{"id":3464,"date":"2010-10-12T15:27:00","date_gmt":"2010-10-12T13:27:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-chemie-van-die-liefde\/"},"modified":"2016-03-15T14:04:25","modified_gmt":"2016-03-15T12:04:25","slug":"die-chemie-van-die-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/","title":{"rendered":"Die chemie van die liefde"},"content":{"rendered":"<p>Ons is deur die <em>He\u2019s not that into You<\/em>-gier, en baie dankie, ons weet nou wanneer Meneer se belangstelling te laag brand om verder ons tyd te mors. Maar <em>It\u2019s Raining Men<\/em>, soos die 2006-liedjie dit uitjuig. Mans is volop. Dis die r\u00e9gte een wat skaars is. Maar dalk nie vir lank nie. Dr. Helen Fisher, \u2019n Amerikaanse sosioloog, het n\u00e1 navorsing op 40 000 lede van Match.com met \u2019n interessante nuwe konsep vorendag gekom: jy moet net op die plek soek waar hy rondhang. Nou toe nou. Beteken dit jy moet bloot langs die rugbyveld rondstaan omdat drie dosyn mans daar rondhol? En seker maak jy kom by die sokker uit omdat mans van oor die hele w\u00eareld hier saamtrek? Dalk. Maar haar teorie is darem baie meer genuanseer. Voor jy verder lees, doen die vier vraelyste en stel vas wie jy is sodat jy kan vasstel wie by jou pas sodat jy kan vasstel waar jy moet rondkyk vir daardie droomman wat jou voete onder jou gaan uitswiep &#8211; en jy syne.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Hoe werk dit?<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Helen verduidelik dat jy die eindtotaal is van jou ingebore temperament en die wedervaringe wat jou gevorm het. As dit by jou volmaakte pasmaat kom, is veral jou temperament belangrik \u2013 juis daardie deel wat geneties bepaal is. Navorsing wys gene werk in groepe saam om gedrag te be\u00efnvloed. Die verband is so opvallend dat daar al van gedragsindrome gepraat word. Helen s\u00ea twee van ons hormone, estrogeen en testosteroon, en twee van ons breinchemikalie\u00eb, dopamien en serotonien, vorm waarskynlik die basis waarvolgens ons onbewustelik maar geneties, asof vooraf geprogrammeer, ons lewensmaats kies. En dis hoe eenvoudig dit is om jou droommaat op te spoor: al wat jy moet doen, is om te verstaan watter een van die vier jou voorkeur is en daaruit af te lei wie pas by jou. Daarna is jy toegerus om op geskikte plekke en met die regte lysie eienskappe in gedagte jou o\u00eb oop te hou. En letterlik jou o\u00eb oop te hou.<\/p>\n<p>Helen vertel dat ons reeds weet dat mense met meer groefies in die irisse (die gekleurde deel) van hul o\u00eb warmer en liefdevoller is, terwyl sterker lyne om die irisse met impulsiwiteit verband hou. Altwee geslagte sein ook hul estrogeen- en testosteroonvlakke op hul gesigte: vroue met ho\u00eb testosteroonvlakke en mans het kenmerkend sterk gedefinieerde trekke, soos \u2019n groot neus, prominente wangbene, growwe oogbanke en groot, bre\u00eb voorkoppe. Net so kan jy estrogeenvlakke by vroue en mans skat: mans met ho\u00ebr estrogeenvlakke en vroue het fyner velle, vol lippe, kleiner neuse en voller, ronder gesigte. Moeder Natuur weet niks van vraelyste en karaktertipes nie: sy het ons o\u00eb gegee om te sien. Die probleem is ons moderne lewenswyse, want ons werk en leef teen groot spoed verby mekaar. Dis waar Helen se vraelyste inkom: \u2019n vernuftige insig in jou psige vir \u2019n kortpad na die regte maat. En dit werk vir mans en vroue.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Terug by die vier stelsels. Hulle werk kortliks so:<\/span> <\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\">Ho\u00eb dopamienvlakke <\/span>word gekenmerk deur avontuurlus, energie, optimisme, spontane\u00efteit, impulsiwiteit, kreatiwiteit en entoesiasme. Helen noem hierdie mense die Avonturiers. Mense met <span style=\"color: #333333;\">ho\u00eb<\/span> serotonienvlakke is kalm, sosiaal, tree oordeelkundig en verstandig op, is lojaal en respekteer re\u00ebls, orde, gesag en tradisies. Hierdie mense etiketteer sy as die Bouers.<\/p>\n<p>Wat van\u00a0<span style=\"color: #333333;\">ho\u00eb<\/span> testosteroonvlakke? Die groep, die Direkteure genoem, is kenmerkend reguit, gefokus, logies, prakties en mededingend. Mense met\u00a0<span style=\"color: #333333;\">ho\u00eb<\/span> estrogeenvlakke\u00a0 is tipies die helpers. Hulle is ook intu\u00eftief, \u201cweb\u201d-denkers, sosiaal, simpatiek, verbeeldingryk en verbaal en emosioneel ekspressief. Sy noem hulle die Onderhandelaars \u2013 en baie gewone mans val ook in die groep. Wie pas by wie? Moet jy en jou geesgenoot eenders of anders wees? Hier lewer Helen se navorsing \u2019n verrassing op, maar dit maak biologies sin. Bouers en Avonturiers verkies \u2019n lewensmaat presies soos hulle met dieselfde strewes. Direkteure en Onderhandelaars val in by \u201copposites attract\u201d: die een neem die leiding en is logies, en die ander een val in en verskaf die \u201chart\u201d.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Hul kuierplekke<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Jy het die vraelysies deurgedraf, en jy weet nou wie is jy en wie by jou pas. Maar die kruks van die saak is waar om hom of haar te kry. Helen verskaf in haar boek \u2019n hele klomp leidrade wat \u2019n potensi\u00eble maat verklap, maar die maklikste twee is die woordeskat (hierbo) wat jou pasmaat tipies gebruik en die soort plekke waar jy hom\/haar sal kry. En ja, dit is moeiliker om party op te spoor. \u2019n Notatjie: daar is nie \u2019n \u201cbeter\u201d of \u201cslegter\u201d soort nie. Daar is rykes en armes, suksesvolles en onsuksesvolles, gawe en nare mense en so aan in elke groep. Dit gaan oor met wie jy die lekkerste gaan kliek vir \u2019n lewenslange gelukkige verhouding \u2026 en daarvoor hoef jy maar net te wees wie jy is. Waar om te kyk Waar soek jy jou bouer?<\/p>\n<p>Dis maklik: hy\/sy het vaste kuierplekke en roetines. As jy by vaste roetines hou, wees op die uitkyk vir ander mense wat ook gereeld daar is en knoop \u2019n geselsie aan. As jy hom nog nie raakgeloop het nie, beweeg jy moontlik in \u2019n te klein kring. Brei jou gebruiklike aktiwiteite uit en sluit aan by \u2019n klub, groep of span wat gereeld bymekaarkom vir gholflesse, aksiekrieket, wynwaardering of wynmaak \u2026 enigiets waarin mans belang stel. Dink aan jou vriende se familiegeleenthede, want vir bouers is familie belangrik. En rugby \u00eds dalk net die regte plan, want bouers ondersteun tipies jare lank hul gunstelingspan. Hulle is ook bestuurders, kleinsakemanne en mense wat met syfers en finansies werk. Avonturiers loop mekaar van nature op hul avonture raak \u2026 of mis, want hulle is albei rondlopers wat dalk nie lank genoeg vashaak om in mekaar vas te loop nie. Die beste plan is om jou uit te leef en gereeld op nuwe plekke te kom, nuwe stokperdjies te takel &#8211; van naby-fotografie tot rotsklim en die skaarser sportsoorte soos roei en branderplankry, tot nuwe eetplekke en by nuwe klubs aansluit. En dan is daar die Sokkerw\u00eareldbeker \u2026 die plek waar avonturiers van oor die w\u00eareld hier gaan byeenkom. Hulle hou van variasie en is bemarkers, entrepreneurs, eiendomsontwikkelaars, in die vermaaklikheidsw\u00eareld, sportberoepe en ontwerp. Wat van direkteure? Hulle is ambisieuse mense; mense wat bestuur, hou van feite en konkrete dinge, maklik besluite neem, prakties is, met vertroue probleme oplos, masjinerie regmaak \u2026 en hulle hou van rang en aansien.<\/p>\n<p>Hulle wil die baas \u00e9n die slimste wees. Soek hom waar julle eers vriende kan wees, en veral in situasies waar hy uitblink, soos by die werk, akademiese instellings, intellektuele gespreksgroepe en organisasies waar hy leiding kan neem. Hulle hou van tegnologie, rekenaars, die wetenskappe, en is ingenieurs, uitvinders, tegnici, spesialiste en mense wat op hul eie werk. Onderhandelaars is mens-mense, en daarom sal jy jou onderhandelaar kry waar daar met mense gewerk word en waar mense in klein groepies byeen is sodat daar hope kans vir een-tot-een gesprekke is. Soek hulle by kerklike en private diensorganisasies en ondersteuningsgroepe; hulle is lede van groepe soos Vriende van Pilanesberg en Red die Kuilsrivier wat baie vrywillige ure bestee om die cheetahs, straatkinders, museums, mishandelde katte, Boesmantekeninge en Distrik 6 te red. Hulle is onderwysers, sielkundiges, dokters, verpleegsters, mentors \u2026 mense wat help.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Werk dit?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Ons het vier gewilde persoonlikhede gevra of dit vir hulle werk.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Pas j\u00fd by Hendrik?<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Hendrik Cronj\u00e9, alias Lukas van 7de Laan, is tans sonder meisie. Sy profiel? Avonturier\/ onderhandelaar. Wat jou sy perfekte pasmaat maak, mits jy \u2019n Avonturier\/direkteur is, iemand vir wie avontuur \u2019n prioriteit is \u00e9n dit beplan. Hierdie oud-Heilbronner is baie positief oor \u2019n maat met \u2019n avontuurlysie. \u201cSy sal saam met my nuwe plekke wil sien en interessante goed wil aanpak \u00e9n sorg dat ons daarby uitkom.\u201d Het dit vantevore so in sy verhoudings gewerk? Hy dink daar was net een Avonturier onder sy vorige meisies.<\/p>\n<p>Die meeste was, te oordeel na sy terugvoer, Direkteurs en Bouers. Meisies met hope planne en ambisie maar gerig op hul loopbane en vriendekringe en ni\u00e9 op nuwe ervarings, die ongewone en onbekende nie. \u201cDit het juis nie gewerk nie omdat daar soveel dinge was wat ons tuis gehou het en gekeer het dat ons iewers heen kon gaan.\u201d Miskien het dit met sy ouderdom te doen, erken hy soos \u2019n tipiese onderhandelaar wat te dierbaar is om selfs vorige meisies se gevoelens seer te maak. \u201cDalk sal ek teen dertig kans sien vir tuisbly.\u201d Maar nou? Dis die middag voor \u2019n vakansiedag en Hendrik jeuk om weg te kom. Waarheen? Mpumalanga toe. Om wat te doen? Hy\u2019t nog nie \u2019n plan nie. As iemand dit tog net wou re\u00ebl.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Boertjie vir my!<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Roxy Louw, ons mooiste branderplankryer en sportiefste model, s\u00ea die vraelys som haar baie raak op: sy\u2019s \u2019n Avonturier\/ direkteur. Haar aktiewe lewe pas haar soos \u2019n handskoen en haar sterk bestuurskant pas in by die feit dat sy, anders as baie modelle, nie \u2019n agent het nie. \u201cEk kan myself heeltemal goed genoeg organiseer. Niemand hoef dit vir my te doen nie.\u201d Haar pasmaat is \u2019n Avonturier\/onderhandelaar, en sy dink \u2019n Boerseun is perfek: iemand wat kans sien vir die uitdagings van \u2019n boerdery maar met \u2019n sagte hart vir sy diere \u2026 en vir haar. \u201cMy maat sal aanpasbaar moet wees.<\/p>\n<p>Hy moet \u2019n Christen wees en so gemaklik met homself dat die kollig hom nie pla nie. En ek hou van \u2019n intelligen\u00a0 te man wat graag gesels.\u201d Maar inskiklikheid is \u2019n groot kwessie. \u201cMy vorige twee verhoudings het nie uitgewerk nie omdat ek baie vry moet kan wees vir surf en modelwerk, en net \u2019n baie flexible ou kan dit hanteer. Is daar \u2019n Boertjie op die toneel? \u201cNee, nog nie!\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u201cDit werk vir ons\u201d<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Zetske van Pletzen en Altus Theart is gese\u00ebnd met hope talent, goeie gene \u00e9n mekaar. Di\u00e9 glanspaartjie se profiele pas, maar kan die vonke soms spat? Altwee is hoofsaaklik Avonturiers, wat perfekte pasmaats is. Maar altwee se tweede profiel is \u2019n Direkteur \u2013 ambisieus, eerlik en onafhanklik \u2026 en \u2019n potensi\u00eble bron van konflik as dit by loopbaankeuses kom. In hierdie lewenstadium het elkeen sy eie ruimte, en behoort hul verhouding te vlot. Dit \u00eds so, s\u00ea Zetske. En toe ons vra of dit so goed gaan dat daar trouklokkies lui, lag sy vrolik. Tipies Avonturier wat haar nie maklik gaan laat vaspen nie maar in haar noppies is met haar mede-avonturier.<\/p>\n<p>\u201cAs ek nou terugdink aan my vorige verhoudings, was hulle harde werk. Met Altus val dinge gemaklik in plek. Ons het dieselfde verwysingsraamwerk: hy hou van \u2019n naweek by Boskop op quad bikes, en ek hou van \u2019n naweek by Boskop op quad bikes. En ons voel eenders oor ons werk. \u201cMaar ek dink jy kan nie net ophou by die feit dat julle op \u2019n sekere vlak pas nie. Ons het byvoorbeeld onlangs die boek The Five Love Languages gelees, wat jou bewus maak hoe jy jou maat se behoeftes vervul op \u2019n manier wat vir hom werk.\u201d \u2019n Antwoord so reg uit die mond van \u2019n volbloed-Direkteur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons is deur die He\u2019s not that into You-gier, en baie dankie, ons weet nou wanneer Meneer se belangstelling te laag brand om verder ons tyd te mors. Maar It\u2019s Raining Men, soos die 2006-liedjie dit uitjuig. Mans is volop. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20698,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3303,3301,3302],"class_list":["post-3464","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-liefdeschemie","tag-droomman","tag-geesgenoot"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die chemie van die liefde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die chemie van die liefde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons is deur die He\u2019s not that into You-gier, en baie dankie, ons weet nou wanneer Meneer se belangstelling te laag brand om verder ons tyd te mors. Maar It\u2019s Raining Men, soos die 2006-liedjie dit uitjuig. Mans is volop. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-10-12T13:27:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-15T12:04:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die chemie van die liefde\",\"datePublished\":\"2010-10-12T13:27:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-15T12:04:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/\"},\"wordCount\":1855,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/10\\\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg\",\"keywords\":[\"liefdeschemie\",\"droomman\",\"geesgenoot\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/\",\"name\":\"Die chemie van die liefde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/10\\\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg\",\"datePublished\":\"2010-10-12T13:27:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-15T12:04:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/10\\\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/10\\\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg\",\"width\":800,\"height\":600},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-chemie-van-die-liefde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die chemie van die liefde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die chemie van die liefde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die chemie van die liefde | rooi rose","og_description":"Ons is deur die He\u2019s not that into You-gier, en baie dankie, ons weet nou wanneer Meneer se belangstelling te laag brand om verder ons tyd te mors. Maar It\u2019s Raining Men, soos die 2006-liedjie dit uitjuig. Mans is volop. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-10-12T13:27:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-15T12:04:25+00:00","og_image":[{"width":800,"height":600,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die chemie van die liefde","datePublished":"2010-10-12T13:27:00+00:00","dateModified":"2016-03-15T12:04:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/"},"wordCount":1855,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg","keywords":["liefdeschemie","droomman","geesgenoot"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/","name":"Die chemie van die liefde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg","datePublished":"2010-10-12T13:27:00+00:00","dateModified":"2016-03-15T12:04:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/10\/17-Freeimages-Thomas-Jaggi.jpg","width":800,"height":600},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-chemie-van-die-liefde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die chemie van die liefde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3464","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3464"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3464\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20698"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3464"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3464"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3464"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}