{"id":3479,"date":"2010-12-13T12:57:00","date_gmt":"2010-12-13T10:57:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:50","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:50","slug":"sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/","title":{"rendered":"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop"},"content":{"rendered":"<p><strong>Sarah Jessica Parker<\/strong> stap by die dakwoonstel van die Mandarin Oriental Hotel in New York in. Die wye uitsig oor Central Park is asemrowend, maar niemand kyk by die venster uit nie. Die fyn figuurtjie wat twaalf\u00a0jaar lank Carrie Bradshaw in die <em>Sex in the City<\/em>-televisiereeks en twee rolprente gespeel het, staan voor jou en dis onmoontlik om weg te kyk. Sy is soos \u2019n kunswerk.<\/p>\n<p>As Carrie Bradshaw het sy die tydsgees van die oomblik vasgevang en in die proses \u2019n ikon geword; die verpersoonliking van die moderne vrou. <em>Sex in the City<\/em> het vroue uitgebeeld soos nog nooit tevore nie.Vroue met libido\u2019s. Vroue met vriendskappe wat nie in katgevegte ontaard nie. Werkende vroue wat kwessies soos ouers wat oud word, die uitstel van ouerskap en natuurlik, die liefde, moet oplos. Boonop het hulle ontwerpersklere gedra en name soos Christian Louboutin en Manolo Blahnik aan die w\u00eareld bekend gestel.<\/p>\n<p>Hierdie nuwe geslag vroue wou alles h\u00ea en fantasties lyk. Dat hulle hiervoor \u2019n prys betaal het; dat dit pyn en teleurstelling en opoffering ingehou het, het elke karakter op \u2019n ander manier geraak. Die subteks was duidelik: vroue kan nie meer in \u2019n boksie gesit word nie. Ons kan wees net mooi wie ons wil wees. Ons dring daarop aan om gehoor en gesien te word; om ons eie lewe te skep eerder as om aan te pas by iemand anders se verwagting van wie ons moet wees.<\/p>\n<p>Dit is maklik om die karakter met die aktrise te verwar. Albei vroue is suksesvol, eiesinnig en spog met \u2019n lyf wat \u2018n ou sak goed kan laat lyk. Albei verskuif die modegrense. Met haar skoonheid en natuurlike aanvoeling vir styl kan Sarah Jessica wegkom met verregaande uitrustings waarin die gemiddelde vrou dit nooit op straat sal waag nie. En ja, sy dra ook daardie verspotte ho\u00eb hakke waarop haar alter ego in New York se strate rondstap.<\/p>\n<p>Maar moenie dat die uiterlike ooreenkoms jou flous nie &#8211; Sarah Jessica die mens is \u2019n ander storie. Sy lyk broos in lewende lywe. Sy is nie popmooi nie. Haar neus is prominent, haar gesig lank en smal. Maar sy het iets wat beter is as skoonheid: sy het karakter en dit maak haar beeldskoon. Haar o\u00eb oorheers haar gesig &#8211; \u2019n vreemde soort turkoois wat heeltyd van kleur verander. Haar postuur laat jou aan di\u00e9 van \u2019n ballerina dink. Vandag dra sy \u2019n swart kantrok met \u2019n lae rug van Christian Lacroix. Haar helder rooi bra skyn in die sye deur. Jou ma sou jou nooit so uit die huis laat gaan het nie! Dan is daar die persblou Nicolas Kirkwood-skoene met ses duim ho\u00eb platformhakke.<\/p>\n<p>Sy oortree al die modere\u00ebls en sy lyk ongelooflik. Ja, jy vergaap jou! Sarah-Jessica is getroud met die akteur Matthew Broderick van Ferris Bueller\u2019s Day Off-faam. Hulle hulle het \u2019n seun, James Wilkie en tweelingdogtertjies wat deur \u2019n surrogaat-ma gebore is. As \u2019n ouer vrou (haar woorde), was Sarah Jessica nie in staat om op die natuurlike manier geboorte te gee nie. Hulle het surrogaatskap en aanneming oorweeg, en toe op die eerste opsie besluit.Sy het in \u2019n Vogue-onderhoud ges\u00ea dit was \u2019n ongelooflike ondervinding om die tweeling vir die eerste keer te sien: \u201cDit was asof niks anders bestaan het nie. Tyd het stilgestaan. Dis baie anders as om geboorte te gee maar net so lewensveranderend.\u201d<\/p>\n<p><strong>Is dit moontlik om \u201calles\u201d te h\u00ea?<\/strong><br \/>\nEk is net soos baie ander werkende vroue, veral ma\u2019s. Ek het nie baie ondersteuning nie, en die beloning is klein. Kry ek dit reg om alles gedoen te kry? Ek weet nie, en ek dink nie dis so belangrik nie. Ek is baie dankbaar dat ek \u2019n ma kan wees. Dis iets wat ek nog altyd wou wees. Ek het in \u2019n groot gesin grootgeword, een van agt kinders. Ek is mal oor \u2019n vol, chaotiese huis; oor die verhouding wat ek met my broers en susters het, selfs wanneer ons baklei het! Dit was vir my belangrik dat James Wilkie broers of susters kry. Hy is in \u2019n baie bevoorregte posisie, en hy moes leer om te deel en in \u2019n groter gemeenskap groot word. Ek sien myself eerstens as \u2019n ouer, tweedens as \u2019n eggenoot. Ek werk omdat dit ook vir my belangrik is. Dit<br \/>\nmaak van my \u2019n beter ma. Ek doen my bes, al verloop alles natuurlik nie altyd vlot nie. Ek dink elke ma wat werk, sal met my saamstem.Solank almal gesond en gelukkig is, is dit goed genoeg vir my.<\/p>\n<p><strong>Word jy steeds deur die paparazzi gejag?<\/strong><br \/>\nDit het erger geword. Daar is gewoonlik soggens twintig tot dertig van hulle voor die huis. Hulle volg ons skool toe. Ek wil nie ondankbaar klink oor die blootstelling nie, maar kinders is nie gebruiks-goedere nie. Ek ervaar dit as indringing in ons privaatheid wanneer ek saam met my kinders is. Dis jammer dat die fotograwe dit nie besef nie. Hulle het \u2019n vyandige houding en probeer voor die kinders om my met snedige aanmerkings uit te lok om te reageer sodat hulle \u2019n foto of \u2019n storie kan kry .<\/p>\n<p><strong>Hoe hanteer jou seun dit?<\/strong><br \/>\nHy is nogal verstandig daaroor. As ek soms my humeur verloor en iets kwytraak soos: \u201cWat moet jou ma van jou dink!\u201d(lag) s\u00ea hy vir my dat dit geen verskil sal maak nie, ek kan dit netsowel los. Ek is seker hy wens dit was anders. Di\u00e9 soort optrede beperk die mate waarin jy dinge kan beleef. Ek is mal daaroor om kruideniersware te gaan koop, op die moltreine ry, of om saam met my kinders skool toe te loop. Maar die paparazzi se alewige teenwoordigheid verander dinge. Jy moet in \u2019n seepbel lewe waarbinne jy niks met die regte w\u00eareld te doen het nie.<\/p>\n<p><strong>Wat het jy in jou klerekas?<\/strong><br \/>\nEk het baie ou goed in my kas; ek hou alles wat sentimenteel en van betekenis vir my is. Ek het klere wat by \u2019n ma pas &#8211; jeans en corduroys en toppies waarmee ek \u2019n kind se neus en hande kan afvee. Ruimte in New York is beperk, ek het eintlik \u2019n baie klein klerekas. Ek hou nie my ontwerpersklere in my kas aan nie. Daarvoor het ek \u2019n argief, \u2019n bergplek van byna honderd vierkante meter onder seevlak waarop ek baie trots is.<\/p>\n<p><strong>Wat is jou gesondheidsroetine?<\/strong><br \/>\nEk probeer so gereeld oefen as wat ek tussen my kinders se besige programme kan inpas. Ons bly in \u2019n gebou sonder hysbakke &#8211; ek klim baie trappe met kinders in my arms. Soms moet ek my seun bed toe dra en hy weeg byna 20 kg. Dit voel partykeer soos \u2019n ystermankompetisie! Ek hou van kos, en ly nooit honger nie.<\/p>\n<p><strong>Hoe groot is jou skoenversameling?<\/strong><br \/>\nEk kon alles hou wat ek tot nog toe in die reeks of in flieks gedra het.Ek b\u00eare dit omdat ek respek het vir die kreatiwiteit, harde werk en vakmanskap wat die eindproduk verg. Klere vertel ook \u2019n storie van die politieke, sosiale, ekonomiese en seksuele rolle wat vroue speel.<\/p>\n<p><strong>Hoe verskil die grootmaak van \u2019n tweeling van di\u00e9 van \u2019n enkelkind?<\/strong><br \/>\nDis baie moeiliker! En ek praat nie net van die mannekrag wat jy nodig het nie. As jy die een vashou, voel jy skuldig omdat jy nie die ander een ook op jou heup het nie. Die een wat jy nie vashou nie,sal \u2019n manier kry om die ander een uit jou arms uit te kry. Hulle is so slim, dis ongelooflik. Die belangrikste is om hulle nie met mekaar te vergelyk nie. Hulle is individue. Hulle verskil heeltemal van mekaar. Fisiek lyk dit nie eens of hulle verwant is nie. Hul persoonlikhede verskil ook heeltemal. En dis \u2019n goeie ding. Een aand laat het hulle gelyktydig histeries begin huil. My man was nie by die huis nie. Ek moes James Wilkie wakker maak om my te help. Toe Matthew soos \u2019n ridder op \u2019n wit perd by die huis kom, het hy hulle natuurlik dadelik gekalmeer.<\/p>\n<p><strong>Beskryf die tweetjies &#8230;<\/strong><br \/>\nTabitha is baie ambisieus. Sy is bang vir niks nie. Ons moet altyd sorg dat sy \u2019n sagte mussie op haar kop het, want sy staan heeltyd regop en val dadelik weer om en stamp haar kop gereeld. Die oomblik wanneer sy soggens haar o\u00eb oopmaak, kry sy nou haar \u201chelm\u201d op haar koppie. Loretta deurdink goed en is versigtiger. Sy is stil en eis nie baie aandag nie. Sy tree soos \u2019n ouer suster op, asof sy wil h\u00ea ons moet eers na Tabitha se behoeftes omsien voor ons aan haar aandag gee.<\/p>\n<p><strong>Wat gaan jy doen as die tweeling jou klere wil begin dra?<\/strong><br \/>\nHoekom dink jy sluit ek dit onder die seevlak toe? Enigiets wat in die huis is, is hulle s\u2019n ook. Alles wat gevaarlik of onvanpas is, sluit ek toe. Dis hoekom ek ou klere hou waarvoor ek nie jammer is nie. Hulle kan daarmee speel. Ek sien uit daarna om my juwele vir hulle te gee sodra hulle uit die skool is. My grootste vrees is dat hulle te lank gaan wees om in my klere te pas! As hulle op 14 my grootte gaan dra, gaan ons \u2019n probleem h\u00ea! (lag)<\/p>\n<p><strong>Wat gee jou dryfkrag? Hoekom sit jy nie net terug en geniet jou lewe nie?<\/strong><br \/>\nGeleenthede gee my energie. Ek het nooit gedink ek gaan so baie geleenthede kry nie. Dis fantasties. Ek is mal oor \u2019n uitdaging, om te werk, kreatief te wees, nuwe mense te ontmoet en nuwe dinge te leer. Ek hou daarvan om saam met \u2019n spul mans in \u2019n raadsaal te sit en oor die ekonomie te praat. Of om te sien hoe word klere ontwerp, en meer oor die tegniese sy daarvan te leer. Ek is nuuskierig.<\/p>\n<p><strong>Jy moes Marokko toe gaan vir Sex in the City 2 pas nadat jy die tweeling gekry het &#8230;<\/strong><br \/>\nEk was die vervaardiger en dit was beslis nie \u2019n goeie tyd daarvoor nie. Die moeilikste deel was om van die tweeling weg te wees. Hulle was te jonk vir hul inentings en kon nie reis nie. Boonop was hulle prematuur. Maar ek het baie ondersteuning gehad, want almal op die stel het geweet hoe swaar dit vir my was. Ek het leer Skype en daar was tye dat ek deur die rekenaarskerm wou klim net om hulle te kan ruik!<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sarah Jessica Parker stap by die dakwoonstel van die Mandarin Oriental Hotel in New York in. Die wye uitsig oor Central Park is asemrowend, maar niemand kyk by die venster uit nie. Die fyn figuurtjie wat twaalf\u00a0jaar lank Carrie Bradshaw [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3479","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sarah Jessica Parker stap by die dakwoonstel van die Mandarin Oriental Hotel in New York in. Die wye uitsig oor Central Park is asemrowend, maar niemand kyk by die venster uit nie. Die fyn figuurtjie wat twaalf\u00a0jaar lank Carrie Bradshaw [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-12-13T10:57:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop\",\"datePublished\":\"2010-12-13T10:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/\"},\"wordCount\":1749,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/\",\"name\":\"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2010-12-13T10:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop | rooi rose","og_description":"Sarah Jessica Parker stap by die dakwoonstel van die Mandarin Oriental Hotel in New York in. Die wye uitsig oor Central Park is asemrowend, maar niemand kyk by die venster uit nie. Die fyn figuurtjie wat twaalf\u00a0jaar lank Carrie Bradshaw [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-12-13T10:57:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:50+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop","datePublished":"2010-12-13T10:57:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/"},"wordCount":1749,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/","name":"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2010-12-13T10:57:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sarah-jessica-parker-meer-as-n-modepop\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sarah Jessica Parker: Meer as \u2019n modepop"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3479","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3479"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3479\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3479"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3479"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3479"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}