad! Maar ek het nou twee seuns en nie meer \u2019n dogter nie. Dis regtig moeilik om daaraan gewoond te raak. My ander seun is \u2019n kunstenaar en Chaz skryf en maak dokument\u00eare prente.<br \/>\n<strong><br \/>\nDie liedjie wat jy in Burlesque sing, \u201cYou Haven\u2019t Seen the Last of Me\u201d, is ongelooflik. Kon jy jou daarmee vereenselwig omdat jy ook nou op die kruin van jou lewe en loopbaan is?<\/strong><br \/>\nNee, beslis nie. Ek het op veertig reeds alles geweet wat ek vir \u2019n leeftyd nodig het. Ek het nie nodig om enigiets by te leer nie. Wat oorbly, is die gang van die tyd. Die rede hoekom vroue hulle met die liedjie kan vereenselwig, is omdat ons almal pyn ken; die opstaan ook; ons weet hoe dit voel om nie op te gee nie; om aan te hou veg. Maar ons bly vroue &#8211; sag, hoewel ons soms ook hard moet wees. Dis die perfekte liedjie. Weer eens, ek het nie gedink dat ek in die stadium van my lewe nog bekend gaan wees nie, of nog sou lewe nie. \u2019n Mens kan nooit s\u00ea wat gaan gebeur nie.<\/p>\n<p><strong>Dis vir my interessant dat jy n\u00e1 vyf dekades waarin jy \u2019n legende in die bedryf geword het, op stel glo meer saam met die mense wat agter die skerms werk as die sterre gekuier het.<\/strong><br \/>\nEk kom nog altyd goed met die produksiespan oor die weg. Ek het baie pret saam met hulle. Ek geniet ook die akteurs se geselskap, maar dit kan soms vervelig word. Die persoon wat die meeste energie op stel het, skep die atmosfeer wat daar heers. Ek het probeer om vir Ex-Tina (dis my naam vir Christina Aguilera) te wys dat sy met die regte houding en energie by die stel moet opdaag. Dit maak dinge ook lekkerder vir jouself. Dit neem net \u2019n paar minute per dag en dis meer pret om vriende met die mense te wees as om hulle net te ignoreer.<\/p>\n<p><strong>Een van jou grootste treffers was \u201cIf You Can Turn Back Time\u201d. Wat sou jy verander het as jy die tyd kon terugdraai?<\/strong><br \/>\nEk sou moontlik baie goed anders gedoen het &#8230; maar dis ook maar goed ek kan nie dinge verander nie. Ek het al die goeie en slegte episodes in my lewe nodig gehad. Dit het my gemaak wie ek is.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope 33 jaar het sy met die een trefferliedjie n\u00e1 die ander haar plek in die kollig behou.\u00a0 In \u2019n w\u00eareld waar jonkheid alles is, het Cher haar ikonstatus en volharding te danke aan daardie onbepaalbare eienskap &#8211; suiwer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3509","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Cher: Baanbreker | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Cher: Baanbreker | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die afgelope 33 jaar het sy met die een trefferliedjie n\u00e1 die ander haar plek in die kollig behou.\u00a0 In \u2019n w\u00eareld waar jonkheid alles is, het Cher haar ikonstatus en volharding te danke aan daardie onbepaalbare eienskap &#8211; suiwer [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-03-31T12:44:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Cher: Baanbreker\",\"datePublished\":\"2011-03-31T12:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/\"},\"wordCount\":1807,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/\",\"name\":\"Cher: Baanbreker | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2011-03-31T12:44:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/cher-baanbreker\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Cher: Baanbreker\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Cher: Baanbreker | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Cher: Baanbreker | rooi rose","og_description":"Die afgelope 33 jaar het sy met die een trefferliedjie n\u00e1 die ander haar plek in die kollig behou.\u00a0 In \u2019n w\u00eareld waar jonkheid alles is, het Cher haar ikonstatus en volharding te danke aan daardie onbepaalbare eienskap &#8211; suiwer [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-03-31T12:44:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:25+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Cher: Baanbreker","datePublished":"2011-03-31T12:44:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/"},"wordCount":1807,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/","name":"Cher: Baanbreker | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2011-03-31T12:44:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/cher-baanbreker\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Cher: Baanbreker"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3509","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3509"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3509\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3509"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3509"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3509"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}