{"id":3488,"date":"2011-01-10T17:34:00","date_gmt":"2011-01-10T15:34:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/elke-plooi-vertel-n-storie\/"},"modified":"2016-07-22T15:24:17","modified_gmt":"2016-07-22T13:24:17","slug":"elke-plooi-vertel-n-storie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/","title":{"rendered":"Elke plooi vertel \u2019n storie"},"content":{"rendered":"<p>Intussen vergeet ons dat ons ander se lewensverhale op hul gesigte lees, al gebeur dit meestal onbewustelik. Ons eien vasberadenheid, ontevredenheid of teruggetrokkenheid in \u2019n trek om die o\u00eb, die neus, die mond en het onmiddellik \u2019n aanvoelingvir die m\u00e9ns agter die gesig.<\/p>\n<p>\u201cPlooie kom van die emosionele onbewuste,\u201d s\u00ea Marthie Mar\u00e9, \u2019n fisionomiekenner (gelaatskundige) van Pretoria. \u201cSterk emosie veroorsaak lyntjies, en hulle verskyn\u00a0meestal n\u00e1 \u2019n tydperk van swaarkry.\u201d<\/p>\n<p>Tog dui plooie nie net op sielelyding nie. \u201cVir elke plooi kry jy \u2019n gratis talent as beloning. Wanneer mense weet waarop die lyntjies op hul gesigte dui, is hulle baie keer trots op \u00e9lke plooi.\u201d Gaan staan dus voor die naaste spie\u00ebl en doen \u2019n bietjie \u201cwie is ek\u201d-navorsing! Marthie is aan die woord: Die linkerdeel van jou gesig verteenwoordig jou persoonlike lewe, terwyl die regterdeel op jou minder intieme verhoudings en werklewe wys \u2013 die gesig wat jy vir die w\u00eareld opsit. Jou spie\u00eblbeeld sal die linkerkant van jou gesig steeds links reflekteer, maar wanneer jy na iemand voor jou kyk, sal sy linkerkant aan jou regterkant wys. As jy byvoorbeeld meer <em>courage lines<\/em> aan jou regterkant het, beteken dit dat die meeste uitdagings in jou werkslewe of minder intieme verhoudings was.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Uitreiklyntjies <\/strong><\/p>\n<p>Net die plooitjies wat uit die hoek van die oog waaier, tel as sogenaamde \u201clagplootjies\u201d of uitreiklyntjies. Uitreiklyntjies dui aan hoeveel jy na ander uitreik deur byvoorbeeld advies in te win of menings te vra. Hoe meer jy het, hoe meer reik jy uit. Hoe verder hulle na die haarlyn strek, hoe wyer reik jy uit.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Moedlyntjies <\/strong><\/p>\n<p>Plootjies wat horisontaal onder die oog vorm en afneig na die wange, is moedlyntjies of courage lines. Hulle vorm n\u00e1 \u2019n lang tyd van swaarkry waar jy moed nodig gehad het om op te staan en terug te veg. Jy kan daaraan dink as die eremedaljes wat jy op jou gesig dra. As jy in \u2019n moeilike situasie is, kan jy jouself ondersteun deur liggies met jou vingers oor jou moedlyntjies te streel in die wete dat jy die nodige moed het om enige uitdaging te oorkom.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Fronslyne: woedevlaggies <\/strong><\/p>\n<p>Daar is verskillende fronslyne. Vertikale plooie wat aan die wenkbroue raak, is woedevlaggies wat op onderdrukte woede en\/of aggressie dui. Die talent wat hiermee saamgaan, is diplomasie. Jy kan iets op \u2019n mooier manier s\u00ea as wat jy graag sou wou. Jy sal dikwels stilbly of jou woede sluk om die vrede te bewaar.\u00a0Ek raai mense met woedevlaggies aan om van die oorsaak van die aggressie ontslae te raak. As dit onmoontlik is (jy kan tog nie altyd van \u2019n situasie of persoon wegkom nie) moet jy \u2019n manier kry om jou aggressie te verwerk. Jy kan gim toe gaan, \u2019n kussing slaan of onder \u2019n boom staan en skree &#8211; solank jy dit gereeld doen. Anders gaan die onverwerkte emosie na jou organe en sit jy kort voor lank met hart-, lewer- of galprobleme.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Fronslyne: \u2019n toewydingslyn<\/strong><\/p>\n<p>Enkelplooi in die middel van die voorkop, tussen die wenkbroue, word \u2019n toewydingslyn genoem. As jy di\u00e9 lyn het, is jy in goeie geselskap: Moeder Teresa het \u2019n duidelike toewydingslyn gehad. Dit beteken jy het die behoefte om jou aan mense of \u2019n sekere saak te wy. Spiritueel groei jy dalk vinniger as ander mense. Jy is ook doelgerig; jy vorder van punt A na punt B sonder om asem te skep.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Fronslyne: perfeksionisme <\/strong><\/p>\n<p>Verskeie\u00a0vertikale fronslyne dui op perfeksionisme. Jy is krities teenoor jouself en ander. My vraag is gewoonlik: gaan die kwessie waaroor jy jou nou ontstel \u2013 byvoorbeeld of die koffiebekers in \u2019n netjiese ry staan &#8211; oor vyf jaar nog saak maak? Is dit die moeite werd om die lewe vir jouself en ander ongemaklik te maak omdat jy \u2019n uitkoms presies s\u00f3 wil h\u00ea? Probeer om elke dag iets wat vir jou nie reg lyk nie, te aanvaar. Draai die koffiebekers sommer met opset skeef en skuif hulle eers later terug. Kyk of jy al langer met dit wat nie perfek is nie kan saamleef, en geniet eerder die kuier saam met vriende of familie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Steunlyne<\/strong><\/p>\n<p>Die vertikale lyne tussen die wange en kakebeen langs die mond word steunlyne (<em>support lines<\/em>) genoem.\u00a0Hulle verskyn n\u00e1 \u2019n moeilike tydperk waar jy \u2019n gebrek aan emosionele steun ervaar het. Steunlyne aan die linkerkant dui op \u2019n gebrek aan steun van familie en hegte friende, en regs te min steun van kollegas ofdie samelewing. Sulke belewenisse gee jou empatie vir mense in soortgelyke omstandighede. Jy verstaan die kuns om hulle te ondersteun. Di\u00e9 lyne dui ook op sjarme. uitbrandingslyn Die horisontale lyntjie hoog op die neusbrug is \u2019n uitbrandingslyn.<\/p>\n<p>Dit kom voor by mense wat hulself oorwerk en baie verantwoordelikheid vir en\u00a0namens ander neem \u2013 dikwels onnodiglik. Ek beveel graag aan dat hulle ger\u00e9\u00e9ld hul batterye herlaai. \u2019n Flits met \u2019n pap battery se liggie skyn maar flou; jy kan nie veel vir ander beteken as jou energiebronne uitgeput\u00a0is nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Teleurstellingslyne <\/strong><\/p>\n<p>Plooie wat van die buitekant van die neusvleuel na die buitehoek van die mond loop, word teleurstellingslyne\u00a0genoem. Die meeste van ons het sulke lyne, want ons ervaar almal die soet en suur van die lewe. As die lyn links dieper is as regs, dui dit op persoonlike teleurstelling.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Boliplyn <\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Horisontale lyn tussen die basis van die neus en die bolip s\u00ea dat jou hart soms nie in jou glimlag is nie. Jy is weer eens in goeie geselskap \u2013 Julia Roberts het dit ook! Dis algemeen by akteurs, joernaliste en mense wat dikwels vir ander moet glimlag. Ek s\u00ea graag mense moenie ophou glimlag nie; jou glimlag is dalk net wat iemand anders die dag nodig het. Di\u00e9 lyn kan ook dui op trane wat nie gestort word nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Geheimplooitjies <\/strong><\/p>\n<p>Die halfmaantjies wat om die mondhoeke vorm, is geheimplooitjies of secrecy lines. Dit dui op \u2019n sterk behoefte dat ander jou privaatheid en persoonlikeruimte respekteer. Dit beteken ni\u00e9 dat jy<br \/>\nduistere geheime het nie!<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Empatielyne <\/strong><\/p>\n<p>Lyne wat van die mondhoeke afloop na die ken, is empatielyne. Let maar op by \u2019n begrafnis: die mense naaste\u00a0aan die oorledene sal reeds \u2019n duikie aan die linkerkant h\u00ea wat later \u2019n lyn gaan word weens die emosionele pyn. Empatielyne aan die regterkant word soms veroorsaak deur pyn oor die lewe, veral by ouer mense wat\u00a0sukkel om aan te pas by politieke en ander veranderinge. Mense met empatielyne ontwikkel ongelooflike deernis met ander. \u201cKom praat met my\u201d staan nie op jou voorkop geskryf nie, maar in jou empatielyne.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Groewe rondom neusvleuels<\/strong><\/p>\n<p>Diep groeflyne reg rondom die neusvleuel dui op die ervaring van \u2019n gebrek aan erkenning, veral finansieel. Aan die linkerkant wys dit jy voel jou familie, selfs jou lewensmaat, ondersteun jou te min op geldelike gebied;\u00a0regs kan wys dis moontlik tyd om \u2019n verhoging te vra. Onthou dat ons hier met persepsies werk, met hoe die eienaar van die gesig die werklikheid ervaar.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Oorlewingslyne<\/strong><\/p>\n<p>\u201cRokersplootjies\u201d of die vertikale lyntjies om die mond het niks met die rookgewoonte te doen nie; dis oorlewingslyne. Jy ontwikkel dit wanneer jy voel jou mening word nie na waarde geskat nie, of dat jy voortdurend verkleineer word. Oorlewingslyntjies links meen jy voel jou nabymense minag jou mening, en regs dat die werk of vriende of die samelewing jou sienings kritiseer. Die betrokke talent is dat jy enige situasie kan hanteer.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Erkenningslyntjie <\/strong><\/p>\n<p>Die horisontale lyntjie bo die ken verwys na \u2019n behoefte aan erkenning. As jy byvoorbeeld vir die motor\u00a0voor jou plek maak, word \u2019n dankie van die bestuurder baie waardeer. Jou optrede word nie gedryf deur die erkenning wat jy gaan kry nie, maar jy is daarop ingestel dat dinge op die regte manier gedoen word. Die talent\u00a0l\u00ea daarin dat jy moeite vir ander sal doen.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Geselslyn<\/strong><\/p>\n<p>Die lyn wat van die een kant van die gesig onder om die ken deurloop na die ander kant, is \u2019n geselslyn. Dit lyk soos \u2019n ekstra glimlag. Mense met di\u00e9 kenmerk gesels lekker en is spontaan, mits hulle gemaklik voel.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Humorlyntjies <\/strong><\/p>\n<p>Leeuneusplootjies of humorlyntjies dui op \u2019n ondeunde sin vir humor of \u2019n stout streep. Dis \u2019n hanteringsmeganisme wat jou help om by jou volle verstand te bly! Humorlyntjies links op die neus beteken jy hanteer jou persoonlike lewe goed deur jou sin vir humor toe te pas, en regs dat jy jou minder intieme verhoudings of die lewe in die algemeen s\u00f3 ligter maak.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Puisies, aknee, vlekkies en moesies<\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\">Puisies en aknee is gewoonlik rooi, wat op woede en\/of frustrasie dui. Die ligging van die puisie(s) vertel waarmee jy op die oomblik probleme ondervind. As dit herhaaldelik op dieselfde plek uitslaan, is dit \u2019n langdurige probleem. \u2019n Puisie links op die ken dui op frustrasie in terme van \u2019n persoonlike saak waaroor \u2019n besluit geneem moet word, en regs op die ken oor \u2019n werksbesluit. As jy finaal \u2019n besluit neem en die frustrasie verdwyn, sal die puisie(s) ook verdwyn. \u2019n Puisie of koorsblaar op die onderlip wys jy ervaar frustrasie vanwe\u00eb die onvermo\u00eb om ander van jou saak te oortuig, en op die neuspunt beteken dit: \u201cMy finansies dryf my tot raserny!\u201d Bruin vlekkies (<em>liver spots<\/em>) dui op moeilike lesse wat oor \u2019n lang tydperk geleer is. \u2019n Vlekkie op die kakebeen wys byvoorbeeld op lesse ten opsigte van deursettingsvermo\u00eb.<\/span><\/p>\n<p>Sproete verteenwoordig energie en \u2019n sterk wil \u2013 dink aan die term \u201crissiepit\u201d. As jy met \u2019n moesie gebore is, dui dit op \u2019n lewensles wat verband hou met die ligging daarvan. Op die regterwang het dit byvoorbeeld te doen met hoe jy jou in die openbaar, sosiaal, of by die werk laat geld. As dit eers n\u00e1 geboorte vorm, wys dit na \u2019n situasie wat \u2019n groot impak op jou lewe het en wat in terme van die ligging daarvan ge\u00efnterpreteer kan word. Alle merke, selfs littekens op die gesig, hou betekenis in na gelang van hul posisie.<strong><span style=\"color: #54adc6;\"><br \/>\n<\/span><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In ons jeugbehepte samelewing is \u2019n gladde, plooitjielose vel die ideaal. Altans, dis wat ons dink &#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55236,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[833,1068,5093,5094],"class_list":["post-3488","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-sielkunde","tag-plooie","tag-teenveroudering","tag-anti-ageing"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Elke plooi vertel \u2019n storie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Elke plooi vertel \u2019n storie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In ons jeugbehepte samelewing is \u2019n gladde, plooitjielose vel die ideaal. Altans, dis wat ons dink ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-01-10T15:34:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-22T13:24:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/Hond-plooie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"606\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Elke plooi vertel \u2019n storie\",\"datePublished\":\"2011-01-10T15:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-22T13:24:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/\"},\"wordCount\":1654,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/01\\\/Hond-plooie.jpg\",\"keywords\":[\"sielkunde\",\"plooie\",\"teenveroudering\",\"anti ageing\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/\",\"name\":\"Elke plooi vertel \u2019n storie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/01\\\/Hond-plooie.jpg\",\"datePublished\":\"2011-01-10T15:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-22T13:24:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/01\\\/Hond-plooie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/01\\\/Hond-plooie.jpg\",\"width\":1000,\"height\":606,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elke-plooi-vertel-n-storie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Elke plooi vertel \u2019n storie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Elke plooi vertel \u2019n storie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Elke plooi vertel \u2019n storie | rooi rose","og_description":"In ons jeugbehepte samelewing is \u2019n gladde, plooitjielose vel die ideaal. Altans, dis wat ons dink ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-01-10T15:34:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-22T13:24:17+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":606,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/Hond-plooie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Elke plooi vertel \u2019n storie","datePublished":"2011-01-10T15:34:00+00:00","dateModified":"2016-07-22T13:24:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/"},"wordCount":1654,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/Hond-plooie.jpg","keywords":["sielkunde","plooie","teenveroudering","anti ageing"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/","name":"Elke plooi vertel \u2019n storie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/Hond-plooie.jpg","datePublished":"2011-01-10T15:34:00+00:00","dateModified":"2016-07-22T13:24:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/Hond-plooie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/Hond-plooie.jpg","width":1000,"height":606,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elke-plooi-vertel-n-storie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Elke plooi vertel \u2019n storie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3488","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3488"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3488\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55236"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3488"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3488"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3488"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}