{"id":3418,"date":"2010-01-11T12:32:00","date_gmt":"2010-01-11T10:32:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/my-vrou-rand-my-aan\/"},"modified":"2016-03-02T16:41:56","modified_gmt":"2016-03-02T14:41:56","slug":"my-vrou-rand-my-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/","title":{"rendered":"My vrou rand my aan"},"content":{"rendered":"<p>Die seile van die restaurant waar ek Johan Malan* ontmoet, flap onrustig. \u2019n Behoorlike donderstorm dreig. Daar is \u2019n tasbare afwagting, \u2019n broeiende energie in die lug. Dit is asof die elemente die gemoedstemming eggo van die man wat oorkant my sit. Ons bestel iets om te drink. Toe die kelner buite hoorafstand verdwyn, leun Johan vorentoe. Vir \u2019n hele ruk sit hy net s\u00f3. Gebo\u00eb, elmbo\u00eb op sy knie\u00eb en hande saamgevou. Toe hy begin praat, is sy stem aanvanklik skor. \u201dAsseblief, ek wil nie h\u00ea mense moet weet wie ek is nie,\u201d pleit hy vir die soveelste keer ondanks my belofte om sy storie anoniem te vertel. Sy moed het hom drie keer begewe voordat hy uiteindelik volstaan het daarby om di\u00e9 onderhoud te doen.<\/p>\n<p>Johan bly senuagtig rondkyk en sy o\u00eb soek deur die strepe mense wat verbystroom. Ons ontmoet mekaar juis by \u2019n kuierplek ver van sy woonplek af. Vir my is dit ook vreemde waters &#8211; soos die meeste mense is ek meer vertroud met vroue wat deur hul mans aangerand word. Johan ontspan effens toe ons bestelling kom. Toe begin hy sy verhaal vertel. \u201cEvette* was die mooiste girl wat ooit met my uitgegaan het,\u201d onthou hy hul universiteitsdae. \u201cSy was vol energie en uitgesproke, en ek was mal daaroor!\u201d Hulle is vier maande later getroud. Evette was swanger. \u201cSoos jy kan dink, was ons ouers nie gelukkig nie, maar ons was verlief.\u201d Hy drink ingedagte uit die glas voor hom. \u201c\u2019n Regte <em>shotgun wedding<\/em>, as jy daardie term wil gebruik &#8211; in meer as een opsig.\u201d Hy sug diep. \u201cEk dink die laaste tyd baie oor hoe vreesloos jy is as jy jonk is. Ek meen, daar was ons aan die vooraand van \u2019n nuwe lewe met \u2019n b\u00e1ba aan die kom en ek het gedink alles gaan wonderlik uitwerk, vir ewig en altyd.\u201d Hy wil glimlag, maar toe val sy gesig en hy fluister meer vir homself as vir my: \u201cOns was so <em>bleddie stupid<\/em>.\u201d Hy vryf oor sy kop met die netjiese geskeerde hare.<\/p>\n<p>Johan en Evette se wittebroodfase het nie die einde van die swangerskap gehaal nie. \u201cDie krake het binne die eerste ses weke begin wys. Ons kon net \u2019n klein woonstelletjie bekostig. Aanvanklik het sy net goed rondgegooi. Weliswaar gemik in my rigting, maar nie fisieke kontak nie.\u201d Hy maak \u2019n geluid deur sy neus. \u201cOns h\u00e9t net drie borde gehad en hulle is almal in een aand gebreek,\u201d vertel hy in \u2019n poging tot humor. \u201cHoe langer ons saam was, hoe duideliker het dit geword dat sy haar nie in toom kon hou nie. Dit was asof sy twee verskillende mense was. Sy het \u2019n algehele transformasie ondergaan &#8211; tot haar gesig het anders gelyk. Sy was in daardie tye vir my \u2019n volslae vreemdeling.\u201d Evette het altyd rede gekry om Johan die skuldige party te maak. \u201cSy het nie net fisiek nie, maar ook verbaal beter as ek \u2018baklei\u2019. Ek kom uit \u2019n baie rustige gesin waar ons nie di\u00e9 soort konflik ken nie. Ek was heeltemal onbevoeg om haar te hanteer.\u201d Een aand het sy in \u2019n woedebui die rusbank se kussings met \u2019n mes oopgekerf. \u201cEk was meer as geskok &#8211; ek was bekommerd.\u201d<\/p>\n<p>Hy het die volgende dag raad gevra by hul huisdokter wat hom laggend verseker het dis net Evette se geskommelde hormone &#8211; dinge sou wel rustiger word sodra die baba gebore is. Maar dit was nie die geval nie &#8230; \u201cDie situasie het toenemend &#8230; moeiliker &#8230; geword,\u201d struikel hy oor sy woorde. Die netjiese man lyk weerloos terwyl hy sy storie vertel. Hy sukkel. Die skaamte l\u00ea telkemale vlak in sy o\u00eb. Die fisieke aanrandings het begin kort nadat Evette uit die hospitaal ontslaan is. \u201cSy het wel vir \u2019n tydperk medisyne gedrink &#8211; die ginekoloog was bekommerd oor nageboortelike depressie. Ek was genadiglik die eerste drie maande by die huis terwyl ek my studie oor die pos voltooi het. Ek het ons babaseun alleen versorg. Evette het geen band met die baba gehad nie. Sy het hom nie gekoester of in hom belang gestel nie.\u201d Hy skud sy kop. \u201cAanvanklik was dit klappe en krappe, \u2019n vuishou of twee, eers op die boarms, maar later in die maag en veral op meer sensitiewe plekke. Daarna die sirkel wat voltooi word met die onvermydelike verwyt en spyt. Ek was verward en het haar ginekoloog en ons huisdokter gebel. Haar gedrag was net eenvoudig nie vir my normaal nie. Hulle het my tergend verseker dat sy weldra sal kalmeer en weer haar gewone self sal word.\u201d<\/p>\n<p>Dit was juis die knipoog en grappende wyse waarop sy probleem aangehoor is wat Johan lugtig gemaak het om hulp te soek &#8211; en hom steeds baie ge\u00efsoleer laat voel. Met sy studie suksesvol agter die rug, het hy \u2019n gesogte aanstelling gekry by \u2019n firma waar \u2019n blink toekoms op hom gewag het &#8211; mits hy sy gewig ingooi. Al kon hulle dit nie regtig bekostig nie, het Johan \u2019n voltydse huishulp aangestel. \u201cAs dit nie vir die dierbare Anna Kekana was nie, weet ek nie wat van ons sou word nie. Ek kon Danie* nie bedags alleen by Evette los nie. Ek het geen vertroue in haar as ma gehad nie. Wat as sy haar woede op hom sou uithaal?\u201d Sy werk het gou gesorg vir \u2019n gerieflike woonhuis.<\/p>\n<p>Johan het gehoop hul verbeterde finansi\u00eble posisie sou \u2019n positiewe uitwerking op sy wispelturige vrou h\u00ea. Alles behalwe &#8230; Hy kyk na die donker wolke wat saamtrek en sy o\u00eb is onleesbaar. Toe rol hy in \u2019n dapper oomblik sy hempsmou op. Ek trek my asem diep in ten aanskoue van die veelvuldige snyplekke. \u201cEvette is lief vir haar knipmes,\u201d verduidelik hy bitter. \u201cDit is tans haar vlymskerp, nuwe <em>tool of choice<\/em>.\u201d Skielik is dit asof die ontbloting vir hom te vinnig en te veel is. Hy trek terug in sy dop terwyl hy opsigtelik probeer om beheer oor sy gevoelens te kry. Ek bestel vir ons nog iets en praat oor die nuus van die dag. Geleidelik ontspan hy, sy gesig bleek teen die donker kringe onder sy neutbruin o\u00eb. \u201cEk slaap nie goed nie, want dit is wanneer Evette my gewoonlik aanrand.\u201d<\/p>\n<p>Sy vrou slaan hom meestal eers met \u2019n bottel of iets soortgelyks teen die kop om hom grotendeels buite aksie te stel. Dan vra sy vrae en as hy nie gou genoeg of bevredigend genoeg antwoord nie, sny sy hom met die knipmes. Voorheen het sy hom herhaaldelik met \u2019n sigaret gebrand en sy het hom ook al met \u2019n tang geknyp. \u201cDie een keer wat ek haar fisiek probeer afweer het deur haar polse vas te gryp, het sy haar pa histeries gebel en ges\u00ea ek is hardhandig met haar.\u201d Dit is asof die fut skielik uit hom is. \u201cSy is klein en fyn gebou. Niemand sal glo dat sy die een is wat my aanrand nie. Haar pa het my duidelik laat verstaan dat hy stappe sal doen as sy ooit weer by hom kla.\u201d Hy kyk reguit in my o\u00eb. \u201cJy dink seker ook ek is \u2019n swakkeling omdat ek niks aan die situasie doen nie.\u201d Hy lag humorloos. \u201cDis net Anna wat werklik weet wat aangaan. Sy woon in. Dis onmoontlik om die geskree te ignoreer, wat nog te s\u00ea van die bloed op die lakens.\u201d Hy vertel hoeveel keer Anna hom gehelp het om die wonde te ontsmet wat hy nie kon bykom nie; hoeveel trane sy saam met hom gestort het, en hoeveel aande die kleine Danie by haar in die kamer geslaap het as dinge erg lelik geraak het. \u201cAs daar een vraag is wat jy my ni\u00e9 moet vra nie, is dit hoekom ek bly,\u201d waarsku hy skielik. \u201cDit is die logiese vraag, maar as ek \u2019n antwoord gehad het, was ek nie hier nie.\u201d Hy probeer verduidelik hoe die skok van die gebeure jou in \u2019n groot mate verlam. \u201cEers kan jy nie glo dit gebeur nie, en as jy nog die skok verwerk, gaan sy in haar dierbare fase in en voor jy jou o\u00eb uitvee, is daar \u2019n patroon en jy is vasgevang.\u201d<\/p>\n<p>Hy lyk moeg. Evette dreig gereeld om Danie \u201cseer te maak\u201d as Johan haar aan die kaak sou stel. Johan is verbitterd teenoor haar ouers oor die rol wat hulle in die verloop van dinge gespeel het. Of beter gestel, ni\u00e9 gespeel het nie. Die twee kere wat Johan desperaat om hulp gaan vra het, het hulle dit as onsin afgemaak. \u201cHulle vryf sout in my wonde. My skoonpa glo ek probeer Evette kwalik neem vir iets waaraan ek skuldig is. Hy het die vermetelheid gehad om vir my te s\u00ea: \u2018Jy\u2019s die man, Johan. Skaam jou om \u2019n weerlose vrou van so iets te beskuldig. Sies.\u2019\u201d Johan se ervaring met hulp soek, is glad nie positief nie. Noem ek die woord \u201cberader\u201d, reageer hy duidelik ge\u00efrriteerd. \u201cWeet jy hoe moeilik is dit juis vir my as \u2019n man om vir iemand te vertel my vrou verniel my?\u201d En toe dam die trane in sy o\u00eb op. \u201cHoe het ek hi\u00e9r gekom?\u201d vra hy na die tafeldoek se kant toe en snuif hard. \u201cDaar is dae wat ek reeds aan die huil is wanneer ek wakker word. Ek haat dit om so emosioneel te wees. Ek voel permanent leeg en beangs en niks kan die gat vul nie.\u201d Hy lig sy wenkbroue en voeg by: \u201cKyk, sy kan baie <em>nice<\/em> wees. Dis nie altyd sleg nie. Daar\u2019s goeie tye ook. En daar is die sprankie hoop dat dit sal verander &#8230; \u201d Hy snuif weer en verskoon hom vir \u2019n wyle. Ek is verlig toe hy terugkom. \u201cDit is waar ek is.\u201d Hy lig sy hande in \u2019n vat-dit-soos-dit-is gebaar. \u201cJy weet, almal by haar werk is mal oor haar. Niemand sal my glo nie &#8211; \u00e9k is mos die m\u00e1n &#8230; \u201d Hy lag bitter, maar gou bly net moedeloosheid oor. \u201cEk kan jou dit s\u00ea: ek sal i\u00e9ts moet doen.\u201d Hy kyk ver. \u201cDie re\u00ebls van my manlikheid is in \u2019n sekere mate herskryf.\u201d \u201cWaar begin jy? Ek het nie die emosionele energie daarvoor nie. Alles wat ek h\u00e9t, gaan daarin om dinge bymekaar te hou.\u201d Hy vryf oor sy kop &#8211; soos hy telkens maak as hy voel sy woorde is ontoereikend. Dit begin re\u00ebn. Oorverdowende harde druppels wat pandemonium veroorsaak by diegene wat nie onder skuiling is nie. \u2019n Reddeloosheid kom l\u00ea in sy o\u00eb. \u201cHoe beweeg jy aan? Maak ek \u2019n fout deur te bly? Is my apatiese houding onverskoonbaar?\u201d Hy skud sy kop in antwoord. \u201cEk het al hoeveel keer gedink ek wil net nie meer deel van di\u00e9 w\u00eareld wees nie,\u201d s\u00ea hy so sag dat ek moet nader leun om beter te hoor. \u201cMaar wat van my kind?\u201d \u0001 *Skuilname is gebruik<\/p>\n<table border=\"\" width=\"\" cellspacing=\"\" cellpadding=\"\" align=\"\">\n<tbody>\n<tr>\n<td><strong>Wat s\u00ea \u2019n kenner <\/strong><\/p>\n<p>Dr. Ria van Niekerk bevestig dat baie meer mans deur hul vroue aangerand word as wat algemeen bekend is. \u201cDit druis in teen die tradisionele rolverdeling van die geslagte,\u201d verduidelik sy die belangrikste rede hiervoor. Die meeste mense, en veral mans, se reaksie sou wees om te vra hoekom die man dan nie terugslaan of -baklei nie? \u201cDie eenvoudige antwoord is dat dit nie di\u00e9 man se manier is om die probleem op te los nie,\u201d gesels sy ernstig. \u201cHierdie gaan oor meer as net \u2019n manier om konflik te hanteer &#8211; dit behels \u2019n algemene lewensuitkyk en persoonlikheidstipe. Baie mans is<br \/>\nook grootgemaak dat dit taboe is om jou hand teen \u2019n vrou te lig.\u201d<\/p>\n<p>Ria verduidelik dat hierdie soort vrou geen verantwoordelikheid vir haar optrede sal aanvaar nie. \u201cSy is \u2019n uitmuntende manipuleerder. So \u2019n vrou sal sonder uitsondering die man kwalik neem omdat hy haar kwansuis \u2018dwing\u2019 om so op te tree deur iets waarmee hy te kort skiet,\u201d verklaar sy. \u201cDit help ook nie om op eiers te loop nie. Sy sal wel rede kry om hom weer aan te rand.\u201d Die implisiete boodskap met hierdie gedrag is dat die fout geheel en al by die man l\u00ea. \u201cEn baie mans glo dit &#8211; dit is hoekom hulle aanbly.\u201d<\/p>\n<p>Tradisioneel is die man veronderstel om meer aggressief en doelgerig te wees as die vrou. Sy rol is di\u00e9 van beskermer en voorsiener. In sy o\u00eb vererger hierdie situasie die skande: \u201cIn die o\u00eb van ander mans gaan hy \u2018swak\u2019 wees,\u201d s\u00ea Ria, \u201cen daarom bewaar hy die geheim. Hy is diep skaam.\u201d<br \/>\nNatuurlik is daar tye binne so \u2019n huwelik wanneer dit goed gaan. \u201cMense is ook beskermend teenoor hul gesin, al is daar \u2019n wanbalans,\u201d verskaf Ria nog redes waarom mans aanbly. \u201cMense kry dit ook reg om \u2019n balans b\u00ednne die wanbalans te kry. Met ander woorde, hulle kanselleer die slegte goed met die goeie wat daar nog in die situasie vir hulle oorbly, en dit laat hulle beter voel oor die besluit om te bly.\u201d<\/p>\n<p><strong>Nuus oor Johan en klein Danie <\/strong><\/p>\n<p>N\u00e1 afloop van di\u00e9 onderhoud was Johan so verlig omdat hy vir die eerste keer die volle verhaal vertel het, dat hy hulp gaan soek het. Johan en Danie het onlangs uitgetrek en woon nou by sy ouers tot tyd en wyl die skeisaak afgehandel is. Aanvanklik het Evette gepleit dat hulle moet terugkom, maar nou dreig sy om Danie van hom af weg te neem. Johan se regspan voorsien dat hy geen probleem sal h\u00ea om volle beheer en toesig oor die seuntjie te verkry nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die seile van die restaurant waar ek Johan Malan* ontmoet, flap onrustig. \u2019n Behoorlike donderstorm dreig. Daar is \u2019n tasbare afwagting, \u2019n broeiende energie in die lug. Dit is asof die elemente die gemoedstemming eggo van die man wat oorkant [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20707,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[3309,3310],"class_list":["post-3418","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-gesinsgeweld","tag-aanranding"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>My vrou rand my aan | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"My vrou rand my aan | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die seile van die restaurant waar ek Johan Malan* ontmoet, flap onrustig. \u2019n Behoorlike donderstorm dreig. Daar is \u2019n tasbare afwagting, \u2019n broeiende energie in die lug. Dit is asof die elemente die gemoedstemming eggo van die man wat oorkant [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-01-11T10:32:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-02T14:41:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"My vrou rand my aan\",\"datePublished\":\"2010-01-11T10:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T14:41:56+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/\"},\"wordCount\":2265,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/01\\\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg\",\"keywords\":[\"gesinsgeweld\",\"aanranding\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/\",\"name\":\"My vrou rand my aan | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/01\\\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg\",\"datePublished\":\"2010-01-11T10:32:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T14:41:56+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/01\\\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/01\\\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg\",\"width\":800,\"height\":533},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/my-vrou-rand-my-aan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"My vrou rand my aan\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"My vrou rand my aan | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"My vrou rand my aan | rooi rose","og_description":"Die seile van die restaurant waar ek Johan Malan* ontmoet, flap onrustig. \u2019n Behoorlike donderstorm dreig. Daar is \u2019n tasbare afwagting, \u2019n broeiende energie in die lug. Dit is asof die elemente die gemoedstemming eggo van die man wat oorkant [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-01-11T10:32:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-02T14:41:56+00:00","og_image":[{"width":800,"height":533,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"My vrou rand my aan","datePublished":"2010-01-11T10:32:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T14:41:56+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/"},"wordCount":2265,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg","keywords":["gesinsgeweld","aanranding"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/","name":"My vrou rand my aan | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg","datePublished":"2010-01-11T10:32:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T14:41:56+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/22-Freeimages-La-Miky-e1453985728767.jpg","width":800,"height":533},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/my-vrou-rand-my-aan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"My vrou rand my aan"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3418","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3418"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3418\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20707"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3418"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3418"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3418"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}