{"id":3393,"date":"2010-03-08T07:59:00","date_gmt":"2010-03-08T05:59:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/"},"modified":"2017-07-13T13:27:16","modified_gmt":"2017-07-13T11:27:16","slug":"michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/","title":{"rendered":"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol"},"content":{"rendered":"<p>In haar Sienna Miller-top en Jay Brand-broek lyk die onvergelyklike <strong>Michelle Pheiffer<\/strong> so jonk en ontspanne dat ek momenteel my selfvertroue verloor. Ons ontmoet mekaar in die Four Seasons Hotel in Beverly Hills, Kaliforni\u00eb. Sy is hier om oor haar fliek, Cheri, te gesels. Maar daardie aanvanklike supersterbeeld vervaag gou sodra haar humor, haar komiese selfkritiek en haar fokus op die kwessies waaroor elke ouer vrou vandag besorg is, na vore kom. As \u2019n werkende ma en \u2019n vrou gee sy \u2019n stem aan die werklikheid van ons almal se lewe en sy is nie skaam om haar eie beperkinge bloot te stel nie. As my vraag effens uitdagend is, draai sy haar pragtige gesig op daardie lang, elegante nek na jou toe, die ken effens vorentoe. Dan begin \u2019n glimlag om haar lippe speel en die lig dans in haar hemelblou o\u00eb op \u2019n manier wat jou laat voel of julle twee \u2019n spesiale geheim het. Sy giggel gereeld. Dis \u2019n geluidlose giggel wat binne begin en in een kort asemteug uitbars.<\/p>\n<p>Sy lyk \u2019n dekade jonger as wat sy is, maar nie op \u2019n intimiderende of kunsmatige manier nie. Haar gesigspiere beweeg nog &#8211; \u2019n seldsame verskynsel in Hollywood waar kosmetiese chirurgie die meeste sterre uitdrukkingloos gelaat het Michelle Pheiffer moes haar voet dwars sit om nie net vir \u2019n bepaalde soort rol gekies te word nadat sy in die lawwe <em>Grease Two<\/em> aandag getrek het nie. Maar n\u00e1 rolprente soos <em>Scarface, Dangerous Liaisons<\/em> en <em>The Fabulous Baker Boys<\/em> het haar skerp karakteruitbeelding die kritici laat regop sit. Haar Catwoman-karakter in<em> Batman Returns<\/em> word gesien as die sterkste uitbeelding van hierdie rol in die geskiedenis van rolprente.<\/p>\n<p>Di\u00e9 voormalige Miss Orange County het op grond van haar talent respek ingeoes en haar eie produksiemaatskappy, Via Rosa Productions, gestig. Sy is getroud met een van die suksesvolste televisievervaardigers en -draaiboekskrywers in Hollywood, David E. Kelly, wat verantwoordelik was vir<em> Ally McBeal, The Practise<\/em> en <em>Boston Legal<\/em>. Hulle het \u2019n seun, John Henry en \u2019n aangenome dogter, Claudia. Sy was \u2019n rebelse tiener wat gereeld stokkiesgedraai het en saam met branderplankryers op die strand rondgel\u00ea het. N\u00e1 skool het sy in \u2019n kruidenierswinkel as pakker gewerk. Daarna het sy skielik verantwoordelikheid getoon en vir \u2019n kursus in hofverslaggewing ingeskryf. Di\u00e9 het sy later opgeskop om aktrise te word.<\/p>\n<p>Sy is bekend vir haar werksetiek en uitsonderlike vermo\u00eb om \u2019n verskeidenheid karakters uit te beeld. Sy was uitstekend in Hairspray waarin sy gesing en gedans het asof sy dit haar lewe lank doen, en nou het sy almal aan die praat met haar geskakeerde uitbeelding van die \u201couer vrou\u201d in Cheri. Cheri is gegrond op The Last of Cheri, die boek van die twintigste-eeuse Franse skrywer, Colette. Dit vertel die storie van \u2019n verruklike Paryse verleidster wat \u2019n na\u00efewe jong man, die helfte jonger as sy (Rupert Friend), \u2019n ding of twee oor vroue leer. Die twee karakters word geesgenote en het \u2019n intense fisieke verhouding. Hy wil nie grootword nie en sy wil nie oud word nie en saam oortree hulle elke re\u00ebl van die samelewing, ook die allergrootste: hulle raak verlief op mekaar &#8230; Hoewel die storie effens voorspelbaar is en by tye nogal vreemd, beeld Michelle die karakter se innerlike stryd op \u2019n tasbare en hartverskeurende wyse uit.<\/p>\n<p><strong>Die samelewing is nie baie verdraagsaam teenoor \u2019n ouer vrou wat \u2019n jong man verlei nie<\/strong><strong> &#8230;<br \/>\n<\/strong>Mense laat dit klink asof die vrou soos \u2019n bergleeu op die jonger man toeslaan, maar dis net omdat dit \u2019n vrou is. As dit \u2019n man is wat \u2019n verhouding met \u2019n jonger vrou het, noem mense hom \u2019n sugar daddy. Dit klink sweet. Maar die vrou word as roofsugtig gesien!<\/p>\n<p><strong>Hoe voel dit om nou die \u201couer vrou\u201d te wees?Ons het altyd aan jou gedink as iemand wat ewig jonk sou bly.<br \/>\n<\/strong>Dit raak interessant as die manlike hoofrolspelers al hoe jonger en jonger word (lag). As hierdie neiging voortduur, kan dit naderhand onwettig raak! Aan die begin van die verfilming het dit vreemd gevoel, maar later was dit net twee akteurs wat hul werk doen.<\/p>\n<p><strong>Hoe belangrik is mode vir jou?<br \/>\n<\/strong>Mode weerspie\u00ebl die houdings en sosiale beperkinge van \u2019n spesifieke tyd. Ons het nou baie meer vryheid as die vorige geslagte, en jy kan dit sien in die klere wat ons dra. Outydse klere was ongemaklik en beperkend, maar vroue het nou hul vryheid gekry. Ek trek aan vir gemak, en dra gewoonlik my klere twee groottes te groot (giggel), omdat ek nie daarvan hou om ingegord of beknel te voel nie.<\/p>\n<p><strong>In watter soort klere voel jy gemaklik?<\/strong><br \/>\nSweetpakke (lag). Pajamas. Ek sal soms styfpassende klere vir werk dra, maar ek sal dit nooit vir myself kies nie &#8211; hoewel ek al \u2019n paar skinny jeans gedra het. Dit lyk altyd goed aan ander mense, en elke nou en dan oortuig ek myself om ook die skinny-styl te probeer. Dit hou vir sowat sewe minute.<\/p>\n<p><strong>Waar leer jou seun oor vroue?<\/strong><br \/>\nEk dink tieners leer een persent by hul ouers en die res by die w\u00eareld. Hulle leer ook baie by hul maats. Met die Internet word hulle op \u2019n jonger ouderdom blootgestel aan baie meer goed as toe ek grootgeword het. As ouer is dit vir my nogal skrikwekkend, maar dit hang ook van jou ouerskapstyl af. Jy moet hulle leer om deur al die inligting te sif en hul pad daardeur te kry.<\/p>\n<p><strong>Maar wat leer jy hom oor vroue?<br \/>\n<\/strong> Hy moet hulle respekteer. Ek dink een van die redes hoekom ek en David so \u2019n gesonde huwelik het, is omdat ons mekaar respekteer. As jy iemand respekteer, val al die ander dinge in plek.<\/p>\n<p><strong>Wat was David se reaksie op jou rol teenoor \u2019n jonger man?<\/strong><br \/>\nDis vir hom om \u2018t ewe, ongeag die mans se ouderdomme. Dis my werk. Hy is ook \u2019n wonderlike <em>Mr Mom<\/em> wat maklik oorneem as \u2019n rol my van die huis af wegneem.<\/p>\n<p><strong>Vertel ons van jou verhouding met jou dogter?<\/strong><br \/>\n\u2019n Mens moet kan improviseer met kinders. Kinders daag jou heeltyd uit. Net wanneer jy dink jy verstaan hulle, betree hulle \u2019n nuwe lewensfase, en dan moet jy weer van voor af begin. Dit laat jou baie nederig voel. Dis ook belangrik dat ek \u2019n ogie moet hou op die deel van my wat heeltyd in beheer wil wees, want jy moet besef dat kinders mense uit eie reg is. Jy is net daar om hulle deur die lewe te lei.<\/p>\n<p><strong>Hoe verloop \u2019n perfekte dag vir jou?<\/strong><br \/>\nEk slaap laat (lag) en as ek opstaan, is daar nie werkers in my huis nie. Die kinders hoef nie skool toe te gaan nie, en ek hoef nie middagetes in te pak of skool toe te ry nie. Teen nege-uur drink ek koffie en eet ontbyt. Ek hoef ook nie oefeninge te doen en skuldig te voel daaroor nie (lag). In die middag sal ek miskien \u2019n bietjie inkopies doen. Ek dink enige dag wat nie beplan hoef te word nie, en ek of die kinders nie afsprake het nie, is \u2019n goeie dag.<\/p>\n<p><strong>Wat is \u2019n goeie ding van ouer word?<\/strong><br \/>\nDie beste ding van ouer word, is dat dit nie so erg is nie. Almal is altyd bang vir vyftig. Jy sien vreeslik op daarteen en praat daaroor, maar dan kom en gaan dit bloot, en dis baie bevrydend as dit verby is. Ek dink dis die laat gaan van \u201cek wil vir altyd jonk bly\u201d, die behoefte om altyd perfek te wees. Jy raak meer vergewensgesind.<\/p>\n<p><strong>Weet jy iets van mans wat vroue kan help om hul verhoudings te laat werk?<\/strong><br \/>\nDie groot geheim is dat jy die regte een moet kies (lag)! As jy dit nie doen nie, is daar nie veel wat jy aan die situasie kan doen nie. Dit is net \u2019n kwessie van tyd voor dinge verkeerd loop.<\/p>\n<p><strong>Hoe betrokke is julle by mekaar se loopbane?<br \/>\n<\/strong>Een van die redes hoekom ons verhouding so suksesvol is, is juis omdat ons min met mekaar se werk te doen het. Ons is albei baie besig en as ons die slag bymekaar is, gesels ons oor die familie en die kinders. Ons is daar vir mekaar as ons mekaar nodig het, maar werk is nie \u2019n groot faktor in ons verhouding nie.<\/p>\n<p><strong>Julle het mekaar op \u2019n toe-o\u00eb-afspraak ontmoet. Hoe lank daarna het jy geweet hy is die regte een?<br \/>\n<\/strong>Drie weke daarna.<\/p>\n<p><strong>Wat het jou laat besef dat hy die regte een is?<\/strong><br \/>\nEk was in die middel van die proses om my dogter aan te neem toe ek hom ontmoet. Ek het gou besef hier kom moeilikheid (lag)! Ek dink hy is hier om te bly. Niemand het geweet ek was besig om \u2019n kind aan te neem nie. Ek het besef hy gaan hier wees wanneer sy kom, ek sal hom daarvan moet vertel. Ek was op my senuwees, maar het gedink dit sal die beste manier wees om sy ware kleure te sien. Hy het dit baie goed hanteer, hy was selfs \u2019n bietjie jaloers! Ek dink hy het nogal van die idee gehou.<\/p>\n<p><strong>Wat is die geheim van jou skoonheid?<\/strong><br \/>\nDie onderhoud raak meer namate jy ouer word. Ek onthou die goeie ou dae toe dit my tien minute gevat het om reg te maak. Ons probeer so organies moontlik leef. Ek hou by \u2019n goeie dieet en oefen gereeld. Ek was mal oor sonbrand toe ek jonger was, maar vandat ek in my twintigs begin werk het, bly ek uit die son. Ek dink dit het gebeur omdat ek by die huis uit is voor die son opkom en eers weer tuisgekom het as dit donker was.<\/p>\n<p><strong>Wie is die regte Michelle?<\/strong><br \/>\nEk is verskillend saam met verskillende mense (lag). Ek vertrou mense nie so maklik nie. Dit vat my \u2019n tydjie voor ek mense regtig leer ken, of eerder voordat ek toelaat dat mense my regtig ken.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In haar Sienna Miller-top en Jay Brand-broek lyk die onvergelyklike Michelle Pheiffer so jonk en ontspanne dat ek momenteel my selfvertroue verloor. Ons ontmoet mekaar in die Four Seasons Hotel in Beverly Hills, Kaliforni\u00eb. Sy is hier om oor haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3393","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Michelle Pheiffer: Steeds stylvol | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In haar Sienna Miller-top en Jay Brand-broek lyk die onvergelyklike Michelle Pheiffer so jonk en ontspanne dat ek momenteel my selfvertroue verloor. Ons ontmoet mekaar in die Four Seasons Hotel in Beverly Hills, Kaliforni\u00eb. Sy is hier om oor haar [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2010-03-08T05:59:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:27:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol\",\"datePublished\":\"2010-03-08T05:59:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:27:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/\"},\"wordCount\":1671,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2010\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/\",\"name\":\"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2010-03-08T05:59:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:27:16+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol | rooi rose","og_description":"In haar Sienna Miller-top en Jay Brand-broek lyk die onvergelyklike Michelle Pheiffer so jonk en ontspanne dat ek momenteel my selfvertroue verloor. Ons ontmoet mekaar in die Four Seasons Hotel in Beverly Hills, Kaliforni\u00eb. Sy is hier om oor haar [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2010-03-08T05:59:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:27:16+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol","datePublished":"2010-03-08T05:59:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:27:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/"},"wordCount":1671,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2010","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/","name":"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2010-03-08T05:59:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:27:16+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/michelle-pheiffer-50-is-nie-so-erg-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Michelle Pheiffer: Steeds stylvol"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3393","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3393"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3393\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3393"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3393"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3393"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}