{"id":3420,"date":"2024-01-17T14:01:13","date_gmt":"2024-01-17T12:01:13","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kinders-waardes\/"},"modified":"2024-01-17T14:26:54","modified_gmt":"2024-01-17T12:26:54","slug":"kinders-waardes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/","title":{"rendered":"Maak kinders met goeie waardes groot"},"content":{"rendered":"<p><em>Kinders &amp; waardes deur Anys Rossouw<\/em><\/p>\n<p>Jou waardes bepaal in \u2019n groot mate hoe jy na die w\u00eareld kyk, jou karakter, geloof, optrede en leefwyse. Wat jou motiveer om sekere dinge te doen, of nie te doen nie, word bepaal deur die waarde wat jy daaraan heg: Jou waardes.<\/p>\n<p>Kinders se waardes word deur hul ouers se waardes, hul vriende, musiek, die media, hul geloof, onderwysers en hul rolmodelle bepaal. Maar hul ouers se waardes en leefwyse het meestal die grootste impak hierop. \u2019n Sterk karakter met gesonde waardes wat kleintyd al ge\u00efnternaliseer is, is van die min dinge wat \u2019n kind \u2019n leeftyd kan hou en vir hulle gesonde vrugte bly lewer. Waardes bepaal waar jou energie gaan, jou koers en keuses, want dis groter as \u2019n situasie, modegier of verleiding. Dit gee sin aan jou lewe en bepaal wat in die groter prentjie van jou lewe, vir jou, ander en die w\u00eareld se toekoms goed is. Dit gee ons \u2019n verbintenis met \u2019n ho\u00ebr Goedheid. Maar sonder die vastigheid van waardes word jou optrede bepaal deur jou giere, grille en onmiddellike behoeftes en is maar inkonsekwent en feilbaar.<\/p>\n<p>Om eties op te tree is nie altyd maklik nie. Vra jouself af: Wat sal die gevolge van my optrede of besluit wees? En as ek die teenoorgestelde doen of besluit? Vra dan as riglyn die volgende drie vrae: Is dit vir my goed? Is dit vir ander, of die omgewing goed? Is dit op sigself goed of reg? Om vir kinders waardes te leer, vra van ouers om duidelikheid oor hul eie waardes en optrede te kry. Ouers moet weet wat die verskil tussen waardes en wette of re\u00ebls is: Hoewel daar duidelike ooreenkomste is, is daar ook belangrike verskille.<\/p>\n<p><strong>Robert A. Hinde<\/strong> skryf in sy artikel \u201cLaw and the Sources of Morality\u201d dat moraliteit (waardes) gaan oor hoe mense behoort op te tree en wette oor hoe hulle ni\u00e9 moet optree nie. Maar nie alle re\u00ebls of wette is altyd reg en eties nie; so ook is alles wat teen re\u00ebls of wette gebeur, nie altyd verkeerd of oneties nie. So kan \u2019n kind ook re\u00eblreg teen \u2019n huisre\u00ebl optree en tog die regte ding volgens die huiswaardes doen. As \u2019n re\u00ebl bepaal dat Sannie nie haar ouers se motor sonder toestemming mag gebruik nie, maar sy jaag in \u2019n noodsituasie met haar sussie hospitaal toe, is dit nie binne die re\u00ebls nie, maar volgens hul gesinswaardes die regte ding. Daarom moet die klem eerder op gesinswaardes as op re\u00ebls wees, hoewel re\u00ebls \u2019n eie maar beperkte plek kan h\u00ea. L\u00ea eerder klem op die waarde \u201cek tree met respek teenoor ander op\u201d as op \u2019n klomp re\u00ebls van wat gedoen en ges\u00ea mag word. Of \u201cek versorg my liggaam daagliks\u201d eerder as wanneer en hoe om te moet bad. Dit bring buigbaarheid in \u2019n gesin, gee kinders meer beheer en leer hulle verantwoordelikheid. As daar te veel re\u00ebls is, voel kinders dikwels vasgevang en rebelleer hulle.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Ouers moet weet wat die verskil tussen waardes en wette of re\u00ebls is: Hoewel daar duidelike ooreenkomste is, is daar ook belangrike verskille.<\/em><\/h4>\n<p>Kinders rebelleer selde teen waardes, maar meestal teen re\u00ebls. Dis belangrik dat sterk waardes en geloof reeds vroeg aangeleer moet word. Dit is krities belangrik wanneer moeilike besluite, veral onder groepdruk, geneem moet word. Dan het kinders die selfvertroue om op te tree volgens hul waardes, geloof en gewete en nie volgens wat maar die maklikste is nie. Want hulle weet wie hulle is, waarin hulle glo en wat die regte, gepaste of goeie manier van doen is.<\/p>\n<p><strong>Minda Pretorius<\/strong>, \u2019n maatskaplike werker wat met tieners werk, s\u00ea dis baie belangrik dat ouers vir hulself en hul gesin \u2019n waardestelsel moet ontwikkel. \u201cOuers moet met mekaar deel watter waardes gegeld het in die huis waar hulle grootgeword het. Wat daarvan wil julle behou en van watter wil julle afstand doen? Dan moet hulle hulself afvra: Wat is ons droom vir ons kind? Watter soort kind wil ons\/ek grootmaak, met watter waardes? Vir ouers wat kies om kinders groot te maak om selfstandig en met selfvertroue op te tree, kan dit beteken dat hul kinders mag terugpraat en s\u00ea wat hulle voel en dink. Met respek, natuurlik,\u201d voeg sy gemoedelik by.<\/p>\n<p>\u201cOuers moet die waardes wat hulle in hul kinders wil sien, self l\u00e9\u00e9f. Waardes word gewoonlik binne \u2019n vertrouensverhouding aangeleer. Kinders het oor die algemeen genoeg maats \u2013 hulle het nie hul ouers as maats nodig nie. Wat hulle nodig het, is rolmodelle wat hulle kan volg. Wat dit moeilik maak, is as kinders nie soos hul ouers wil wees of lewe nie, want dan verwerp hulle dikwels ook hul waardes. Daarom moet ouers ook hul kinders leer: Mense stel jou teleur, maar Jesus stel nooit teleur nie. Hom kan jy altyd volg.\u201d<\/p>\n<p>Volgens die beroemde sielkundige\u00a0<strong>Jean Piaget<\/strong> se teorie vir morele ontwikkeling \u201cHeteronomie na outonomie\u201d, berus \u2019n kind se morele oordeel en besluitneming aanvanklik op wat van hom verwag word. Dit gaan nie oor sy eie verstaan of besluit van<\/p>\n<div id=\"attachment_101031\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-101031\" class=\"size-medium wp-image-101031\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/pexels-photo-235554-500x333.jpeg\" alt=\"kinders &amp; waardes ma en seun\" width=\"500\" height=\"333\" \/><p id=\"caption-attachment-101031\" class=\"wp-caption-text\">Foto: pexels<\/p><\/div>\n<h4>Hoe leer jy jou kind waardes?<\/h4>\n<p>Die lewe gee ouers voortdurend, elke dag en op enige plek, die geleentheid om hul kinders waardes te leer<\/p>\n<ol>\n<li><strong>Praat met hulle daaroor in jul daaglikse interaksie:<\/strong> opstaan, eet, groet, belowe wat n\u00e1 skool gaan gebeur, partytjies. Dit gebeur nie noodwendig deur vir hulle te preek, re\u00ebls te leer of kerk toe te vat nie. Gee hulle die geleentheid om te s\u00ea wat hulle dink en hul waardes te formuleer. As sy reeds gedink het watter standpunt sy oor seks of drank het, is sy voorbereid. Dan het sy in haar kop \u2019n beeld van hoe sy dit gaan hanteer en is die kans groter dat sy daarby gaan hou. Maar as sy nog nooit daaroor gedink het nie en nie \u2019n standpunt daaroor het nie, is die kans soveel groter dat sy maar deel van die vloei van die gebeure gaan raak, waarheen dit haar ook al neem.<\/li>\n<li><strong>Deur die ouers se voorbeeld:<\/strong> Gooi jy papiere by die motorvenster uit? Praat jy met respek van mense of noem jy hulle \u201cmorone\u201d? Hou jy jy by jou belofte aan \u2019n vriendin al het jy \u2019n ander lekkerder uitnodiging gekry? Wat jy as ouer doen, maak werklik die groot verskil. Jy kan nie hul maats of die gemeenskap verander nie, maar jy kan dit be\u00efnvloed deur vir jou kind en ander \u2019n voorbeeld te wees. Gesonde waardes, respek en liefde kan \u2019n gesin gelukkig maak en so die w\u00eareld aanraak.<\/li>\n<li><strong>Wys jou kinders waarna julle streef, wat jul doel en waardes is, al kry julle dit nie altyd reg nie.<\/strong> So leer kinders wat reg is, al doen julle dit nie perfek nie. Kinders kan aanvoel en verstaan wat ons bedoelings was.<\/li>\n<li><strong>Stel hulle aan die w\u00eareld bloot:<\/strong> boeke, films, maats, televisie &#8230; sodat hulle gebeure en ons w\u00eareld kan interpreteer. Vul jy dit met waardes en positiwiteit, of met negatiwiteit waar jy net die slegste verwag?<\/li>\n<li><strong>Leer kinders om situasies met hul waardes en nie hul emosies te hanteer nie.<\/strong> Kinders sien en belewe goed waaroor ouers nie beheer het nie: geweld, onreg en seerkry. Dit kan ouers nie keer nie, maar ons kan wel be\u00efnvloed wat hulle daarmee maak en hoe hulle daaroor dink. Maar dan moet ons \u2019n verhouding met hulle h\u00ea sodat hulle hul ervarings met ons sal deel. Dan kan ons hulle leer dat ander se optrede baie dikwels iets s\u00ea oor hul emosionele toestand en waardes, as wat dit iets s\u00ea oor my. As iemand met my ongeskik is, gaan dit dikwels nie oor wie ek is of wat ek gedoen het nie, maar eerder oor die ander mens se onvermo\u00eb om die situasie te hanteer &#8211; hul frustrasie of waardes.<\/li>\n<li><strong>Beloon goeie waardes met erkenning.<\/strong><\/li>\n<li><strong>Vestig vroeg goeie gewoontes en hanteer probleme voor dit \u2019n gewoonte word<\/strong>.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Ouers kan nie bepaal wat hul kinders dink of voel nie, maar hulle kan hul dinge gee om oor te dink, \u2019n rigting en voorbeeld om te volg, wat reg of verkeerd is nie, maar is gekoppel aan die outoriteit van ouers of onderwysers; van wat hulle van hom verwag. Die bron van beheer l\u00ea dus buite homself. Sy morele ontwikkeling raak eers volwasse as dit outonoom raak, as sy beheer kom van \u2019n innerlike oortuiging van wat reg en verkeerd is. Slegs dan kan mense konsekwent reg optree.<\/p>\n<p>Om die oorgang na outonome morele besluitneming te maak, s\u00ea Piaget, is in samewerking, in saam-lewe met ander as gelykes. Om agter te kom dat ander gerespekteer en behandel moet word soos ek wil h\u00ea hulle my moet behandel. Volgens Piaget het dit belangrike implikasies vir opvoeding: Hoewel morele opvoeding begin deur van kinders morele optrede te verwag, kan dit nie daarby bly nie. Die opvoeder moet wegbeweeg van die outoriteitsposisie na \u2019n samewerker en fasiliteerder sodat die kind vanuit innerlike oortuigings self die morele besluite kan neem.<\/p>\n<p>Volgens Kohlberg, ghoeroe van morele ontwikkeling, se morele ontwikkelingsteorie doen kinders aanvanklik die regte ding, hou by die re\u00ebls slegs uit vrees vir straf. Die volgende fase is die verstaan dat dit vir hulle positiewe gevolge inhou. Eers daarna verstaan hulle die konsep van sosiale re\u00ebls: om goed te wees vir ander omdat dit \u2019n waarde of \u2019n goeie ding is om te doen. Dan ontwikkel waardes soos vertroue en lojaliteit. Dis belangrik om van kinders ouderdomstoepaslike optrede te verwag. \u2019n Eenjarige moet optree of ander se speelgoed teruggee omdat jy vir hom s\u00ea dis reg. Bietjie later verstaan sy dat as sy dit teruggee, gee sy weer myne terug. Maar iewers moet \u2019n kind by die punt kom om dit self terug te gee, omdat dit die regte en etiese ding is om te doen. As jy dit nie kleintyd verwag nie, (omdat jy glo sy verstaan nog nie) gaan sy sukkel om by die volgende fases uit te kom.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-greep-van-groepsdruk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Die greep van groepsdruk<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_101032\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-101032\" class=\"size-medium wp-image-101032\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/sand-summer-outside-playing-500x333.jpg\" alt=\"Kinders &amp; waardes Kind wat in die sand speel\" width=\"500\" height=\"333\" \/><p id=\"caption-attachment-101032\" class=\"wp-caption-text\">Foto: pexels<\/p><\/div>\n<h4>Vrae wat ouers hulself moet vra<\/h4>\n<ul>\n<li>Weet jy wat jou waardes is?<\/li>\n<li>Is jy konsekwent in wat jy s\u00ea en doen? Of s\u00ea jy een ding en doen \u2019n ander?<\/li>\n<li>Weet jou kinders waarin jy glo, wat jou waardes is? En waarom jy dit glo?<\/li>\n<li>Bespreek jy jou waardes met jou kinders?<\/li>\n<li>Weet hulle wat jou waardes oor seks, drank, rook, persoonlike gesondheid, oefening, die omgewing, optrede teenoor ander mense is?<\/li>\n<li>Gebruik jy geleenthede om met hulle oor waardes te praat? Dinge uit jou lewe waar jy besluite moes neem; dinge wat in die w\u00eareld gebeur; of moraliseer jy hulle net oor wat hulle moet doen?<\/li>\n<li>Gee jy positiewe terugvoer vir die baie dinge wat hulle doen wat van goeie waardes getuig?<\/li>\n<li>Versterk jy goeie waardes?<\/li>\n<\/ul>\n<p>Om in kinders se waardes te bel\u00ea, met jou liefde, energie en tyd, betaal op die lang duur: Kinders met gesonde, konsekwente waardes is gewoonlik gelukkiger, kan hulself met grasie handhaaf en gesonde morele besluite neem. En hulle presteer gewoonlik goed. Ouers kan nie bepaal wat hul kinders dink of voel nie, maar hulle kan hul dinge gee om oor te dink, \u2019n rigting en voorbeeld om te volg. Daarom is dit seker een van die wonderlikste gawes wat ouers hul kinders kan gee &#8211; deurleefde waardes om hulle te help om in \u2019n dikwels korrupte w\u00eareld met grasie te leef en aan te pas deur die regte keuses te maak.<\/p>\n<p>Anys Rossouw is \u2019n sielkundige in Menlopark, Pretoria.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste pak die taak maar met die beste bedoelings en op \u2019n leer-en-probeer manier aan.<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":142138,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,834,3318,3889],"class_list":["post-3420","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-kinders","tag-jou-kind","tag-waardes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Maak kinders met goeie waardes groot | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste mense pak dit leer-en-probeer aan.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Maak kinders met goeie waardes groot | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste mense pak dit leer-en-probeer aan.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-17T12:01:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-17T12:26:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/1548252982.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1278\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Maak kinders met goeie waardes groot\",\"datePublished\":\"2024-01-17T12:01:13+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-17T12:26:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/\"},\"wordCount\":1961,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/1548252982.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"kinders\",\"jou kind\",\"waardes\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/\",\"name\":\"Maak kinders met goeie waardes groot | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/1548252982.jpg\",\"datePublished\":\"2024-01-17T12:01:13+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-17T12:26:54+00:00\",\"description\":\"Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste mense pak dit leer-en-probeer aan.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/1548252982.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/1548252982.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1278,\"caption\":\"LONDON, ENGLAND - JULY 16: Catherine, Princess of Wales and Princess Charlotte of Wales are seen in the Royal Box ahead of the Men's Singles Final between Novak Djokovic of Serbia and Carlos Alcaraz of Spain on day fourteen of The Championships Wimbledon 2023 at All England Lawn Tennis and Croquet Club on July 16, 2023 in London, England. (Photo by Julian Finney\\\/Getty Images)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kinders-waardes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Maak kinders met goeie waardes groot\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Maak kinders met goeie waardes groot | rooi rose","description":"Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste mense pak dit leer-en-probeer aan.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Maak kinders met goeie waardes groot | rooi rose","og_description":"Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste mense pak dit leer-en-probeer aan.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-01-17T12:01:13+00:00","article_modified_time":"2024-01-17T12:26:54+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1278,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/1548252982.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Maak kinders met goeie waardes groot","datePublished":"2024-01-17T12:01:13+00:00","dateModified":"2024-01-17T12:26:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/"},"wordCount":1961,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/1548252982.jpg","keywords":["ouerskap","kinders","jou kind","waardes"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/","name":"Maak kinders met goeie waardes groot | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/1548252982.jpg","datePublished":"2024-01-17T12:01:13+00:00","dateModified":"2024-01-17T12:26:54+00:00","description":"Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers bewustelik iewers kan leer nie. Die meeste mense pak dit leer-en-probeer aan.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/1548252982.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/1548252982.jpg","width":1920,"height":1278,"caption":"LONDON, ENGLAND - JULY 16: Catherine, Princess of Wales and Princess Charlotte of Wales are seen in the Royal Box ahead of the Men's Singles Final between Novak Djokovic of Serbia and Carlos Alcaraz of Spain on day fourteen of The Championships Wimbledon 2023 at All England Lawn Tennis and Croquet Club on July 16, 2023 in London, England. (Photo by Julian Finney\/Getty Images)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Maak kinders met goeie waardes groot"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3420","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3420"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3420\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142138"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3420"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3420"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3420"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}