{"id":3503,"date":"2011-03-14T11:42:00","date_gmt":"2011-03-14T09:42:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/katherine-heigl-prontuit\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:31","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:31","slug":"katherine-heigl-prontuit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/","title":{"rendered":"Katherine Heigl: Prontuit"},"content":{"rendered":"<p><strong>Katherine Heigl<\/strong> sweef die hotelkamer in Manhattan binne &#8211; \u2019n droom in \u2019n roomkleurige uitrusting van Michael Kors. Haar blonde krulle is op haar kop vasgesteek en haar glimlag is soos die son wat op\u2019n re\u00ebnerige dag deurbreek. Vandag gesels ons oor haar fliek, <em>Life as we know it<\/em>, waarin sy die wederhelf van Josh Duhamel, is. N\u00e1 haar rol in Grey\u2019s Anatomy, wat haar \u2019n Golden Globe besorg het, het di\u00e9 uitgesproke aktrise vinnig \u2019n suksesvolle oorgang na rolprente gemaak. Eers <em>Knocked Up<\/em> in 2007, toe <em>27 Dresses<\/em> (2008), <em>The Ugly Truth<\/em> saam met <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/deur-donker-dae\/\">Gerard Butler<\/a><\/span> (2009) en <em>Killers<\/em> saam met Ashton Kutcher in 2010.<\/p>\n<p>Katherine en haar man, die sanger Josh Kelley, het \u2019n Koreaanse babadogtertjie, Naleigh, aangeneem. Min mense weet dat Katherine ook \u2019n aangenome Koreaanse suster het. Sy is uitgesproke en eerlik, en gee nie voor dat alles in hul lewe maneskyn en rosegeur is nie. En net soos alle ander hardwerkende ma\u2019s moet sy heeltyd tussen haar twee rolle kies. Terwyl sy vir die foto vir rooi rose poseer, erken sy: \u201cAlles gaan goed totdat ek werk toe moet ry. Dan begin Naleigh huil. En dan wil my hart breek. As ek haar troos, word dit net al erger. Ek wil by haar bly, maar ek wil ook my werk goed doen. Dit voel altyd vir my asof ek iewers moet wees waar ek nie is nie.\u201d Oor haar huwelik is sy net so verbasend eerlik: \u201cJosh moet meer luister. Hy is so passievol oor sy musiek en raak heeltemal meegevoer, maar vergeet om my te vra hoe my dag was.\u201d<\/p>\n<p>Toe ek haar vra hoe hulle hul huwelik vars en opwindend hou, lag sy net: \u201cAnders as wat die meeste mans dink, weet vroue dat romantiese komedies nie die werklikheid is nie. Ons verwag nie \u2019n fantasieverhouding nie. Hulle moet net soms vir ons iets romanties doen.\u201d Di\u00e9 selferkende perfeksionis is die jongste van vyf kinders. Afgesien van haar aangenome suster het Katherine drie broers van wie een in 1986 in \u2019n motorongeluk dood is. Sy is \u2019n warm, oop en lewenslustige vrou met sterk menings. Tog kan ek nie help om te dink dat as sy \u2019n man was, daar nie so \u2019n groot ophef oor haar sterkstandpunte gemaak sou word nie.<br \/>\n<strong><br \/>\nMet die verfilming van <em>Life As You Know It<\/em>, het jy die eerste keer ouerskap in die werklike lewe en in \u2019n fliek ervaar. Was dit vreemd?<\/strong><br \/>\nMy dogter, Naleigh, het omtrent twee maande vroe\u00ebr gekom as wat ons haar verwag het. Ons het haar gekry vier dae voor ons Atlanta toe sou vlieg om aan die fliek te begin skiet. Dis was erg. Daar was oomblikke wat ek gedink het ek kan nie albei doen nie, maar ek kon nie kop uittrek nie, want ons moes binne dae aan die fliek begin skiet. Ek het net besluit dat ek dit k\u00e1n doen. Ek moet net georganiseerd wees en die doekesak reg pak. Dit was eintlik onwerklik. Dis moeilik om die gebeure te onthou, want my kop was op dertien duisend verskillende plekke gelyktydig. Ek het baie goed geleer oor hoe om \u2019n nuwe ma te wees terwyl ons die fliek gemaak het (lag). Dis amper soos \u2019n lewende dagboek, want alles wat ek met Naleigh beleef het, het my karakter ook beleef, al daardie klein goedjies wat my altyd sal laat dink aan my eerste paar maande as \u2019n nuwe ma.<\/p>\n<p><strong>Julle en Josh Duhamel en sy vrou, Fergie van <em>The Black Eyed Peas<\/em>,is vriende. Was dit nie ongemaklik om hom te soen nie?<\/strong><br \/>\nOm my man se vriend te soen? Dit was nogal ongemaklik, ja. Maar dis deel van die werk. Ek doen dit al my hele lewe lank. Die moeilikste was toe ek 14 was en dit die eerste keer voor die kamera moes doen. Daarna was dit maklik. En kom ons wees nou maar eerlik, dis nie so moeilik om Josh Duhamel te soen nie. Ek het ook veilig gevoel omdat ek hom ken. Ek kon hom vertrou en hy kan my vertrou. En ons kon almal n\u00e1 die tyd daaroor lag.<br \/>\n<strong><br \/>\nSal jy teruggaan Grey\u2019s Anatomy toe, en hoekom is jy daar weg?<\/strong><br \/>\nEk is n\u00e1 ses jaar daar weg, want saam met my rolprentwerk het dit te erg geword. En ek wou met \u2019n gesin begin. Dit het reeds gevoel asof ek ma-wees te lank uitgestel het &#8211; ter wille van my loopbaan. Ek dink nie ek sal kan teruggaan nie. Daardie hoofstuk van my lewe is verby. Die karakter is ook op so \u2019n manier uitgeskryf dat dit nie moontlik sal wees om haar op \u2019n geloofwaardige manier terug te bring nie.<\/p>\n<p><strong>Daar is \u2019n wonderlike oomblik in <em>Life As You Know It<\/em> waar die dogter aan jou vat en \u201cmama\u201d s\u00ea. Wat maak van jou \u2019n ma? En wanneer het jy die eerste keer soos \u2019n ma gevoel?<\/strong><br \/>\nMy eerste instink was vrees (lag). Dis \u2019n groot verantwoordelikheid en nou jou plig om die kind veilig, gelukkig en warm te hou en kos te gee. My moedersinstink en onvoorwaardelike liefde het geleidelik gekom n\u00e1 ek \u2019n bietjie van die vrees en verantwoordelikheid kon afskud. Nie dat ek nie meer verantwoordelik voel nie, maar dis nou meer instinktief. Dit was dieselfde met my karakter in die fliek. Naleigh het ook na my gekyk en \u201cMama\u201d ges\u00ea, maar dit het langer gevat. Sy het eers \u201cDada\u201d ges\u00ea. Ek was nogal seergemaak (lag), maar Josh is \u2018n fantastiese pa. Die dag toe sy uiteindelik \u201cMama\u201d ges\u00ea het, was oorweldigend. Wanneer jy besef dat jou kind die belangrikste ding in jou lewe is, selfs belangriker as jyself, dan is jy \u2019n ma.<\/p>\n<p><strong>Hoe sien jy jou ontwikkeling as aktrise?<\/strong><br \/>\nDit verander elke jaar. Die stories wat my aantrek en die karakters waarop ek verlief raak, verander soos ek verander. <em>Life As You Know It<\/em> het my aangetrek omdat ek besig was met aanneming. Toe ek die draaiboek lees, kon ek my met die idee van \u2019n kitsgesin vereenselwig, want dit was besig om met my te gebeur. Dis gewoonlik die geval met elke draaiboek wat ek kies. Sommige akteurs glo jy kan net \u2019n goeie akteur wees as jy \u2019n rol vertolk wat glad nie soos jy is nie, en dis seker waar, maar ek is nog nie daar nie. Ek hou daarvan om vroue te speel na wie ek kan opsien en respekteer. As \u2019n vervaardiger wil ek goeie stories vertel. Ek dink die w\u00eareld het inspirerende, positiewe stories nodig, maar lawwe, snaakse stories ook.<br \/>\n<strong><br \/>\nJy is uitstekend in romantiese komedies. Wat daarvan staan jou aan en waarvan hou jy nie?<\/strong><br \/>\nEk hou daarvan om na twee mense te kyk wat goeie <em>chemistry<\/em> het, te sien hoe hulle \u2019n konneksie maak en hoe dit in \u2019n romantiese storie ontwikkel. Ek hou nie daarvan dat sommige vroue dink verhoudings moet soos \u2019n romantiese komedie verloop nie. Dis \u2019n baie groot veralgemening. My vriendinne en ek is nie idiote nie. Ons weet dis \u2019n fantasie, \u2019n sprokie soos Sneeuwitjie. Ons weet ons verhoudings is meer realisties, so ons mans kan ontspan. Ons verwag nie hulle moet ons soos ridders op wit perde kom \u201cred\u201d nie. Maar \u2019n titseltjie romanse kan lank hou. Vat my net so nou en dan uit. Dis al.<\/p>\n<p><strong>As dinge moeilik gaan, kom humor dikwels na vore. Hoe hanteer jy al die takies wat met ouerskap gepaardgaan?<\/strong><br \/>\nAl die nuwe <em>gizmos<\/em> maak dinge net moeiliker vir ouers. Dis oorweldigend. Daar is te veel opsies. Ek wil die beste karstoel, die beste stootwaentjie en die beste kos vir my kind koop, maar ek weet nie waar om te begin nie. Daar is niks so frustrerend soos wanneer die duur karstoeltjienie in die basis wil inknip nie en die baba huil en jy is haastig. Ek is deesdae pal laat. En ek kry nooit die stootwaentjie weer opgevou nie. Hoekom moet hulle dit so moeilik maak? \u2019n Jaar later het ek ookgeleer om nie meer soveel goed in die doekesak te pak nie. Sy speel in elk geval nie met haar duur speelgoed nie, maar verkies my le\u00eb waterbottel waterbottel. En dis regtig ook nie nodig om vyftig doeke in te pak nie.<\/p>\n<p><strong>Wat is die moeilikste ding wat jy as ouer geleer het, en dink jy dis \u2019n opoffering om \u2019n ouer te word?<\/strong><br \/>\nJa, jy offer baie van jouself op. Maar ek dink dis \u2019n goeie ding, want my w\u00eareld het net oor myself gegaan. Ek was dankbaar omdat ek suksesvol was, maar was tog op soek na iets meer betekenisvol. Toe Naleigh in my lewe kom, het ek dadelik geweet sy gaan die belangrikste iets in my lewe wees \u2013 nie dat die ander dinge niebelangrik is nie. Dis my grootste stryd as werkende ma: die ewigdurende skuldgevoel. Ek wil werk en hou ontsettend baie van my werk, maar as ek nie by Naleigh is nie, voel ek angstig en skuldig omdat sy by haar oppasser is en waarskynlik \u2019n fantastiese dag in Central Park beleef en ek kan nie daar wees nie. Dis regtig moeilik om moederskap en werk te balanseer. Toe ek my onlangse fliek klaar geskiet het, het ek besef ek m\u00f3\u00e9t eenvoudig net vrede maak daarmee. Wanneer ek by die werk is, werk ek. Wanneer ek by die huis is, is ek mamma en die beste ma wat ek kan wees. Ek kan nie besig wees met \u2019n toneel en terselfdertyd aan haar dink nie, dit werk net glad nie.<\/p>\n<p><strong>Is dit regtig so wonderlik om op die rooi tapyt te loop, en hoe raak negatiewe opmerkings oor jou klere jou?<\/strong><br \/>\nAan die begin was die rooi tapyt \u2019n ongelooflike ondervinding. Ditwas \u2019n droom wat bewaarheid is. Ek kon nie glo ek dra \u2019n ontwerpersrok by \u2019n geleentheid wat ek jare lank op televisie gevolg het nie. Maar \u2019n mens is ook onder baie druk. Jy wil indruk maak, en soms waag jy kanse. En wanneer jy die foto\u2019s sien, wonder jy hoekom op aarde jy dit gedra het. Maar dit bly opwindend. Elke meisie wat van mode hou, sal opgewonde wees om \u2019n ontwerpersrok en fantastiese juwele te kan leen en om voor die kameras te poseer. Dis nie \u2019n marteling nie, maar daar is baie druk. Ek probeer nog om myself te leer dat dit nie regtig belangrik is nie.<\/p>\n<p><strong>Jy en Josh Duhamel se karakters ontmoet mekaar op \u2019n toe-o\u00ebafspraak in die fliek. Het jy al nare ondervindings gehad met so \u2019n afspraak?<\/strong><br \/>\nEk was nog nooit op so \u2019n afspraak nie, maar het wel twee baie slegte dates gehad. Die eerste ou was \u2019n afrigter by my gim. Hy was heel aantreklik, maar het sy beenhare geskeer wat \u2019n bietjie vreemd was. Voor ons \u2019n voorgereg bestel het, het hy vir my sy <em>headshot<\/em> gegee en gevra of ek dit vir my agent sal gee. Ek het baie gou \u2019n hoofpyn ontwikkel en hom gevra om my huis toe te neem, want hy het vir seker nie in my belang gestel nie. Die tweede ou, kom ons noem hom \u201cHollywood\u201d, was die hele afspraak deur op sy selfoon, en ek is seker daar was niemand aan die ander kant nie. Hy wou net soos \u2018n grootmeneer lyk. Hy was \u2019n vervaardiger wat nog nooit iets vervaardig het nie, en het heeltyd hierdie kamma-oproepe beantwoord. Ek het maar weer \u2019n hoofpyn gekry en is huis toe.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Katherine Heigl sweef die hotelkamer in Manhattan binne &#8211; \u2019n droom in \u2019n roomkleurige uitrusting van Michael Kors. Haar blonde krulle is op haar kop vasgesteek en haar glimlag is soos die son wat op\u2019n re\u00ebnerige dag deurbreek. Vandag gesels [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3503","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Katherine Heigl: Prontuit | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Katherine Heigl: Prontuit | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Katherine Heigl sweef die hotelkamer in Manhattan binne &#8211; \u2019n droom in \u2019n roomkleurige uitrusting van Michael Kors. Haar blonde krulle is op haar kop vasgesteek en haar glimlag is soos die son wat op\u2019n re\u00ebnerige dag deurbreek. Vandag gesels [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-03-14T09:42:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Katherine Heigl: Prontuit\",\"datePublished\":\"2011-03-14T09:42:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/\"},\"wordCount\":1912,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/\",\"name\":\"Katherine Heigl: Prontuit | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2011-03-14T09:42:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/katherine-heigl-prontuit\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Katherine Heigl: Prontuit\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Katherine Heigl: Prontuit | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Katherine Heigl: Prontuit | rooi rose","og_description":"Katherine Heigl sweef die hotelkamer in Manhattan binne &#8211; \u2019n droom in \u2019n roomkleurige uitrusting van Michael Kors. Haar blonde krulle is op haar kop vasgesteek en haar glimlag is soos die son wat op\u2019n re\u00ebnerige dag deurbreek. Vandag gesels [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-03-14T09:42:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:31+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Katherine Heigl: Prontuit","datePublished":"2011-03-14T09:42:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/"},"wordCount":1912,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/","name":"Katherine Heigl: Prontuit | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2011-03-14T09:42:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katherine-heigl-prontuit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Katherine Heigl: Prontuit"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3503","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3503"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3503\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3503"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3503"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3503"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}