{"id":3424,"date":"2026-02-27T13:15:00","date_gmt":"2026-02-27T11:15:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/om-jou-man-te-verloor\/"},"modified":"2026-02-27T13:32:20","modified_gmt":"2026-02-27T11:32:20","slug":"om-jou-man-te-verloor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/","title":{"rendered":"Om jou man te verloor"},"content":{"rendered":"<p>As jy by \u2019n vriendin is wat haar man verloor het, gryp haar seer jou so aan dat jy maar net woordeloos haar hand kan vashou, of \u2019n arm om haar skouers kan slaan. Jy weet sy is op \u2019n stil plek waar \u2019n lang proses van heling hom moet voltrek. Praat jy met vroue wat di\u00e9 ingrypende gebeurtenis beleef het, besef jy daar kan geen algemene voorskrifte vir die rouproses wees nie. Party is uitmekaargeskeur en treur lank en diep, terwyl dit lyk of ander gouer daaroor kom. Een het nie die emosionele weerstand om in \u2019n werksituasie te gaan staan nie, terwyl \u2019n ander juis heling kry deur haar beroep. Een steun sterk op haar kinders en naby-familie vir ondersteuning, terwyl \u2019n ander haar smart verwerk deur na \u2019n sieke om te sien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>\u2019n Geslagsregister en \u2019n viering van die lewe<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toe Carlien Kruger en haar man, Gerrit, die dag by die dokter hoor dat hy pankreaskanker het en waarskynlik net drie maande het om te leef, het dit vir haar gevoel of die son \u2019n oomblik verduister. Maar Gerrit het dadelik bepaal hoe hulle sy siekte gaan hanteer. Reeds in die motor op pad huis toe het hy vir haar ges\u00ea: \u201cJy moet drie dinge weet en aanvaar: Eerstens is die siekte nie God se straf nie, dit is net deel van die gebrokenheid van die lewe. Tweedens: Ons het \u2019n wonderlike lewe saam gehad, daar is no <em>regrets<\/em>. Derdens: Almal moet my soos altyd behandel en nie gedurig simpatiseer nie.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy later eendag vir hom s\u00ea dat hulle sommer direk van ontkenning tot by aanvaarding gespring het en al die ander fases gemis het, het hy gelag en geantwoord: \u201cOu <em>girl<\/em>, ons het nie tyd vir al die fases nie.\u201d Sy positiewe houding het die hele verloop van sy aftakelende siekte bepaal. Hy het dadelik vir hom \u2019n doelwit gestel: om sy geslagsregister te boek te stel soos hy altyd wou. Dit sou strek vanaf Jacob Kruger wat in 1713 in die Kaap aangekom het tot by hul vier kleinkinders.<\/p>\n<p>Carlien moes die teks, foto\u2019s, grafika en stamboomlyne op die rekenaar doen, teen die einde onder groot druk. \u201cEk kan die kere wat die Here regtig met my gepraat het, op my een hand tel, maar twee dae voor Gerrit dood is, was een daarvan. Ek het wakker geword met di\u00e9 woorde soos \u2019n refrein in my kop: \u2018Kry die boek in sy hande. Kry die boek in sy hande.\u2019 Daar was nog baie tikfoute in die teks, maar ek het net geweet ek moet luister.\u201d<br \/>\nSy het \u2019n boekbinder gekry wat die bindwerk binne \u2019n dag gedoen het. Gerrit was aangedaan toe hy die boek kry en het die hele middag daarmee in sy hande gesit. Hy wou ook \u2019n ete hou waarheen hulle almal sou nooi vir wie hulle lief is. Van oral-oor, selfs uit die Kalahari, het honderd mense gekom vir \u2019n dag lange saamwees. Hy wou h\u00ea dit moes \u2019n fees wees, \u2019n viering van die lewe, en so was dit. Sy seuns het hom die trappe afgedra eetkamer toe en daar het hy die hele dag in \u2019n gemakstoel gesit, \u2019n week voor sy afsterwe, en saam met almal gelag en gekuier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Die fases<\/strong><\/h4>\n<p>Die bekende sielkundige, dr. Elizabeth K\u00fcbler-Ross, het die proses van trauma-belewing en rou beskryf as fases waardeur \u2019n mens gaan:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Ontkenning<\/strong><strong>.<\/strong> Jy probeer die onvermydelike vryspring. \u201cDit kan nie met my gebeur nie.\u201d<\/li>\n<li><strong>Woede<\/strong><strong>. <\/strong>Daar is \u2019n gefrustreerde ontlading van pynlike emosies. \u201cHoekom ek? Dis nie regverdig nie.\u201d<\/li>\n<li><strong>Onderhandeling<\/strong><strong>.<\/strong> Daar is \u2019n vergeefse soeke na \u2019n uitweg. \u201cEk sal enigiets doen as hierdie krisis net by my kan verbygaan.\u201d<\/li>\n<li><strong>Depressie<\/strong><strong>.<\/strong> Die onvermydelike sink finaal in. \u201cEk wil net in die bed l\u00ea. Hoekom sal ek moeite doen met enigiets?\u201d<\/li>\n<li><strong>Aanvaarding<\/strong><strong>.<\/strong> Jy kry uiteindelik \u2019n pad vorentoe. \u201cEk sal hierdeur kom.\u201d Die uiteensetting help ons maar net om die rouproses beter te verstaan. Nie alle mense beleef noodwendig al die fases nie, maar volgens K\u00fcbler-Ross sal elkeen minstens twee daarvan ervaar.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-162479 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317685-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Die lang pad daarna<\/strong><\/h4>\n<p><strong><br \/>\nHoe het jy die hartseer n\u00e1 sy afsterwe hanteer?<\/strong><\/p>\n<p><span style=\"line-height: 1.5;\">\u201cEk het hom belowe ek sou nie oor hom treur terwyl hy nog leef nie, en het my trane al die tyd bedwing, maar n\u00e1 sy dood het die sluise oopgegaan. Ek het baie lank en baie diep getreur. \u201cN\u00e1 vier maande het ek in \u2019n joernaal briewe aan hom begin skryf. Al my hartseer en twyfel kon ek daarin uitstort. Ek het ook besef dat die Here se manna nie net korreltjies brood is nie. Dit is genade. Dit l\u00ea elke dag wit en Hy s\u00ea: \u2018Tel net genoeg op vir vandag, Ek gee m\u00f4re weer.\u2019\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy berading gekry?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cNee, ek het myself toegelaat om te treur en het dit nie probeer onderdruk nie. Ek het laat gaan slaap en baie laat opgestaan, want dan het die dag korter gevoel. Die dokter het wel vir my antidepressante voorgeskryf waarsonder ek nie sou kon klaarkom nie. \u201cWat my aan die begin baie gehelp het, was om verse uit die Psalms in die Bybel te lees. Ek kon nie lang stukke lees nie. \u2019n Enkele sin uit \u2019n Psalm kon my troos, soos: \u2018Uit geweldige waters het Hy my uitgered,\u2019 maar by die woorde \u2018Hy het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek,\u2019 het ek baie vraagtekens geplaas.<\/p>\n<p>\u201cDit kan vreemd klink, maar ek het ook begin legkaarte bou, weke aanmekaar, net om iets konstruktiefs te doen. Ek het vir myself ges\u00ea as ek net tien stukkies per dag bou, is dit goed, want dan kan ek s\u00ea: d\u00edt het ek vandag gedoen. Die legkaarte was geweldig terapeuties.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Was jy ooit kwaad vir die Here?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cNooit. My emosie was eerder: die Here is naby, Hy hou my vas. Die Here het sy betrokkenheid by my lewe op \u2019n wonderlike manier gewys toe ons een seun se dogtertjie twee jaar later op Gerrit se sterfdatum gebore is. En vier jaar later, op Gerrit se verjaardag, kry ek die nuus dat ons jongste seun en sy vrou gaan ouers word. So het Hy pertinent vir my gewys Hy werk nie met tyd soos ons dit ken nie, maar met ewigheid.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watse raad en ondersteuning sal jy vir iemand in dieselfde bootjie gee?<\/strong><\/p>\n<p>\u201c\u2019n Druk om die skouers beteken meer as duisend woorde. Ek kan wel s\u00ea: Wees geduldig met jouself, wees goed vir jouself. Gee jouself toestemming om te rou, al neem dit baie lank. En glo my, dit s\u00e1l beter gaan. \u2019n Mens gee babatreetjies en jy kry groot insinkings, maar n\u00e1 \u2019n tyd s\u00ea jy met verwondering: Kyk waar is ek nou al.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Diens aan ander<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Judie van der Walt is \u2019n doen-mens. Gee haar \u2019n uitdaging en sy voer hom deur. Terselfdertyd is sy \u2019n dienende mens. Om di\u00e9 rede het sy haar man, Nic, uit die hospitaal huis toe gebring en vir hom gesorg. Nic was reeds \u2019n semi-invalide n\u00e1 \u2019n beroerte toe kanker by hom gediagnoseer is.<\/p>\n<p>\u201cDit was cholangio carcinoma, \u2019n kanker van die buis tussen die galblaas en die pankreas. Ons het saam gelag en gehuil toe hy s\u00ea dis goed dat dit so \u2019n groot woord is, want ek sou nie met \u2019n <em>common<\/em> kanker tevrede gewees het nie.\u201d<\/p>\n<p>Binne \u2019n enkele dag het sy hul meenthuis vir die rystoel ingerig \u2013 matte uitgehaal en \u2019n oprit laat bou. Dit was vir haar baie belangrik dat hy sy onafhanklikheid so lank moontlik moes behou.<br \/>\n\u201cToe die onkoloog ons die nuus gee dat Nic ses uur, ses dae of ses maande kan leef, het ons besluit dis nie \u2019n tyd om op die dood te wag nie, maar \u2019n tyd om saam te wees.\u201d<br \/>\nNic se sielkunde-agtergrond het hom ook gehelp om die siekte te hanteer. Hy was \u2019n belese man met \u2019n skerp brein en \u2019n uitnemende akademikus en later sakeman. Tot op die laaste het hy sy intellektuele vermo\u00ebns behou.<\/p>\n<p>Judie s\u00ea sy het volkome op God gesteun en glo Hy het haar eenkeer bomenslike krag gegee toe Nic geval het en sy hom alleen op die bed moes tel. Invalide wat hy was, sou sy normaalweg nie die dooie gewig kon hanteer nie, maar met geweldige inspanning kon sy hom met een beweging op die bed kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Die lewe sonder hom<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy \u2019n kosbare herinnering?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cNic het as \u2019n stokperdjie miniatuurbeeldjies van skilpadjies versamel. Hy het \u2019n hele vertoonkas gehad met skilpadjies uit alle w\u00earelddele, enetjie so groot soos \u2019n pinkienael. Toe hy al baie swak was en nie eens meer kon praat nie, het Michele, sy dogter, vir hom twee babaskilpadjies gebring om vas te hou. Hy was oorstelp. Die volgende dag toe ek langs hom op die bed gaan sit, het hy my bly wegstoot \u2013 hy was bang ek sit op die skilpadjies &#8211; wat toe natuurlik nie meer daar was nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe het jy sy afsterwe ervaar?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cTwee jong mans van Avbob het hom kom haal. Hulle het met baie deernis te werk gegaan. Ek moes van sy klere gee wat hulle later vir hom sou aantrek. Dat \u2019n mens so kalm kan wees \u2026 Ek is stilweg kas toe en haal sy pak klere, pragtig grys met \u2019n strepie, en alles wat nodig is uit, en sit dit op die wit laken. Waar kry \u2019n mens die krag om dit so natuurlik te doen soos toast en koffie maak? Toe hulle wegry, waai ek nogal. Vir wie en hoekom?<\/p>\n<p>\u201cNaas die hartseer het ek groot dankbaarheid gevoel omdat ek hom so kon versorg en moeite vir hom kon doen. Nic wou nooit eens h\u00ea ek moes vir hom \u2019n koppie tee maak nie. Hy het ges\u00ea ek is nie sy bediende nie. Dit was dus \u2019n voorreg om hom te kon versorg. Maar ek was ook verslae oor die aftakeling. Dis nou nog moeilik om dit te verwerk, maar ek kyk ook spiritueel daarna: die aardse liggaam moes afgebreek word.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kort n\u00e1 Nic se dood het jy \u2019n kankerpasi\u00ebnt in Londen gaan oppas. Hoekom? <\/strong><strong>Was dit jou manier om jou hartseer te verwerk?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cDie Here het dit op my pad gesit. Ek sou net in Londen gaan kuier, maar voor ek weg is, het ek drome gehad van \u2019n omgewing wat ek nie ken nie. Toe ek die ouer vrou daar anderkant ontmoet, het ek die hospitaal en haar huis uit my drome herken. Ek het verplig gevoel om na haar om te sien.<\/p>\n<p>\u201cEk sou nie net by my huis kon sit en treur nie. My broer is op \u2019n jong leeftyd oorlede en my ma het net ingegee en opgegee. Al die verantwoordelikheid van die huishouding het op my gel\u00ea. Ek sou my nooit toelaat om so platgeslaan te wees nie. Jy moet opstaan en aangaan.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy raad vir ander vroue wat deur di\u00e9 trauma gaan?<\/strong><\/p>\n<p>\u201cEk het nie raad nie. Elkeen moet deur haar eie hartseer werk. Ek kan so iemand net vasdruk en vir haar bid. Maar vir di\u00e9 wat nog hul mans het, het ek raad: Waardeer wat jy het in jou maat en s\u00ea dit gereeld vir hom.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vriendskappe-het-ook-vervaldatums\/\">Vriendskappe het ook vervaldatums<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jy by \u2019n vriendin is wat haar man verloor het, gryp haar seer jou so aan dat jy maar net woordeloos haar hand kan vashou, of \u2019n arm om haar skouers kan slaan. Jy weet sy is op \u2019n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":162478,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[135,1521,3990,3991,3992],"class_list":["post-3424","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-verhoudings","tag-hartseer","tag-weduwee","tag-afsterwe","tag-herinneringe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Om jou man te verloor | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Om &#039;n eggenoot te verloor is een van die ingrypendste dinge wat met jou kan gebeur. Hoe lyk die pad om weer anderkant die seer te kom?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Om jou man te verloor | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Om &#039;n eggenoot te verloor is een van die ingrypendste dinge wat met jou kan gebeur. Hoe lyk die pad om weer anderkant die seer te kom?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-02-27T11:15:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-02-27T11:32:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Om jou man te verloor\",\"datePublished\":\"2026-02-27T11:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-27T11:32:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/\"},\"wordCount\":1890,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"hartseer\",\"weduwee\",\"afsterwe\",\"herinneringe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/\",\"name\":\"Om jou man te verloor | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg\",\"datePublished\":\"2026-02-27T11:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-02-27T11:32:20+00:00\",\"description\":\"Om 'n eggenoot te verloor is een van die ingrypendste dinge wat met jou kan gebeur. Hoe lyk die pad om weer anderkant die seer te kom?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1282},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/om-jou-man-te-verloor\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Om jou man te verloor\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Om jou man te verloor | rooi rose","description":"Om 'n eggenoot te verloor is een van die ingrypendste dinge wat met jou kan gebeur. Hoe lyk die pad om weer anderkant die seer te kom?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Om jou man te verloor | rooi rose","og_description":"Om 'n eggenoot te verloor is een van die ingrypendste dinge wat met jou kan gebeur. Hoe lyk die pad om weer anderkant die seer te kom?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-02-27T11:15:00+00:00","article_modified_time":"2026-02-27T11:32:20+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Om jou man te verloor","datePublished":"2026-02-27T11:15:00+00:00","dateModified":"2026-02-27T11:32:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/"},"wordCount":1890,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg","keywords":["Verhoudings","hartseer","weduwee","afsterwe","herinneringe"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/","name":"Om jou man te verloor | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg","datePublished":"2026-02-27T11:15:00+00:00","dateModified":"2026-02-27T11:32:20+00:00","description":"Om 'n eggenoot te verloor is een van die ingrypendste dinge wat met jou kan gebeur. Hoe lyk die pad om weer anderkant die seer te kom?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/pexels-pavel-danilyuk-7317890.jpg","width":1920,"height":1282},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-jou-man-te-verloor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Om jou man te verloor"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3424","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3424"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3424\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":162480,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3424\/revisions\/162480"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/162478"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3424"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3424"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3424"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}