{"id":3446,"date":"2010-08-10T10:19:00","date_gmt":"2010-08-10T08:19:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/n-tweede-kans\/"},"modified":"2016-07-25T14:23:27","modified_gmt":"2016-07-25T12:23:27","slug":"n-tweede-kans-na-n-breinbesering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/","title":{"rendered":"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering"},"content":{"rendered":"<p>Op \u2019n herfsoggend in 1999 was Lindie Larney nog \u2019n lewenslustige, veelsydige tweedejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria. Daardie aand, n\u00e1 \u2019n motorongeluk, het sy met ernstige breinbeserings in \u2019n waakeenheid gel\u00ea. Sy was in \u2019n koma, en haar geliefdes het gewonder of sy sou bly leef. Vir 14 lang weke het Lindie in \u2019n diep koma en post-komateuse toestand gebly. Toe sy huis toe kon gaan, was sy in \u2019n rolstoel en die een kant van haar liggaam was verlam. Sy moes van v\u00f3\u00f3r af leer praat, loop, sit en emosie toon \u2013 asof die horlosie 19 jaar teruggedraai het.<\/p>\n<p>Vandag, elf jaar later, lei Lindie &#8211; wonder bo wonder &#8211; \u2019n normale lewe. Sy is \u2019n administratiewe assistent by die Universiteit van Pretoria met \u2019n B.A.-graad agter haar naam, bly alleen en ry met haar eie motor rond.<\/p>\n<p>Sy fliek en kuier graag, studeer deeltyds, kweek bonsai-boompies, is lid van \u2019n Bybelstudiegroep, tree soms op as tellinghouer vir gestremde krieketspanne en doen buikdanse. Om die lewe n\u00e1 so \u2019n ingrypende gebeurtenis te hervat, verg buitengewone vasberadenheid.<\/p>\n<p>\u201cBinne \u2019n jaar n\u00e1 die ongeluk is ek terug universiteit toe. Vandag dink ek ek het meer moed as verstand gehad! Ek was in \u2019n rolstoel, my geheue was hopeloos, ek het dubbelvisie gehad en die volle gebruik van net een hand. My ma, Susan, het my elke dag universiteit toe geneem en tussen klasse rondgestoot.\u201d<\/p>\n<p>Vir haar eerste toets in biblioteekkunde het sy \u2019n \u201cvolle 7%\u201d gekry. Dit was \u2019n skok, want sy was jare lank \u2019n toppresteerder.<\/p>\n<p>\u201cEk het besef ek kon nie meer soos voorheen op algemene kennis toets skryf nie. Vir my eerste toets in sielkunde 2 het dit my byna vier uur geneem om vyf eenvoudige Freud-feite te memoriseer. Ek moes die eerste keer in my lewe leer om te leer! Noem die leermetode en ek het dit probeer.\u201d<\/p>\n<p>Uit moedeloosheid wou Lindie haar studie staak. Haar ouers het ges\u00ea hulle sou haar in enige besluit ondersteun, maar as sy nie meer studeer nie, moes sy iets anders doen. \u201cNodeloos om te s\u00ea, het die studie voortgegaan. \u00carens in die soeke na maniere om te studeer, het die feite begin insink, want vir my volgende biblioteekkundetoets het ek 72% gekry.\u201d Ten spyte daarvan dat sy een nuwe hoofvak moes kies \u2013 die betrokke gebou was destyds nie vir rolstoele toeganklik nie \u2013 het sy haar graad met onderskeiding in verskeie modules verwerf.<\/p>\n<p>\u201cDit klink dalk maklik, maar ek moes twintig keer harder studeer as ander studente. Studie het tot 80% van my tyd vereis. \u201d<\/p>\n<p>Op my vraag wat haar laat deurdruk het, s\u00ea Lindie:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk is nie \u2019n tou-opgooier nie. Ek glo jy maak die beste van \u2019n saak. As jy \u2019n koliekbaba kry, kan jy hom nie teruggee nie, of hoe? Dit geld ook my omstandighede\u201d <\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees jy <em>Nuwe lewe<\/em> na \u2019n breinbesering, die praktiese en insiggewende boek wat Susan na aanleiding van hul ervaring geskryf het, besef jy watter deurslaggewende rol Susan en haar man, Lou, in Lindie se welsyn speel. \u201cEk haal my hoed vir hulle af, vir hoe hulle <em>cope<\/em>. Maar moenie dink hulle piep my op nie \u2013 hulle hanteer my soos \u2019n normale mens. Toe ons \u2019n keer in die Kaap was, het ons op die strand gaan stap. Sand is ni\u00e9 die stabielste oppervlak vir iemand soos ek wat moeilik loop nie, veral as die wind waai. Ek het \u2019n paar keer my balans verloor en \u2019n stuk strand gekoop, en hulle het gel\u00ea soos hulle lag! Ek wonder nou nog wat die omstanders van di\u00e9 ouerliefde gedink het.\u201d<\/p>\n<p>In Lindie se stylvolle meenthuis hang \u2019n groot, geraamde montage van haar skoolloopbaanprestasies. In haar matriekjaar het sy die meeste balkies \u2013 twintig \u2013 op haar skoolbaadjie gehad, in al vyf kategorie\u00eb: kultuur, leierskap, sport, akademie en dienslewering. \u201cIemand het eendag ges\u00ea dis seker erg om met \u2019n botsing s\u00f3 baie te moes verloor. Haar opmerking het my verbaas, want die balkies en wapens was deel van \u2019n goeie verlede wat maar \u00e9\u00e9n deel van my lewe verteenwoordig.\u201d Lindie voel sy het letterlik \u2019n tweede kans gekry.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n vel wat kello\u00efed vorm, en die asemhalingsapparaat wat in die hospitaal in my kuiltjie gesit is, het \u2019n lelike letsel gelaat. My ouers wou dit deur plastiese chirurgie laat verwyder, maar ek wou nie. Vir my is dit die uiterlike teken dat die Here my n\u00f3g \u2019n kans gegee het om te leef. \u201d<\/p>\n<p>En l\u00e9\u00e9f doen Lindie met oorgawe. Sy het \u2019n passie vir olifante; hulle duik in talle gedaantes in haar huis en tuin op. Sy het ooglopend plesier aan mooigoed &#8211; klere, juwele en fyn porselein. Haar worshond, Poeksie, is kennelik die punt van haar hart. Maar dis haar ondeundheid wat my bybly. \u201cJy moet \u2019n goeie artikel skryf,\u201d terg sy toe ek groet. \u201cDalk kry \u2019n baie belangrike vrou \u2013 my onbekende, aanstaande skoonma \u2013 di\u00e9 uitgawe van rooi rose te lees!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Geloof, hoop en liefde<\/h4>\n<p>As jy eers Susan Larney van Pretoria se huis en tuin onder o\u00eb gehad het, weet jy: dis \u2019n kreatiewe vrou di\u00e9. Sy toor met ruimtes en omskep die gewone telkens in iets besonders. Maar haar eintlike skeppingskrag l\u00ea in die manier waarop sy haar dogter se ongeluk in iets se\u00ebnryks omvorm het sodat hoop en heling elf jaar later steeds uitkring om al meer mense te raak. \u201cDie aand n\u00e1 Lindie se ongeluk moes ons hoor dat daar \u2019n gat in haar kop was en dat sy \u2018ekstensiewe, maar ekstensiewe breinskade\u2019 het. Ons het niks geweet van \u2019n koma nie. Ons het gedink dit werk soos op TV, waar die pasi\u00ebnt op \u2019n dag net wakker word. Nou weet ek \u2019n pasi\u00ebnt \u2018skrik nie wakker\u2019 uit \u2019n koma nie. Jy stimuleer hom daaruit.\u201d Susan en Lou het die maande wat Lindie in die hospitaal was, geleer hoe skaars praktiese, verstaanbare inligting oor die brein, hospitaalprosedures, medikasie, vlakke van herstel en stimulasie van die pasi\u00ebnt is. \u201cJy het gewoon nie die tyd of energie om uitgebreide navorsing te doen nie, en ongelukkig het mediese personeel min tyd om met naasbestaandes hieroor te praat. Nuwe lewe na \u2019n breinbesering bevat die inligting wat ek destyds self so nodig gehad het, en ook ons persoonlike ervaring daarvan.\u201d<\/p>\n<p>Van dag een af het Susan moeite gedoen om Lindie te stimuleer, al was sy bewusteloos. \u201cDie onbewuste is nie beseer nie en die bewuste moet gehelp word om weer daarmee te sinchroniseer. Sodra ek by die kamer inkom, het ek voor haar gaan staan en gevra of sy hou van die klere wat ek aanhet. Ek het byvoorbeeld ges\u00ea: \u2018Jy onthou mos hierdie blou pakkie?\u2019 en haar hand oor die lap laat gly. Die terapeute het my gevra wat my beroep is, omdat wat ek met haar gedoen het presies was wat hulle met haar moes doen. My antwoord was dat ek \u2019n ma en \u2019n huisvrou is en nie die antwoorde van stimulasie en oefeninge ken nie, maar ek ken die God wat al die antwoorde ken. Ek het daagliks vir die Here gevra om my te help sodat ek die beste vir my kind kon doen.\u201d Toe Lindie haar o\u00eb begin oopmaak, het dit gelyk of sy niks sien nie. \u201cHulle noem dit \u2018pop-o\u00eb\u2019. Ek het onder meer \u2019n kombuishorlosie, \u2019n almanak en die name van geliefdes in Lindie se kamer opgeplak en dit met verloop van tyd gebruik om haar te ori\u00ebnteer. Mense onderskat iemand in \u2019n koma of semi-koma. Lindie het op \u2019n keer \u2019n glasie lemoensap uit \u2019n verpleegster se hand geklap \u2013 die verpleegster het nie haar pasi\u00ebntekaart gelees waarop daar gestaan het sy is allergies vir vitamien C nie.\u201d In Nuwe lewe na \u2019n breinbesering beskryf Susan die pynlik stadige herstelproses wat soms \u201cmet papierdun trappies vorder. Ek is dankbaar ek kon elke dag heeldag by Lindie wees. Jare lank het ek \u2019n groot geveg met die Here gehad omdat ons net een kind het. Ek het twee in vitro-bevrugtings gehad &#8211; tevergeefs. Met die ongeluk het ek besef as dit suksesvol was, het ek dalk \u2019n jong drieling gehad. Die Here weet wat goed is vir ons.<\/p>\n<p>Ek het my lewe \u2019n paar jaar op die ys gesit, en nou sorg Lindie vir haarself.\u201d Susan het na die naasbestaandes van breinbeseerdes begin uitreik. Dit het op die publikasie van haar boek en vrywillige werk in \u2019n Pretoriase rehabilitasiekliniek uitge- loop. Sy beplan om oggendseminare vir kantoorhoofde wat breinbeseerdes in diens neem en ander belangstellendes te hou. Sy is besig met \u2019n tweede boek oor die stimulering van breinbeseerdes \u2013 die oefeninge kan ook vir jong kinders en volwassenes met konsentrasieprobleme gebruik word \u2013 en het \u2019n \u201cEmmer vir \u2019n Wenner\u201d ontwerp wat benodigdhede vir eenvoudige oefeninge bevat. \u201cEk en Lou en Lindie het s\u00f3veel se\u00ebn van die Here ontvang dat ek iets aan die gemeenskap wil teruggee.\u201d Susan glo daaraan om realisties maar hoopvol te wees. \u201c\u2019n Breinbesering is nie die einde van alles nie. Dis net die einde van \u2019n sekere fase in jou en die beseerde se lewe. \u2019n Lewe met nuwe belangstellings, stokperdjies en vriende, opwinding en uitdagings kan n\u00e1 \u2019n breinbesering volg, al is dit dalk nie presies dieselfde as voorheen nie. Dit bly nog \u2019n geleentheid vir jou en die beseerde om te kan leef en lief te h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wees ingelig<\/h4>\n<p>Min mense weet die volgende, skryf Susan in Nuwe lewe na \u2019n breinbesering: Ongeveer 150 000 mense doen jaarliks net in Suid-Afrika breinbeserings op. Breinbeserings sluit beroerte, motorbotsings, sportbeserings, aanrandings, skietvoorvalle, amperverdrinkings en breinkanker in. Harsingskudding is \u2019n klein breinbesering. Moontlike gevolge van \u2019n breinbesering is bewusteloosheid, geheueverlies en -probleme, persoonlikheidsveranderinge, verlamming, swak spierko\u00f6rdinasie, abnormale prikkelbaarheid, sigversteuring, konsentrasieprobleme, ewewigversteuring, spraakprobleme, gemoeds- en gedragsprobleme, epilepsie en vervlakking van die intellek. \u2019n \u201cVegetatiewe toestand\u201d beteken bloot dat laer breinfunksies soos die hartklop, dermkanaalwerking en asemhaling steeds aan die gang is. Denke, emosies, gevoel, bewegings, en so meer word deur ho\u00ebr breinsentrums beheer. Omdat medici steeds betreklik min van die brein weet en dit moeilik is om vas te stel waar daar oral skade is, is hulle dikwels huiwerig om naasbestaandes hoop te gee. Dit neem twee jaar tot lewenslank vir \u2019n pasi\u00ebnt om optimaal te herstel, en die verloop en duur van die herstelproses is onseker. Hoe ernstiger die besering en hoe langer die beseerde in \u2019n koma was, hoe waarskynliker is dit dat sy een of ander langtermynongeskiktheid sal oorhou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Komapasi\u00ebnt gaan deur 8\u00a0vlakke van herstel<\/h4>\n<p><strong>1 <\/strong>Geen reaksie.<br \/>\n<strong>2<\/strong> Veralgemeende reaksie. Die pasi\u00ebnt reageer op sommige stimuli, maar nie konsekwent en doelgerig nie. Hy kreun byvoorbeeld as sy gesig afgespons word.<br \/>\n<strong>3<\/strong> Gelokaliseerde reaksie. Die pasi\u00ebnt reageer meer konsekwent op algemene stimulasie en kan dalk eenvoudige opdragte uitvoer soos om sy o\u00eb toe te maak. Om die o\u00eb oop te maak en met die hand te druk, is net \u2019n basiese refleks. Al is die o\u00eb oop, is daar nog geen visuele waarneming nie.<br \/>\n<strong>4<\/strong> Deurmekaar \u2013 rusteloos of aggressief. Die pasi\u00ebnt gaan oor van onder- na ooraktief en kan skree, slaan of die buise probeer uittrek. Sy kan ook deurmekaar praat. Haar behoefte verander van stimulasie na struktuur.<br \/>\n<strong>5<\/strong> Deurmekaar \u2013 ontoepaslik. Die pasi\u00ebnt lyk wakkerder en kan redelik konsekwent op eenvoudige enkelopdragte reageer. As jy s\u00ea \u201cGroet vir ouma\u201d, kan hy s\u00ea: \u201cHallo Ouma\u201d, maar hy kan ook ontoepaslik en o\u00ebnskynlik ongeskik reageer.<br \/>\n<strong>6<\/strong> Deurmekaar \u2013 toepaslik. Die pasi\u00ebnt voer eenvoudige opdragte konsekwent korrek uit en kan onthou hoe om roetinetake soos eet, aantrek en bad uit te voer. Geheue oor onlangse gebeure is nog swak, wat die aanleer van nuwe dinge moeilik maak. Haar reaksies kan robotagtig voorkom.<br \/>\n<strong>7<\/strong> Outomaties \u2013 toepaslik. Die pasi\u00ebnt kom op die oppervlak normaal voor en kan roetinetake outomaties, met min of geen verwarring, uitvoer. Tog is die geheue nog aangetas en is daar swak oordeel, verminderde probleemoplossingsvaardighede en beperkte insig. Vir sy eie veiligheid is toesig nodig.<br \/>\n<strong>8<\/strong> Doelgerig \u2013 toepaslik. Geheue oor die verlede is goed, maar onlangse gebeure mag nog vaag wees. Sy kan nuwe dinge aanleer, maar nie so vinnig en soveel as voor die besering nie. Sosiale, emosionele en intellektuele vermo\u00ebns keer dikwels nie heeltemal terug nie, maar is goed genoeg dat die persoon in die meeste sosiale situasies kan funksioneer. Die evaluering van haar werkvermo\u00eb en heropleiding in \u2019n ander rigting kan nodig wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan jy weer voluit lewe n\u00e1 \u2019n ernstige breinbesering? Ja, s\u00ea Lindie Larney. Maar dit verg geloof, wilskrag en die eindelose toewyding van \u2019n ma soos hare. Deur Mariette Snyman. Foto deur Robert Hamblin.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55337,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[4812,5509,5510,5511,5512,5513,5514,5515,5516],"class_list":["post-3446","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-koma","tag-motorongeluk","tag-rolstoel","tag-dubbelvisie","tag-geheueverlies","tag-breinbesering","tag-kelloied","tag-plastiese-chirurgie","tag-komapasient"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kan jy weer voluit lewe n\u00e1 \u2019n ernstige breinbesering? Ja, s\u00ea Lindie Larney. Maar dit verg geloof, wilskrag en die eindelose toewyding van \u2019n ma soos hare. Deur Mariette Snyman. Foto deur Robert Hamblin.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-08-10T08:19:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-25T12:23:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/Lindie-Larney.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1109\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering\",\"datePublished\":\"2010-08-10T08:19:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-25T12:23:27+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/\"},\"wordCount\":2061,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/08\\\/Lindie-Larney.jpg\",\"keywords\":[\"koma\",\"motorongeluk\",\"rolstoel\",\"dubbelvisie\",\"geheueverlies\",\"breinbesering\",\"kello\u00efed\",\"plastiese chirurgie\",\"komapasi\u00ebnt\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/\",\"name\":\"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/08\\\/Lindie-Larney.jpg\",\"datePublished\":\"2010-08-10T08:19:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-25T12:23:27+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/08\\\/Lindie-Larney.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/08\\\/Lindie-Larney.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1109,\"caption\":\"Lindie-Larney\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering | rooi rose","og_description":"Kan jy weer voluit lewe n\u00e1 \u2019n ernstige breinbesering? Ja, s\u00ea Lindie Larney. Maar dit verg geloof, wilskrag en die eindelose toewyding van \u2019n ma soos hare. Deur Mariette Snyman. Foto deur Robert Hamblin.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-08-10T08:19:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-25T12:23:27+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1109,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/Lindie-Larney.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering","datePublished":"2010-08-10T08:19:00+00:00","dateModified":"2016-07-25T12:23:27+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/"},"wordCount":2061,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/Lindie-Larney.jpg","keywords":["koma","motorongeluk","rolstoel","dubbelvisie","geheueverlies","breinbesering","kello\u00efed","plastiese chirurgie","komapasi\u00ebnt"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/","name":"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/Lindie-Larney.jpg","datePublished":"2010-08-10T08:19:00+00:00","dateModified":"2016-07-25T12:23:27+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/Lindie-Larney.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/08\/Lindie-Larney.jpg","width":1000,"height":1109,"caption":"Lindie-Larney"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-tweede-kans-na-n-breinbesering\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2019n Tweede kans na \u2019n breinbesering"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3446","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3446"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3446\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55337"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3446"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3446"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3446"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}