{"id":3448,"date":"2010-09-07T14:56:00","date_gmt":"2010-09-07T12:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:53","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:53","slug":"clint-eastwood-van-krag-tot-krag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/","title":{"rendered":"Clint Eastwood: Van krag tot krag"},"content":{"rendered":"<p>Ouderdom is \u2019n wrede werklikheid en nie almal hanteer die jare lag-lag nie. Maar<strong> Clint Eastwood<\/strong>, ikon van die rolprentw\u00eareld, akteur, regisseur en nou ook komponis, laat hom glad nie afskrik deur die jare wat saambondel nie. Sy lyf is nie meer wat dit was nie. Die wit hare is veertjierig, diep plooie l\u00ea in kepe oor sy gesig en daar\u2019s \u2019n oumansblos op sy wange. En hy maak sy broek \u2019n ent bokant sy naeltjie vas. Hy lyk soos iemand se oupa. Maar onder die ruie wenkbroue blink sy blou o\u00eb vurig, intelligent en vol lewenslus. Uiteindelik sleur sy bruisende energie en wysheid jou mee. Hy het sewe kinders by vyf verskillende vroue. Clint was regisseur van die rugbyfliek Invictus wat in Suid-Afrika verfilm is. Dit vertel hoe oudpresident Nelson Mandela die Rugbyw\u00eareldbeker in 1995 gebruik het om Suid-Afrikaners as \u2019n volk saam te snoer. Morgan Freeman het die rol van Madiba vertolk en Matt Damon het Springbokkaptein Francois Pienaar se rugbystewels vol gestaan. Clint het onlangs met rooi rose gesels oor onder meer sy indrukke van Suid-Afrika en sy mense, en hoe optimisties hy\u00a0oor di\u00e9 land se toekoms is.<\/p>\n<p><strong>Hoe was dit om oudpresident Nelson Mandela te ontmoet? <\/strong><br \/>\nMorgan (Freeman) ken hom al langer as die res van ons. Wanneer jy hom die eerste keer ontmoet, dink jy hy maak Morgan na, want Morgan het al sy aanwensels perfek reggekry. Dit verg werklik iemand met \u2019n superieure moraliteit om te doen wat hy gedoen het. Jesus het ges\u00ea \u201cvergewe hierdie mense, want hulle weet nie wat hulle doen nie\u201d. Mandela het letterlik dieselfde gedoen.<br \/>\n<strong><br \/>\nHoe was dit om in Suid-Afrika te werk? <\/strong><br \/>\nDie mense is baie professioneel. Die aktrise wat Matt Damon se vrou gespeel het, Marguerite Wheatley, was baie goed. Baie professioneel. Die meerderheid spelers en al die ekstras was Suid-Afrikaners. Hulle het \u2019n lewendige rolprentbedryf en die Suid- Afrikaanse <em>crew<\/em> kon nie beter nie. Die land en sy mense het my werklik be\u00efndruk, maar hulle sal iets aan die geweld moet doen.<\/p>\n<p><strong>Hoekom speel rugby so belangrike rol in die fliek? <\/strong><br \/>\nMandela was by \u2019n kritieke punt in sy presidentskap. Hy het groot wysheid aan die dag gel\u00ea toe hy besluit om sport te gebruik om die nasie te verenig. Hy het \u2019n manier gekry om nasie trots aan te wakker. Hy het besef swart en wit sal as \u2019n span moet saamwerk om \u2019n sukses van die land te maak, en het rugby kreatief as \u2019n middel tot \u2019n doel gebruik.<\/p>\n<p><strong>Was dit moeilik om die rugbytonele uit te beeld? <\/strong><br \/>\nJy het glo oor en oor na videoopnames van die eindstryd gekyk. Die oud-Springbok Chester Williams was die afrigter van die akteurrugbyspelers. Hy wou seker maak ons speel regte rugby, dat niks daarvan nagemaak moes lyk nie. Dis \u2019n rowwe sport. Die ouens wat rugby speel, is \u2019n eie spesie. Jy maak deesdae naam as komponis en skryf wonderlike musiek vir rolprente.<\/p>\n<p><strong>Hoe doen jy dit?<\/strong><br \/>\nDit hang af. Soms kry ek die musiek in my kop nog voor ek aan die fliek begin werk, en ander kere gebeur dit met die verfilming. Vir <em>Unforgiven<\/em> het ek die musiek geskryf voor ek met die fliek begin het, want dit was die soort klank wat ek vir die rolprent wou h\u00ea. Vir <em>Changeling<\/em> het ek die musiek geskryf terwyl ons besig was met die redigering, en ek het die musiek bygesit soos wat ons gewerk het. Baie akteurs sukkel om hul eie regisseur te wees. Jy doen dit gereeld en baie goed. Het die proses verander sedert jy dit die eerste keer gedoen het? Ja, dit het verander. Ek het dit veertig jaar gelede die eerste keer gedoen en was moontlik toe \u2019n bietjie meer gespanne daaroor.<\/p>\n<p><strong>\u00a0Hoe evalueer jy jouself?<\/strong><br \/>\nAs dit reg voel, dan is dit vir my reg. Ek gaan op my gevoel. Jy weet wanneer jy op die regte spoor is, of wanneer dinge nie werk nie.<\/p>\n<p><strong>Behoort jy aan \u2019n godsdienstige groep? <\/strong><br \/>\nNee. My ouers het baie rondgetrek en as kind was ek in baie verskillende kerke en skole. Uiteindelik het ek vir myself begin dink en besef jy kan spiritueel wees waar jy ook al is. Jy hoef nie aan \u2019n groep of kerk te behoort nie. Ek bewonder mense wat by georganiseerde godsdiens betrokke is. Maar ek dink ek sal dieselfde voel, of ek nou by \u2019n groep inskakel of nie.<\/p>\n<p><strong>Wanneer was die beste tyd in jou lewe? <\/strong><br \/>\nNou. Ek het nog nooit gewens ek kan die verlede terugkry nie. Almal sou seker wou teruggaan om die verlede se foute reg te stel, maar dis \u2019n blote fantasie. Niemand sal dit ooit kan doen nie. Ons moet vorentoe beweeg. Ek hou van my lewe soos dit nou is. Ek het \u2019n wonderlike vrou en gesin. Ek het geen klagtes nie. Jy het oorspronklik bekend geword as die naamlose karakter in Sergio Leone se cowboyflieks.<\/p>\n<p><strong>Hoe het jy die rol gekry?<\/strong><br \/>\nEk het in die televisiereeks <em>RawHide<\/em> gespeel en die Sergio Leone-vervaardigers kon nie iemand anders bekostig nie. Die eerste fliek het \u2019n begroting van $200 000 gehad, en hulle het my$15 000 aangebied. Dit was vat dit of los dit. Die akteur Rory Calhoun was \u2019n bietjie bekender as ek, maar hy wou $30 000 h\u00ea, toe los hulle hom en kies my. En toe moes hulle my vir al die ander flieks ook gebruik (lag). Jy vertolk dikwels die rol van \u2019n eensame man.<\/p>\n<p><strong>Wat weet Clint Eastwood van eensaamheid? <\/strong><br \/>\nNet wat ek gehoor het. Ek weet nie of Clint Eastwood regtig enigiets weet nie. Maar ja, ek was ook al eensaam, soos die meeste van ons. Jy herken iets in elke karakter wat jy vertolk. Jy het dit self ervaar, of jy sien dit in die mense om jou. As kind was ek altyd die vreemde outjie in \u2019n nuwe klas omdat ons so baie rondgetrek het. Dit was moeilik om jou pad aanhoudend oop te veg in die sosiale struktuur van die skoolgrond. Miskien was ek toe ook eensaam.<\/p>\n<p><strong>Het jy oor sukses gedroom toe jy jonger was? <\/strong><br \/>\nAlmal droom en wil hul bes doen. Om ambisie te h\u00ea is belangrik, anders sou middelmatigheid die norm gewees het. Ek onthou toe ek aan <em>Play Misty for Me<\/em> gewerk het, het ek gedink as ek dit regkry, kan ek dalk eendag agter die kameras werk, want as ek 78 is, sal ek nie meer na myself op die skerm wil kyk nie (lag). En wanneer jy daardie ouderdom bereik, besef jy op \u2019n dag dat daardie gedagtes toe waar geword het. Dis goed om te kan terugkyk en te s\u00ea dit was \u2019n wonderlike reis.<\/p>\n<p><strong>Waarna sien jy uit in die toekoms? <\/strong><br \/>\n\u2019n Lang lewe sodat ek groen piesangs kan koop sonder om bekommerd te wees (lag). Om aan te hou werk en aan te hou groei. Ek hou van werk omdat ek elke dag nuwe dinge leer en dit maak my gelukkig. As ek ophou leer, sal ek seker nie lank hou nie. My raad is om aan te hou leer en om die proses te geniet. Wat regie betref, sal ek \u2019n nuwe onderwerp wil probeer, iets soos \u2019n \u2019n dilemma in \u2019n verhouding. As dit iets is wat jy kan leer, maak dit jou meer bewus.<\/p>\n<p><strong>Elke paar jaar is daar gerugte dat jy nie meer gaan toneelspeel nie.<\/strong><br \/>\nEk neem my kort-kort vas voor om op te hou. Daar is nie baie goeie rolle vir tagtigjarige mans nie. As daar \u2019n goeie rol kom, sal ek dit oorweeg, maar nie as ek net so gelukkig agter die kamera sal wees nie. As ek nooit weer voor die kamera verskyn nie, sal dit nie my hart breek nie.<\/p>\n<p><strong>Watter soort pa is jy?<\/strong><br \/>\nNiemand is objektief oor homself nie. Ek dink ek is \u2019n goeie pa, maar jy sal di\u00e9 vraag vir die kinders moet vra. Ek dink ek het \u2019n goeie verhouding met my kinders, maar ek sal nie s\u00ea dit was altyd so nie. Ek het nie beplan om \u2019n groot gesin te h\u00ea nie, maar op \u2019n dag besef jy jy het nou \u2019n gesin. Mettertyd word dit al belangriker en geniet die gesin voorrang. Toe ek jonk was, was ek desperaat om aan die werk te bly en moes boonop die hele w\u00eareld vol werk, en ek was toe nie so \u2019n goeie pa soos nou nie. Nou kom my werk tweede. My dogter is die belangrikste mens in my lewe. Ek gaan kyk byvoorbeeld na al haar sagtebalwedstyde, ek doen alles, al lyk dit seker soms effe verspot. Haar maats se pa\u2019s is heelwat jonger as ek. Maar dis pret. Ek dink wanneer jy my ouderdom bereik, waardeer jy alles meer.<\/p>\n<p><strong>Wat leer jy jou dogter van mans? <\/strong><br \/>\nEk is vreeslik lief vir haar, maar ek dink haar ma moet maar hierdie afdeling behartig. Ek wil net h\u00ea sy moet elke oomblik van haar kindwees geniet voor sy grootword. Kinders word deesdae so vinnig groot. Hulle word baie be\u00efnvloed deur alles wat hulle op televisie sien. My vrou was \u2019n nuusaanbieder en sy het bedank omdat sy dit net nie meer kon vat om aand na aand van moord en doodslag en chaos te lees nie. Dit het haar depressief gemaak. Deesdae word kinders hieraan blootgestel. In die ou dae het die gesin saam gaan fliek, maar deesdae gaan fliek mense apart en boonop lyk sommige kinderflieks eerder asof dit vir volwassenes gemaak is.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ouderdom is \u2019n wrede werklikheid en nie almal hanteer die jare lag-lag nie. Maar Clint Eastwood, ikon van die rolprentw\u00eareld, akteur, regisseur en nou ook komponis, laat hom glad nie afskrik deur die jare wat saambondel nie. Sy lyf is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3448","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Clint Eastwood: Van krag tot krag | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Clint Eastwood: Van krag tot krag | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ouderdom is \u2019n wrede werklikheid en nie almal hanteer die jare lag-lag nie. Maar Clint Eastwood, ikon van die rolprentw\u00eareld, akteur, regisseur en nou ook komponis, laat hom glad nie afskrik deur die jare wat saambondel nie. Sy lyf is [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-09-07T12:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Clint Eastwood: Van krag tot krag\",\"datePublished\":\"2010-09-07T12:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/\"},\"wordCount\":1587,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/\",\"name\":\"Clint Eastwood: Van krag tot krag | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2010-09-07T12:56:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:53+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Clint Eastwood: Van krag tot krag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Clint Eastwood: Van krag tot krag | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Clint Eastwood: Van krag tot krag | rooi rose","og_description":"Ouderdom is \u2019n wrede werklikheid en nie almal hanteer die jare lag-lag nie. Maar Clint Eastwood, ikon van die rolprentw\u00eareld, akteur, regisseur en nou ook komponis, laat hom glad nie afskrik deur die jare wat saambondel nie. Sy lyf is [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-09-07T12:56:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:53+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Clint Eastwood: Van krag tot krag","datePublished":"2010-09-07T12:56:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/"},"wordCount":1587,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/","name":"Clint Eastwood: Van krag tot krag | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2010-09-07T12:56:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:53+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/clint-eastwood-van-krag-tot-krag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Clint Eastwood: Van krag tot krag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3448"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3448\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}