{"id":3466,"date":"2011-02-23T14:24:00","date_gmt":"2011-02-23T12:24:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/gom-vir-groepe\/"},"modified":"2018-07-06T12:35:11","modified_gmt":"2018-07-06T10:35:11","slug":"gom-vir-groepe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/","title":{"rendered":"Gom vir groepe"},"content":{"rendered":"<p>Ons leef in \u2019n samelewing met \u2019n verbruikersmentaliteit waar die klem op die individu, verbruikers en deskundiges val. Eintlik kontrakteer ons ons lewens uit: ons betaal skole om ons kinders groot te maak, medici om ons gesond te hou, die polisie om ons te beveilig en ouetehuise om vir ons bejaardes te sorg. Hierdie soort verbruikersdruk bied gekoopte oplossings vir menswees, maar nie die belewenis van gemeenskap nie. Gewone mense met hul kennis en kundigheid word nie na waarde geskat nie. Dit veroorsaak \u2019n breuk in ons verbondenheid. Maar daar is \u2019n metodologie wat hierdie instelling kan omswaai en die belewenis van \u201cbehoort\u201c \u2019n werklikheid kan maak. Die Amerikaanse topverkoperskrywer Peter Block het vroe\u00ebr vanjaar gemeenskapswerkwinkels in Suid-Afrika aangebied om dit te illustreer. Getrou aan sy filosofie het hy nie op \u2019n podium kom staan om sy idees te verkoop nie, maar saam met die deelnemers in kleingroepe gesit, geluister en geleer sodat hy ons verhaal beter kon verstaan. Hierdie benadering het my so ge\u00efnspireer dat ek verder by Peter gaan kers opsteek het in Cincinatti, Ohio. Hy is deel van \u2019n netwerk van vrywilligers genaamd A Small Group, wat hulle beywer vir die skepvan \u2019n herstelde en versoenende gemeenskap in die stad. Die lede van hierdie beweging is ses jaar lank besig met die uitleef en toepassing van Peter se metodologie. Hulle het my laat tuis voel en vir my omgegee op maniere wat ek nog nie voorheen beleef het nie. By Peter se openbare werkwinkels het hy ook belewenisse geskep wat \u2019n vlak van intimiteit in die kleingroepe gebring het wat ons as deelnemers nou nog laat kontak hou, al leef ons op verskillende vastelande.<\/p>\n<p><strong>Nuwe moontlikhede vir jou kleingroep <\/strong><br \/>\nAs narratiewe gespreksvennoot en fasiliteerder glo ek in die krag van die verhale wat ons oor ons lewe vertel. Peter se eenvoudige metode stel mense in staat om hul verhale te vertel en bemagtig luisteraars om dit met respek te ontvang. Verhale kan vertel word sonder dat daar oplossings of verduidelikings hoef te wees. Deelnemers word ook uitgedaag om die pen op te neem as skrywers van hul eie lewensverhale en die moontlikhede wat daarin opgesluit l\u00ea. Hierdie metodologie sien die kleingroep as \u2019n ruimte vir transformasie en konneksie. Dis die plek waar \u00e1lmal se stem gehoor en erken word en deelnemers vir mekaar \u201cgeskenke\u201d gee. Intimiteit, gasvryheid en verbondenheid staan sentraal. Dit skep \u2019n ruimte waar ons wonde kan genees.<\/p>\n<p><strong>Basiese re\u00ebls<\/strong><br \/>\nl Die kleingroepleier skep die ruimte waar die kennis van elke deelnemer wat besluit het om op te daag, erken en ingenooi word. Deelnemers raak betrokke by die skep van \u2019n nuwe toekoms gegrond op inklusiwiteit en gasvryheid. Verbondenheid gaan altyd die bespreking van inhoud vooraf omdat ons van mekaar leer slegs wanneer ons werklik aan mekaar verbind is. Leiers bevorder gedeelde eienaarskap deur die manier waarop hulle mense bymekaar bring en die aard van die vrae waardeur hulle deelnemers betrek. Di\u00e9 soort leierskap probeer nie standpunte verdedig of vinnige antwoorde en oplossings gee nie.<\/p>\n<p><strong>Gasvryheid oorbrug die grense tussen deelnemers. <\/strong>Ou praktyke wat mense verdeel het in \u201cons\u201d en \u201chulle\u201d, kenmerkend van onder meer die apartheidstyd, word vervang deur die siening dat verskille \u2019n gawe is. Almal is welkom, ook mense wat soos ons lyk en dieselfde taal praat, maar anders as ons dink.<br \/>\nl Deelnemers word genooi om te kom, deel te neem, en eienaarskap van die byeenkoms te neem. Deelnemers kom dikwels bloot om te sien wat die leier aanbied, maar hier word hulle mense wat die byeenkoms kan be\u00efnvloed deur die manier waarop hulle opdaag en deelneem. Elke deelnemer moet toesien dat hulle kry waarvoor hulle gekom het. Hulle kan hulle die volgende afvra:<\/p>\n<p>l Hoe is die manier waarop jy by die kleingroep opdaag \u2019n voorbeeld van jou lewe? l Watter soort \u201cbehoortgevoel\u201d skep ons wanneer ons bymekaar kom?<br \/>\n<strong><br \/>\nl Gespreksvennote word op \u2019n sekere manier gekies<\/strong>. As die groep uit meer as vyf bestaan, deel julle in groepe van drie. Kies altyd mense wat jy die minste ken en sit met jul knie\u00eb 30 cm uitmekaar. Deelnemers mag enige tyd kies om nie aan \u2019n gesprek deel te neem nie, en het twee tot drie minute om die vraag te beantwoord.<\/p>\n<p><strong>l Raad gee is onwenslik.<\/strong> Die gespreksruimte is heilig en mense se eienaarskap van hul eie verhaal en moontlikhede word gerespekteer. Dis dus aanvaarbaar as kwessies onopgelos bly.<\/p>\n<p><strong>l Moenie probeer help nie, bly net nuuskierig deur vrae te vra waarop jy nie die antwoorde ken nie<\/strong>. l Moenie raad gee nie, maar bly ge\u00efnteresseerd. Die wortels van advies en hulp l\u00ea in die gedagte dat die een meer weet van die ander se lewe as hy- of syself, en is gegrond op ongelyke houdings en verhoudings.<br \/>\n<strong><br \/>\nDie vertrek as gespreksgenoot <\/strong><br \/>\nElke vertrek waarin ons bymekaarkom, kan \u2019n voorbeeld wees van die alternatiewe toekoms wat ons wil skep. Ons keuse van vertrekke is belangriker as wat ons dink. Dit kan aan deelnemers kommunikeer dat hulle saak maak. Mense dink die beste wanneer daar ho\u00eb plafonne is en vensters wat natuurlike lig en lug inlaat, en wanneer die natuur buite sigbaar is.<\/p>\n<p><strong>Die vrae wat ons vra <\/strong><br \/>\nHierdie metodologie se doel is om \u2019n alternatiewe verhaal vir die toekoms te skep deur vrae pleks van deur antwoorde. Die vrae word doelbewus ontwerp om die isolasie wat deur ons verbruikers- en individualistiese samelewing geskep word te bowe te kom en is altyd meervoudig (ambiguous), persoonlik en uitdagend.<\/p>\n<p><strong>Refleksie as vaardigheid <\/strong><br \/>\nN\u00e1 elk van die gesprekke wat hieronder verduidelik word, is daar tyd vir refleksie. Deelnemers bly in hul groepe van drie en word gevra om dit wat hulle in die gesprek getref het, te bespreek. Daarna word hulle genooi om hul refleksies met die groter groep te deel sodat hulle onthou dat hulle deel is van iets groters. Dit leer deelnemers om oor hul ervarings na te dink en refleksie deel te maak van dit wat gemeenskappe saam doen.<\/p>\n<p><strong>Die ses gesprekke wat tel <\/strong><br \/>\nDie ses gesprekke wat volg, het ten doel om die behoort en omgee terug te sit in kleingroepe en ook die groter gemeenskap te transformeer. Omdat die klem op diepte, intimiteit, geskenke en gasvryheid val, kan enige van di\u00e9 gesprekke na \u2019n volgende lei. Hulle help om \u2019n kultuur van verantwoordbaarheid en verwantskap met mekaar te skep en is op transformasie gemik. Hieronder word die bedoeling van elke gesprek aangedui, gevolg deur die vraag wat die gesprek moontlik sal maak. Lesers kan meer hieroor lees in Peter Block se boek Community: the structure of belonging of die notas aflaai by http:\/\/asmallgroup.ning.com<\/p>\n<p><strong>Hoe anders sal die verhale van ons land klink as ons begin fokus op die geskenke wat ons van mekaar ontvang!<\/strong><br \/>\n1 Uitnodiging eerder as dwang\/mandaat Transformasie word geskep deur keuse en vryheid en nie deur mense te dwing om iets te doen nie. Daarom word deelnemers met hul vryheid gekonfronteer en het hulle altyd die reg om \u201cnee\u201d te s\u00ea. Hoekom is dit vir jou belangrik om vandag hier te wees?<\/p>\n<p>2 Eienaarskap teenoor blamering As ons bly kla oor die byeenkoms waaraan ons deelneem, bly \u00f3ns transformasie van ander se transformasie afhanklik. Die prys wat ons vir blaam betaal, is om te sit en wag dat dinge verander. Die voordeel is dat ons niks daaraan hoef te doen nie. Die eienaarskapgesprek voorveronderstel dat ons medeskeppers is van ons w\u00eareld \u2013 van hierdie kleingroep, organisasie, omgewing en gemeenskap. Wat is die situasie\/probleem waaroor jy gedurig kla? Wat is jou bydrae tot die skep of instandhouding van hierdie probleem?<\/p>\n<p>3 Moontlikhede teenoor probleemoplossing Om moontlikhede vir ons lewe openlik te verklaar, is dikwels op sigself \u2019n vorm van transformasie. Di\u00e9 gesprek vra deelnemers om die moontlikhede wat \u2019n nuwe toekoms moontlik maak met mekaar te deel, as alternatief<\/p>\n<p>4 Andersdenkendheid teenoor lippediens In hierdie gesprek kan deelnemers hul onsekerheid en twyfel deel sonder om dit te verdedig, te verantwoord of te verduidelik Werklike verbintenis (commitment) begin met die moontlikheid om \u201cnee\u201d te s\u00ea ten einde uit te vind waarvoor ek \u201cja\u201d wil s\u00ea. Wanneer mense nie die geleentheid gegun word om hul onsekerheid en vrese in \u2019n veilige omgewing te lug nie, sal hulle jabroers bly. Waaroor twyfel jy? Watter bedenkinge of voorbehoude het jy? Wat is die \u201cnee\u201d wat jy verswyg? Wat is die \u201cja\u201d wat jy nie meer bedoel nie?<br \/>\n5 Verbintenis teenoor ruilhandel Hierdie gesprek raak die beloftes wat lede maak oor die bydrae wat hulle bereid is om te lewer. Daar is geen verwagting dat deelnemers iets sal ontvang in ruil vir dit wat hulle gee nie, en hulle hoef geen prys te betaal as hulle weier om hul verbintenis in hierdie stadium te verwoord nie. Watter belofte is ek bereid om te maak rakende hierdie saak? Watter prys is ek bereid om te betaal vir die sukses van hierdie poging?<\/p>\n<p>6 Geskenke teenoor tekortkominge Ons samelewing is so behep met tekortkominge en swakhede dat dit groot struikelblokke in die pad van ons genesing plaas. Hierdie metodologie skep \u2019n ruimte waar deelnemers aanvaar en waardeer kan word vir die geskenke wat hulle bring. Wanneer geskenke openlik verklaar en ontdek ontdek word, skep dit die \u201cbehoortgevoel\u201d wat die gemeenskap bou. Geskenke is dit wat ons van elke deelnemer ontvang het in die gesprek waaraan ons deelgeneem het \u2013 dit wat ons geraak het, byvoorbeeld: \u201cRina, dankie vir die geskenk van jou openhartigheid tydens die vertel van jou verhaal.\u201d Daarop antwoord die gewer met: \u201cDankie\u201d, \u201cVertel my meer\u201d of \u201cDit is wat dit vir my beteken\u201d. Reaksies soos \u201cNee, dis nie waar nie\u201d of verduidelikings is ontoelaatbaar.<\/p>\n<p>Die ses gesprekke kan in enige volgorde vloei, behalwe dat die verbintenisgesprek altyd laaste gevoer word. N\u00e1 elke gesprek word daar in die kleingroep gereflekteer oor wat deelnemers tydens die gesprek getref het; die kleingroep se refleksies word met die groter groep gedeel; en geskenke word met elke kleingroeplid gedeel. Gesprekke om etenstafels en braaivleisvure fokus so dikwels net op dit wat verkeerd is met ons land. Hierdie metodologie nooi ons uit om eienaarskap van hierdie probleemstories te neem wanneer ons as kleingroepe en families gesprekke voer. Hoe anders sal die verhale van ons land klink as ons begin fokus op die geskenke wat ons van mekaar ontvang! Elke alternatiewe verhaal kan \u2019n alternatiewe toekoms, los van die probleme van die verlede, produseer. Ons het die vermo\u00eb om saam aan \u2019n ander verhaal te skryf. Kom ons skep \u2019n nuwe Suid-Afrika, een gesprek op \u2019n slag. \u00ef\u0081\u00bc<\/p>\n<p>Dr. Chen\u00e9 Swart werk met individue, spanne, organisasies en gemeenskappe. Meer inligting, ook oor haar en Peter Block se pamflet wat sy metodes met die narratiewe benadering kombineer, by 083 467 1891, chene@transformations.co.za of www. transformations.co.za Peter Block is deur Symphonia (www.symphonia. net) na Suid-Afrika gebring. Sy jongste boek is Abundant community: awakening the power of families and neighbourhoods met medeskrywer John McKnight.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons leef in \u2019n samelewing met \u2019n verbruikersmentaliteit waar die klem op die individu, verbruikers en deskundiges val. Eintlik kontrakteer ons ons lewens uit: ons betaal skole om ons kinders groot te maak, medici om ons gesond te hou, die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98926,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677],"tags":[],"class_list":["post-3466","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gom vir groepe | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gom vir groepe | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons leef in \u2019n samelewing met \u2019n verbruikersmentaliteit waar die klem op die individu, verbruikers en deskundiges val. Eintlik kontrakteer ons ons lewens uit: ons betaal skole om ons kinders groot te maak, medici om ons gesond te hou, die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2011-02-23T12:24:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T10:35:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"888\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Gom vir groepe\",\"datePublished\":\"2011-02-23T12:24:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:35:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/\"},\"wordCount\":1811,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg\",\"articleSection\":[\"Inspirasie\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2011\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/\",\"name\":\"Gom vir groepe | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg\",\"datePublished\":\"2011-02-23T12:24:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T10:35:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg\",\"width\":888,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gom-vir-groepe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gom vir groepe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gom vir groepe | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gom vir groepe | rooi rose","og_description":"Ons leef in \u2019n samelewing met \u2019n verbruikersmentaliteit waar die klem op die individu, verbruikers en deskundiges val. Eintlik kontrakteer ons ons lewens uit: ons betaal skole om ons kinders groot te maak, medici om ons gesond te hou, die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2011-02-23T12:24:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T10:35:11+00:00","og_image":[{"width":888,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Gom vir groepe","datePublished":"2011-02-23T12:24:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:35:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/"},"wordCount":1811,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg","articleSection":["Inspirasie"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2011","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/","name":"Gom vir groepe | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg","datePublished":"2011-02-23T12:24:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T10:35:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Gom-vir-groepe.jpeg","width":888,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gom-vir-groepe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gom vir groepe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3466","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3466"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3466\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98926"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3466"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3466"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3466"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}