{"id":3475,"date":"2011-09-29T12:53:00","date_gmt":"2011-09-29T10:53:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kom-sit-vir-n-sessie\/"},"modified":"2017-05-04T14:49:14","modified_gmt":"2017-05-04T12:49:14","slug":"kom-sit-vir-n-sessie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/","title":{"rendered":"Kom sit vir \u2019n sessie"},"content":{"rendered":"<h4>Die verhoudingskenner<\/h4>\n<p>Hanlie Raath, \u2019n psigoterapeut met \u2019n meestersgraad in maatskaplike werk, spesialiseer in individuele, huweliks-, gesins- en groepsterapie. Sy het \u2019n private praktyk in Bryanston, Johannesburg, en bied korporatiewe en openbare verhoudingsbestuurwerkswinkels aan. Sy s\u00ea:<\/p>\n<p>&#8220;\u2019n Verhouding is \u2019n verkenningstog Om \u2019n moe\u00eb of moeilike verhouding nuwe lewe te gee, is \u2019n kreatiewe proses. Die kuns l\u00ea daarin om die siel van \u2019n verhouding tussen twee mense te herontdek. Wat skep die verbintenis &#8211; is dit gewoonte, vriendskap, pret, lojaliteit, avontuurlus, passie of konflik? Hoe het die aanvanklike \u201cooreenkoms\u201d tussen hulle verander? Sodra die skeppingsenergie in \u2019n verhouding opnuut begin vloei, ontstaan onvoorsiene, verrassende moontlikhede, dalk selfs \u2019n gevoel van verwondering. Dis die bel\u00e9wing van die proses wat belangrik is, nie \u2019n finale uitkoms nie.<\/p>\n<p>\u2022\u00a0<strong>Verhoudings is nooit volmaak nie<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Goeie verhouding is <em>real<\/em> eerder as <em>ideal<\/em>. Dis daar om die betrokkenes se persoonlikhede, begeertes en ontwikkeling te akkommodeer, nie om die een of ander ideaalbeeld te weerspie\u00ebl nie. Vervullende verhoudings is \u2019n uitdaging; nie soseer omdat dit wat ons gelukkig maak moeilik bereikbaar is nie, maar omdat ons baie keer nie weet hoe om daar uit te kom nie. Ons kort bewustheid en oefening. Terwyl goeie verhoudings vreugde en spontane\u00efteit insluit, is daar ook soms bloed, sweet en trane. Ware intimteit word juis in hierdie paradoks gevind.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Konflik is van kernbelang <\/strong><\/p>\n<p>Mense dink dikwels konflik bedreig intimiteit, maar konflik bied \u2019n noodsaaklike ruimte vir die uitdrukking van frustrasies en begeertes. Wanneer mense leer om die <em>power play<\/em> tussen hulle te bestuur en onnodige beskermingsmeganismes te laat vaar, word hulle toegankliker. Elkeen van ons kan leer om gesonde, buigbare grense te skep, om die waarheid te praat sonder oordeel of verwyt, en om oop te wees vir onverwagse uitkomste.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Verandering is onafwendbaar <\/strong><\/p>\n<p>Baie mense verset hulle teen groei &#8211; hul eie of hul maat s\u2019n. Die geheim is om dit as deel van die voortgang van die lewe te beskou en jou verwagtings daarby aan te pas. Verhoudings gaan deur fases; verliefdheid is net die wegspringplek. Wanneer dit oorgaan na die tweede fase, die magstryd, be\u00ebindig mense soms die verhouding omdat hulle nie besef dat dit na \u2019n volgende vlak van intimiteit kan lei nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Krisisse kan \u2019n verhouding versterk<\/strong><\/p>\n<p>Affairs en ander krisissituasies hoef nie in \u2019n heksejag te ontaard nie. In terapie kan die een wat die buite-egtelike verhouding aangeknoop het die presiese aard van die aantrekkingskrag ondersoek en maniere kry om dit in die bestaande verhouding uit te leef. Dit gaan dikwels nie om seks nie, maar om avontuurlus of die wete dat jy l\u00e9\u00e9f. In terapeutiese gesprekke word die ander maat dikwels ook bewus van \u2019n langdurige gebrek aan vervulling, en begin albei daaraan werk om te kry wat hulle ten diepste begeer. Dis \u2019n veeleisende proses, maar haalbaar &#8211; veral as dit uit \u2019n skeppende eerder as \u2019n voorskriftelike hoek benader word.<\/p>\n<p>\u2022<strong>\u00a0Verhoudingsbou is vir mans \u00e9n vroue<\/strong><\/p>\n<p>Ek benader terapie vanuit die psigo-analise, stelsel- en Gestaltteorie. Ek werk ook met argetipes. Interessant genoeg spreek ek meer mans as vroue. Baie mans ervaar \u2019n diep gevoel van verlies oor hul pa\u2019s. Hulle is onseker oor hoe om hul emosionele verhoudings te hanteer, en voel soms hulle het huls\u00e9lf in die steek gelaat. Vroue voel weer dikwels \u201consigbaar\u201d en verswelg deur \u2019n magdom eise. Hulle het die behoefte aan \u2019n sterker besef van hul uniekheid en potensiaal &#8211; aan \u201ctoestemming\u201d om te wees wie hulle is en te kry wat hulle wil h\u00ea. Uit my terapie-ervaring het ek verskeie werkswinkels ontwikkel wat \u2019n vars benadering tot verhoudings bied, soos di\u00e9 tussen paartjies, ouers en kinders of mense in die werkplek. Meer as 12 000 mense het die afgelope 20\u00a0jaar di\u00e9 kursusse bygewoon. Nuttige tegnieke en insigte word deur ervaringsleer (<em>experiential learning<\/em>) aangevul. Van die werkswinkels sluit die gebruik van dansvorms in, soos die tango en salsa of kontak met perde.<\/p>\n<p>Meer inligting, ook oor Hanlie se boek: <em>The New Paradise: Making Intimacy Real<\/em> (2004), kontak 084 5595 414 of besoek www.paradox8.co.za<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die seksuoloog<\/h4>\n<p>Leandie Buys is een van slegs ses kliniese seksuolo\u00eb in Suid-Afrika. Sy het haar meestersgraad in die gesondheidswetenskappe in Australi\u00eb verwerf, is \u2019n geregistreerde traumaberader en het \u2019n private praktyk in Port Elizabeth. Sy s\u00ea:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Dit gaan nie net oor seks nie <\/strong><\/p>\n<p>Baie mense is onder die indruk dat ek net seksuele wanfunksies behandel, maar dit gaan eerstens om verhoudingsberading; seks is net \u2019n uitvloeisel van \u2019n verhouding. Ek spesialiseer in die sielkundige en emosionele aspekte van seksuele gesondheid. Elkeen se siening van seksualiteit is uniek. Ons houdings, ervarings en gedrag word deur biologiese, sosiale, kulturele en sielkundige faktore gevorm. Ek benader seksterapie holisties en pas dit by elke pasi\u00ebnt se behoeftes aan. Die doel is onder meer om prestasieangs te verminder, inligting te bied oor verhoudings, intimiteit, die werking van ons liggame en mans en vroue se belewenis van seksualiteit, en om kommunikasie oor seks tussen paartjies te verbeter.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Die gevolg van seksuele \u2018geheimhouding\u2019 <\/strong><\/p>\n<p>Di\u00e9 van ons wat dertig jaar en ouer is, het in \u2019n tyd grootgeword waar seks \u2019n taboe-onderwerp was. Dink maar aan Elvis Presley se \u201cseksueel uitlokkende\u201d musiekvideo\u2019s wat verbied is! Kinders is ontmoedig om oor die seksuele te praat of te dink, en openbare seksuele gedrag is afgekeur sonder \u2019n verduideliking waarom dit onvanpas was. Dit het gelei tot vernedering, verwarring, onbegrip en die oortuiging dat die seksuele \u201cvuil\u201d is. As volwassenes moes hierdie kinders met hul skuld- en angsbelaaide grondslag probeer herontdek wat seks behels. Niemand het hulle vertel hoe om aan hulself of hul lewensmaats seksuele plesier te verskaf, oor seks te praat, of oor seksuele gedrag te onderhandel nie. Dit verklaar ook hoekom talle paartjies eers hulp soek wanneer hul verhoudings ineenstort.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Daar \u00eds antwoorde <\/strong><\/p>\n<p>Namate mense ouer en wyser word en gemakliker met hul liggame begin voel, breek hulle gelukkig ook uit die skuldgevoelens en angs van die verlede weg. Hulle besef hulle is as seksuele wesens geskape en dat hulle seksuele plesier verdien. Daar \u00eds antwoorde &#8211; as ons net die regte vrae vra!<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Mans en vroue verskil <\/strong><\/p>\n<p>Mans en vroue verskil in hul siening en ervaring van liefde en seks. Mans verstaan nie dat vroue nie terselfdertyd seks \u00e9n oorlog kan maak nie. Mans beskou seks as vrede maak en is verras as hulle agterkom hul lewensmaat is steeds kwaad! Ek sien dikwels dat vroue waardering wil h\u00ea vir die werk wat hulle in en om die huis doen, terwyl mans \u2019n fisieker siening van liefde het. Hulle hou van \u2019n drukkie of \u2019n sexy SMS en erkenning van hul pogings om die gesin finansieel te onderhou. As \u2019n man by die huis kom en \u2019n speelse knypie vir sy vrou gee wat heeldag gewerk het en nou aandete maak, vererg sy haar dalk omdat hy \u201cnet aan seks dink\u201d. \u2019n Bakleiery ontstaan. Sy voel hy misken haar versorging van die gesin terwyl hy sy liefde deur \u2019n intieme aanraking wou toon. Sy kon net omgedraai, hom op die wang gesoen en gevra het dat hy die tafel dek. Of hy kon vir eers die knypie laat staan en gevra het of hy met iets kon help.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Soms wil vroue meer h\u00ea <\/strong><\/p>\n<p>Begeertediskrepansie, waar die een \u2019n ho\u00ebr libido as hul maat het, is \u2019n algemene probleem, maar dis \u2019n wanopvatting dat dit mans is wat altyd \u2019n ho\u00ebr seksdrang het. Baie vroue het ho\u00ebr libido\u2019s as hul maats. Omdat dit nie inpas by die persepsie dat mans \u201caltyd op die uitkyk is\u201d en vroue gewoonlik \u201ckopseer\u201d het nie, neem vroue in di\u00e9 posisie dit maklik persoonlik op. Hulle kan probeer om gewig te verloor of hul haarstyl te verander, sonder die verlangde gevolge. Wanneer begeertevlakke verskil, is die antwoord nie om die maat met die laer seksdrang te dwing om meer seks te h\u00ea nie. Dis doeltreffender om die paartjie se sienings en benaderings rondom seks te herdefinieer en die kommunikasiekanale oop te maak sodat hulle tot \u2019n wedersydse ooreenkoms kan kom.<\/p>\n<p>Meer inligting, ook oor Leandie se boek S<em>eisoene van seks: wat is normaal?<\/em> (Naledi, 2009) by 041 373 5800 of\u00a0www.leandiebuys.co.za<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die leefstyl-afrigter<\/h4>\n<p>Sterna Wineberg is \u2019n persoonlike, bestuurs-, span- en verhoudingsafrigter in die noordelike voorstede van Johannesburg. Sy is \u2019n lid van die <em>International Coach Federation<\/em> (ICF).<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Verandering is die wagwoord <\/strong><\/p>\n<p>Jy kom na \u2019n lewensafrigter wanneer jy jou lewe of aspekte van jou bestaan na \u2019n nuwe, bevredigender vlak wil neem. Die geheim is om jou manier van kyk, dink en doen te verander.<\/p>\n<p>Sien dit s\u00f3: jou denke skep sekere gevoelens en jou gevoelens be\u00efnvloed jou optrede. Jou optrede bepaal weer die uitkoms van \u2019n situasie. Deur indringend op denk- en gedragspatrone te fokus, help jou afrigter jou om nuwe uitkomste te bewerk. Dis \u2019n diepgaande proses wat tot volhoubare verandering lei.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Die kli\u00ebnt is die kundige<\/strong><\/p>\n<p>Jy ken jouself die beste. Jy weet hoe jou omstandighede lyk, wat jou hartsbegeertes is en watter struikelblokke in jou pad l\u00ea. Die haakplek is dat jy nie altyd helder bewus daarvan is nie. \u2019n <em>Life coach<\/em> help jou om \u2019n bietjie terug te staan en die prentjie duideliker te sien. Jy ontdek wie jy waarlik is, wat jy wil bereik en wat jy kan doen om daar te kom. Saam met jou afrigter werk jy \u2019n aksieplan uit wat jy stap vir stap kan volg.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Jou verlede maak nie saak nie<\/strong><\/p>\n<p>In lewensafrigting maak ons ons nie moeg oor hoekom dinge gebeur het nie. Ons s\u00ea: D\u00eds hoe die situasie lyk &#8211; wat nou?<\/p>\n<p>&#8220;My rol is om kli\u00ebnte bewuste keuses te help maak. As jy vir een ding ja s\u00ea, soos om langer ure te werk, s\u00ea jy nee vir iets anders &#8211; soos om jou kinders in die bed te sit.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Goeie vrae is die antwoord<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die gehalte van die vrae wat jy vra, bepaal jou lewensgehalte. \u2019n Kundige afrigter vra prikkelende vrae wat die probleemplekke en kwessies in jou lewe belig. Dit gaan nie oor die afrigter se persepsies nie, maar om wat jy wil h\u00ea. Eers wanneer jy <em>powerful questioning<\/em> self ervaar, besef jy watter kragtige instrument dit is.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>So eenvoudig soos ABC<\/strong><\/p>\n<p>Ek gebruik die akroniem GROW om die pad wat ek met \u2019n kli\u00ebnt loop, raak te vat.<br \/>\n<strong>G<\/strong> staan vir <em>goal<\/em>: die doelwit, klein of groot, wat jy op \u2019n spesifieke lewensgebied wil bereik.<br \/>\n<strong>R<\/strong> staan vir <em>reality check<\/em>: hoe lyk die situasie werklik?<br \/>\n<strong>O<\/strong> is <em>options<\/em> of die ontwikkeling van kreatiewe oplossings wat jou na jou verlangde doelwit sal lei.<br \/>\n<strong>W<\/strong> staan vir <em>will<\/em> of jou wilskrag om die moontlikhede in daadwerklike optrede te omvorm. Dis die mate waartoe jy jou tot die proses verbind.<\/p>\n<p>\u2019n Tweede akroniem, SMART, skep duidelikheid rondom jou doelstelling:<span style=\"color: #ff0000;\"><br \/>\n<\/span><strong>S<\/strong> staan vir <em>specific<\/em>: wat presies wil jy bereik?<br \/>\n<strong>M<\/strong> staan vir <em>measurable<\/em> of meetbaar. Hoe kan jy jou doelstelling kwantifiseer? Hoe sal jy weet as jy dit behaal het?<br \/>\n<strong>A<\/strong> dui op <em>attainable<\/em>. Is jou doelwit haalbaar? L\u00ea dit binne jou vermo\u00eb om dit te bereik en het jy beheer daaroor? \u2019n Doelwit wat van iemand anders afhang, soos die wens dat jou man jou bedagsamer moet behandel, is nie ten volle binne jou beheer nie.<br \/>\n<strong>R<\/strong> staan vir <em>relevant<\/em>: hoe belangrik is hierdie mikpunt vir jou? Gee jy voorkeur daaraan?<br \/>\n<strong>T<\/strong> dui op <em>time<\/em> of die tydperk waarbinne jy dit wil bereik.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Sleutelvraagstukke\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><span style=\"line-height: 1.5;\">Die kli\u00ebnt kies waarop ons konsentreer. Dalk wil hy \u2019n spesifieke gemeenskapskwessie oplos, of begeer sy haar eie onderneming. Selfs \u2019n \u201cklein\u201d sakie, soos om vergaderings met meer selfvertroue te benader, is van pas. Ek werk met \u00e9nigiets wat vir die kli\u00ebnt \u2019n probleem is. Kwessies soos balans, kommunikasie en eiewaarde kom dikwels ter sprake. Dit beteken net vir elkeen iets anders. So beteken balans vir die een om genoeg tyd met gesinslede, familie \u00e9n vriende deur te bring, en vir \u2019n ander om emosionele vervulling \u00e9n sukses te ervaar. Die bekende oefening waar jy \u2019n sirkel in verskillende lewensterreine verdeel en met \u2019n persentasie aandui waar jy jouself ten opsigte van finansies, loopbaan, fisieke welsyn, spiritualiteit, ensovoorts sien, is veelseggend. Deur strategiese vrae te beantwoord, kan jy vasstel wat jy wil verander. My rol is om kli\u00ebnte bewuste keuses te help maak. As jy vir een ding ja s\u00ea, soos om langer ure te werk, s\u00ea jy nee vir iets anders &#8211; byvoorbeeld om jou kinders in die bed te sit. Dis ons keuses wat die balans skep of versteur en sodra ons met oorleg begin kies, word ons nie meer willoos deur omstandighede meegesleur nie.<\/span><\/p>\n<p>\u2022 <strong>Vervang eerder as verander<\/strong><\/p>\n<p>As jy iets al jare lank op \u2019n spesifieke manier doen of benader, is dit \u2019n gevestigde patroon wat moeilik sal verander. Dit is beter om \u2019n vars patroon te skep en die oue \u2019n stille dood te laat sterf. Navorsingsresultate wys dit neem sowat drie maande om nuwe gedrag deel van jou te maak. Daarom sien ek mense vir minstens twaalf sessies of vir \u2019n tydperk van drie maande.\u201d<\/p>\n<p>Kontak Sterna by <a href=\"mailto:swineberg@gmail.com\" target=\"_blank\">swineberg@gmail.com<\/a> of 082 349 6270.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Slaapkamerprobleme, onbehaaglike verhoudings, loopbaanfrustrasies &#8211; noem maar op. Hoeveel van ons het nie al hande in die hare gewonder wi\u00e9 tog die antwoord het nie? Almal weet kitsoplossings bestaan nie. Omdat ons uitdagings verskil, benader terapeute en afrigters elke kli\u00ebnt anders. Daarby neem dit verskeie sessies om \u2019n kwessie sinvol te hanteer. Tog kan di\u00e9 artikel jou \u2019n kykie in drie kenners se werkwyse gee, en sommer ook \u2019n voorsmakie van hul wysheid.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55617,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[5680,5681,5682,5683,5684,5685,135,5686,702,5687,833,5688,1531,5689,1930,5690,3824,5691,4674,5677,5678,5679],"class_list":["post-3475","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-buite-egtelike-verhouding","tag-verhoudingsbou","tag-emosionele-verhoudings","tag-ervaringsleer","tag-trauma","tag-seksberading","tag-verhoudings","tag-seksuele-gesondheid","tag-leefstyl","tag-libido","tag-sielkunde","tag-seksdrange","tag-seks","tag-lewensafrigting","tag-kommunikasie","tag-gevoelens","tag-konflik","tag-gedragspatrone","tag-verandering","tag-intimiteit","tag-affairs","tag-verhoudingsterapie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kom sit vir \u2019n sessie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kom sit vir \u2019n sessie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Slaapkamerprobleme, onbehaaglike verhoudings, loopbaanfrustrasies - noem maar op. Hoeveel van ons het nie al hande in die hare gewonder wi\u00e9 tog die antwoord het nie? Almal weet kitsoplossings bestaan nie. Omdat ons uitdagings verskil, benader terapeute en afrigters elke kli\u00ebnt anders. Daarby neem dit verskeie sessies om \u2019n kwessie sinvol te hanteer. Tog kan di\u00e9 artikel jou \u2019n kykie in drie kenners se werkwyse gee, en sommer ook \u2019n voorsmakie van hul wysheid.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-09-29T10:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-04T12:49:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/Hande-vashou.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kom sit vir \u2019n sessie\",\"datePublished\":\"2011-09-29T10:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-04T12:49:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/\"},\"wordCount\":2188,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/Hande-vashou.jpg\",\"keywords\":[\"buite-egtelike verhouding\",\"verhoudingsbou\",\"emosionele verhoudings\",\"ervaringsleer\",\"trauma\",\"seksberading\",\"Verhoudings\",\"seksuele gesondheid\",\"leefstyl\",\"libido\",\"sielkunde\",\"seksdrange\",\"seks\",\"lewensafrigting\",\"Kommunikasie\",\"gevoelens\",\"konflik\",\"gedragspatrone\",\"verandering\",\"intimiteit\",\"affairs\",\"verhoudingsterapie\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/\",\"name\":\"Kom sit vir \u2019n sessie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/Hande-vashou.jpg\",\"datePublished\":\"2011-09-29T10:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-04T12:49:14+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/Hande-vashou.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2011\\\/09\\\/Hande-vashou.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kom-sit-vir-n-sessie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kom sit vir \u2019n sessie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kom sit vir \u2019n sessie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kom sit vir \u2019n sessie | rooi rose","og_description":"Slaapkamerprobleme, onbehaaglike verhoudings, loopbaanfrustrasies - noem maar op. Hoeveel van ons het nie al hande in die hare gewonder wi\u00e9 tog die antwoord het nie? Almal weet kitsoplossings bestaan nie. Omdat ons uitdagings verskil, benader terapeute en afrigters elke kli\u00ebnt anders. Daarby neem dit verskeie sessies om \u2019n kwessie sinvol te hanteer. Tog kan di\u00e9 artikel jou \u2019n kykie in drie kenners se werkwyse gee, en sommer ook \u2019n voorsmakie van hul wysheid.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-09-29T10:53:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-04T12:49:14+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/Hande-vashou.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kom sit vir \u2019n sessie","datePublished":"2011-09-29T10:53:00+00:00","dateModified":"2017-05-04T12:49:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/"},"wordCount":2188,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/Hande-vashou.jpg","keywords":["buite-egtelike verhouding","verhoudingsbou","emosionele verhoudings","ervaringsleer","trauma","seksberading","Verhoudings","seksuele gesondheid","leefstyl","libido","sielkunde","seksdrange","seks","lewensafrigting","Kommunikasie","gevoelens","konflik","gedragspatrone","verandering","intimiteit","affairs","verhoudingsterapie"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/","name":"Kom sit vir \u2019n sessie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/Hande-vashou.jpg","datePublished":"2011-09-29T10:53:00+00:00","dateModified":"2017-05-04T12:49:14+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/Hande-vashou.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2011\/09\/Hande-vashou.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kom-sit-vir-n-sessie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kom sit vir \u2019n sessie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3475","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3475"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3475\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55617"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3475"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3475"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3475"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}