{"id":3396,"date":"2015-08-20T00:05:00","date_gmt":"2015-08-19T22:05:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/70-x-70-keer\/"},"modified":"2016-03-02T15:28:38","modified_gmt":"2016-03-02T13:28:38","slug":"70-x-70-keer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/","title":{"rendered":"70 x 70 keer"},"content":{"rendered":"<p>Moet my nie met Liewe Jesus verwar nie. Ek vergewe nie,\u201d het die sanger Steve Hofmeyr glo ges\u00ea nadat hy \u2019n koppie tee in die redakteur van <em>Huisgenoot <\/em>se gesig gegooi het. N\u00f3g \u2019n bekende wat klaarblyklik worstel met vergifnis, is Mogamat Ladien Petersen, pa van die vermoorde kunstenaar Taliep Petersen. Petersen snr. het dit in \u2019n onderhoud duidelik gemaak dat hy n\u00f3\u00f3it vir Najwa (Taliep se vrou, wat skuldig bevind en gevonnis is weens sy dood) sal vergewe,nie. \u201cGod vergewe \u2019n mens, maar nie ek vir haar nie. N\u00eawwer,\u201d het hy glo ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die <strong>Ou-Testamentiese beginsel<\/strong> van \u201c\u2019n oog vir \u2019n oog en \u2019n tand vir \u2019n tand\u201d is baie keer die reaksie van iemand wat te na gekom is. Ons soek vergelding; dat iemand sal boet vir wat hulle aan ons gedoen het; ons wil hulle \u201cterugkry\u201d, of ten minste darem h\u00ea dat \u201cdie wiel vir hulle sal draai\u201d. Maar s\u00f3 \u2019n gesindheid kan lei tot gevoelens van haat, woede en bitterheid, wat mettertyd s\u00f3 deel van jou lewe kan word dat dit jou hele persoonlikheid verander.<\/p>\n<p><strong>JOHAN MARAIS (41)*<\/strong> se enigste seun is in 2004 in \u2019n motorongeluk dood. Die bestuurder van die ander voertuig is in hegtenis geneem en van \u2019n rits oortredings aangekla. Johan was kort n\u00e1 die ongeluk op die toneel en het le\u00eb drankbottels in die ander voertuig gesien. Hy het ook gesien hoe die\u00a0polisie dagga as bewysstuk uit die voertuig haal. Die bestuurder van di\u00e9 voertuig was volgens Johan duidelik besope. Twee jaar later het die man &#8211; n\u00e1 \u2019n uitgerekte hofprosedure &#8211; skotvry daarvan afgekom. Sy regspan het die saak op \u2019n tegniese punt gewen.<\/p>\n<p>Johan se haat vir die beskuldigde en sy regspan, en sy bitterheid jeens die regstelsel wat hy voel hom gefaal het, oorheers die afgelope vyf jaar sy lewe.<\/p>\n<p>\u201cDie dronklap het my kind vermoor. Ek sal nooit sy arrogante glimlag na my kant toe vergeet toe die regter hom vrygespreek het nie. Ek l\u00ea snags wakker en wens iets verskrikliks moet met hom of met sy advokaat, of hul kinders gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Die hofsaak &#8211; en Johan se daaropvolgende pogings om teen die uitspraak te appelleer, en ook om van die polisielede wat met die saak gewerk het, te laat vervolg &#8211; het hom finansieel verarm. Sy huwelik is aan die wankel en sy gesondheid ook. Uiteindelik het hy by \u2019n Christelike berader beland.<\/p>\n<p>\u201cSy wil h\u00ea ek moet die vergifnis-ding doen, maar ek kan nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is vergifnis?<\/h4>\n<p>Kortliks beteken dit dat die Bybelse opdrag van \u201csewentig maal sewe keer\u201d (Matt 18:21-22) nie noodwendig verwys na h\u00f3\u00e9veel keer jy moet vergewe nie, maar eerder: vergewe totdat jy heeltemal vergewe het.<\/p>\n<p>Die geestelike skrywer <strong>Solly Ozrovech <\/strong>het dit so mooi gestel toe hy s\u00ea:<\/p>\n<p><em>\u201cOm iemand te vergewe wat jou leed aangedoen het, is om die krag van sy venyn te verbreek.\u201d <\/em><\/p>\n<p>In William P. Young se topverkoper <strong><em>The Shack<\/em><\/strong> worstel die hoofkarakter ook met sy gevoelens teenoor die man wat sy dogtertjie ontvoer, onsedelik aangerand en vermoor het. In een toneel stel die God-karakter dit baie treffend:<\/p>\n<p><em>\u201cForgiveness is not about forgetting, Mack. It is about letting go of another person\u2019s throat.\u201d<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is vergifnis ni\u00e9?<\/h4>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong>Voor jy kan begin om vergifnis te verstaan, is daar \u2019n paar dinge wat ons moet weet wat vergifnis ni\u00e9 (noodwendig) is nie, s\u00ea Ray Pritchard, skrywer van talle geestelike boeke. Dit is dikwels hierdie wanopvattings oor vergifnis wat maak dat mense s\u00ea dis vir hulle onmoontlik om te vergewe, s\u00ea hy.<\/p>\n<p><strong>Dit beteken ni\u00e9<\/strong><br \/>\n-om goed te keur wat iemand anders gedoen het nie<br \/>\n-om voor te gee dat die kwaad nooit gebeur het nie<br \/>\n-om verskonings te maak vir ander mense se slegte gedrag nie<br \/>\n-om die kwaad te regverdig sodat sondeop die een of ander manier minder sondig word nie<br \/>\n-om mishandeling oor die hoof te sien nie<br \/>\n-om te ontken dat ander probeer het om jou weer en weer seer te maak nie<br \/>\n-om te weier om \u2019n klag te l\u00ea wanneer \u2019n misdaad gepleeg is nie<br \/>\n-om te vergeet van die onreg wat gepleeg is nie<br \/>\n-om voor te gee dat jy nie seergemaak is nie<br \/>\n-dat julle weer vriende moet word nie<br \/>\n-dat daar \u2019n algehele versoening moet plaasvind asof niks ooit gebeur het nie<br \/>\n-dat jy vir die persoon moet s\u00ea dat jy hom of haar vergewe het nie<br \/>\n-dat al die negatiewe gevolge van sonde gekanselleer word nie<br \/>\n-dat jy die verhouding moet herstel tot wat dit voorheen was nie<\/p>\n<p><strong>KAREN JONKER*<\/strong> is \u2019n goedversorgde vrou in haar veertigerjare. Sy, haar man en twee kinders woon op \u2019n plattelandse dorpie. Hulle het \u2019n groot vriendekring gehad. Haar man het \u2019n goeie werk gehad en hulle het \u2019n taamlik weelderige lewe gelei. Twee jaar gelede het haar man \u2019n groot saketransaksie met \u2019n ander sakeman &#8211; wat ok deel van hul vriendekring was &#8211; beklink.<\/p>\n<p>Skaars \u2019n paar weke later het hulle agtergekom dat di\u00e9 man hulle net gebruik het om hom uit \u2019n geldelike verknorsing tered. Karen-hulle het alles verloor. Hul \u201cvriend\u201d is kastig gelikwideer, maar hy het sy besittings versprei sodat niemand \u2019n hand daarop kon l\u00ea nie. Hy woon steeds in sy groot huis, ry in sy luuksemotors en doen flink sake op die dorp. Boonop het hy en sy vrou die situasie omgedraai en vertel nou dat Karen se man \u2019n \u201cdom sakebrein\u201d het en dat dit sy verdiende loon is omdat hulle \u201cskelm\u201d wou wees.<\/p>\n<p>\u201cSoms sit ek in my motor voor die Spar en ek weet nie hoe ek hier gaan uitklim en mense in die o\u00eb gaan kyk nie,\u201d s\u00ea Karen.<\/p>\n<p>\u201cOns het geen sosiale lewe nie, want oral waar ons kom, loop ek in Tony* of sy vrou of hul vriende vas. Ons word uit die hoogte aangekyk en dit laat ons net weer al die seerkry en vernedering van voor af beleef.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ek wil maar ek kan nie<\/h4>\n<p>Opregte berou van die ander party (in woord \u00e9n in daad) is in baie gevalle die een enkele faktor wat die stap tot vergifnis baie vergemaklik, s\u00ea die kenners. Aan die ander kant kan \u2019n onwilligheid om berou te toon \u2019n groot struikelblok in die pad van vergifnis plaas. As die \u201coortreder\u201d boonop steeds op \u2019n hooghartige of uittartende wyse optree, voortgaan om dieselfde aan ander mense te doen, of lyk asof hulle van krag tot krag gaan, kan dit tot onherstelbare skade lei en groot bitterheid tot gevolg h\u00ea.<\/p>\n<p>Christene wat kies om te vergewe, het soms die beste voornemens totdat hulle weer deur die \u201coortreder\u201d se teenwoordigheid gekonfronteer word, of totdat \u2019n struikelblok &#8211; wat direk of indirek met die voorval verband hou &#8211; opduik.<\/p>\n<p>Joyce Meyer, bekende prediker en skrywer van geestelike boeke, s\u00ea jy kan al die regte besluite neem, maar vir lank steeds nie baie anders \u201cvoel\u201d teenoor die ander persoon nie. Maar dis hier waar jou geloof jou deurdra. Jy het jou deel gedoen, en nou wag jy op God om sy deel te doen: naamlik om jou seerkry te heel. Slegs God het die krag om jou gevoelens teenoor die ander persoon te verander &#8211; nie jy of \u2019n wilsbesluit wat jy op eie stoom geneem het nie. Maar dit neem tyd!<\/p>\n<p>Een van die eerste stappe om te doen, is om <strong>doelbewus <\/strong>op te hou tob oor die onreg wat jou aangedoen is en die pyn en lyding wat dit veroorsaak het. \u2019n Mens k\u00e1n <strong>kies <\/strong>om nie meer heeltyd in jou gedagtes dit wat jou aangedoen is, te bly herhaal nie. Dit is nie maklik nie, maar ook nie onmoontlik nie. \u201cDit gaan nie oor vergeet nie, maar oor \u2019n sinvolle manier van onthou &#8211; onthou met die oog op herstel, op nuwe lewe,\u201d s\u00ea geestelike skrywer Johan Smit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maar h\u00f3\u00e9?<\/h4>\n<p>Kenners is dit eens dat vergifnis \u2019n <strong>leefwyse <\/strong>moet word. Dit is nie iets wat sommer net eenmalig, byvoorbeeld in \u2019n ritueel, afgehandel kan word nie. Elke keer wanneer jy deur haat, bitterheid of selfbejammering oorval word, moet jy opnuut bely dat jy wil vergewe. Meyer gaan selfs so ver om te s\u00ea dat jy diegene moet se\u00ebn wat jou kwaad aangedoen het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Praktiese raad<\/h4>\n<p>Pritchard gee di\u00e9 raad:<\/p>\n<p>-Groet jou vyande eerder as om hulle te vermy. Jy ontwapen hulle deur te doen wat hulle die minste verwag.<br \/>\n-Doen goed aan jou vyand. Dit beteken om verby jou pyn en hul gemeenheid te kyk en hul menslikheid raak te sien; om te verstaan dat daar iets binne hulle verdraai is wat veroorsaak dat hulle doen wat hulle doen. Om goed te doen, beteken om dinge te doen wat hul genesing sal bevorder.<br \/>\n&#8211;\u00a0Weier om kwaad te praat van jou vyande. Solank ons aanhou praat oor hoe ander ons seergemaak het, sal ons nooit die krag kry om te vergewe nie.<br \/>\n-Dank God vir jou vyande. Jou vyand kan jou nie treiter sonder God se toestemming nie. Agter jou vyand staan die hand van God. En Hy sal dit nooit toelaat as Hy nie bedoel het om iets goeds uit die situasie te laat voortkom nie.<br \/>\n-Bid vir jou vyande. Vra God om hulle te se\u00ebn. Vra dieselfde se\u00ebn vir hulle as wat jy wil h\u00ea God moet vir jou doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vangplekke<\/h4>\n<p>Moet tog nie aan vergifnis dink as \u2019n eie prestasie nie, waarsku Smit, anders is jy besig met \u201c\u2019n stukkie skynheilige toneelspel\u201d.<\/p>\n<p>Wanneer die ander party se oortreding aan jou \u2019n soort geborgenheid besorg,\u00a0\u2019n gevoel van ek-is-beter-as-hy-want-ek-het- nie-aangevang-wat-hy-aangevang-het-nie, moet jy eerlik besin oor die motief vir jou sogenaamde \u201cvergifnis\u201d. Talle Christene wat uit hul slegte ondervindings \u2019n verdieping in hul geloof ondergaan het, verkies deesdae om openbare getuienisse te lewer oor die onreg wat hulle aangedoen is en hoe hulle dit met die hulp van God verwerk het. In hul getuienisse in die media, van die verho\u00eb af en teenoor ander mense, warm hulle keer op keer die \u201cskuldige party\u201d se oortredings van voor af op. Hulle predik vergifnis, maar is uitstekende boekhouers van die kwaad.<\/p>\n<p>Watter kans het hierdie \u201coortreder\u201d &#8211; wat dalk diepe berou het oor wat hy of sy gedoen het &#8211; om werklik die gebeurtenis agter die rug te sit? Die een wat vergeef het, maak seker dat niemand vergeet presies w\u00e1tter onreg die ander party gepleeg het nie. Hier kan \u2019n mens nie anders as om na oudpresident Nelson Mandela se voorbeeld te verwys nie. Hy het nooit nodig gehad om van verho\u00eb af in detail te verkondig presies w\u00e1tter dade hy die vorige regering vergeef nie. Hy hoef nie detail te gee of mense of gebeure herhaaldelik by name te noem nie. Hy het vergewe. En die manier hoe hy dit doen, het hom byna tot \u2019n heilige op die gebied van vergifnis verhef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nie op eie houtjie nie<\/h4>\n<p>Moenie vergifnis alleen probeer aanpak nie,\u201d s\u00ea Smit. \u201cJy gaan misluk. Bybelse vergifnis is menslik onmoontlik.\u201d Maar God k\u00e1n. En saam met Hom kan jy ook. Om te vergewe is dalk net die kronkelpaadjie wat jou uit daardie slegte plek waar jy beland het, kan lei. Dis nie \u2019n maklike pad nie &#8211; dis in Pritchard se woorde \u201c\u2019n hoofweg waarlangs jy elke liewe dag stap. Maar daar is vryheid en genesing en heelheid vir i\u00e9 wat dit waag om die reis aan te pak\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moet my nie met Liewe Jesus verwar nie. Ek vergewe nie,\u201d het die sanger Steve Hofmeyr glo ges\u00ea nadat hy \u2019n koppie tee in die redakteur van Huisgenoot se gesig gegooi het. N\u00f3g \u2019n bekende wat klaarblyklik worstel met vergifnis, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":42937,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[234,235,236,237,238],"class_list":["post-3396","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-vergewe","tag-vergifnis","tag-opdrag","tag-heelword","tag-vergeet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>70 x 70 keer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"70 x 70 keer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moet my nie met Liewe Jesus verwar nie. Ek vergewe nie,\u201d het die sanger Steve Hofmeyr glo ges\u00ea nadat hy \u2019n koppie tee in die redakteur van Huisgenoot se gesig gegooi het. N\u00f3g \u2019n bekende wat klaarblyklik worstel met vergifnis, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-08-19T22:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-02T13:28:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra2012102311282.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"70 x 70 keer\",\"datePublished\":\"2015-08-19T22:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T13:28:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/\"},\"wordCount\":1901,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra2012102311282.jpg\",\"keywords\":[\"vergewe\",\"vergifnis\",\"opdrag\",\"heelword\",\"vergeet\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/\",\"name\":\"70 x 70 keer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra2012102311282.jpg\",\"datePublished\":\"2015-08-19T22:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T13:28:38+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra2012102311282.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/08\\\/rra2012102311282.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/70-x-70-keer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"70 x 70 keer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"70 x 70 keer | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"70 x 70 keer | rooi rose","og_description":"Moet my nie met Liewe Jesus verwar nie. Ek vergewe nie,\u201d het die sanger Steve Hofmeyr glo ges\u00ea nadat hy \u2019n koppie tee in die redakteur van Huisgenoot se gesig gegooi het. N\u00f3g \u2019n bekende wat klaarblyklik worstel met vergifnis, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-08-19T22:05:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-02T13:28:38+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra2012102311282.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"70 x 70 keer","datePublished":"2015-08-19T22:05:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T13:28:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/"},"wordCount":1901,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra2012102311282.jpg","keywords":["vergewe","vergifnis","opdrag","heelword","vergeet"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/","name":"70 x 70 keer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra2012102311282.jpg","datePublished":"2015-08-19T22:05:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T13:28:38+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra2012102311282.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/rra2012102311282.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/70-x-70-keer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"70 x 70 keer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3396","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3396"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3396\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/42937"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3396"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3396"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3396"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}