{"id":3480,"date":"2010-12-13T14:43:00","date_gmt":"2010-12-13T12:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ly-ta-aan-kanselvrees\/"},"modified":"2016-01-28T14:46:26","modified_gmt":"2016-01-28T12:46:26","slug":"ly-ta-aan-kanselvrees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/","title":{"rendered":"Ly ta aan kanselvrees?"},"content":{"rendered":"<p>Meisies droom van kleins af oor hul troue, die prins, die rok, die wonderlike dag. Hulle speel trou-trou. Seuns doen dit nie. Seuns speel ook nie sommer hulle het babas nie. Vroue fantaseer oor trou en babas. Mans nie.\u00a0Daar is baie redes waarom mans vroue lank aan \u2019n lyntjie kan hou en die troudatum net nooit bepaal word nie. Maar as hy sy hart verloor het en glo jy is die regte een, sal hy jou nie wil verloor nie en met jou trou.\u00a0Navorsing wys getroude mense is oor die algemeen gelukkiger &#8211; dis waar. Maar dis ook waar dat \u2019n huweliksertifikaat nie \u2019n sukkelende verhouding laat werk nie.<\/p>\n<p>Die huwelik verander \u2019n verhouding. Dit behoort vir albei partye meer geborgenheid, bestendigheid en intimiteit te gee, \u2019n gevoel van behoort\u009d. Maar dit stel ook ander eise, verg sekere verantwoordelikhede en meer toewyding. En di\u00ads dikwels wat mans afskrik. Baie jong mans sien glad nie kans daarvoor om \u2019n vrou en \u2019n gesin te onderhou, te versorg en te beskerm nie.<\/p>\n<p>Verskillende mense het verskillende waardes en oortuigings &#8211; ook oor die huwelik. Vir sommige is dit \u2019n goddelike instelling waarop \u2019n goeie verhouding moet uitloop. Vir ander het dit min waarde en is die huwelik bloot \u2019n gewoonte en sosiale kontrak. Sanmari* s\u00ea hulle bly al vier jaar lank saam. &#8220;Ek is 28, hy 33, nie een meer kinders nie. Trou het nou al \u2019n uiters sensitiewe saak geword. Ek wil. Hy wil nie. Dis sleg vir ons verhouding omdat ek gefrustreerd is, vir hom kwaad word en hom verwyt dat hy nie genoeg omgee nie. Hy s\u00ea dis nie waar nie en ek moet ophou kerm.<\/p>\n<p>Ek het dan alles, wat wil ek met \u2019n stuk papier doen wat mense in elk geval nie by mekaar hou nie? Ons ouers het nie werklik \u2019n probleem met ons saamblyery nie, en daar is nie daardie druk nie. Maar ek voel dat as hy genoeg omgee, hy met my sal trou, omdat dit vir my belangrik is en dit my seermaak dat hy nie wil trou nie. Wat moet ek anders dink as dat hy nie genoeg omgee nie? Ek voel na elke rusie verwerp en koud teenoor hom. Hoe moet ek bly bou aan \u2019n verhou verhouding waarin ek verwerp voel?<\/p>\n<p>As jy wil trou en hy nie, plaas dit spanning op die verhouding omdat jy aan sy liefde en erns oor die verhouding twyfel. Dit verander die gemaklikheid en spontaniteit tussen julle.<\/p>\n<p>Onbewustelik kan jy vrees dat jy hom gaan verloor en jou op die verlies begin voorberei, of jou emosioneel onttrek om jouself te beskerm. Dalk gaan jy alles in die stryd werp om hom te behou, en dikwels gee wat jy nie eintlik wil gee nie, dinge doen wat jy nie wil doen nie.Kortom: jy is nie meer jouself nie, en dan verloor jy jouself. Aan die ander kant begin jy dalk eise stel en probeer so hard om sy liefde, aandag en toewyding te kry dat jy hom juis versmoor en vervreem. Dan sien hy nog minder kans vir trou. Toe jy ontspanne was oor die verhouding, was dit vir hom lekker saam met jou, maar nou raak dit werk, want hy moet jou oortuig dat hy omgee. Dit skrik mans af as dinge so ingewikkeld raak. En dan voel nie een van die verhoudingsmaats dat hulle werklik kry wat hulle wil h\u00ea nie. Baie mans se jagtersinstink maak dat hulle wil uitgaan en dinge in die w\u00eareld wil verower en bereik. Hulle jaag \u2019n beroep na en wil suksesvol wees. \u2019n Huwelik is nie vir hulle \u2019n fantasie waaroor hulle dagdroom nie.<br \/>\n<strong><br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\">Redes waarom hy nie wil trou nie<\/span><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Hy voel nie gereed om hom tot een verhouding te verbind nie omdat hy onseker is of jy sy geesgenoot is wat aan sy behoeftes en eise sal kan voldoen.<\/li>\n<li>Hy kan bang wees vir die verantwoordelikheid van \u2019n gesin, en onseker of hy as lewensmaat werklik aan jou behoeftes en eise sal voldoen.<\/li>\n<li>Baie mans kry reeds al die voordele van \u2019n huwelik, ook seks, sonder die verantwoordelikhede. Waarom \u2019n koei koop as hy oorgenoeg melk verniet kan kry?<\/li>\n<li>Mans vrees dat \u2019n huwelik te veel veranderinge bring en eise aan hulle sal stel.<\/li>\n<li>Hy is so gefokus op sy beroep en homself dat dit sy grootste prioriteit is.<\/li>\n<li>Hy sukkel dalk met intimiteit.<\/li>\n<li>Hy voel hy wil eers sy jong lewe geniet en sien nie kans om sy vryheid te verloor nie. Hy wil doen wat hy wil, wanneer hy wil, saam met wie hy wil. Hy wil nie ingehok en vasgebind voel nie.<\/li>\n<li>Onbewustelik voel hy dalk hy kan makliker uit die verhouding kom as hy nie getroud is nie. Hy probeer \u2019n mislukking of \u2019n egskeiding vermy.<\/li>\n<li>Vorige negatiewe ervarings, hetsy \u2019n vorige verhouding of sy ouers se huwelik, kan hom bewustelik of onbewustelik laat voel dat hy hom nie hieraan wil blootstel nie.<\/li>\n<li>Finansies speel \u2019n rol, veral as hy vir die bruilof moet betaal. Baie mans voel as hulle getroud is, sal die vrou finansi\u00eble eise stel. Of dat hulle eers sal trou as hulle \u2019n huis kan bekostig.<\/li>\n<li>Sommige mans hou nie van die groot ophef en bohaai wat van troues gemaak word nie &#8211; al die mense, die re\u00eblings en om so in die kollig te wees, skrik hulle af.<\/li>\n<li>Hy het ander waardes en glo nie aan trou nie. Willem wil nie trou nie, al het hy al \u2019n dogtertjie by sy meisie. &#8220;Dis geldmors om te trou, \u2019n mite om te dink \u2019n huweliksertifikaat waarborg \u2019n gelukkige verhouding. Kyk net om jou na die getroudes wat jy ken: dis rusies, ontrou, wie verneuk vir wie, wie trek uit, wie bly ter wille van die kinders&#8230;dis n pot strooi dat \u2019n huwelik meer geborgenheid, toewyding of intimiteit in \u2019n verhouding bring.&#8221; Wat \u2019n verhouding maak werk, is nie \u2019n stuk papierof openbare seremonie nie, maar of twee mense deurlopend aan die verhouding werk, vir mekaar omgee en van hulself gee.<\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wat om te doen?<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li>Verwag van jou maat liefde,geborgenheid en toewyding en om jou en jou behoeftes te respekteer.Moenie tevrede wees met minder geborgenheid en liefde as wat jy verdien nie.Moenie jouself verniet weggee nie, want dan gaan jy as waardeloos behandel word. Waarvoor jy werk, waardeer jy.<\/li>\n<li>Maak seker jy weet presies waarom jou maat nie wil trou nie.<\/li>\n<li>Praat openlik oor jul gevoelens,waardes, behoeftes, vrese, perspektief en verwagtinge van die verhouding en \u2019n huwelik.<\/li>\n<li>Maak doodseker voor jy metenigiemand in \u2019n intieme verhouding betrokke raak wat sy toekomsplanne met jou is.<\/li>\n<li>Stel dit duidelik dat jy wil trou; dat jy nie langer onseker wil voel oor die toekoms van die verhouding en of hy met jou gaan trou nie.<\/li>\n<li>Moenie aanvanklik ultimatums stel nie. Maar dring mettertyd aan op \u2019n besluit oor waarheen jul verhouding op pad is. Stel\u2019n spertyd. Kry duidelikheid oor wat moet gebeur om die besluit te neem. Jy ry nie op \u2019n pad as jy nie weet waarheen jy gaan nie. Baie mense glo nie aan die huwelik nie, maar hulle glo aan al die voordele van die huwelik. As jy \u2019n motor wil ry en daagliks onder jou dak wil trek,moet jy dit wettiglik bekom met al die verantwoordelikheid en gevolge daarvan.As \u2019n man al die voordele van die huwelik kry, hoef hy nie daar aan te glo nie. Baie vroue maak die fout om dit te gee en dan maar sy optrede te aanvaar, of om ultimatums te stel, waarop mans dikwels nie goed reageer nie. Mans hou nie van kritiek of om geblameer te word nie. Dit werk ook nie om die troukwessie as deel van \u2019n argument te probeer oplos nie. Dis be-langrik om op die regte tyd en plek rustig hieroor te praat. Gee hom kans en ruimte vir nadenke en om met voorstelle te kom om die probleem op te los. Hy wil graag die held wees en die besluit neem. Hy sal dit doen.<\/li>\n<li>Maak seker van die redes waarom jy wil trou. Baie mense wil om die verkeerde redes trou: Om uit die huis of hul huidige omstandighede te kom, of om sekuriteit en aanvaarding wat hulle nie vir hulself kan gee nie, by iemand anders te kry. Moenie eens probeer om jouself deur \u2019n huwelik of iemand anders te vind nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Mense bly dikwels by \u2019n maat omdat hulle verwerping vrees, of omdat hulle nie in hulself en hul eie waarde glo nie. Hulle glo nie hulle verdien, of kan meer liefde en toewyding elders kry nie. Of hulle is desperaat en kan nie alleen wees nie. Jy behoort nie energie en tyd in \u2019n verhouding te bel\u00ea waarvoor jy nie hoop het nie. Jy kan so gewoond raak aan die pad waarop jy is, en so oortuig van die roete, dat jy glo dis die enigste pad en dat nuwe roetes en afdraaipaaie by jou verbygaan. Erken as jy in \u2019n doodloopstraat is, dis dalk die draaipunt. Maar moenie aanhou met iets wat nie werk nie. As dit nie gebeur nie, is dit dalk die nodige draaipunt om op \u2019n nuwe roete te kom. Net jy kan besluit. Maar dit verg emosionele waagmoed en om vir \u2019n ruk met onsekerheid en met minder geborgenheid te lewe, om deur jouself en alleenheid in die gesig gestaar te word.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Vra jouself &#8216; n paar vrae af:<\/strong><\/span><\/p>\n<ul>\n<li>Het die man werklik die eienskappe wat jy in \u2019n huweliksmaat soek?<\/li>\n<li>Kan jy jouself wees, of word dele van jou in hierdie verhouding onderdruk?<\/li>\n<li>Kry jy wat jy nodig het?<\/li>\n<li>Word jou behoeftes bevredig?<\/li>\n<li>Gee jy werklik wat hy nodig het? Moet jy verander?<\/li>\n<li>Wat moet jy laat gaan om volwasse en verantwoordelik te word &#8211; vir jou geluk en toekomsdrome?<\/li>\n<li>Wat sal jy doen en besluit as jy werklik na jou gesonde verstand en hart luister?<\/li>\n<li>Sal jy gelukkig en vervuld wees as jy oor \u2019n jaar nog lewe soos nou? Maak seker dat hy nie jou toekomsdroom en hoogste prioriteit is, terwyl jy bloot vir hom \u2019n moontlikheid of opsie is nie. Droom net die drome wat jy werklikheid kan maak, anders moet jy nuwe drome \u2019n werklikheid maak. \u2019n Huwelik mag nie op \u2019n klomp onsekerhede en ambivalente gevoelens gebou word nie.Albei partye moet oortuig wees daarvan dat hulle wil trou.Elkeen is dit aan die ander een verskuldig om sekuriteit te belewe en geliefd en spesiaal te voel; te voel daar is niemand soos jy nie. As jy die regte mens op die regte tyd ontmoet, sing die engele, lui die huweliksklokke en die w\u00eareld is \u2019n wonderlike plek!<\/li>\n<\/ul>\n<p>*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meisies droom van kleins af oor hul troue, die prins, die rok, die wonderlike dag. Hulle speel trou-trou. Seuns doen dit nie. Seuns speel ook nie sommer hulle het babas nie. Vroue fantaseer oor trou en babas. Mans nie.\u00a0Daar is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20696,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3300,1515,2053],"class_list":["post-3480","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-kanselvrees","tag-trou","tag-huwelik"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ly ta aan kanselvrees? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ly ta aan kanselvrees? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Meisies droom van kleins af oor hul troue, die prins, die rok, die wonderlike dag. Hulle speel trou-trou. Seuns doen dit nie. Seuns speel ook nie sommer hulle het babas nie. Vroue fantaseer oor trou en babas. Mans nie.\u00a0Daar is [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-12-13T12:43:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-28T12:46:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"565\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Ly ta aan kanselvrees?\",\"datePublished\":\"2010-12-13T12:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:46:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/\"},\"wordCount\":1796,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/12\\\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg\",\"keywords\":[\"kanselvrees\",\"trou\",\"huwelik\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/\",\"name\":\"Ly ta aan kanselvrees? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/12\\\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg\",\"datePublished\":\"2010-12-13T12:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:46:26+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/12\\\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/12\\\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg\",\"width\":565,\"height\":850},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ly-ta-aan-kanselvrees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ly ta aan kanselvrees?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ly ta aan kanselvrees? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ly ta aan kanselvrees? | rooi rose","og_description":"Meisies droom van kleins af oor hul troue, die prins, die rok, die wonderlike dag. Hulle speel trou-trou. Seuns doen dit nie. Seuns speel ook nie sommer hulle het babas nie. Vroue fantaseer oor trou en babas. Mans nie.\u00a0Daar is [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-12-13T12:43:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-28T12:46:26+00:00","og_image":[{"width":565,"height":850,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Ly ta aan kanselvrees?","datePublished":"2010-12-13T12:43:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:46:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/"},"wordCount":1796,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg","keywords":["kanselvrees","trou","huwelik"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/","name":"Ly ta aan kanselvrees? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg","datePublished":"2010-12-13T12:43:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:46:26+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/12\/16-Freeimages-Benjamin-Earwicker.jpg","width":565,"height":850},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ly-ta-aan-kanselvrees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ly ta aan kanselvrees?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3480","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3480"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3480\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20696"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3480"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3480"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3480"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}