{"id":3408,"date":"2010-05-07T09:42:00","date_gmt":"2010-05-07T07:42:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/hilary-swank-aanhouer-wen\/"},"modified":"2017-07-13T13:26:57","modified_gmt":"2017-07-13T11:26:57","slug":"hilary-swank-aanhouer-wen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/","title":{"rendered":"Hilary Swank: Aanhouer wen"},"content":{"rendered":"<p>Kleintyd was daar nie sprake van glans en swier in <strong>Hilary Swank<\/strong> se lewe nie. Di\u00e9 meisie uit die staat Washington het in \u2019n woonwapark grootgeword en toe haar ma, Judy, afsit Los Angeles toe, het ma en dogter noodgedwonge in hul motor moes bly. \u2019n Vriend het hom later oor hulle ontferm en hulle in \u2019n le\u00eb huis laat bly wat hy besig was om te verkoop. Die twee het op \u2019n opblaasmatrassie geslaap en moes hulle soggens vroeg uit die voete maak voordat moontlike huiskopers na die huis kom kyk. Toe Judy \u2019n werkie kry, het sy vir hulle \u2019n kamer gehuur en het hulle op oorlaaide kredietkaarte geleef totdat Hilary \u2019n agent gekry het om haar te verteenwoordig. Di\u00e9 onverskrokke houding is steeds deel van haar en skemer deur in alles wat sy doen. Hilary is \u2019n natuurlike skoonheid met \u2019n vol, wye mond, groot swart o\u00eb en wangbene waaroor jy liries kan raak. Haar lyf is ongelooflik. Dis onmoontlik om die lang bene, lenige lyf en vol borste mis te kyk. Sy en Chad Lowe, Rob Lowe se broer, was nege jaar lank getroud en in di\u00e9 tyd het sy beroemd en suksesvol geword terwyl sy loopbaan vasgesteek het. Kort n\u00e1 die aankondiging van hul egskeiding, is sy gereeld aan die sy van haar agent, John Campisi, gesien.<\/p>\n<p>Ons het by die Four Seasons Hotel in Beverly Hills gesels oor haar fliek, <em>Amelia<\/em>, die rolprent oor Amelia Earhart, die eerste vrou wat oor die Atlantiese Oseaan gevlieg het en een van die glansvroue van die jare dertig. Richard Gere en Ewan McGregor speel teenoor haar as haar man en minnaar. Mira Nair is die regisseur.<\/p>\n<p><strong>Is jy \u2019n waaghals? <\/strong><br \/>\nJa, ek is avontuurlustig. Ek het al uit vliegtuie gespring &#8211; vryvalle gedoen, valskerm gespring &#8211; en ook rekspronge gedoen. Ek moes leer vlieg vir die fliek, iets wat ek nog altyd wou doen, en watter beter verskoning is daar as dat jy Amelia Earhart moet vertolk? Sulke dinge maak die lewe opwindend.<\/p>\n<p><strong>Kan jy al alleen vlieg?<\/strong><br \/>\nOm jou vlieglisensie te kry moet jy alleen vlieg, maar die fliek se versekeringspolis het bepaal dat ek nie alleen mag vlieg nie. Hulle het nie gedink dit sal goed wees as ek op krukke op stel opdaag nie! Ek wil wel die kursus voltooi.<\/p>\n<p><strong>Wat het jy van jouself agtergekom in die vertolking van Amelia? <\/strong><br \/>\nOns het soveel dinge gemeen, soos dat ons albei avontuurlustig, waaghalsig en nuuskierig is. Ek was ge\u00efnspireer omdat sy nooit verskonings gemaak het oor hoe sy haar lewe lei nie, al was dit in die jare twintig en dertig heeltemal onaanvaarbaar vir \u2019n vrou om \u2019n man en \u2019n minnaar te h\u00ea. Dis selfs nou nog moeilik. Sy het my daaraan herinner dat die lewe kort is, dat jy die meeste daarvan moet maak en die pad moet stap wat jy weet reg vir jou is.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Amelia was onkonvensioneel. Deel jy haar siening oor die liefde? <\/strong><br \/>\nEk glo aan monogamie. Ek dink tog dis inspirerend dat sy haar lewe geleef het soos sy wou en nie verskoning gemaak het daarvoor nie. Dis ongewoon, in enige tydperk. Hoe maklik is dit regtig vir vroue om vandag te lewe soos hulle wil? In Amelia se tyd was dit net mans beskore om hul drome na te jaag. Nou probeer mense die pad stap wat reg is vir hulle, en dit geld mans ook. Maar dit gebeur dat jy een of ander tyd na jou lewe kyk en dink: dis my ouers se idee van my lewe, of dis my eggenoot se idee van my lewe, of my lewe draai net om my kinders en daar is nie meer plek vir my of my idees nie &#8230; Almal van ons het aanvanklik \u2019n idee van waar ons wil wees en hoe ons wil leef, maar iewers verloor ons koers. Gelukkig is dit moontlik om weer op daardie pad te kom &#8211; of ander mense nou dink dis reg vir ons of nie. Maar dis \u2019n uitdaging.<\/p>\n<p><strong>Hoe lyk jou perfekte dag?<\/strong><br \/>\nOp \u2019n perfekte dag kry ek die kans om te doen waarvan ek hou. As ek op \u2019n rolprentstel is, loop my hart oor van vreugde. Dis vir my \u2019n perfekte dag.<br \/>\n<strong><br \/>\nSal jy jou lewe waag om jou droom na te jaag? <\/strong><br \/>\nEk dink nie ek het al my lewe gewaag nie, maar toe ek <em>Million Dollar Baby<\/em> gemaak het, het ek \u2019n blaas onder my voet gehad wat my uiteindelik \u2019n stafilokokkus-infeksie gegee het. Ek was amper dood, maar toe dit gebeur, het ek nie gedink ek waag my lewe om \u2019n rolprent te maak nie. Toe ek moes leer vlieg vir Amelia, het ek vir myself ges\u00ea dat as ek nou moet doodgaan, sal ek soos Amelia gaan \u2013 terwyl ek iets doen waarvan ek regtig hou. Maar daar is beslis \u2019n perk. Ek sal nie \u2019n dwelmverslaafde word om een te kan speel nie.<\/p>\n<p><strong>Jy was lank getroud, en dit het gelyk of dit vir jou belangrik was. Sal jy weer trou? <\/strong><br \/>\nSoos Richard Gere in die fliek ges\u00ea het: \u201cOm jou lewe met iemand te deel, maak die lewe uitsonderlik.\u201d Dis ongelooflik as jy jou lewenspad met iemand kan deel wat jou verstaan en jy verstaan hom en julle groei saam en deel al die wonderlike oomblikke wat die lewe bied. Maar dis harde werk. Ek dink as albei bereid is om te werk en op dieselfde pad te bly, kan dit dalk werk \u2013 of nie. Dis deel van die uitdaging. Ek weet nie waarheen my verhouding my gaan neem nie. Ek lewe een dag op \u2019n slag. Ek hou van wat op die oomblik gebeur en hoop om eendag kinders te h\u00ea.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Waar kom jou waaghalsigheid vandaan? <\/strong><br \/>\nDis van kleins af daar. As kind was ek baie alleen en het my van sekere emosies losgemaak omdat ek daardie gevoelens nie wou ervaar nie. Ek het toe vasgestel dat as ek iets waaghalsigs doen, ek weer iets voel; dat ek weer lewe en nie los staan van alles nie. Ek dink dis waar dit begin het, en later het ek gewoond geraak daaraan.<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Ons het mekaar tien jaar gelede ontmoet nadat jy jou eerste Oscar gewen het vir <em>Boys Don\u2019t Cry<\/em>. Hoe het jou pad sedertdien verloop en wat is nou jou droom? <\/strong><br \/>\nEk kan nie glo dis al so lank gelede nie. Maar aan die ander kant kan \u2013 ek het in di\u00e9 dekade soveel wonderlike geleenthede gehad. Dit laat my baie nederig voel. Ek het gedink \u2019n rol soos di\u00e9 in <em>Boys Don\u2019t Cry<\/em> kom net een keer in \u2019n leeftyd, maar toe gebeur <em>Million Dollar Baby<\/em> en nog \u2019n Oscar vyf jaar later. En flieks soos <em>Freedom Writers<\/em> en <em>Amelia<\/em> is net so spesiaal. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede, dit laat my \u2019n bietjie rustiger voel, want ek is soms angsbevange dat daar nie nog goeie rolle is nie en dat ek nie reg sal laat geskied aan die uitdagende rolle wat ek hopelik nog sal kry nie. Maar dit beteken nie ek gaan nou op my louere rus nie. Ek wil steeds dinge doen wat my uitdaag en \u2019n bietjie bang maak. Ek wil aanhou om met rolprentmakers te werk wat my dieper wil neem.<\/p>\n<p><strong>Het jy foute? <\/strong><br \/>\nBaie. Ek kan die hele onderhoud aan my tekortkominge wy, want ek is net \u2019n mens. Maar ek dink jy moet uit jou foute en die foute wat jy maak, leer en groei. Ek probeer om nie by flaters van die verlede stil te staan nie, maar iets daaruit te leer en veral om nie weer dieselfde foute te maak nie. Dit help om jou vrese trompop te loop.<\/p>\n<p><strong>Sommige tonele van <em>Amelia<\/em> is in Suid- Afrika geskiet? <\/strong><br \/>\nJa, ons was amper drie weke lank in Suid- Afrika. Ons was ook in Toronto en Nieu- Skotland. Suid-Afrika was die perfekte plek om Amelia se gees vas te vang en hoekom sy so mal oor reis was. Ons was oral in Suid-Afrika en was letterlik elke dag op \u2019n vliegtuig op pad iewers heen. Die land is eintlik \u2019n karakter in die fliek, die lieflike uitsigte en lugfoto\u2019s van die land en see is \u2019n belangrike deel van die rolprent.<\/p>\n<p><strong>Is jy spaarsamig? <\/strong><br \/>\nEk is van nature en vanwe\u00eb my agtergrond \u2019n spaarsamige mens. Ek waardeer \u2019n goeie winskopie en afslag! (lag).<br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong><strong>Wie is jou helde? <\/strong><br \/>\nEerstens my ma. Sy is \u2019n uitsonderlike vrou. Sy het my in staat gestel om my drome na te jaag en my die moed gegee om nooit tou op te gooi nie. Sy het swaar gekry, maar gesorg dat ek kry wat ek nodig het. Ek is so dankbaar daarvoor. Van my vriende is ook vir my helde, al is hulle gewone mense wat niemand sal herken nie. Hulle herinner my gereeld aan die dinge wat werklik belangrik is. Ek dink dis belangrik om balans te vind en by mense te staan. Amelia het dikwels vir ander vroue opgekom, sy was veral ge\u00efnspireer deur hul sterk punte. Ek dink ons het hierdie eienskap verloor; vroue voel dikwels bedreig deur ander vroue se sterk punte. Die lewe is moeilik genoeg, en nog moeiliker as jy \u2019n vrou is. Daarom is dit belangrik om rolmodelle en goeie vriende te h\u00ea wat in jou glo.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kleintyd was daar nie sprake van glans en swier in Hilary Swank se lewe nie. Di\u00e9 meisie uit die staat Washington het in \u2019n woonwapark grootgeword en toe haar ma, Judy, afsit Los Angeles toe, het ma en dogter noodgedwonge [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3408","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hilary Swank: Aanhouer wen | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hilary Swank: Aanhouer wen | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kleintyd was daar nie sprake van glans en swier in Hilary Swank se lewe nie. Di\u00e9 meisie uit die staat Washington het in \u2019n woonwapark grootgeword en toe haar ma, Judy, afsit Los Angeles toe, het ma en dogter noodgedwonge [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-05-07T07:42:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:26:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Hilary Swank: Aanhouer wen\",\"datePublished\":\"2010-05-07T07:42:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:57+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/\"},\"wordCount\":1561,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/\",\"name\":\"Hilary Swank: Aanhouer wen | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2010-05-07T07:42:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:26:57+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hilary-swank-aanhouer-wen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hilary Swank: Aanhouer wen\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hilary Swank: Aanhouer wen | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hilary Swank: Aanhouer wen | rooi rose","og_description":"Kleintyd was daar nie sprake van glans en swier in Hilary Swank se lewe nie. Di\u00e9 meisie uit die staat Washington het in \u2019n woonwapark grootgeword en toe haar ma, Judy, afsit Los Angeles toe, het ma en dogter noodgedwonge [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-05-07T07:42:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:26:57+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Hilary Swank: Aanhouer wen","datePublished":"2010-05-07T07:42:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:57+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/"},"wordCount":1561,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/","name":"Hilary Swank: Aanhouer wen | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2010-05-07T07:42:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:26:57+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hilary-swank-aanhouer-wen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hilary Swank: Aanhouer wen"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3408","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3408"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3408\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3408"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3408"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3408"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}