{"id":3410,"date":"2023-11-02T13:16:00","date_gmt":"2023-11-02T11:16:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/"},"modified":"2023-11-02T13:27:13","modified_gmt":"2023-11-02T11:27:13","slug":"wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/","title":{"rendered":"Wat vroue by mans oor seks wil weet"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die paneel:<\/strong><strong>\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> (34) dosent in die geesteswetenskappe. Was al in twee saamwoonverhoudings maar op die oomblik enkel en beskikbaar.<br \/>\n<strong>Neo<\/strong> (31) \u201csoos die held in The Matrix\u201d, entrepreneur. Sewe jaar gelukkig getroud, met \u2019n babadogtertjie van sewe maande.<br \/>\n<strong>Alain<\/strong> (44) \u201cwant dit klink Frans, en vroue is mos dol op di\u00e9 nasie.\u201d Tweede huwelik, makelaar, geen kinders nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die vrae<\/strong><strong>:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><strong>Engel, 29, Getroud\u00a0<\/strong> Is voorspel regtig vir julle vervelig, of kan dit julle ook opgewonde maak? Van watter soort voorspel hou jy die meeste?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Dis regtig vir my heerlik! Ek wil jou klere uittrek en sagkens oor jou hele lyf streel. Jou lippe soen terwyl my hand oor jou bene beweeg, heup, magie, rug \u2026 Ek wil soen en saggies byt sodat jy krul van lekkerkry.<\/p>\n<p><strong>Neo <\/strong>Ek is vir seker een vir voorspel. Dit begin gewoonlik sag en op die mond maar later word dit intenser met aanrakings oor jou hele lyf. Ek kry so half \u2019n trilling van mag as ek sien hoe my vrou al hoe meer lus word. Tien minute se voorspel is genoeg vir my, maar ek weet dat voorspel vir my vrou al baie vroe\u00ebr met romanse begin. Daardie deel fassineer my nie veel nie.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> Wanneer daar tyd is, maak dit ons ook opgewonde. Maar dis glad nie vir mans \u2019n vereiste nie. As die oomblik reg is, is daar niks so<em> great<\/em> soos ongekompliseerde, instinktiewe, oombliklike seks nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Krista, 40, getroud <\/strong>Hoe kan \u2019n vrou vir \u2019n man \u201cnee\u201d s\u00ea sonder om sy ego te skend? <strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\n<strong>Ben<\/strong> Ek weet ek is vir my eie gevoelens verantwoordelik, maar tog sukkel ek ook om my dit nie persoonlik aan te trek nie. Die groot ding vir my is h\u00f3\u00e9 jy nee s\u00ea. S\u00ea jy gereeld nee op \u2019n katterige of ge\u00efrriteerde wyse, verloor ek selfvertroue en belangstelling in jou. Ook aanvaar ek dat ek meer seks as jy wil h\u00ea, en so meer nee\u2019s gaan kry. Dis hoe dit is. Maar ek verwag jy moet sensitief hieroor wees en dit op \u2019n mooi manier oordra dat jy nie in die bui is nie.<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> Ons het dit al \u2019n paar keer beleef. Altwee kante toe. Dis maar <em>tricky<\/em>. Wat vir ons gewerk het, is om nie in die oomblik van passie daaroor te praat nie. Ons het ooreengekom dat die een wat nie wil nie, dit moet s\u00ea. Ek wil tog nie seks h\u00ea met iemand net omdat sy nie my gevoelens wil seermaak nie &#8211; en ek dink mans stem saam daaroor. Dis maar net erg as dit in die oomblik van passie gebeur en die<em> rules of engagement<\/em> was nie duidelik nie.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> Sy behoort nooit nee te s\u00ea nie, tensy daar werklik \u2019n rede is. En dan moet sy net eerlik wees.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Tania, 35, geskei\u00a0 <\/strong>Wanneer ons intiem verkeer, sien jy my liggaamsfoute en my rolletjies raak soos ek dit in die spie\u00ebl sien, of leef jy in daardie oomblik net vir die intimiteit?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Wat jy in die spie\u00ebl sien, is tien teen een \u2019n drakoniese oordrywing. Elke vrou op aarde is veel mooier vir die mans as wat sy ooit vir haarself in die spie\u00ebl lyk. As jy jou net deur my o\u00eb kon sien \u2026<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> Wel gedaan dat julle nog seks het. Seks is meer as net iets wat jy met \u2019n mooi meisie doen en jouself daarvoor op die skouer klop. Ek was al daar en dis net nie die moeite werd nie. My vrou is nog jonk maar sy is so \u2019n bietjie oorgewig (dankie tog vir die skuilnaam \u2026 grappie!) maar as ons na aan mekaar is, maak dit glad nie eens saak nie. Veel eerder \u2019n ekstra rolletjie as \u2019n vrou met \u2019n obsessie oor haar gewig. Gesonde selfvertroue is aanlokliker as wat \u2019n paar rolletjies \u2019n kwessie is.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> As jou man jou liefhet, sal seks met jou vir hom lekker wees, ongeag jou gewig. Vergeet daarvan en geniet dit. Maar as jy baie oorgewig is, sal dit vir seker sy spontane aangetrokkenheid teenoor jou be\u00efnvloed.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Tinkerbel, 20, trou binnekort <\/strong>Wat verwag julle van \u2019n vrou vir haar eerste keer? Watter klere, houding en gedrag?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Ek het nog nooit met \u2019n maagd seks gehad nie. Ontspan net en geniet julle saamwees. Die verkeerdste ding wat jy kan doen, is om jou te kwel oor die eerste indruk. Dit plaas net onnodige druk op jou. In \u2019n liefdevolle verhouding leer julle mekaar op die seksuele gebied ken en kan jy lag oor dinge wat nie volgens plan verloop nie.<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> My eerste bietjie raad is dat dit oukei is om dit nie die aand n\u00e1 die onthaal te doen net omdat julle nou kan nie. Anders is daar te veel verwagtinge en stres. Ons het gewag tot die volgende oggend. En moenie worry as daardie eerste keer nie perfek is nie; julle het die res van julle lewe om te oefen.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> Wees net kalm en spontaan. Die belangrikste is nie die klere of houding nie, maar wel om vooraf te bespreek wat julle die eerste aand gaan doen. Maar sexy onderklere sal wel help \u2026<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Jessica, 25, twee jaar getroud\u00a0 <\/strong>Wil jy vooraf weet wat ek beplan vir ons twee later vanaand? Moet ek byvoorbeeld \u2019n boodskap in die loop van die dag stuur, of \u2019n paar woordjies in jou oor fluister voor jy werk toe gaan? Of moet dit op daardie oomblik as \u2019n verrassing kom?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> \u2019n Volslae verrassing is wonderlik &#8211; maar as jy my oor middagete boodskap dat jy nie kan wag om my klere van my lyf af te ruk wanneer ek by die huis aankom nie, gaan ek heelmiddag glimlag. Onthou net as jy vooraf afwagting kommunikeer en jou bui verander, moet jy my inlig! Anders is jy wreed en maak jy my seer.<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> Solank dit nie die standaardmanier raak van hoe dinge gaan verloop nie, is \u2019n boodskap deur die dag \u2019n <em>great<\/em> manier om my opgewonde te kry. Dis lekker om te weet jy dink deur die dag op daardie manier aan my.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> Albei kan werk. Daar is geen re\u00ebls tussen twee mense wat mekaar liefhet nie.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Wonder nog altyd, 42, twee jaar in \u2019n vaste verhouding na egskeiding\u00a0 <\/strong>Mans word geprikkel deur die visuele. Watse<em> panty<\/em> moet ek aanh\u00ea as ek jou wil verlei? \u2019n Effense enetjie? \u2019n Ouma-variasie? Deurskynend? Kantvalletjies? G-string?<br \/>\n<strong><br \/>\nBen<\/strong> As jy daarin verleidelik voel, werk dit vir my.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Neo<\/strong> Sexy onderklere is vir seker \u2019n kragtige skakelaar maar as jy nie die lyf daarvoor het nie, kan dit die teenoorgestelde effek h\u00ea.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Alain<\/strong> Almal skakel die manlike hormone aan, mits dit jou op jou beste wys<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Desperaat, 34, getroud, twee kinders<\/strong><br \/>\n\u2019n Mens hoor net altyd van mans wat kla hulle kry nie genoeg seks nie. Hoekom, o, hoekom moet ek n\u00e1 \u2019n huwelik van 13 jaar smeek vir \u2019n bietjie aandag tussen die lakens? Hy is eenvoudig te lui. As ek kla, probeer hy so halfhartig dat ek netsowel ook die takie kon verrig het. Hy is nie oorgewig, gestres, oud, depressief of op medikasie nie. Ek is nie oorgewig of lelik nie. Ek trek nog baie aandag van die manne &#8230; behalwe syne! Wat kan ek doen? Of is die passie verby?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Of <em>he\u2019s just not that into you<\/em>, of daar is dalk iets wat julle in terapie kan uitpluis. Die lewe is te kort om so te leef. Kry hulp of skei<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Neo<\/strong> Ek kry jou jammer, hoor! Dalk sien jou man nie kans om net met een vrou vir die res van sy lewe seks te h\u00ea nie. En nou sit jy met die gevolge. Of dalk is sy libido net kleiner? Ons is ook al deur droogtes, maar dit het gehelp om dinge \u2019n bietjie interessanter te maak. Die meeste van ons seks was in die slaapkamer, wat my verveel het. Daar is niks wat \u2019n man se lus so prikkel soos onvoorspelbare seks nie. Dalk moet jy hom na \u2019n hotel vat en uit karakter klim.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Natasha, 39, getroud\u00a0 <\/strong>Hoeveel keer per week is \u201cgenoeg\u201d?<br \/>\n<strong><br \/>\nBen <\/strong>Ek dink nie \u2019n man kry ooit genoeg nie. \u201cGenoeg\u201d bly \u2019n vraag wat elke paar moet bespreek.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Neo<\/strong> Ek weet nie wanneer genoeg nou genoeg is nie, maar ek wil darem minstens twee keer per week seks h\u00ea.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Alain<\/strong> Eintlik daagliks, maar drie keer is die minimum vir my.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Liefie, 29, getroud <\/strong>Waarom begin mans rondkyk? Is dit oor te min seks? Of verveling tuis? Oor kinders, of oor gewig?<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Ben<\/strong> Al di\u00e9 redes dra daartoe by. Maar \u2019n man is geneties geprogrammeer om rond te kyk. Monogamie kom nie van nature nie.<br \/>\n<strong><br \/>\nNeo<\/strong> Verveling. Mans is gemaak om te hunker na meer. Om avontuurlustig te wees. Om te oorwin. Maar deesdae kry ons dit nie meer nie. Daarom moet avontuur nie by die huis ook verdwyn nie. Die uitdaging is meer op \u2019n verstandsvlak: as die vrou aanhou groei en verander, sal sy \u2019n uitdaging en \u2019n avontuur vir haar man bly.<strong><br \/>\n<\/strong><strong><br \/>\nAlain<\/strong> Letterlik om al die redes wat jy noem. Boonop is ons in die media blootgestel aan \u2019n oormaat voortreflike, visuele verleiding. Die kompetisie vir een vrou tuis is formidabel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Marli Muis, 38, getroud <\/strong>Wat kan ek in die bed aan jou doen wat jou absoluut mal sal maak van lekkerkry?<\/p>\n<p><strong>Ben <\/strong>Verlei my, gebruik my, misbruik my, maak met my liggaam net wat jy wil. Ek kry baie lekker as ek sien hoeveel plesier dit vir jou verskaf. Jou orgasme is soos musiek in my ore!<\/p>\n<p><strong>Neo <\/strong>Dit verskaf my ongelooflike plesier as ek sien jy\u2019t plesier. Dis die grootste streler vir \u2019n man se ego as hy weet hy het jou na daardie plek toe gevat wat jou voete laat vuiste maak. As jy my wil laat lekker kry, s\u00ea my wat jy nodig het om daar te kom en laat my toe om jou soontoe te vat.<br \/>\n<strong><br \/>\nAlain<\/strong> Iets anders as gewone seks \u2026 orale seks, verskillende masturbasie- tegnieke \u2026 speletjies \u2026 nie elke keer dieselfde nie.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Antoinette, 36, geskei <\/strong>Wat is dit wat jou laat besluit tussen 1) jy wil \u2019n vrou beter leer ken of 2) jy gaan haar net gebruik vir \u2019n lekker tydjie?<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Ben<\/strong> Wanneer ek naas die fisieke aantrekking ook emosioneel en intellektueel met jou kliek, sal ek jou tien teen een beter wil leer ken. Weer eens is die tango \u2019n dans vir twee. As ek vir jou s\u00ea ek hou van jou, maar soek nie \u2019n verhouding nie, dan geniet ons mekaar en is dit nie \u00e9k wat j\u00f3\u00fa gebruik nie.<br \/>\n<strong><br \/>\nAlain<\/strong> As jy iemand is saam met wie ek die res van my lewe sal kan deurbring, is jy iemand wat ek beter sal wil leer ken; as jy iemand is wat my eintlik verveel, is jy net daar tot die regte een verby kom.<\/p>\n<p><strong><br \/>\nBet, 23, verloof\u00a0 <\/strong>Hoe s\u00ea \u2019n vrou vir haar man om \u2019n bietjie wilder te wees met haar, sonder om sy gevoelens seer te maak? Ek hou van aksie en variasie. Maar ek is ook bang hy dink ek is goedkoop.<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Tien teen een fantaseer hy self daaroor! Wie nie waag nie, sal nie wen nie. Ek dink dit sal werk as jy beklemtoon dat dit juis is omdat hy vir jou so onweerstaanbaar is dat jy gemaklik voel om wilder saam met hom te raak. Moenie s\u00ea dat jy nie tevrede is nie; streel eerder sy ego. En \u2019n mens is net goedkoop as jy buite die verhouding beskikbaar is; binne die verhouding is als oukei.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Neo<\/strong> Babatreetjies. Ek het dieselfde ding in my huwelik gehad. Die sleutel hier is om \u2019n atmosfeer te skep waar jou maat gemaklik voel om te eksperimenteer. Dan begin jy stadig maar seker die grense verskuif. Party keer is dit ook \u2019n respek-ding: party mans dink warm seks is vir eenmalige afsprake, nie vir die huwelik nie.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> S\u00ea niks nie; doen net. Hy sal dit waardeer. So nie, koop \u2019n goeie boek met foto\u2019s en lees dit saam. Dit sal outomaties tot nuwe hoogtes lei.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Rosie, 42, getroud <\/strong>Hoekom stel \u2019n man net belang om aan my borste, boude en jy weet waar te vat? Ek is mos meer as net borste. Die res van my liggaam hunker ook na aanraking.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Ben <\/strong>Vertel jy dit vir hom? So spesifiek? Hoewel ek beslis \u2019n borste-ou is, hou ek daarvan om die hele vrouelyf sensueel te verken.<br \/>\n<strong><br \/>\nAlain<\/strong> Party mans is net seksueel en nie sensueel nie. Is dit nie jou verantwoordelikheid om hom meer oor sensualiteit te leer nie?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Magrieta, 68, getroud <\/strong>Hoekom draai \u2019n man om en slaap sonder naspel of vertroeteling?<br \/>\n<strong><br \/>\nBen<\/strong> Ek is ook soms moeg en wil net omdraai en slaap. Maar gebeur dit gereeld, sal ek s\u00ea intimiteit is by die deur uit en die seks is \u2019n manier om sy drange te bevredig en nie om met jou intiem te wees nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lettie, 37<\/strong> Is mans se borste en tepels ook so gevoelig soos vroue s\u2019n en hou hulle daarvan om daar gesoen en geliefkoos te word?<br \/>\n<strong><br \/>\nBen <\/strong>Ek is wel sensitief en ek hou daarvan as jy my daar soen. Moet net nie te hard byt nie!<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> <em>Nope<\/em>.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong> Ek is nie naastenby so gevoelig soos \u2019n vrou nie. Dit doen feitlik niks vir my nie.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Liezl van Witbank, 34, getroud <\/strong>Hoe voel jy as ek nie genoeg gehaltetyd aan jou bestee nie? Ek is altyd besig, en eintlik verveel jou geselsies oor rugby en jou werk my. Dus gaan ek met ander goed aan &#8230; maar ek voel skuldig. En ek wonder of ek regtig daarmee wegkom.<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Moet my asseblief nie straf deur jou onttrek nie. Konfronteer my liefs en s\u00ea wat dit is wat jou irriteer. Jy moet besef as ons niks meer gemeen het nie, moet ons paaie eerder skei. Jy wil tog by iemand wees wie se samesyn jy geniet. Nee, jy kom nie regtig daarmee weg nie. Jy straf eintlik jouself.<br \/>\n<strong><br \/>\nNeo <\/strong>Ek gee regtig nie om as my vrou aangaan met ander goed as ek doen wat vir my lekker is nie. Hoekom voel ons ons moet in verhoudings in dieselfde vormpie pas? Die lekkerte van \u2019n huwelik vir my is dat ons vry is om te wees wie ons wil wees en te deel wat ons met mekaar w\u00edl deel.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Anoniem van Pretoria, 46, getroud\u00a0<\/strong> Hoekom is sommige mans so behep met pornografie? Dink die mans wat so blou prente kyk aan ons wanneer ons in hul bed l\u00ea? Of dink hulle aan die ster in die prent? Moet ek my bekommer daaroor dat my man dalk oor ander vroue fantaseer?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Mans hou van avontuur en fantasie. Die fantasie van soveel seks soos jy wil, so wild soos wat jy dit wil h\u00ea en boonop met \u2019n baie aantreklike vrou wat op \u2019n skinkbord vir jou gegee word, is \u2019n aantreklike gedagte. Maar dit bly net fantasie. Ek dink nie dis verkeerd om soms oor \u2019n fiktiewe persoon te fantaseer nie, maar sommige mans kan daaraan verslaaf raak en dit kan jul intimiteit be\u00efnvloed. Jy hoef jou nie daaroor te bekommer as julle \u2019n gesonde intieme verhouding het nie.<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> Daar was \u2019n stadium toe my fassinasie met porno my \u2019n bietjie bekommer het, maar nou besef ek dat dit maar net \u2019n fantasie is wat ek soms uitleef en waarvan ek nie afhanklik is nie. Die vrou se liggaam is ongelooflik en ek waardeer \u2019n sexy vrou op dieselfde manier as \u2019n sportmotor &#8211; jammer om dit nou so blatant te stel. Soos die motor, simboliseer \u2019n pragtige vrou aan \u2019n man se arm sukses, krag en selfvertroue. En ja, ek moet erken my gedagtes het al na die pornoster gedwaal. Wanneer ons nou nie so opgewonde oor mekaar is nie, het dit gewerk om saam \u2019n erotiese boek te lees. Dit laat elkeen se verbeelding vry om die visuele stimulasie te kry waarna gesoek word terwyl julle by mekaar bevrediging kry.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Alain<\/strong> Die meeste mans het die potensiaal om behep te raak met pornografie. Dit is een van die groot euwels van ons tyd wat doelbewus, selfs met die hulp van jou vrou, beveg en weerstaan moet word. Die probleem is dat dit die fokus op die fantasie plaas pleks daarvan om \u2019n betekenisvolle liefdesverhouding met iemand spesiaals aan te knoop, uit te bou en in stand te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Suzie M, GESKEI<\/strong> Wat dink die manne van \u2019n <em>no strings attached<\/em>&#8211; of <em>friends with benefits<\/em>-verhoudings?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong> Ek hou van die idee, hoewel ek dit nog nooit gehad het nie &#8211; dis juis waarna ek tans op soek is. Tog gaan \u2019n emosionele en intellektuele konneksie vir my belangrik wees. Dit sal nie net oor die lyf kan gaan nie.<\/p>\n<p><strong>Neo<\/strong> Ek het ook al \u2019n paar van hierdie gehad. Hoewel dit opwindend is, het nog nie een van hulle, myne of enige ou s\u2019n wat ek ken, uitgewerk as daar eers seks in die prentjie kom nie. Miskien is dit vanwe\u00eb ons idees oor seks. Of miskien begin so \u2019n verhouding met onafhanklikhede wat nie sommer net gebreek kan word nie. Die werklikheid is dat die situasie eenvoudig mense laat oorbly met minder van hulself as waarmee hulle begin het.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Alain<\/strong> So \u2019n verhouding sal altyd \u2019n kompromie wees &#8211; dis nie \u2019n huwelik, of \u2019n vaste verhouding, of vryheid nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wonder-maar-net, 34, getroud<\/strong> (a) Voel seks met \u2019n kondoom anders en hoe? (b) Wat is lekkerder en hoekom: seks met \u2019n kondoom of dat jou vrou jou met die hand stimuleer? (c) Voel jy voorbehoeding berus by die vrou? (d) Sien jy jou vrou en seks in \u2019n ander lig as sy borsvoed?<\/p>\n<p><strong>Ben<\/strong><br \/>\n(a) Ja, dit voel anders; baie van die sensasie gaan verlore. Ek weet nie of dit net psigologies is nie, maar vlees op vlees voel meer intiem. Maar met of sonder \u2019n kondoom is seks absoluut heerlik; so moenie my verkeerd verstaan nie.<br \/>\n(b) \u2019n Handjie is baie lekker maar net so af en toe. Ek kan myself mos ook help.<br \/>\n(c) Die tango is vir twee; julle moet saam op voorbehoeding ooreenkom.<br \/>\n(d) Nog nie daar gewees nie.<\/p>\n<p><strong>Neo<br \/>\n<\/strong>(a) Ja.<br \/>\n(b) Ek sal gaan vir seks met \u2019n kondoom, en dan met die sensitiewe soort. Die voordeel is dat ek langer kan aanhou.<br \/>\n(c) Voorbehoeding berus nie by die vrou nie; dis \u2019n verantwoordelikheid binne die verhouding wat julle saam moet uitwerk. Daar is nou voorbehoeding vir mans op die mark en ek sal nie omgee om dit te gebruik nie.<br \/>\n(d) Ek is mal oor borste maar toe sy geborsvoed het, het ek teruggestaan. Andersins het ons sekslewe nie verander nie.<\/p>\n<p><strong>Alain<\/strong><br \/>\n(a) Dis nie so intiem nie maar vir seker nog genotvol.<br \/>\n(b) Tydens menstruasie is handmasturbasie vir mans \u2019n fantastiese alternatief. Handstimulasie sal altyd genotvol wees, want dit is baie ontspannend en eis niks van die man nie.<br \/>\n(c) Ja.<br \/>\n(d) Nee, glad nie.<\/p>\n<p><em>*Skuilname is gebruik<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat vroue by mans oor seks wil weet<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die paneel:\u00a0 Ben (34) dosent in die geesteswetenskappe. Was al in twee saamwoonverhoudings maar op die oomblik enkel en beskikbaar. Neo (31) \u201csoos die held in The Matrix\u201d, entrepreneur. Sewe jaar gelukkig getroud, met \u2019n babadogtertjie van sewe maande. Alain [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":140551,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[1531,3304],"class_list":["post-3410","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-seks","tag-liefdesvrae"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat vroue by mans oor seks wil weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&#039;n Rukkie gelede het ons drie lesers gevra om mans se vrae oor die liefde te beantwoord. Nou beantwoord die mans \u2019n slag \u00f3ns vrae.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat vroue by mans oor seks wil weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&#039;n Rukkie gelede het ons drie lesers gevra om mans se vrae oor die liefde te beantwoord. Nou beantwoord die mans \u2019n slag \u00f3ns vrae.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-11-02T11:16:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-11-02T11:27:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"16 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wat vroue by mans oor seks wil weet\",\"datePublished\":\"2023-11-02T11:16:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-11-02T11:27:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/\"},\"wordCount\":3176,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"seks\",\"liefdesvrae\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/\",\"name\":\"Wat vroue by mans oor seks wil weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-11-02T11:16:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-11-02T11:27:13+00:00\",\"description\":\"'n Rukkie gelede het ons drie lesers gevra om mans se vrae oor die liefde te beantwoord. Nou beantwoord die mans \u2019n slag \u00f3ns vrae.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/11\\\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat vroue by mans oor seks wil weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat vroue by mans oor seks wil weet | rooi rose","description":"'n Rukkie gelede het ons drie lesers gevra om mans se vrae oor die liefde te beantwoord. Nou beantwoord die mans \u2019n slag \u00f3ns vrae.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat vroue by mans oor seks wil weet | rooi rose","og_description":"'n Rukkie gelede het ons drie lesers gevra om mans se vrae oor die liefde te beantwoord. Nou beantwoord die mans \u2019n slag \u00f3ns vrae.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-11-02T11:16:00+00:00","article_modified_time":"2023-11-02T11:27:13+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"16 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wat vroue by mans oor seks wil weet","datePublished":"2023-11-02T11:16:00+00:00","dateModified":"2023-11-02T11:27:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/"},"wordCount":3176,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg","keywords":["seks","liefdesvrae"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/","name":"Wat vroue by mans oor seks wil weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg","datePublished":"2023-11-02T11:16:00+00:00","dateModified":"2023-11-02T11:27:13+00:00","description":"'n Rukkie gelede het ons drie lesers gevra om mans se vrae oor die liefde te beantwoord. Nou beantwoord die mans \u2019n slag \u00f3ns vrae.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/11\/womanizer-toys-1e3-lYkJsfs-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-vroue-by-mans-oor-seks-wil-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat vroue by mans oor seks wil weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3410","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3410"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3410\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140551"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3410"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3410"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3410"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}