{"id":3453,"date":"2023-06-19T10:30:00","date_gmt":"2023-06-19T08:30:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/voorlig-jou-kind-uit-depressie\/"},"modified":"2023-06-19T10:30:52","modified_gmt":"2023-06-19T08:30:52","slug":"lig-jou-kind-uit-depressie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/","title":{"rendered":"Lig jou kind uit depressie"},"content":{"rendered":"<p>Soos vir Mieke. Hierdie eens vrolike ekstrovert het op elf skielik nie maats nie. Sy voel \u201calmal is teen haar\u201d, huil maklik, haar skouertjies hang; van ontluik in \u2019n lewenslustige tiener is daar nie sprake nie. \u201cEk was so ontsteld toe ek verlede jaar n\u00e1 die wintervakansie haar kamer regpak en op die boks vol toegevoude folio\u2019s afkom wat sy geskryf het. Op net elf skryf sy oor en oor: Ek haat myself; niemand hou van my nie; my maats is aaklig met my, maar dis al soort maats wat ek werd is; ek is lelik; ek is stupid; hulle het weer vir my weggehardloop. Jy suck, jy SUCK. Di\u00e9 een was in \u2019n ander kind se handskrif, met \u2019n dosyn ander handtekeninge daarby. Daar was nog \u2019n briefie: Jy kan nie pouse met ons speel nie.<\/p>\n<p>\u201cEk kon sien dit gaan nie goed nie, maar soveel pyn het ek nie verwag nie,\u201d vertel Emma. Sy het die boks toegemaak en na oplossings begin soek. Daar is, maar dis \u2019n moeiliker, langer pad as wat jy sou wou hoop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan kinders regtig depressie kry?<\/h4>\n<p>\u201cSelfmoord\u201d en \u201ctien jaar oud\u201d is twee konsepte wat jy nie bymekaar bring nie, maar kinderpsigiater Juan Schr\u00f6nen s\u00ea die selfmoordkoers onder kinders van 10\u00a0tot 14\u00a0het die afgelope dekade verdubbel.<\/p>\n<p>\u201cSelfmoord onder sulke jong kinders \u00eds skaars, maar ons gee te min aandag aan hierdie groeiende probleem. Ouers aanvaar dat hul tienerkind depressief kan wees. Ho\u00ebrskole let op na depressie; daar is voorlig ligtingonderwysers, jeugwerkers en skole verwys kinders dikwels vir hulp as die ouers dit nie raaksien nie. \u201cMaar as ek vir mense s\u00ea ek moes al \u2019n negejarige met \u2019n antidepressant behandel vir ernstige depressie, dink hulle ek wil geld uit antidepressante maak.<\/p>\n<p>Die werklikheid is dat laerskoolkinders diep depressief kan word \u2013 en so ernstig dat dit nie net hul persoonlike ontwikkeling nie maar ook hul brein permanent skaad.\u201d<\/p>\n<p>Ontken ons die probleem onder laerskoolkinders? Los ons jong kinders \u2013 die broosste van almal \u2013 om maar alleen met hul siekte te worstel? Dit lyk so. Rentia, \u2019n laerskoolonderwyseres, s\u00ea sy het elke jaar in haar graadsesklas minstens een kind wat sy doodseker is depressief is.<\/p>\n<p>\u201cMeestal sal die ma my kontak en s\u00ea die kind is \u2018ongelukkig\u2019 en raad vra. Maar daar is werklik min wat ek in die klassituasie kan doen. \u201cEk betrek die kind waar ek kan, maar gewoonlik is die depressiewe kind nie in staat om uit te reik en van sy kant af takies te doen, soos om die klas se potplante water te gee nie.<\/p>\n<p>Hul klaswerk is swak en ek kan min sterretjies uitdeel en prys. Omdat sy konsentrasie swak is, werk klasdeelname nie; hy gaan vir seker verkeerd antwoord en nog meer na \u2019n mislukking voel. Ek kan nie oral dophou en die kind beskerm nie. My klasse is groot \u2013 meer as veertig leerders \u2013 met ander kinders wat ook aandag eis, soos die hiperaktiewes en die stadiges. \u201cDis \u2019n moeilike ouderdom. Ek kan kinders nie dwing om maats te wees nie; hulle wil hul maats kies. Ek kan hulle nie dwing om nice met mekaar te wees nie. Dis skrikwekkend om te sien hoe kras hulle mekaar kan afkraak. Party kan dit verwerk, maar ander knak.<\/p>\n<p>\u201cAnder kinders reageer nie goed op depressie nie en stoot hierdie outjies verder uit. \u00c9k kan nie veel doen nie, en as die ma nie die vermo\u00eb het nie \u2026 Ja, dan is die kind aan homself oorgelaat.\u201d<\/p>\n<p>Emma vertel hoe magteloos en onbeholpe sy voor hierdie situasie is.<\/p>\n<p>\u201cEk vra raad, maar mense verstaan nie, of help nie. Ek loop my oral vas in \u2019n houding van dat dit maar normale groeipyne is, of dat ander kinders wat hope maats het ook maar soms met hul maats \u2019n uitval het. Party impliseer selfs dat Mieke dit oor haarself gebring het. Een het vir my ges\u00ea gawe kinders het maats, nare kinders nie. Vir my lyk dit eerder asof die nare, katterige kinders maats het en die sagter kinders makliker uitgestoot word.<\/p>\n<p>\u201cBy die skool loop ek my in \u2019n muur vas. Hulle s\u00ea maar net hulle \u2018dra elke kind se belange op die hart\u2019 en \u2018die kind gee nie moeilikheid nie, so alles is in orde en ek moet my nie bekommer nie\u2019. My indruk is dat hulle dink dit gaan oorwaai. En ja, dit is seker wat in \u2019n ander sin gaan gebeur: oor ses maande \u2018waai\u2019 Mieke uit die laerskool. So word die probleem wat hulle betref, opgelos.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sal jy dit raaksien?<\/h4>\n<p>Emma verwyt haarself dat dinge so ver gegaan het. \u201cDit het skielik gebeur. Sy het haar kringetjie maats gehad. Verlede jaar is sy van haar beste maatjie geskei. Daar was van haar ander maats in haar klas, maar sy kon net nie op dreef kom nie. Ons het nuwe maats oorgenooi en ek het aangemoedig dat sy kyk wie ook alleen is en uitreik. Ek het gehoop dit gaan in die tweede kwartaal beter. Maar skielik is dit die derde kwartaal en my kind het binne drie maande \u2013 dit voel soos \u2019n oogwink \u2013 in hierdie hartseer, hartseer kind verander. Ek moes dit seker vroe\u00ebr raakgesien het, voor dit te ver gegaan het.\u201d<\/p>\n<p>Conrad Minnaar, \u2019n polisie-onderhandelaar wat daarin spesialiseer om selfmoordgevalle uit die poging te probeer praat, s\u00ea dis die een ding wat hom keer op keer opval: ouers wat s\u00ea hulle het dit nie verwag nie; die kind was dan tot \u2019n paar weke gelede so tevrede\/ sosiaal\/besig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Jy moet omtrent \u2019n baasspeurder wees om depressie by hulle raak te sien.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Gesels met jou kind oor ditjies en datjies net wanneer jy kan. Luister na sy antwoorde, vra uit, sonder om in te vra. As jy nie raad gee nie en nie berispe nie, praat kinders makliker. Luister veral na sy stemtoon, kyk na sy lyftaal en neem in hoe hy dit s\u00ea. Dit verklap hoe dit emosioneel met hom gaan. As jou kind een van die stilletjies is \u2013 van nature skaam en teruggetrokke \u2013 wees ekstra oplettend oor sy lyftaal.\u201d Juan s\u00ea die enigste betroubare aanduiding is dat die kind nie meer homself is nie. \u201cDit sal jou help om te onderskei of jou kind net vandag \u2019n bietjie \u2018af\u2019 voel en of die kind al eintlik in sy lewenshouding geskuif het. Enige kind is soms huilerig of stuurs, maar jou kind met \u2019n probleem is weke lank oorwegend of dikwels so. So is kinders wat maklik uitgereik het, nou dikwels of merendeels angstig.<\/p>\n<p>Die voorheen lewenslustige kind put nou selde genot uit enigiets. Die kind kan ook baie meer of baie minder slaap, of baie meer of baie minder eet. Nog \u2019n goeie leidraad is dat die kind al swakker vaar op skool en sukkel om te konsentreer.\u201d Dis bitter moeilik om jou vinger daarop te l\u00ea, glo Emma. \u201cDis nie soos koors wat van gister na vandag duidelik verander nie. Eers as ek dink hoe my kind twee jaar gelede was, kan ek s\u00ea sy is nou baie anders. Dis eerder soos \u2019n geleidelike aftakeling: eers was daar net een voorval en sy kon dit n\u00e1 \u2019n tydjie oorkom; toe nog een en nog een. Eers was sy net \u2019n aks minder vrolik as die vorige week en later elke week of so net \u2019n aks hartseerder.<\/p>\n<p>Jy word naderhand gewoond daaraan. Mieke is my oudste, en jy hoor oral die tienerfase is mos vol dramas, en dus dink jy dis maar hoe dit nou moet wees.\u201d Daarom glo Juan dat ouers wat \u201cwonder\u201d die diagnose in die hande van \u2019n professionele buitestander moet plaas. \u201cOns gebruik vraelyste soos die Kiddie SADS, die Children Depression Rating Scale en die Columbia Suicide Severity Scale om \u2019n geheelbeeld van die kind se emosionele toestand op te bou. As buitestanders kan ons meer objektief as die ouer oordeel.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Praat of pille?<\/h4>\n<p>Juan glo julle moet heel eerste met gespreksterapie begin.<\/p>\n<p>\u201cMaar ek sal baie versigtig wees in wie se hande ek die vorming van my kind se denkpatrone laat. Kies iemand met die vermo\u00eb om jou kind anders \u00e9n meer positief te laat dink. Iemand wat jou kind vertel depressie is van die duiwel, of dat jy depressie net moet wegbid, doen ontsettend ernstige langtermynskade.<\/p>\n<p>\u201cDie sielkundige behoort jou kind bykomende vaardighede te leer (soos hoe om in \u2019n groepie op te tree, die waarde van \u2019n paar vriendelike vrae, groter selfinsig, of wat ook al nodig is) en dit met jou te bespreek sodat julle dit kan inoefen. \u201cDie ideaal is dat jy s\u00e9lf jou kind emosioneel ondersteun, want jy is daar wanneer hy vashaak, teenoor die sielkundige wat \u2019n uur per week het om aan \u2019n probleem te werk wat hom al die hele week kwel \u2026 en dalk direk n\u00e1 skool wanneer die kind oormoeg en gejaag daar aankom en glad nie lus is om saam te werk nie.\u201d Is anti-depressante nie darem net te drasties vir laerskoolkinders nie? Moet jy nie maar net aanvaar dat grootword \u2019n pynlike proses is en dat kinders deur met die probleme te worstel juis sosiale vaardighede aanleer nie?<\/p>\n<p>\u201cDit hang af. As jou kind nie beter word nie, is hy biologies depressief, met ander woorde hy het \u2019n siekte wat buite sy beheer is. Sosiale vaardighede en gesonde persepsies het niks met sy toestand te doen nie: sy breinchemie kelder hom.<\/p>\n<p>Ek is heeltemal gekant daarteen dat ouers en skole kinders maar net los: dis oningelig en ongevoelig, en sonder enige opvoedkundige waarde. Mense onderskat die impak van breinontwikkeling op vatbare kinders. Die frontale lob van die brein waar emosie gesetel is, ontwikkel in die tienerjare meer as in enige ander fase. By party kinders gaan dit met meer skommelings gepaard as by ander, wat hulle baie vatbaar vir depressie maak. \u201cOns besef ook nou dat depressie in hierdie fase die brein permanent skaad. As jy ni\u00e9 optree nie en die brein maar wanfunksioneel los, word depressie die brein se voorkeur werkswyse, wat jou kind se persoonlikheid vir die res van sy lewe vervorm. Depressie infiltreer permanent sy persoonlikheid &#8211; tensy dit behandel word.\u201d<\/p>\n<p>Beteken \u2019n pilletjie op tien \u2019n pilletjie tot op honderd? \u201cNee wat. Vir die meeste kinders is ses tot twaalf maande genoeg.<\/p>\n<p>Dit lyk eintlik asof vroe\u00eb ingryping die brein tot by normale funksionering terugbring, waarna die kind baie waarskynlik nie weer \u2019n antidepressant nodig kry nie. As jy die kind los, sukkel hy juis vir die res van sy lewe met depressie. Die doel van die antidepressant is om die kind se breinchemie te plaas waar ander kinders s\u2019n in elk geval is.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat kan jy doen as jou kind depressief is?<\/h4>\n<p>\u2022<strong> Wat s\u00ea jou intu\u00efsie en die feite?<\/strong><\/p>\n<p>Sien jy \u2019n verandering of \u2019n bui? Die Kiddie SADS-evaluering kan jou help onderskei. Kry ook die klasonderwyseres se indrukke. Kry by jou dokter \u2019n verwysing na \u2019n kinderpsigiater. Moenie dat \u2019n huisdokter sommer \u2019n antidepressant voorskryf nie; dit is meer kompleks om kinders te behandel.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong>\u2022<strong> Verduidelik aan jou kind depressie is \u2019n siekte net soos diabetes<\/strong><\/p>\n<p>Jy word nie vanself gesond nie en moet hulp kry. Daar is twee soorte hulp: vir party mense help dit om daaroor te gesels en te dink; by ander gaan dit oor breinchemie wat met \u2019n pilletjie reggestel word. Lig die skool in sodat jou kind met begrip benader word.<\/p>\n<p>\u2022<strong>\u00a0<\/strong><strong>Ontlont die stigma<\/strong><\/p>\n<p>Die skool kan nie jou kind se probleem oplos nie maar ter wille van groter begrip kan \u2019n organisasie soos SADAG die leerders en onderwysers kom leer omtrent depressie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Oppas vir manipulasie<\/strong><\/p>\n<p>Moenie jou kind oorbeskerm of alles toelaat nie. Hy kan nie te depressief wees om huiswerk te doen, maar vrolik genoeg vir fliek wees nie. \u2019n Werklik depressiewe kind sien vir die lekker dinge ook nie kans nie.<\/p>\n<p>\u2022<strong> Sorg vir \u2019n gesonde roetine<\/strong><\/p>\n<p>Veral depressiewe kinders vaar beter as hulle vroeg bed toe gaan, TV en rekenaarspeletjies realisties beperk word, daagliks bad, skoon aantrek, skool toe gaan, \u2019n bietjie buite kom en aan \u2019n aktiwiteit deelneem wat hul w\u00eareld verbreed.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Keer vooraf<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Bou positiewe sienings <\/strong><\/p>\n<p>Ons glo ons persepsies oor gebeure, eerder as feite. As jou kind \u2019n klasvoorval baie negatief lees \u2013 daar is dalk \u2019n briefie rondgestuur wat s\u00ea hy suck \u2013 verduidelik dat eintlik net \u2019n paar ongemanierde kinders die briefie geskryf het en dat die res te bang of dom is om iets te s\u00ea. Help jou kind met begeleidende vrae om in te sien dat dit nie \u201cdie hele klas\u201d of \u201calmal\u201d is nie; dat dit met almal \u2019n keer of wat in hul lewe gebeur; dat ander maats (en noem hulle by die naam), familie en jy die diamant in hom raaksien; en dat sulke briefies julle minagting verdien.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Is jou kind gereed? <\/strong><\/p>\n<p>Hulle verloor selfvertroue as jy eise stel wat hulle nie suksesvol kan hanteer nie en waarin hulle keer op keer misluk.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Tel jou kind se druk<\/strong><\/p>\n<p>In hoeveel van jou kind se aktiwiteite word spanplekke toegeken, pryse uitgedeel, punte getel of vorderingsverslae gegee? Elkeen van hulle is druk om te presteer \u2013 dalk nie van jou af nie maar van die aanbieder. Te ho\u00eb verwagting breek kinders en skep \u2019n teelaarde vir depressie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Pas die skool by jou kind?<\/strong><\/p>\n<p>Die naaste skool, of die mees vooraanstaande skool wat jy kan bekostig, is dalk nie die beste vir jou kind nie. Kies een wat by jou kind se vermo\u00ebns en persoonlikheid pas \u2013 kleiner getalle, gemakliker akademiese standaarde as jou kind nie \u2019n toppresteerder is nie, \u2019n skool wat nie op sport fokus as die kind nie sporttalent het nie. l Waarmee is jou kind besig? Depressie sal \u2019n kind aftrek wat ure aaneen negatiewe dinge lees, soos \u201cfuckmylife\u201d via mixit waar die een storie van mislukking na die ander gepos word. Dieselfde geld party TV-programme, rekenaarspeletjies en donker musiek. Speel doelbewus vrolike musiek in die res van die huis, gesels oor opwindende dinge, skets vir jou kind \u2019n lewe van optimisme.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Hou jou kind aan die praat <\/strong><\/p>\n<p>Jou kind sal makliker gesels as jy nie met elke tweede sin raad uitdeel en teregwys nie. Frases soos \u201cO, regtig?\u201d, \u201cEn toe?\u201d, \u201cMa is so trots op jou\u201d en \u201cIs dit?\u201d is towerwoorde wat kinders aan die praat hou.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Eet aan tafel<\/strong><\/p>\n<p>Jy sal verbaas wees hoeveel meer julle gesels as julle om die tafel sit. Kom in die gewoonte dat julle ietsie vertel wat julle vandag laat lag het of gefassineer het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bou-breek-kind-selfbeeld-ouer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":138046,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[130,241,833,3194,3198,3318,4382,5438],"class_list":["post-3453","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-tieners","tag-depressie","tag-sielkunde","tag-selfdood","tag-selfmoord","tag-jou-kind","tag-introvert","tag-ekstrovert"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Lig jou kind uit depressie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Lig jou kind uit depressie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-19T08:30:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-06-19T08:30:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-pixabay-236215.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"630\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Lig jou kind uit depressie\",\"datePublished\":\"2023-06-19T08:30:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-19T08:30:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/\"},\"wordCount\":2427,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-pixabay-236215.jpg\",\"keywords\":[\"tieners\",\"depressie\",\"sielkunde\",\"selfdood\",\"selfmoord\",\"jou kind\",\"introvert\",\"ekstrovert\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/\",\"name\":\"Lig jou kind uit depressie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-pixabay-236215.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-19T08:30:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-19T08:30:52+00:00\",\"description\":\"Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-pixabay-236215.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-pixabay-236215.jpg\",\"width\":1200,\"height\":630},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/lig-jou-kind-uit-depressie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Lig jou kind uit depressie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Lig jou kind uit depressie | rooi rose","description":"Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Lig jou kind uit depressie | rooi rose","og_description":"Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-19T08:30:00+00:00","article_modified_time":"2023-06-19T08:30:52+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":630,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-pixabay-236215.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Lig jou kind uit depressie","datePublished":"2023-06-19T08:30:00+00:00","dateModified":"2023-06-19T08:30:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/"},"wordCount":2427,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-pixabay-236215.jpg","keywords":["tieners","depressie","sielkunde","selfdood","selfmoord","jou kind","introvert","ekstrovert"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/","name":"Lig jou kind uit depressie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-pixabay-236215.jpg","datePublished":"2023-06-19T08:30:00+00:00","dateModified":"2023-06-19T08:30:52+00:00","description":"Elke ma hoop haar appelwang-dogtertjie en kriewelstert-seun gaan sonder te veel sukkel die brug na volwassenheid oorsteek. Meestal gebeur dit. Maar alte dikwels bekruip \u2019n donker bui kinders nog lank voor hulle tieners is.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-pixabay-236215.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-pixabay-236215.jpg","width":1200,"height":630},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lig-jou-kind-uit-depressie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Lig jou kind uit depressie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3453","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3453"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3453\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138046"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3453"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3453"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3453"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}