{"id":3472,"date":"2010-12-13T14:43:00","date_gmt":"2010-12-13T12:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/clive-owen-held-met-hart\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:44","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:44","slug":"clive-owen-held-met-hart","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/","title":{"rendered":"Clive Owen: Held met hart"},"content":{"rendered":"<p>Wat ook al die rede, dis onmiskenbaar daar: \u2019n roekelose, moenie-met-mymors- nie soort manlikheid straal uit <strong>Clive Owen<\/strong>. Hy het daardie Steve McQueen- of Paul Newman-houding; die Russell Crowe-manlikheid sonder die ego. Maar sy voorkoms flous jou nie r\u00earig nie.<\/p>\n<p>Jy besef daar is genadiglik m\u00e9\u00e9r: agter die manhaftigheid skuil \u2019n sagte kwetsbaarheid. In sy fliek, <em>The Boys are Back<\/em>, word Clive se teenstrydige eienskappe van krag en deernis saamgesnoer. Hy vertolk die rol van \u2019n man wat die beste doen wat hy kan in omstandighede wat \u2019n swakker siel sou breek. Die fliek handel oor \u2019n pa wat nie regtig by sy kinders se opvoeding betrokke is nie. Toe sy tweede vrou sterf, moet hy heelwat aanpassings maak en na sy twee seuns (een uit \u2019n vorige huwelik) omsien. Hy moet nuut na sy prioriteite kyk, \u2019n band tussen hom en sy seuns skep en die pad na \u2019n ryker, nuwe lewe begin stap.<\/p>\n<p><strong>In <em>The Boys are Back<\/em> het jou karakter \u2019n effe chaotiese ouerskapstyl. Maar watter soort pa is jy?<\/strong><br \/>\nToe ek die draaiboek lees, het dit my diep geraak, ek was skoon emosioneel. Dis pragtig geskryf en kyk na ouerskap uit \u2019n man se perspektief. Ek het nog nooit so iets gelees nie. My karakter moet baie dinge hanteer, ook sy seun se hartseer n\u00e1 sy ma se dood. Maar ek is nie \u2019n \u201clos\u201d soort pa nie. Ouerskap is \u2019n baie groot deel van my lewe, en pa-wees staan ook heeltemal los van my loopbaan. As ek werk, werk ek, maar by die huis is ek net pa vir my twee dogters, Hannah en Evie. Dit klink dalk na pret om so \u2019n effe chaotiese ouerskapstyl te h\u00ea, maar as niemand die skottelgoed was nie en daar is nie struktuur nie, gaan die spulletjie inmekaarstort. Byges\u00ea, ek dink baie ouers s\u00ea soms te maklik nee. \u2019n Gesin het albei kante nodig, struktuur en roetine \u00f3\u00f3k.<\/p>\n<p><strong>Hoe hanteer jou dogters jou roem? <\/strong><br \/>\nDie maklikste antwoord is die twaalfjarige Hannah se gunsteling-sinnetjie van die afgelope ses maande: \u201cEk wens hulle kan sien wat ek sien en weet hoe jy regtig is.\u201d (Lag.) Die res laat ek aan jou verbeelding oor.<\/p>\n<p><strong>Maar is hulle gemaklik daarmee? <\/strong><br \/>\nSo gemaklik soos wat hulle kan wees. Hulle het nie regtig \u2019n keuse nie (lag). Maar hulle begin nou besef hoe hulle dit kan gebruik, want hulle wou h\u00ea ek moes vir hulle kaartjies vir die Harry Potter-premi\u00e8res kry. Toe hulle jonger was, kon hulle glad nie verstaan waarom vreemdelinge my op straat voorkeer en geselsies aanknoop nie. Hulle wou heeltyd weet wie hulle is en hoekom hulle met my praat (lag). Nou weet hulle presies wat ek doen.<\/p>\n<p><strong>Dink jy kinders grootmaak is \u2019n vrou se afdeling? <\/strong><br \/>\nEk dink nie dis net \u2019n ma se werk nie. As ek by die huis is, is daar soms \u2019n hele spulletjie kinders waarna ek moet omsien, en ek pas ook dikwels ons vriende se kinders op. Dis regtig nie vir my \u2019n probleem nie. Wanneer my vrou nie by die huis is nie, is dit glad nie vir my \u2019n las om na die kinders om te sien nie. Ek is \u2019n goeie huisman en kan alles bymekaar hou (lag). Toe my eerste dogter, Hannah, gebore is, was dit vir my \u2019n ongelooflike en roerende ondervinding. Ek het haar oomblikke n\u00e1 haar geboorte opgetel en \u2019n uur lank met haar in my arms gesit. Dit was \u2019n grootse oomblik. Dis moeilik om te verduidelik hoe diep dit my geraak het, dit was amper heilig<\/p>\n<p><strong>So, hoekom is daar so min enkelpa\u2019s?<\/strong><br \/>\nBaie vroue maak hul kinders alleen groot, en niemand lig \u2019n wenkbrou nie. Ek weet nie. Ek ken ook nie \u2019n man wat alleen kinders grootmaak nie. Daar is die persepsie dat as ouers skei, die kinders beter af is by die ma. Ek weet nie hoekom nie.<\/p>\n<p><strong>Hoe het ouerskap jou verander?<\/strong><br \/>\nPa-wees is die wonderlikste ding wat met my gebeur het. Skielik was daar sin in die w\u00eareld; skielik was daar \u2019n rede vir alles. Alles wentel nou om my kinders en hul welstand is boaan my lys. As jy kinders het, is jy nie meer so selfsugtig nie. Jou lewensuitkyk verander &#8211; jy kyk wyer, gesonder, minder selfgerig. Ek wil vir hulle \u2019n goeie en liefdevolle w\u00eareld skep om in groot te word. Solank hulle nie bederf is nie, goeie maniere het en gelukkig is, is ek gelukkig.<\/p>\n<p><strong>Wat onthou jy van jou pa? <\/strong><br \/>\nMy stiefpa het my grootgemaak. My pa het ons verlaat toe ek nog klein was, maar ek het \u2019n gesonde verhouding met hulle gehad. Dit was \u2019n positiewe kindertyd.<\/p>\n<p><strong>Voel jy soms skuldig as jy dikwels weg van die huis werk? <\/strong><br \/>\nAlmal doen wat hulle kan. My omstandighede hou baie voordele en nadele in. Die groot voordeel is dat wanneer ek nie werk nie, ek maande aaneen by my kinders kan wees. Ek neem hulle skool toe, gaan haal hulle, en bring baie tyd saam met hulle deur. Tog is daar maar altyd die moontlikheid dat ek enige oomblik kan weggaan. So, ek is baie by die huis, maar as ek weg is, is ek weg, soms in \u2019n ander land, dikwels vir lang tye. Kinders hou van roetine. Hulle hou daarvan as \u2019n pa elke dag op \u2019n spesifieke tyd huis toe kom, en dat hulle daarop kan staatmaak. Dus is my wegganery nie so wonderlik nie. Maar aan die ander kant: hulle was al in Afrika en Australi\u00eb en het wonderlike tye en dinge beleef wanneer hulle kom kuier. Ja, daar is moeilike tye, maar daar is ook voordele. Ek kla nie.<\/p>\n<p><strong>Voel jy soms skuldig as jy dikwels weg van die huis werk? <\/strong><br \/>\nAlmal doen wat hulle kan. My omstandighede hou baie voordele en nadele in. Die groot voordeel is dat wanneer ek nie werk nie, ek maande aaneen by my kinders kan wees. Ek neem hulle skool toe, gaan haal hulle, en bring baie tyd saam met hulle deur. Tog is daar maar altyd die moontlikheid dat ek enige oomblik kan weggaan. So, ek is baie by die huis, maar as ek weg is, is ek weg, soms in \u2019n ander land, dikwels vir lang tye. Kinders hou van roetine. Hulle hou daarvan as \u2019n pa elke dag op \u2019n spesifieke tyd huis toe kom, en dat hulle daarop kan staatmaak. Dus is my wegganery nie so wonderlik nie. Maar aan die ander kant: hulle was al in Afrika en Australi\u00eb en het wonderlike tye en dinge beleef wanneer hulle kom kuier. Ja, daar is moeilike tye, maar daar is ook voordele. Ek kla nie.<\/p>\n<p><strong>Jy word as \u2019n baie manlike man gesien. Hoe het jy grootgeword?<\/strong><br \/>\n(Lag). Ek kan nie onthou dat ek ooit \u2019n gesprek met iemand gehad het oor wat dit beteken om \u2019n man te wees nie. Ek is maar net wie ek is.<\/p>\n<p><strong>As jy terugkyk, wat dink jy het jou gebring tot waar jy nou is? <\/strong><br \/>\nLoopbaangewys het ek sekere belangrike besluite geneem wat my in \u2019n sekere rigting geneem en tot hier gebring het. Die kere wat ek nee ges\u00ea het, was net so belangrik soos die kere toe ek ja ges\u00ea het. Soms sou dit die maklike uitweg wees om \u2019n aanbod te aanvaar, maar ek was op soek na iets anders. Ek het \u2019n langtermynplan gehad. Ek is in die teater opgelei, en vir my het dit oor my vernuf en die kuns van toneelspel gegaan. En om te groei.<\/p>\n<p><strong>Wie is vir jou die sexyste vrou, en wat maak iemand sexy?<\/strong><br \/>\nMy vrou. Dis moeilik om \u201csexy\u201d te definieer. Dis nie voor die hand liggend nie. Dis nie iets wat jy kan verwoord nie. Behalwe sexy, is my vrou ook die steunpilaar in ons gesin. Sy was \u2019n aktrise, maar het n\u00e1 ons eerste kind se geboorte opgehou werk. Sy was nog altyd daar vir die kinders. Sy hou alles bymekaar. Ons is \u2019n goeie span.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Hoe voel jou vrou daaroor dat sy haar loopbaan laat vaar het? <\/strong><br \/>\nSarah Jane het regtig haar rol as ma aangegryp. Sy het al daaraan begin dink om op te hou werk voor ons ons eerste kind gehad het. Dit kan gevaarlik wees as \u2019n aktrise ophou werk ter wille van kinders, want sy kan later voel dat sy \u2019n lewe en \u2019n loopbaan vir \u2019n gesin opgeoffer het. Sarah Jane is nie so nie. Sy is \u2019n briljante ma en gee sonder voorbehoud. Noudat die dogters groter is en skoolgaan, het sy \u2019n bietjie meer tyd vir haarself, en wonder sy wat sy daarmee kan doen. Maar oor moederskap is sy nie spyt nie.<\/p>\n<p><strong>Het julle saam daaroor besluit? <\/strong><br \/>\nNee, sy het n\u00e1 Hannah se geboorte besluit om nie meer te werk nie. Sy wou haar onverdeelde aandag aan die kinders gee, en danksy haar toewyding het ons gelukkige, gesonde kinders.<\/p>\n<p><strong>Waar is jy nou in jou lewe?<\/strong><br \/>\nEk beleef goeie tye. Ek het die afgelope klompie jaar \u2019n paar wonderlike geleenthede gehad, wat werk insluit. Vir my is sukses ook die geleentheid om saam met die beste mense in die bedryf te werk, en ek is gelukkig dat dinge so verloop het. Ek neem ook tyd af om saam met my gesin deur te bring. Ek hoop dit hou so aan. Op die oomblik is daar nie eens \u2019n nuwe projek in sig nie, maar dit pla my nie.<\/p>\n<p><strong>Hoe bederf jy jouself? <\/strong><br \/>\nEk gaan kyk sokker.<\/p>\n<p><strong>In heelwat van jou flieks bestuur jy vinnige motors.<\/strong> <strong>Hou jy daarvan en is jy \u2019n goeie bestuurder? <\/strong><br \/>\nEk is mal daaroor. Maar wat die waagtonele betref: John Frankenheimer was een van die eerste regisseurs wat \u2019n vals stuurwiel aan die ander kant van die motor laat inbou het. Jy sit maar bloot langs die waaghals en jaag en tol vir \u2019n vale terwyl die waaghals die ou is wat alles laat gebeur en in beheer van die motor is. Maar jy moet seker maak jy lyk nie te ontspanne nie, anders lyk dit nie eg nie.<\/p>\n<p><strong>Die bedryf fokus op jeugdigheid, maar met volwassenheid gebeur soveel interessante goed. Wat het jy met die \u201couderdom\u201d ontdek en het dit jou verander? <\/strong><br \/>\nAl wat ek weet, is dat my veertigerjare die beste tyd van my lewe is. Ek voel steeds soms asof ek twintig is, dalk omdat ek my nie vreeslik aan ouderdom steur nie. Ek dink nooit aan ouer word nie. Ek is maar net. Ek glo jy moet jou geniet daar waar jy is, ongeag jou ouderdom.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Hoe avontuurlustig is jy? <\/strong><br \/>\nEk moet hieroor dink. Elke nuwe fliek is \u2019n avontuur. \u2019n Akteur moet heeltyd vir hom \u2019n nuwe identiteit skep; jy werp jou hart en siel in \u2019n nuwe w\u00eareld en ervaar, ondersoek en leer nuwe dinge, soos om perd te ry of te skerm. Jy leef jou uit in \u2019n nuwe w\u00eareld, soms ook fisiek. So, ek leef my avontuurlus uit in die flieks wat ek maak.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat ook al die rede, dis onmiskenbaar daar: \u2019n roekelose, moenie-met-mymors- nie soort manlikheid straal uit Clive Owen. Hy het daardie Steve McQueen- of Paul Newman-houding; die Russell Crowe-manlikheid sonder die ego. Maar sy voorkoms flous jou nie r\u00earig nie. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3472","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Clive Owen: Held met hart | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Clive Owen: Held met hart | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat ook al die rede, dis onmiskenbaar daar: \u2019n roekelose, moenie-met-mymors- nie soort manlikheid straal uit Clive Owen. Hy het daardie Steve McQueen- of Paul Newman-houding; die Russell Crowe-manlikheid sonder die ego. Maar sy voorkoms flous jou nie r\u00earig nie. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-12-13T12:43:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Clive Owen: Held met hart\",\"datePublished\":\"2010-12-13T12:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/\"},\"wordCount\":1841,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/\",\"name\":\"Clive Owen: Held met hart | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2010-12-13T12:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:44+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clive-owen-held-met-hart\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Clive Owen: Held met hart\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Clive Owen: Held met hart | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Clive Owen: Held met hart | rooi rose","og_description":"Wat ook al die rede, dis onmiskenbaar daar: \u2019n roekelose, moenie-met-mymors- nie soort manlikheid straal uit Clive Owen. Hy het daardie Steve McQueen- of Paul Newman-houding; die Russell Crowe-manlikheid sonder die ego. Maar sy voorkoms flous jou nie r\u00earig nie. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-12-13T12:43:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:44+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Clive Owen: Held met hart","datePublished":"2010-12-13T12:43:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/"},"wordCount":1841,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/","name":"Clive Owen: Held met hart | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2010-12-13T12:43:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:44+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clive-owen-held-met-hart\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Clive Owen: Held met hart"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3472","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3472"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3472\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3472"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3472"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3472"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}