{"id":3462,"date":"2026-02-09T09:22:00","date_gmt":"2026-02-09T07:22:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/my-kind-haat-skool\/"},"modified":"2026-02-09T09:30:36","modified_gmt":"2026-02-09T07:30:36","slug":"my-kind-haat-skool","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/","title":{"rendered":"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou?"},"content":{"rendered":"<p>Sukkel jy jou soggens kapoet om jou kind uit die bed te kry? Is die atmosfeer \u2019n kruitvat wat die geringste vonkie nodig het om te ontplof? Baklei sy soggens vandat sy haar o\u00eb oopmaak oor die kleinste dingetjie? Omdat sy moet opstaan terwyl sy nog s\u00f3 moeg is; oor die melk te koud of te warm is; oor haar skoene nie op hul plek is nie; oor haar skoolkos; oor haar boetie of die hond vir haar kyk; oor hoe sleg haar hare lyk? Of is sy elke oggend siek? Jou kind wil nie skool toe gaan nie. Die meeste kinders voel die een of ander tyd nie lus om skool toe te gaan nie. Dis normaal, veral as hulle \u2019n aanpassing moet maak waarvoor hulle bang is \u2013 soos om na \u2019n nuwe skool te gaan. Gewoonlik duur die gevoelens nie te lank nie. Maar wat as dit aanhou en erger word? Kinders doen goed as hulle kan. Kinders wil meestal hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders wat nie skool toe wil gaan nie, of skool verpes, het gewoonlik \u2019n probleem. Veral kleintjies. Die meeste van di\u00e9 kinders het nie die vaardighede om te voldoen aan die eise wat aan hulle gestel word nie \u2013 en dis nie hul keuse nie.<\/p>\n<p>Hulle reageer op baie maniere hierop: Hulle is ongemotiveerd en doen net die nodigste of selfs minder, of word siek, of bied weerstand. Dan kry hulle gou-gou die etiket dat hulle lui, ongemotiveerd, moedswillig en stout is, wat hulle weer in konflik met hul onderwysers en ouers bring. Aanlyn is daar talle blogs en groot groepe kinders wat dikwels in sterk gekruide taal vertel hoe en hoekom hulle skool so haat. En ironies gebruik hulle skuilname soos Useless man en Darkangel. Daar is \u201cek haat skool\u201d-lirieke, -T-hemde, -aanhalings, -voorstellings. Maar die meeste kinders loop met die gevoelens opgekrop en dan bars hul frustrasie tuis op allerlei maniere uit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-161849 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936325-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Pieter*, \u2019n tiener, vertel: <\/strong>\u201cSkool suck! Ek haat die verdomde plek! En alles daarvan. Die dom werk, die klasse, die rye, die simpel onderwysers en die kinders. Dis dieselfde goed oor en oor. Ek raak naar as ek nog iets oor vigs moet leer. Die onderwysers dink hulle het mag en kan jou beheer -wat jy moet doen, mag s\u00ea en dink, wat jy mag aantrek, hoe jy moet lyk. Die wiskundeonnie is die ergste met haar geskree en gedreig oor detensiebriewe, sy kan dit in haar dinges opdruk. En die kinders: Daar is mos altyd \u2018pliggies\u2019 wat dink hulle is s\u00f3 oulik. Hulle kruip net en dink hulle is beter as ander. As die toetsuitslae en rapport kom, d\u00e1n kry ek nou moeilikheid by my pa en hoor ek hoe treurig ek is. As ek net dink ek moet m\u00f4re skool toe gaan, of huiswerk doen, is ek sommer naar en omgekrap.\u201d<\/p>\n<p><strong>Annemie*, sewe jaar oud: <\/strong>\u201cSkool is nie lekker nie. My juffrou is oukei, maar ek is bang vir haar. As ek nie stilsit nie, moet ek voor langs haar gaan sit, of langs so \u2019n seuntjie wat my heeltyd pla, lelike goed vir my s\u00ea en my goed vat. Ek kan nie dink as die kinders praat nie. Ek kry nie my werk klaar nie, en dan spot die ander my omdat ek laaste klaar is. Pouses moet ek inbly om my werk klaar te maak. Maar die maatjies wil in elk geval nie met my speel nie. Ek wens daar was nie \u2019n skool nie en ek hoef nooit weer te gaan nie.\u201d Nie alle kinders is in staat om te erken hulle het \u2019n probleem, of om dit soos Pieter en Annemie te verwoord nie. Baie s\u00ea net dat dit nie lekker is nie en probeer dit vermy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Dan kla hulle dat hulle te siek voel<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Vrees speel \u2019n rol, veral by kleintjies. Hulle is bang vir raas, strafbriewe, detensie, of hulle is angstig en onseker of hulle die werk kan doen, toetse sal slaag, voor ander hul mondeling sal kan doen en maatjies met hulle sal speel, \u00f3f hulle ervaar skeidingsangs.<\/li>\n<li>Hulle het nie toereikende emosionele en sosiale vaardighede nie en pas sosiaal nie aan nie, of voel hulle pas nie in nie. Hulle voel alleen en uitgestoot.<\/li>\n<li>Partykeer word kinders geboelie of gespot.<\/li>\n<li>Hulle sukkel met die eise wat skool aan hulle stel. Vir baie is die skoolstelsel te rigied en maak nie werklik voorsiening vir hul individuele behoeftes nie.<\/li>\n<li>Baie kinders kan net nie die pas volhou nie. Of die pas is te stadig. Kinders se tempo en die hoeveelheid tyd wat hulle vir take nodig het, verskil. Vir party is dit te veel leerstof, te vinnig. En die dae is vir hulle te lank.<\/li>\n<li>Hulle is verveeld. Die leerstof is te maklik, dis te min, te stadig. \u00d3f die onderwysmetode of wyse van aanbieding is vir hulle vervelig. As leerstof vir kinders interessant en die proses vir hulle pret is, geniet hulle dit en leer hulle sommer sonder dat hulle dit besef.<\/li>\n<li>Kinders wat hiperaktief, aandagafleibaar of taktiele leerders is en sukkel om stil te sit en luister, vind die meeste skoolsituasies baie moeilik.<\/li>\n<li>Party kinders het nie die vaardighede om die werk baas te raak nie. Hulle voel dit maak nie saak wat hulle doen nie, hulle kan nie doen wat van hulle verwag word nie. Dit kan fyn motoriese, perseptuele, visuele, ouditiewe, lees, spel of wiskundige vaardighede wees waarmee hulle sukkel.<\/li>\n<li>Hulle kom nie met \u2019n onderwyser of onderwysers oor die weg nie.<\/li>\n<li>Party kinders het tuis probleme, soos ouers se huweliksprobleme, gesinskonflik, of \u2019n siek gesinslid en dan kan hulle nie konsentreer nie, want hulle bekommer hulle oor wat tuis gebeur.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-161850 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-mikhail-nilov-7929261-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kinders wat faal om te leer, leer om te faal. Wat om te doen?\u00a0 Erken daar is \u2019n probleem en doen dadelik iets daaraan. Gewoonlik verdwyn sulke probleme nie vanself in die mis nie. Meestal vererger dit mettertyd. Hoe ouer die kind is, hoe moeiliker is dit om agterstande in te haal. \u2019n Mens betaal nou of later (dan met rente) hiervoor. As \u2019n kind in graad een sukkel om te lees, gaan hy net meer agter raak en later sukkel om te leer.<\/p>\n<ul>\n<li>Toon begrip vir jou kind en moenie hom blameer nie. Laat haar afblaas, vertel wat pla. \u2019n Ontstelde kind het sy ouer se vriendelike en begrypende oor die nodigste, nie sy raad of ongeduld nie.<\/li>\n<li>Neem saam met jou kind verantwoordelikheid om die bul by die horings te pak en oplossings te soek en te kry, en om vaardighede te ontwikkel om die eise en probleme te hanteer. Moenie hom, die onderwyser of die skool blameer nie.<\/li>\n<li>\u00a0Probeer vasstel wat die wortel van die skoolhaat is. Luister. Help haar met haar gevoelens, deur die gevoelens te verstaan en begrip daarvoor te toon. Die kind moet inkoop in die oplossings, en daarom is die oplossings wat die kind uitdink of kies dikwels dit wat die beste werk.<\/li>\n<li>Berei jou kind op verandering voor: Nuwe skool, nuwe onderwyser, nuwe baba in die gesin, nuwe gesin met \u2019n hertroue &#8230;<\/li>\n<li>Wees proaktief: Taalverryking en lees in die voorskoolse jare maar ook later, kan baie help. Probeer moontlike probleme identifiseer voor dit die kind pootjie: Neem haar vir skoolgereedheidsevaluering om vroeg al vas te stel of al die tersaaklike vaardighede genoegsaam ontwikkel is. Slim kinders sukkel ook.<\/li>\n<li>Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel<\/li>\n<li>\u00a0Maak seker van jou kind se skoolkeuse. Kinders verskil en dis belangrik dat die kind se skool en klas dit vir haar moontlik maak om te leer, te presteer en in te pas.<\/li>\n<li>\u00a0Bou haar selfbeeld: Gee erkenning en nog erkenning \u2013 nie net vir resultate nie, maar vir pogings en harde werk. Help jou kind om te besef daar is nie iets fout met hom nie. Dis iets wat met baie kinders gebeur en normaal is. Maar dis \u2019n probleem waarvoor daar oplossings is.<\/li>\n<li>Jou kind moet die waarde van opvoeding besef.<\/li>\n<li>Moedig jou kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem waarin hy belang stel sodat \u2019n deel van skool lekker en onbedreigend kan wees, en om sosiaal in te skakel en sy selfbeeld te bou.<\/li>\n<li>Leer jou kind probleemoplossingsvaardighede en denkstrategie\u00eb: Wat is hier die probleem? Wat kan ek doen? Wat sal help om dit beter te maak? Die kind moet die probleem as die probleem sien, en nie haarself nie.\u00a0 Werk s\u00e1\u00e1m met die onderwyser, maak saam planne. Praat met die hoof of departementshoof oor opvoedkundige leiding as jy en die onderwyser nie vorder nie. Skole het meestal prosedures wat kinders kan help.<\/li>\n<li>Praat met ander ouers en hoor wat hul ervaring is van die klas, onderwyser en situasie.<\/li>\n<li>Moenie bang wees om jou kind van klas of skool te laat skuif as dit werklik nodig is nie. Maak net seker dat die probleem nie hoofsaaklik by jou kind se vaardighede l\u00ea nie, want dan gaan dieselfde probleem hom in die nuwe situasie herhaal, wat dan geen oplossing bied nie.<\/li>\n<li>Moenie jou kind sonder planne, hoop of oplossings blootstel aan \u2019n situasie waarvoor sy glad nie die vaardighede het, of glad nie kan hanteer nie. Dit breek kinders se moed en geloof in hulself.\u00a0 Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel.<\/li>\n<li>Kry professionele of remedi\u00ebrende hulp: Laat \u2019n opvoedkundige sielkundige julle help om die wortel van die probleem te bepaal. En kry hulp van \u2019n private onderwyser, arbeidsterapeut of wie ook al nodig kan wees. \u2019n Kind se eerste skooljaar en skoolervaring is dikwels van deurslaggewende belang in sy vorming van \u2019n eie leeridentiteit en akademiese selfbeeld. En dit is \u2019n vroe\u00eb voorspeller van \u2019n kind se skoolgeluk en prestasie. As \u2019n kind se eerste ervaring negatief is, kan dit maklik sy selfvertroue en selfbeeld skaad en later tot destruktiewe gedrag- en leerpatrone lei.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-161847 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/thomas-park-SS-r7BvCqTY-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis nooit te laat om gelukkige kinderdae te h\u00ea nie! Twaalf jaar kan b\u00e1ie lank wees &#8211; as dit \u2019n nagmerrie is! Maar soveel moeilike situasies kan met die regte plan, stappe, geduld en wysheid in \u2019n positiewe ervaring omgedraai word &#8211; in skooldae waarna jy met heimwee terugverlang. Dis vir die meeste mense \u2019n baie groter prestasie en aha-ervaring om \u2019n probleemsituasie om te draai in \u2019n suksesstorie, as om iets uit die staanspoor te bemeester. Dit bemagtig hulle met selfvertroue, selfgeloof en deursettingsvermo\u00eb, nie net vir die eise wat die lewe nou aan hulle stel nie, maar ook vir hul toekoms.<br \/>\n<em><br \/>\n<\/em><\/p>\n<p><em>*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel. Anys Rossouw is \u2019n sielkundige in Menlopark Pretoria.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hou-n-oop-deur-vir-pa\/\">Egskeiding: Hou \u2019n oop deur vir Pa<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sukkel jy jou soggens kapoet om jou kind uit die bed te kry? Is die atmosfeer \u2019n kruitvat wat die geringste vonkie nodig het om te ontplof? Baklei sy soggens vandat sy haar o\u00eb oopmaak oor die kleinste dingetjie? Omdat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":161848,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,834,1030],"class_list":["post-3462","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-kinders","tag-skool"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"As jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in \u2019n positiewe ervaring om te swaai.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in \u2019n positiewe ervaring om te swaai.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-02-09T07:22:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-02-09T07:30:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936464.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou?\",\"datePublished\":\"2026-02-09T07:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-09T07:30:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/\"},\"wordCount\":1811,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-rdne-6936464.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"kinders\",\"Skool\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/\",\"name\":\"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-rdne-6936464.jpg\",\"datePublished\":\"2026-02-09T07:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-09T07:30:36+00:00\",\"description\":\"As jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in \u2019n positiewe ervaring om te swaai.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-rdne-6936464.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-rdne-6936464.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-kind-haat-skool\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou? | rooi rose","description":"As jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in \u2019n positiewe ervaring om te swaai.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou? | rooi rose","og_description":"As jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in \u2019n positiewe ervaring om te swaai.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-02-09T07:22:00+00:00","article_modified_time":"2026-02-09T07:30:36+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936464.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou?","datePublished":"2026-02-09T07:22:00+00:00","dateModified":"2026-02-09T07:30:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/"},"wordCount":1811,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936464.jpg","keywords":["ouerskap","kinders","Skool"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/","name":"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936464.jpg","datePublished":"2026-02-09T07:22:00+00:00","dateModified":"2026-02-09T07:30:36+00:00","description":"As jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in \u2019n positiewe ervaring om te swaai.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936464.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-rdne-6936464.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-kind-haat-skool\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"My kind h\u00e1\u00e1t skool! Wat nou?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3462","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3462"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3462\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":161852,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3462\/revisions\/161852"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/161848"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3462"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3462"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3462"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}