{"id":3404,"date":"2010-04-07T08:26:00","date_gmt":"2010-04-07T06:26:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/kosmetiese-chirurgie-waar\/"},"modified":"2016-07-25T13:59:19","modified_gmt":"2016-07-25T11:59:19","slug":"kosmetiese-chirurgie-daar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/","title":{"rendered":"Kosmetiese chirurgie &#8220;daar&#8221;?"},"content":{"rendered":"<p>Dr. Nerina Wilkinson van Kaapstad doen al die afgelope tien jaar vulvaverkleining (<em>labiaplasty<\/em>) waar die binneste velvou van die vroulike geslagsdeel verklein word. \u201cAanvanklik was dit die uitsondering dat vroue vir so iets gevra het, maar die laaste paar jaar kry ek ongeveer honderd versoeke per jaar waarvan ek ongeveer vyftig goedkeur vir die prosedure.\u201d<\/p>\n<p>As jy na jou asem snak en wonder of jy die enigste vroulike wese is wat nog nooit oor die voorkoms van jou geslagsdele gewonder het nie, het jy nog nie\u00a0vir Dr. Gary Alter en kollegas van die realiteits-TVreeks, Dr. 90210, gesien nie. Daar kan jy op die groot skerm sien (die beeld word darem verdof sodat niks onbehoorliks wys nie) hoe dames vet aan hul geslagsdele laat uitsuig, deeltjies wat te lank is, verkort, en slap plekkies regtrek. Ongehoord? Nee wat, s\u00ea Dr. Paul Skoll, plastiese chirurg van Kaapstad, wat al self sestig prosedures op sy kerfstok het.<\/p>\n<p>\u201cAs dit aanvaarbaar is om \u2019n groot funksionele neus te verruil vir \u2019n kleiner pikante model, is daar geen rede waarom vroue nie aan hul geslagsdele mag verander nie. Dis nie hoogheilig en onaantasbaar nie. \u2019n Kosmetiese chirurg is nie daar om iets wat abnormaal is te verander in iets wat normaal is nie. Eerder om \u2019n liggaamsdeel te verander na iets waarmee die pasi\u00ebnt gemaklik voel.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Skoll s\u00ea mense het \u2019n verwronge opvatting van perfeksie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is nie iets soos normale of abnormale labia nie. Maar kandidate vir vulvaverkleining voel dat die binneste labia nie by die buitenste labia moet verbysteek nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoewel van sy pai\u00ebnte \u2019n funksionele oorweging het (soos perderuiters of fietsryers wat ongemak ervaar), doen die meeste vroue dit om kosmetiese redes. En die terugvoering? \u201cAlmal is soveel gelukkiger agterna.\u201d Daar is ook heelwat vroue wat kla dat verlengde labia in die pad kom tydens gemeenskap.<\/p>\n<p>Sy pasi\u00ebnte se ouderdomme wissel van 14 tot 62 en volgens hom is di\u00e9 vroue as \u2019n groep niks anders as die deursnit vrou nie.<\/p>\n<p>\u201cDis nie ontkleedanseresse en pornografiese modelle nie.\u201d Hy het ook nog nooit \u2019n pasi\u00ebnt gehad wat hierdie prosedure aangevra het met die hoop dat dit seksuele plesier sal vergroot nie. Tog het kosmetiese chirurgie tot gevolg dat mense beter oor hulself voel, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cKosmetiese chirurgie is chirurgie vir die siel. As \u2019n vrou selfbewus is oor haar geslagsdele kan dit vrymoedigheid en plesier tydens seks be\u00efnvloed.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cMy jongste pasient van 14 was \u2019n verwysing van \u2019n ginekoloog omdat sy groot ongemak verduur het as sy perdry. Dit was pynlik en sy het by haar ginekoloog om hulp aangeklop. Haar labia was effens vergroot, maar niks abnormaal nie. N\u00e1 die verkleining is sy baie gelukkig en het geen ongemak meer nie.\u201d Tog is funksionele oorwegings in die minderheid (volgens \u2019n studie, so 26%) en is dit eerder om kosmetiese redes dat 87% vir vulvaverkleining vra. \u201cMoet dit asseblief nie met skending van die geslagsdele (<em>genital mutilation<\/em>) verwar nie, maan Dr. Skoll. \u201cDit word nie gedoen om seksualiteit te verhoog nie en het niks met erotika te doen nie.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Nerina Wilkinson is verbaas oor die groot hoeveelheid jong meisies wat toustaan vir \u2019n vulvaverkleining. \u201cDit het \u2019n mode-chirurgie geword en ek waarsku altyd dat die voorbeelde wat mense in pornografiese films of -tydskrifte sien, verwronge beelde is wat baie keer digitaal verander word en dus nie normaal is nie.\u201d Haar pasi\u00ebnte wissel hoofsaaklik in ouderdom tussen twintig en veertig met \u2019n groter groep in die twintigs. \u201cHoewel daar hier en daar \u2019n pasi\u00ebnt is wat wel \u2019n funksionele probleem het, is dit\u00a0 meestal vir kosmetiese redes.\u201d Sy glo dat soos daar geen mediese rede is om jou borste te vergroot nie, maar dit \u2019n vrou se lewe positief kan verander, geld dieselfde vir plastiese chirurgie aan die geslagsdele.<\/p>\n<p>Buiten vulvaverkleining doen sy ook prosedures waar vet wat elders uit die liggaam gesuig is, gebruik word om van die geslagsdele soos die labia majora (die buitenste velvou) voller te maak of vetuitsuiging uit die mons pubis (die heuweltjie op jou skaambeen) as dit te prominent in swemklere vertoon. Soos met enige operasie is daar risiko\u2019s, s\u00ea Dr. Wilkinson. Dit word meestal onder lokale verdowing in \u2019n dagkliniek gedoen en gewoonlik herstel pasi\u00ebnte vinnig met byna geen littekenvorming nie. Tog kan dit gebeur dat pasi\u00ebnte oormatige littekenweefsel vorm en agterna pyn tydens gemeenskap kan h\u00ea. Sy vertel van \u2019n pasi\u00ebnt wat n\u00e1 \u2019n jaar teruggekom het en gekla het van pyn hoewel daar o\u00ebnskynlik geen rede daarvoor was nie. Sulke pyn kan ook sielkundig van aard wees.<\/p>\n<p>\u201cDis egter die uitsondering en die meeste pasi\u00ebnte s\u00ea dis die beste besluit wat hulle nog geneem het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Risiko&#8217;s<\/h4>\n<p>Vroue wonder dikwels\u00a0of \u2019n vulvaverkleining sensitiwiteit in die labia kan benadeel. Volgens Dr. Skoll is daar geen groot senuwees in die labia nie, maar dis nie onmoontlik dat dinge kan skeefloop nie.<\/p>\n<p>\u201cHoewel daar verskeie tegnieke is vir vulvaverkleining berus dit eerder op die vaardigheid van die individu as die tegniek. As dit reg gedoen word, behoort daar geen verlies aan sensitiwiteit te wees nie. Die probleem ontstaan soms waar die labia getrek word en \u2019n deel afgeny word. Dan kan dit gebeur dat ander onderliggende weefsel ook verwyder word of dat die hele rangskikking van die geslagsdeel verander word tot nadeel van sensualiteit.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea die ginekoloog?<\/h4>\n<p>\u2019n Vroulike ginekoloog\u00a0in Johannesburg, wat anoniem wil bly om haar pasi\u00ebnte te beskerm, reken dat hoewel dit modechirurgie geword het, dat dit tog nodig is, al is dit by \u2019n klein minderheid. Sy behandel \u2019n vyfkampatleet wat daagliks \u2019n paar uur op \u2019n fiets deurbring. Die atleet het verlengde labia wat n\u00e1 \u2019n dag in die saal rooi en seer is. Sy sukkel ook met chroniese ontstekings van die sebumkliertjies weens die konstante wrywing. Hoewel die ginekoloog al verskeie verto\u00eb aan haar mediese fonds gerig het vir befondsing, weier die mediese fonds op die gronde dat dit kosmeties is. Sy het ook \u2019n pasi\u00ebnt gehad met sulke verlengde labia dat dit geneig was om by haar swembroek uit te hang. \u201cEk het dit in \u2019n suksesvolle operasie verkort.\u201d Tog pla verlengde labia nie vir almal nie. \u201cHeelparty van my pasi\u00ebnte het effens verlengde labia, maar die meeste van hulle het geen probleem daarmee nie. Daar\u2019s ook kulture soos die Basothos, waar jong meisies vroe\u00ebr hul labia gerek het om hul seksuele aantreklikheid te verhoog.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>En die seksoloog?<\/h4>\n<p>Ren\u00e9 Raff is \u2019n seksoloog\u00a0in Kaapstad en het \u2019n baie sterk standpunt oor vulvaverkleining en enige verwante chirurgie aan geslagsdele. Sy is wel \u2019n groot voorstander van plastiese chirurgie as daar \u2019n werklike funksionele behoefte, \u2019n geboortedefek of trauma aan die geslagsdele is.<\/p>\n<p>\u201cWie weet hoe perfekte labia moet lyk? Seksualiteit het nie met grootte en voorkoms te doen nie en jy gaan nie \u2019n seksuele verhouding met chirurgie red nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy glo die samelewing het \u2019n obsessie oor estetika ontwikkel, wat mense ontoereikend oor hulself kan laat voel, en die media en realiteits-TV het \u2019n groot aandeel in di\u00e9 misplaasde fokus. Sy voel dat \u2019n behoefte kunsmatig geskep word.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dis baie hartseer. Dis gewoonlik mense met \u2019n selfbeeldprobleem en hulle blameer foute in hul voorkoms, wat nie eens daar is nie, vir hul lae selfbeeld. Boonop raak mense verslaaf aan plastiese chirurgie en vind altyd iets nuuts wat hulle wil verander.\u201d<\/p>\n<p>Ren\u00e9 voel mense moet minder op seks fokus en eerder op hul persoonlikheid binne \u2019n verhouding staatmaak. \u201cMense gaan van jou hou vir wie jy is en nie vir die grootte of voorkoms van jou labia nie. Di\u00e9 soort gedrag by jonger mense dui op \u2019n ontevredenheid met hulself en kan tot ander verwronge persepsies oor hul voorkoms lei. Berading gaan van meer hulp as plastiese chirurgie wees.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vernuwing \u00eds moontlik?<\/h4>\n<p>Dr. Julian Bassin\u00a0is die enigste dokter in Suid-Afrika wat vaginale vernuwing met laser (<em>laser vaginal rejuvenation<\/em>) doen en het sedert 2007 al honderd prosedures gedoen. \u201cEk kry daagliks navrae, maar omdat die prosedure ongeveer R30 000 kos en nie deur mediese fondse gedek word nie, kan min mense dit bekostig. Die meeste kandidate is vroue tussen twintig en veertig jaar wat n\u00e1 kindergeboortes voel dat hul vagina verslap het en dat daar \u2019n afname aan seksuele plesier is.\u201d<\/p>\n<p>Tydens die prosedure word van die oortollige binnewand van die vagina deur \u2019n snit met \u2019n laser verwyder en dan weer met steke geheg. (Soortgelyk aan \u2019n pylnaat). \u201cDie laser gee \u2019n meer presiese snit met minimale bloeding en het \u2019n vinniger hersteltyd.\u201d Die onderliggende verslapte spiere word ook stywer gemaak en as daar \u2019n prolaps (uitsakking) van organe soos die blaas is, word dit ook reggemaak. Dit help ook om stresinkontinensie (waar jy nie jou urine kan keer as jy lag of hoes nie) te korrigeer. Die prosedure kan met \u2019n epiduraal gedoen word, maar die meeste mense verkies \u2019n algemene narkose en pasi\u00ebnte slaap minstens een nag in die hospitaal oor. Hoewel daar altyd risiko\u2019s aan enige operasie verbonde is, het sy pasi\u00ebnte nog geen komplikasies, buiten ligte infeksies, gehad nie. \u201cDie area herstel gewoonlik baie vinnig omdat daar goeie bloedtoevoer is. Ek s\u00ea ook altyd vir pasi\u00ebnte dat ons eerder konserwatief moet wees as om te veel te verwyder.\u201d<\/p>\n<p>Pasi\u00ebnte is vol lof vir die prosedure en voel dat dit hulle selfvertroue gee. \u2019n Pasi\u00ebnt in haar dertigs wat vaginalevernuwing en \u2019n vulvaverkleining gehad het, skryf in \u2019n e-pos aan Dr. Bassin:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cHoewel ek aanvanklik dalk negatief oor die resultate gevoel het, is ek nou, 6\u00a0maande later, in ekstase daaroor. Ek het nou selfvertroue en my sekslewe is wonderlik.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is dit presies?<\/h4>\n<p>Vulvaverkleining (<em>Labiaplasty<\/em>) is van die gewildste chirurgie aan die vroulike geslagsdele. Labia beteken lippe in Latyn en vroue het \u2019n labia majora (dis die buitenste velvoue of \u201clippe\u201d van die vroulike geslagsdele) en labia minora. Die binneste velvou (die labia minora) is die deel wat tydens so \u2019n operasie verklein word. Dit kan gedoen word deur die oortollige deel af te sny of anders kan \u2019n gedeelte in die vorm van \u2019n wig verwyder word terwyl die kante behou word.<\/p>\n<p>\u201cDie tegniek word deur die probleem bepaal,\u201d s\u00ea Dr. Wilkinson. Daar\u2019s uiteenlopende redes waarom vroue so \u2019n operasie wil laat doen. In een groot studie is bevind dat 87% dit om kosmetiese redes doen, 84% het ges\u00ea styfpassende klere skep \u2019n verleentheid, 62% dat dit probleme met intimiteit veroorsaak, 47% dat dit irritasies en probleme met higi\u00ebne skep en 26% het pyn tydens sport soos perdry en fietsry ervaar word. Die prosedure word onder plaaslike verdowing by \u2019n dagkliniek gedoen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir meer inligting: Dr. Julian Bassin |\u00a0<a href=\"http:\/\/www.plastic-surgery.co.za\/\" target=\"_blank\">Dr. Nerina Wilkinson<\/a> |\u00a0<a href=\"http:\/\/www.plasticsurgeon.co.za\" target=\"_blank\">Dr. Paul Skoll<\/a>\u00a0\u0001<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens onlangse marknavorsing (onder 2 395 vroue) deur Schick Suid-Afrika oor die versorging van jou bikini-area, verkies 45% van vroue die \u2018Brasiliaan\u2019 (waar \u2019n deel van die bikini-area onthaar word), 22% die \u2018Hollywood\u2019 (waar alles onthaar word), 17% die natuurlike voorkoms en 16% \u2019n netjiese driehoekie. Met hierdie nuwe fokus op voorkoms is dit seker nie verrassend dat meer en meer vroue vir kosmetiese chirugie aan hul geslagsdele vra nie. <\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55324,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[5507,5508,5497,5498,5499,5500,5501,5502,5503,5504,5505,5506],"class_list":["post-3404","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-labia-majora","tag-labia-minora","tag-kosmetiese-chirurgie","tag-geslagsdele","tag-bikini-area","tag-vulvaverkleining","tag-modechirurgie","tag-labia","tag-chroniese-ontstekings","tag-ginekoloog","tag-seksoloog","tag-stresinkontinensie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kosmetiese chirurgie &quot;daar&quot;? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kosmetiese chirurgie &quot;daar&quot;? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Volgens onlangse marknavorsing (onder 2 395 vroue) deur Schick Suid-Afrika oor die versorging van jou bikini-area, verkies 45% van vroue die \u2018Brasiliaan\u2019 (waar \u2019n deel van die bikini-area onthaar word), 22% die \u2018Hollywood\u2019 (waar alles onthaar word), 17% die natuurlike voorkoms en 16% \u2019n netjiese driehoekie. Met hierdie nuwe fokus op voorkoms is dit seker nie verrassend dat meer en meer vroue vir kosmetiese chirugie aan hul geslagsdele vra nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-04-07T06:26:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-25T11:59:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/Pienk-bikini.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Kosmetiese chirurgie &#8220;daar&#8221;?\",\"datePublished\":\"2010-04-07T06:26:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-25T11:59:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/\"},\"wordCount\":1791,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/04\\\/Pienk-bikini.jpg\",\"keywords\":[\"labia majora\",\"labia minora\",\"kosmetiese chirurgie\",\"geslagsdele\",\"bikini-area\",\"vulvaverkleining\",\"modechirurgie\",\"labia\",\"chroniese ontstekings\",\"ginekoloog\",\"seksoloog\",\"stresinkontinensie\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/\",\"name\":\"Kosmetiese chirurgie \\\"daar\\\"? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/04\\\/Pienk-bikini.jpg\",\"datePublished\":\"2010-04-07T06:26:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-25T11:59:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/04\\\/Pienk-bikini.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2010\\\/04\\\/Pienk-bikini.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kosmetiese-chirurgie-daar\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kosmetiese chirurgie &#8220;daar&#8221;?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kosmetiese chirurgie \"daar\"? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kosmetiese chirurgie \"daar\"? | rooi rose","og_description":"Volgens onlangse marknavorsing (onder 2 395 vroue) deur Schick Suid-Afrika oor die versorging van jou bikini-area, verkies 45% van vroue die \u2018Brasiliaan\u2019 (waar \u2019n deel van die bikini-area onthaar word), 22% die \u2018Hollywood\u2019 (waar alles onthaar word), 17% die natuurlike voorkoms en 16% \u2019n netjiese driehoekie. Met hierdie nuwe fokus op voorkoms is dit seker nie verrassend dat meer en meer vroue vir kosmetiese chirugie aan hul geslagsdele vra nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-04-07T06:26:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-25T11:59:19+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/Pienk-bikini.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Kosmetiese chirurgie &#8220;daar&#8221;?","datePublished":"2010-04-07T06:26:00+00:00","dateModified":"2016-07-25T11:59:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/"},"wordCount":1791,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/Pienk-bikini.jpg","keywords":["labia majora","labia minora","kosmetiese chirurgie","geslagsdele","bikini-area","vulvaverkleining","modechirurgie","labia","chroniese ontstekings","ginekoloog","seksoloog","stresinkontinensie"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/","name":"Kosmetiese chirurgie \"daar\"? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/Pienk-bikini.jpg","datePublished":"2010-04-07T06:26:00+00:00","dateModified":"2016-07-25T11:59:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/Pienk-bikini.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2010\/04\/Pienk-bikini.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kosmetiese-chirurgie-daar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kosmetiese chirurgie &#8220;daar&#8221;?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3404","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3404"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3404\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55324"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3404"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3404"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3404"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}