{"id":3440,"date":"2025-01-14T16:57:00","date_gmt":"2025-01-14T14:57:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/jys-gn-vloerlap-nie\/"},"modified":"2025-01-14T17:16:18","modified_gmt":"2025-01-14T15:16:18","slug":"jys-gn-vloerlap-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/","title":{"rendered":"Jy&#8217;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#8217;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel"},"content":{"rendered":"<p>Elkeen het die reg om as \u2019n waardige en spesiale persoon met respek behandel te word. Jy het die reg om nee te s\u00ea. Jou wil en voorkeure kan en moet net so belangrik wees soos di\u00e9 van ander. Verhoudings gaan oor gee \u00e9n ontvang.<\/p>\n<p><strong>Petro* vertel:<\/strong> \u201cAl jare lank behandel my man my by tye asof ek grond is waarop hy kan trap. Ek moet spring as hy iets wil h\u00ea &#8211; daar word nie gevra of ek dit kan of wil doen nie. As ek dit nie kan doen nie, hoor ek hoe sleg ek is. \u2018Watter soort vrou is jy?\u2019 is een van sy gunsteling-uitdrukkings. Hy kry dit reg om my altyd skuldig te laat voel. \u201cAs ek s\u00ea ek het werk, hoor ek dat ek nie omgee nie, dat my werk altyd voor hom kom. Maar as hy iets wil h\u00ea, betaal my geld daarvoor. As ek daaroor kla, is ek suinig en materialisties. As ek vir my iets koop sonder om te vra, is die gort gaar. Maar hy kan jag en bestee nes hy wil. \u201cEk mag geen besluite neem nie. As ek iets besluit, is dit verkeerd. As ek nie besluit nie en hom vra, is ek treurig, kan nie vir myself dink nie, of het nie ruggraat nie. \u201cNou begin die kinders my ook so behandel. Ek moet hulle bedien, help met hul werk, hul kosblikke pak, sorg dat hulle niks vergeet nie, klere optel, en so hou dit aan. \u201cAs iets skeef loop, is dit my skuld. Ek is so moeg daarvoor om hul slaaf te wees. Moeg om die skuld vir alles te kry, moeg om skuldig te voel, moeg vir die beledigings en vir die mens wat ek geword het. Moeg om te hoor dat ek niks waardeer nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Jy word misbruik as:<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Jy altyd die minste moet wees en jou wense en behoeftes nie tel nie.<\/li>\n<li>Jy so gemanipuleer word dat jy skuldig voel elke keer as jy nee s\u00ea.<\/li>\n<li>Ander beheer wat jy doen, dink of voel en jy nie keuses het nie.<\/li>\n<li>Ander mense die waarheid op so \u2019n manier verdraai dat jy immer die skuld kry vir alles wat skeef loop.<\/li>\n<li>Mense jou gedurig skuldig laat voel omdat jy nie \u2019n goeie ma, eggenoot, vriendin of kind is nie.<\/li>\n<li>Jy nie toegelaat word om persoonlike verhoudings met ander mense te h\u00ea nie.<\/li>\n<li>Jy gedreig word dat hy jou sal seermaak, verlaat, of vir ander sal vertel hoe treurig en waardeloos jy is as jy nie doen wat hy wil h\u00ea nie.<\/li>\n<li>Ander jou as minderwaardig en \u2019n nikswerd behandel sodat jy selfs begin glo dat jy hul slegte optrede eintlik verdien, omdat jy nie goed genoeg is en reg optree nie.<\/li>\n<li>Jy alleen probeer aanpassings maak en verander om die ander een tevrede te stel, vir haar goed te wees om so haar guns te wen en die misbruik te probeer stop. Die ander een probeer nie verander nie, vra nie verskoning nie, maar neem jou kwalik vir al die probleme en konflik.<\/li>\n<li>Jy jou identiteit verloor en soms wonder wie jy werklik is, wat geword het van jou selfvertroue en die mens wat jy eens was.<\/li>\n<li>Hy is net vriendelik en jy is net goed as hy jou nodig het en dit vir hom voordelig is. Maar wanneer jy hom nodig het, is hy nie daar vir jou nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Misbruikers skep behae in die mag wat hulle oor ander het. Hulle verkry dit deur ander minderwaardig en magteloos te laat voel en hulle van ander mense af te sonder. Hulle gee dikwels dubbelsinnige boodskappe: Aan die een kant probeer hulle jou oortuig hoeveel hulle vir jou doen en omgee, maar aan die ander kant getuig hul woorde en dade glad nie daarvan nie. Alles draai net om hulle en hul behoeftes.<\/p>\n<p><strong>Elsabe* <\/strong>vertel dat haar ma graag grappe ten koste van haar vertel. \u201cSy verkleineer my voor die familie. Maar as sy \u2019n probleem het, is ek die eerste een wat sy bel. Dan hoor ek hoe lief sy my het. As ek haar met iets help, vertel sy vir ander dis sy wat die lekker ete gekook of die tuin reggeruk het. As ek nie instem tot iets nie, is sy kwaad; word Martie Martelaar, verwyt my, of speel op my gevoel oor alles wat sy al vir my gedoen het. \u201cAnder kere word ek gestraf: sy ignoreer my, bel nie en nooi nie my kinders saam met haar ander kleinkinders see toe nie. Ek hoor dat ek onstabiel, selfsugtig en mal is. Ek word vir alles verkwalik. Vir my het sy net tyd as dit haar pas. As ek haar iets vra, is sy te besig en is ek veeleisend.\u201d<\/p>\n<p><strong>Danika*<\/strong> s\u00ea sy weet nie waarom sy altyd mense na haar toe aantrek wat haar uitbuit en misbruik nie. By die werk laat haar kollegas haar voel of sy \u2019n feeks is wat onsinnige eise stel. \u201cWaarom kry mense dit altyd reg om my te laat skuldig voel? En dan doen hulle nie eens wat hulle moet doen nie. Ek is die gawe een, die een wat mooi praat, meer as hul regmatige verlof gee, nog kanse gee. Maar as ek optree, hoor ek is ongeskik, harteloos en weet nie wat ek wil h\u00ea nie. \u201cDie man in my lewe, Kobus*, maak ook so. Hy kom nie sy beloftes na nie. Hy s\u00ea hy is lief vir my, maar misbruik en verneuk my. Hy verwag boonop ek moet hom en sy familie finansieel help, maar die oomblik as ek te\u00ebstribbel of nee s\u00ea, word hy kwaad. En as ek my geld wil terugh\u00ea, gaan alles vir my net oor geld. \u201cEk bly meestal maar stil, gee maar ter wille van die vrede. Maar intussen suig mense my leeg. \u201cKobus is altyd reg, ek is verkeerd, of so laat hy my glo.<\/p>\n<p>As ons baklei, neem hy my kwalik. Ek is die een wat hulp nodig het &#8211; hy makeer niks nie en sal nie iemand gaan sien nie, want hy is nie mal nie.\u201d Jy moet leer om duidelike grense te stel, of om so \u2019n verhouding te be\u00ebindig. As mense jou misbruik, is dit tyd om kop skoon te maak, moontlik saam met \u2019n terapeut. Dis tyd om aan jouself te erken dat jy misbruik word en so op te tree dat die misbruiker die boodskap kry dat jy nie meer sy houding of gedrag gaan duld nie. As jy nie iets daadwerkliks aan misbruik doen nie, beteken dit jy laat dit toe en gee stilswyend jou toestemming dat jy maar so behandel kan word. Die ander opsie, die be\u00ebindiging van die verhouding, is ewe ongemaklik en dikwels baie moeilik, veral as dit \u2019n egskeiding behels, of \u2019n familielid is wat skielik deur jou nuwe grense gestuit word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Doen iets daadwerkliks aan die misbruik:<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Erken dat jy misbruik word.<\/li>\n<li>Herstel eers die verhouding met jouself: jy moet jou sien as iemand wat waardevol is en respek verdien. Anders kan jy nie grense stel en eis dat ander jou ook so behandel nie.<\/li>\n<li>Wees eerlik met jouself oor jou emosie en jou rol in die misbruik.<\/li>\n<li>Weier om die afbrekende dinge wat mense vir jou s\u00ea, langer te glo, te aanvaar of verskonings vir hul gedrag te maak.<\/li>\n<li>Bou jou selfbeeld en herstel jou selfvertroue: begin met \u2019n stokperdjie, verander van werk, doen die dinge wat jou in jouself laat glo.<\/li>\n<li>Stel duidelike grense om jou emosioneel en andersins te beskerm en vir jouself te sorg &#8211; dis jou reg en verantwoordelikheid. Hou op om \u2019n slagoffer te wees en aanvaar verantwoordelikheid vir die manier waarop ander teenoor jou optree.<\/li>\n<li>As ander nie by jou grense hou nie, hou op om te dink jy kan die misbruiker verander. Hulle weier meestal om te verander omdat dit vir hulle lekker is as hulle mag oor jou het. In hierdie geval sal jy bereid moet wees om die verhouding te be\u00ebindig.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hoe om grense te stel:<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Erken jou emosies. Dit behoort aan jou. Ander mense m\u00e1\u00e1k jou nie kwaad nie, jy w\u00f3rd kwaad. Dis jou emosie, jou reaksie.<\/li>\n<li>Kommunikeer sonder om ander te blameer. Kommunikeer direk en eerlik wat jy voel en beleef, al is dit ongemaklik.<\/li>\n<li>Moenie manipuleer deur ander te probeer tevrede stel en te doen wat hulle verwag nie. Doen wat goed en reg is.<\/li>\n<li>Onderskei tussen \u2019n mens se gedrag en die mens. Jy aanvaar nie sy gedrag nie, maar steeds die mens.<\/li>\n<li>Sekere grense kan rigied wees: Jy mag my nie slaan of vloek of skelname gebruik nie. Dis onaanvaarbaar en niemand verdien dit nie.<\/li>\n<li>Stel die grens: As jy &#8230; en dan volg \u2019n beskrywing van die gedrag wat vir jou onaanvaarbaar is, sal ek &#8230; gee \u2019n beskrywing van die stappe wat jy sal doen om jou grense te beskerm en vir jouself te sorg. En as jy aanhou sal ek &#8230;<\/li>\n<li>Moenie dreig nie. Dink mooi voor jy jou grense stel en doen na die letter wat jy belowe, anders sal hulle jou nie ernstig opneem nie en is jou grens waardeloos<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Begin by jou selfbeeld<\/span> <\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mense met \u2019n lae selfbeeld word makliker deur ander misbruik. \u2019n Lae selfbeeld gaan dikwels met irrasionele gedagtes en vrese vir verwerping gepaard. Dit lei daartoe dat mense die kern van hul wese in hul verhouding met ander prysgee. Dis vir hulle baie moeiliker om gesonde grense te stel, want hulle wil graag ander mense tevrede stel en gelukkig maak. Hulle staan dikwels terug as daar konflik is. Hulle kan nie nee s\u00ea nie &#8211; ander se aanvaarding en goedkeuring is vir hulle net te belangrik, al beteken dit dat hulle hul planne, wense, oortuigings, drome, voorkeure, styl, smaak of wat ook al moet prysgee. Daarom moet jy by jou selfbeeld begin. Jou selfwaarde of jou behoeftes moet vir jou net so belangrik word soos wat \u2019n ander se verwagtinge van jou is. As jy vir jouself opkom en die reaksie is negatief en die misbruik raak erger, is dit tyd om die vriendskap of verhouding te be\u00ebindig, of hulp te kry as die misbruiker jou eggenoot, ma of kind is.<\/p>\n<p>Moenie uitstel om die misbruik en ander se beheer te be\u00ebindig nie. Elke mens verdien respek. Elkeen kan \u2019n gesonde selfbeeld h\u00ea en met respek en waardigheid behandel word en die geluk daarvan smaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>*Skuilname<\/strong>. Die verhale is met die betrokkenes se goedkeuring vertel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/\">Raak ontslae van jou emosionele bagasie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elkeen het die reg om as \u2019n waardige en spesiale persoon met respek behandel te word. Jy het die reg om nee te s\u00ea. Jou wil en voorkeure kan en moet net so belangrik wees soos di\u00e9 van ander. Verhoudings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":150238,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3305,3306,831,2192],"class_list":["post-3440","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-vloerlap","tag-misbruik","tag-verhouding","tag-selfbeeld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy&#039;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#039;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is jy altyd die gawe een? Die een wat maar altyd ja s\u00ea vir dinge wat jy nie eintlik wil doen nie - die vloerlap? Hier&#039;s hoe om grense te stel.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy&#039;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#039;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is jy altyd die gawe een? Die een wat maar altyd ja s\u00ea vir dinge wat jy nie eintlik wil doen nie - die vloerlap? Hier&#039;s hoe om grense te stel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-01-14T14:57:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-01-14T15:16:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Jy&#8217;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#8217;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel\",\"datePublished\":\"2025-01-14T14:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-14T15:16:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/\"},\"wordCount\":1780,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg\",\"keywords\":[\"vloerlap\",\"misbruik\",\"verhouding\",\"selfbeeld\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/\",\"name\":\"Jy's g\u2019n vloerlap nie! Hier's die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg\",\"datePublished\":\"2025-01-14T14:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-14T15:16:18+00:00\",\"description\":\"Is jy altyd die gawe een? Die een wat maar altyd ja s\u00ea vir dinge wat jy nie eintlik wil doen nie - die vloerlap? Hier's hoe om grense te stel.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jys-gn-vloerlap-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy&#8217;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#8217;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy's g\u2019n vloerlap nie! Hier's die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel | rooi rose","description":"Is jy altyd die gawe een? Die een wat maar altyd ja s\u00ea vir dinge wat jy nie eintlik wil doen nie - die vloerlap? Hier's hoe om grense te stel.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy's g\u2019n vloerlap nie! Hier's die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel | rooi rose","og_description":"Is jy altyd die gawe een? Die een wat maar altyd ja s\u00ea vir dinge wat jy nie eintlik wil doen nie - die vloerlap? Hier's hoe om grense te stel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-01-14T14:57:00+00:00","article_modified_time":"2025-01-14T15:16:18+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Jy&#8217;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#8217;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel","datePublished":"2025-01-14T14:57:00+00:00","dateModified":"2025-01-14T15:16:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/"},"wordCount":1780,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg","keywords":["vloerlap","misbruik","verhouding","selfbeeld"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/","name":"Jy's g\u2019n vloerlap nie! Hier's die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg","datePublished":"2025-01-14T14:57:00+00:00","dateModified":"2025-01-14T15:16:18+00:00","description":"Is jy altyd die gawe een? Die een wat maar altyd ja s\u00ea vir dinge wat jy nie eintlik wil doen nie - die vloerlap? Hier's hoe om grense te stel.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-karolina-grabowska-7320325.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jys-gn-vloerlap-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy&#8217;s g\u2019n vloerlap nie! Hier&#8217;s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3440\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/150238"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}