{"id":3499,"date":"2011-02-15T07:49:00","date_gmt":"2011-02-15T05:49:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/engel-duiwel\/"},"modified":"2016-01-28T14:45:03","modified_gmt":"2016-01-28T12:45:03","slug":"engel-duiwel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/","title":{"rendered":"Engel &#038; duiwel"},"content":{"rendered":"<p>Wat jy van iemand sien, is nie altyd al wat daar is nie, want so dikwels sien die mense tuis \u2019n ander\u00a0kant van \u2019n lewensmaat of ouer. Maar moenie die kind met die badwater uitgooi en dit as sy \u201cware\u201d kant afmaak nie, want dis net \u2019n deel van die mens; \u2019n deel wat hy of sy ook moet erken en hanteer.<\/p>\n<p>Rita* se man is \u2019n predikant. En sy ken daardie donker kant waarvan net die huismense weet. \u201cMy man is \u2019n geliefde en goeie dominee. Baie mense dink hy is \u2019n wonderlike pa en man. En hy is. Maar ongelukkig net op die preekstoel en in konsultasie in sy studeerkamer. Niemand weet hoe hy is as daar nie ander o\u00eb en ore is nie. Vir ander het hy tyd, \u2019n sagte oor en vir hulle doen hy moeite en bied hy ondersteuning. Dis asof hy floreer as hy die held kan wees.\u00a0Hy is \u2019n sterk en gerespekteerde man. Hy preek met charisma en mense luister graag na hom. Maar sy\u00a0preke maak my naar, want sy praatjies oor liefde, genade en vergifnis is net kanselpraatjies.<\/p>\n<p>\u201cBy die huis is hy bot en ontoeganklik, praat hy min en kan nie liefde wys nie. Ons kinders is bang vir hom, sal nie sommer met \u2019n probleem na hom toe gaan nie. Ons loop op eiers, te bang vir sy buie, want as jy aan\u00a0aan sy verkeerde kant kom, loop jy deur onder sy woede en kritiek. Dan hoor ons ons het nie respek vir hom as hoof van die huis nie, of erger, ons het nie respek vir God nie. Hy het die enigste en laaste s\u00ea. Sy woord is wet. En as jy hom durf te\u00ebgaan of bevraagteken, word jou kop gewas. Van die kerkpraatjies (wat ek tog glo hy opreg bedoel) is daar min sprake &#8211; nie in sy houding, stemtoon of taal nie.<\/p>\n<p>\u201cEn as hy maar net kon erken hy doen verkeerd en soms om verskoning kon vra, sou dit seker nog vir ons aanvaarbaar wees. Maar dit laat sy ego, of emosionele blindheid en verlede hom nie toe nie. Dis altyd ons skuld dat hy so optree. \u201cHy is nie altyd so nie, maar hy is te veel kere so. Dit kleur ons gesinsverhoudinge negatief. Soms, as hy ontspanne is en dinge presies volgens sy wil verloop, het ons goeie tye, hoewel die ding dit vir my baie moeilik maak om emosioneel na aan hom te bly. Al manier waarop ek oorleef, is om elke voorval maar te vat, niks te s\u00ea nie, en dit onder die mat in te vee en te wag dat die atmosfeer in die huis mettertyd uitwas. \u201cHy het geen idee hoe hy sy kinders van hom vervreem nie. Hy sukkel ook met sy kollega, want as ander nie met hom saamstem en hom bewonder nie, weet hulle nie waarvan hulle praat nie. Dit maak dat hy eintlik nie van sy werk hou nie en nie gelukkig is nie. Maar hy sien dit nie in nie. As ek nou \u2019n oorlog wil h\u00ea, moet ek in daardie rigting met hom praat.\u201d<\/p>\n<p>Mense wat emosioneel \u2019n dubbele lewe ly, het nie \u2019n benul van wat hulle misloop in terme van intieme, naby-verhoudinge in hul binnekring en ook in terme van hul eie lewensgeluk nie. Simon vertel van sy vrou: \u201cJong, omtrent almal wat my vrou ken, dink sy is \u2019n yster: aantreklik, innemend, netjies, \u2019n raakvatter wat kan organiseer, uitstekend in haar werk. (Te goed om waar te wees!) Mense hang aan haar lippe, mans bewonder haar. Ons huis en kinders lyk altyd goed. Maar glo my, dit kom teen \u2019n baie ho\u00eb prys, ene wat ek nie meer weet of ek wil betaal nie. \u201cJy weet, tuis is daar \u2019n gewone man en kinders, nie werknemers of onderdane wat elke oomblik van die dag kan of wil spring om dinge volgens haar perfekte standaarde te doen nie. Van buite af lyk dinge dalk mooi, maar hier binne gaan dit vrot. \u201cEn alles is iemand anders se skuld, meestal myne, nooit hare nie. Sy is die martelaar, die een wat swaarkry, dan die slagoffer, dan weer die regter, die aanklaer, die vervolger. Maar nooit die skuldige nie. En sy beheer en straf ons met haar emosies. Gaaf as ons toegee en dinge sonder te\u00ebstribbeling volgens haar wil doen, anders kry ons woede, die stywe lip of die yskoue stiltes: emosionele manipulasie en tantrums. En dis of sy \u2019n geveg soek. Sy het die kuns vervolmaak om haar mening met soveel oortuiging op my af te dwing dat ek gewoonlik die een is wat skuldig voel, terwyl sy die een met die tantrums en onbillike eise is.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Waarom kom jou of jou maat se donker kant na vore?<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0<strong>Emosionele probleme<\/strong> soos depressie maak dit vir mense moeilik om konstant rustig en emosioneel gebalanseerd op te tree.By die werk of elders moet hulle soveel beheer uitoefen om geduldig, reg en aanvaarbaar op te tree. Dit tap hulle emosioneel, veral as hulle met mense werk. As hulle tuis kom, is hul emosionele reserwes so uitgeput dat hulle dikwels min nodig het om te ontplof. Dikwels is hul stemtoon en liggaamshouding, hoe dit klink of lyk, erger as wat hulle s\u00ea.<\/li>\n<li><strong>Baie mense <\/strong>het net nooit die emosionele en sosiale vaardighede aangeleer om intiemer verhoudinge te laat werk nie. Hul selfbeheersing en selfdissipline is dikwels gebrekkig.<\/li>\n<li>\u00a0<strong>\u2019n Swak selfbeeld<\/strong> maak mense dikwels oorsensitief. Dan voel jy gou dat ander jou kritiseer en wil bewys dat jy verkeerd is. Die meeste mense reageer hierop met woede en selfregverdiging vir hul optrede en emosies en probeer dan die ander party verkeerd bewys. Hulle wil die beheer h\u00ea om te voel hulle is iets werd.<\/li>\n<li><strong>Persoonlikheidsverskille<\/strong> laat mense dikwels vals aannames maak: Omdat ek reageer vanuit my persoonlikheid en uitkyk op die w\u00eareld, dink ek wat ek in die situasie sou gedink of gevoel het, en maak dan die aanname dat dit my maat se denke, gevoelens of verskuilde agenda of motief is.<\/li>\n<li><strong>Te vinnige afleidings<\/strong>: Ons maak dikwels gevolgtrekkings en afleidings sonder die regte of al die inligting; of sonder dat jy mooi geluister het wat die ander mens s\u00ea.<\/li>\n<li><strong>Persoonlikheidsversteuring<\/strong>s kan ook \u2019n rol speel: Narciste, of mense met \u2019n antisosiale gedragsversteuring tree dikwels soos in bogenoemde gevalle op. In laasgenoemde geval is die simptome veel erger as in bogenoemde verhale.<\/li>\n<li><strong>Ou onverwerkte <\/strong>traumas laat mense situasies interpreteer deur die bril van vorige pyn: Jy verwag dat almal jou gaan verwerp, soos jou pa, ma of vorige maat gedoen het.<\/li>\n<li><strong>Ou patrone:<\/strong> Mense leef en tree dikwels op soos een van hul ouers gedoen het. Min mense is bereid om hul aandeel te erken in die konflik waarin hulle beland, of dat hulle emosionele probleme het. Vir die meeste mense is dit net te bedreigend. Baie sterk mense is depressief, of het probleme met emosionele vaardighede in naby-verhoudinge, maar sal dit nie erken nie omdat dit nie by hul beeld van hulself as sterk, slim en suksesvol pas nie. Dis vir hulle veel makliker om iets of iemand anders te blameer. Oscar Wilde het ges\u00ea jy is elke oomblik van jou lewe nie net wat jy gaan wees nie, maar ook wat jy was. Elke mens het baie ou patrone en boodskappe deur jou lewe bymekaar gemaak wat jou emosie, geloof en optrede bepaal.Dis vir elke mens nodig om dit van tyd tot tyd onder die vergrootglas te bekyk. En om dan oor party dinge dankbaar te wees en van ander ontslae te raak. Dit moet ek vir myself doen, maar ook my lewensmaat hierin help en ondersteun met liefde, aanvaarding en hoop. Mense glo te dikwels dat verhoudings spontaan reg moet verloop. Verhoudings werk soos die meeste ander dinge in ons lewe: Alles verg insette en spesifieke vaardighede \u2013 of ek nou \u2019n nuwe taal, sport of musiekinstrument wil bemeester, fiks wil word of aan \u2019n loopbaan wil bou. Ek moet aanvanklik basiese goed regkry om aan die gang te kom en dit dan met die regte optrede in stand hou en selfs verder ontwikkel. Dis soos \u2019n motor waarvoor jy gewerk het. As jy dit het, kan jy daarna nie maar net ry nie. Jy moet gereeld petrol ingooi, die water en olie nagaan en van tyd tot tyd skoonmaak en diens. En dit op veilige plekke hou, weet wanneer daar rooi ligte brand en iets daaraan doen, anders is die skade later baie groter.<\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Hoe hanteer jy dit?<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li>Neem verantwoordelikheid vir jou eie geluk, emosies en gedrag en verwag dit ook van jou maat.<\/li>\n<li>Stel gesonde grense en optrede vir albei van julle.<\/li>\n<li>Sorg vir jouself emosioneel en bou jou eie selfbeeld en selfwaarde.<\/li>\n<li>Dit werk nie om met jou huweliksmaat in so \u2019n situasie te baklei nie. As albei emosioneel is, word dinge ges\u00ea wat nie een werklik bedoel nie. Dan is dit moeilik om rasioneel en liefdevol op te tree. Jy los selde \u2019n probleem op as jy ontsteld of kwaad is. Praat oor die saak wanneer albei<br \/>\nrustig is.<\/li>\n<li>\u00a0Kritiek werk selde. Bou jou maat se selfbeeld en fokus op wat sy of hy reg doen in die verhouding en huishouding.<\/li>\n<li>Vergewe, dis die sement van \u2019n goeie verhouding. Moenie voortdurend ou koeie uit die sloot gaan haal nie.<\/li>\n<li>Kry professionele hulp as julle nie vorder nie. Gaan spreek \u2019n sielkundige of huweliksberader. \u2019n Kommunikasie- of huwelikskursus soos Imago kan wondere verrig.<\/li>\n<li>Moenie dreig, kla en kerm en niks doen of dinge maar voortdurend onder die mat invee nie. Probeer doelgerig om \u2019n oplossing te kry en \u2019n verskil te maak. En verseker jou maat van jou positiewe bedoelings, omgee en toewyding aan die verhouding. As jy nie jou donker kant erken en bestuur nie, kry jy selde wat jy so graag in die lewe wil h\u00ea: geluk in jou werk, in jou huis en in jouself. Dan bly jy glo dat iets of iemand anders jou pootjie om te kry wat jy wil h\u00ea, of te wees wat jy eintlik kan wees. Dan bly jy die slagoffer van wat ander in die verlede aan jou gedoen het, of tans aan jou doen &#8211; of nog aan jou gaan doen. Die patroon herhaal hom, net met ander mense en situasies. Probleme los hulself nie op nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Maar gelukkig k\u00e1n mense en verhoudinge verander, as jy net w\u00edl en daaraan w\u00e9rk. Krisisse en probleme is dikwels net wat jy nodig het om te groei en te kry wat jy so graag wil h\u00ea.<br \/>\n*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.<br \/>\n* Die manlike vorm geld ook die vroulike.<br \/>\n<strong>Anys Rossouw is \u2019n sielkundige in Menlopark Pretoria 082 801 1830 <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"mailto:anys@worldonline.co.za\">anys@worldonline.co.za<\/a><\/span><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat jy van iemand sien, is nie altyd al wat daar is nie, want so dikwels sien die mense tuis \u2019n ander\u00a0kant van \u2019n lewensmaat of ouer. Maar moenie die kind met die badwater uitgooi en dit as sy \u201cware\u201d [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20695,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3297,3298,3299],"class_list":["post-3499","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-emosionele-probleme","tag-persoonlikheidsversteuring","tag-onaangenaam"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Engel &amp; duiwel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Engel &amp; duiwel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat jy van iemand sien, is nie altyd al wat daar is nie, want so dikwels sien die mense tuis \u2019n ander\u00a0kant van \u2019n lewensmaat of ouer. Maar moenie die kind met die badwater uitgooi en dit as sy \u201cware\u201d [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-02-15T05:49:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-28T12:45:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"629\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Engel &#038; duiwel\",\"datePublished\":\"2011-02-15T05:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:45:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/\"},\"wordCount\":1794,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/02\\\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg\",\"keywords\":[\"emosionele probleme\",\"persoonlikheidsversteuring\",\"onaangenaam\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/\",\"name\":\"Engel & duiwel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/02\\\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg\",\"datePublished\":\"2011-02-15T05:49:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:45:03+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/02\\\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/02\\\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg\",\"width\":800,\"height\":629},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/engel-duiwel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Engel &#038; duiwel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Engel & duiwel | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Engel & duiwel | rooi rose","og_description":"Wat jy van iemand sien, is nie altyd al wat daar is nie, want so dikwels sien die mense tuis \u2019n ander\u00a0kant van \u2019n lewensmaat of ouer. Maar moenie die kind met die badwater uitgooi en dit as sy \u201cware\u201d [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-02-15T05:49:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-28T12:45:03+00:00","og_image":[{"width":800,"height":629,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Engel &#038; duiwel","datePublished":"2011-02-15T05:49:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:45:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/"},"wordCount":1794,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg","keywords":["emosionele probleme","persoonlikheidsversteuring","onaangenaam"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/","name":"Engel & duiwel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg","datePublished":"2011-02-15T05:49:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:45:03+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/02\/15-Freeimages-Jacob-Cole.jpg","width":800,"height":629},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/engel-duiwel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Engel &#038; duiwel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3499\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20695"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}