{"id":3370,"date":"2009-11-09T12:40:00","date_gmt":"2009-11-09T10:40:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/"},"modified":"2017-07-13T13:27:17","modified_gmt":"2017-07-13T11:27:17","slug":"emma-thompson-plat-op-die-aarde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/","title":{"rendered":"Emma Thompson: Plat op die aarde"},"content":{"rendered":"<p><strong>Emma Thompson<\/strong> is net soos die karakters wat sy speel: slim, sonder nonsens, met \u2019n fyn humorsin en \u2019n kandoen- houding wat jou laat wens sy was jou vriendin sodat jy op haar knoppie kan druk as jy \u2019n krisis het. Die 49-jarige vrou met haar mooi kurwes en pragtige Engelse vel word in elke medium as \u2019n aktrise van formaat gereken en is onder meer met \u2019n Oscar-toekenning vir haar draaiboek vir <em>Sense and Sensibility<\/em> vereer.<\/p>\n<p>Albei haar ouers was ook akteurs. Haar ma, Phyllida, verskyn nog gereeld in Emma se flieks en haar suster, Sophie, is ook \u2019n aktrise. Die 1,74 meter lange aktrise het n\u00e1 haar studie aan Cambridge sommer gou rolprentsukses behaal, maar het eers internasionaal bekend geword vir haar rol in <em>Dead Again<\/em> onder regie van Kenneth Branagh. Sy is in 1989 met Kenneth getroud, maar die huwelik het net ses jaar gehou.<\/p>\n<p>Sy het vinnig opgang gemaak en een van die gesogste aktrises in Hollywood geword. Sy het haar eerste Oscar vir <em>Howard\u2019s End<\/em> ontvang, en talle benoemings het later gevolg. Die intellektuele projekte wat sy aangepak het, het haar van haar tydgenote onderskei, maar sy het nogtans gereeld in groot, kommersi\u00eble prente soos <em>I am Legend<\/em> gespeel. Sy het onlangs ook in flieks wat vir die jonger mark bedoel is, verskyn, soos die <em>Harry Potter<\/em>-prente waarin sy die rol van die deur-die-blare professor Trelawney vertolk het.<\/p>\n<p>Sy het ook lewe gegee aan die geliefde <em>Nanny McPhee<\/em>-karakter wat sy vir die groot skerm aangepas het. Emma bly tans in Londen saam met haar man, akteur Greg Wise, wat sy met die maak van <em>Sense en Sensibility<\/em> ontmoet het. Hulle het \u2019n dogter, Gaia.<\/p>\n<p><em>rooi rose<\/em> het in Los Angeles met haar gesels oor haar nuwe fliek, <em>Last Chance Harvey<\/em>, waarin sy saam met Dustin Hoffman verskyn. Die storie gaan oor twee verstote volwassenes wat by mekaar uitkom en die verandering wat dit in hul lewe teweegbring. Dis \u2019n romantiese komedie met \u2019n onverwagse tikkie sjarme en hartseer.<\/p>\n<p><strong>Kan jy verlief wees op \u2019n man wat korter is as jy? <\/strong><br \/>\nBeslis. Ek was al verlief op drie mans wat korter was as ek, insluitende my eerste man.<\/p>\n<p><strong>Hoe was dit om saam met Dustin Hoffman te werk? <\/strong><br \/>\nDis hemels. Ons het saam gewerk aan <em>Stranger than Fiction<\/em> en het dit so geniet dat ons weer iets gesoek het om saam te doen. Ek het begin dink dat dit nie gaan gebeur nie, maar toe ek hierdie draaiboek kry, het ek dadelik gevra dat hulle dit vir Dustin moet stuur. Ek het nie geweet of daar iets van gaan kom nie, maar gelukkig het dit, en dit was net wonderlik.<\/p>\n<p><strong>In die fliek is daar \u2019n oomblik waar jy deel van \u2019n groep is, maar jy lyk eensaam. Het jy al ooit alleen gevoel, al is jy saam met mense? <\/strong><br \/>\nJa, vir seker. Toe ek jonk was, het ek nie juis maklik by ander mense ingeskakel nie. Ek het om baie redes soms soos \u2019n buitestander gevoel. Vanwe\u00eb my soort beroep kry ek baie aandag en word ek by alles ingesluit, maar ek het nog altyd met die buitestander ge\u00efdentifiseer. Toe ek op skool was, kon ek nooit saam met die ander kinders die onderwysers terroriseer nie. Dis wreed &#8211; ek kan nie bystaan en kyk hoe ander mense uitgesluit word nie, en dit gebeur nogal gereeld in \u2019n stad soos Los Angeles. Die rolprentbedryf het altyd \u2019n manier om jou klein te laat voel. Dit was nie ooglopend dat jou en Dustin se karakters by mekaar sou pas nie.<\/p>\n<p><strong>Op watter soort man raak jy gewoonlik verlief? <\/strong><br \/>\nDaar is baie verskillende soorte verliefdheid. Om later in jou lewe verlief te raak is baie anders as toe jy jonger was. As ek terugdink aan my vroe\u00eb verhoudings, dink ek eerste aan Ken. Ek het op hom verlief geraak omdat hy my baie aan my pa laat dink het. Hy was baie snaaks en het hom uit sy werkersklasagtergrond opgewerk, hy het homself opgelei en hy het \u2019n pragtige stem gehad. Hy het steeds (lag) hy is mos nie dood nie! Dis verskriklik hoe jy oor jou eksman kan praat, so asof hy al onder die grond is. Hy is baie lewenslustig en is \u2019n baie goeie akteur &#8211; ek het op sy energie en sy vaderlikheid verlief geraak. Maar aan die ander kant was ek in my twintigerjare ook al verlief op \u2019n korterige, punk-rock-mannetjie met \u2019n bles. Sy naam was Red Stripe, dis eintlik sy verhoognaam &#8211; hy was deel van die a cappella-groep The Flying Pickets. Hy het baie oogomlyner gedra, met kruisbande en kortbroeke sonder \u2019n onderbroek &#8230; so daar was maar altyd ander redes hoekom ek op iemand verlief geraak het. <strong><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hoe kom jy deur \u2019n moeilike dag? <\/strong><br \/>\nEk bly steeds oorkant my ma. Sy is baie betrokke by ons. Ek het nog dieselfde leefstyl as wat ek altyd gehad het. Ek los die agterdeur oop. Sit \u2019n pierinkie melk buite \u2013 asof ek \u2019n krimpvarkie wil nader lok! Ek bly in dieselfde straat van ek sewe jaar oud is &#8211; al is dit nie meer in dieselfde huis nie. Dit is nogal eksentriek! Ek dink dit het te doen met die feit dat my pa so jonk gesterf het, en omdat ek altyd naby my ma wou wees om na haar te kyk. Mnr. Camelli, die werktuigkundige wat sedert my kleintyd herstelwerk aan ons motors gedoen het, is ook nog hier. Hy het my gereeld oor my lewe of my groot besluite gekonfronteer &#8211; toe ek teen die Golf-oorlog betoog het, het hy geskree ek moet huis toe gaan, want ek kan nie alleen die w\u00eareld verander nie. Of toe ons geskei is, het hy gevra hoekom ek nog nie \u2019n baba het nie! Ek moes \u2019n wye draai loop om hom te vermy. Sulke goed hou my voete plat op die aarde.<\/p>\n<p><strong>Is dit regtig moontlik om ware liefde te ontdek as jy ouer word? Is jy gelukkig getroud? <\/strong><br \/>\nEk is. As mense ouer word, is daar twee faktore wat \u2019n verhouding be\u00efnvloed. Dis enersyds moeiliker, want daar is minder keuses, maar aan die ander kant is jou kanse groter om iets waardevols raak te loop. Jy het teen hierdie tyd al al die verkeerde goed in \u2019n verhouding gedoen. Daar is so baie wat verkeerd kan gaan. Ek was eintlik baie gelukkig. My ouma het ges\u00ea jou hart is nie goed as dit nie al minstens tien keer gebreek is nie. Dit maak jou wyser en laat jou beter besluite neem. Maar dit maak jou ook minder aanpasbaar. Dis dan moeiliker om die veeleisende aspekte van die liefde te hanteer. Dit raak ook moeiliker om verlies te hanteer. So, jy is slimmer, jy kan beter reageer omdat jy jouself beter ken, maar aan die ander kant wonder jy: Sien ek regtig weer hiervoor kans? (Lag.)<\/p>\n<p><strong>Jy het ges\u00ea dat jy \u2019n jaar wil afvat?<\/strong><br \/>\nAlmal s\u00ea ek kan dit nie bekostig nie omdat ek ouer word. Maar ek dink weer dat ek tussen nou en 55 nie so vreeslik gaan verander nie &#8211; behalwe as daar iets drasties gebeur. Ek dink nie my gesig sal heeltemal ingee voordat ek minstens 65 is nie &#8211; ek hoef my nie oor oud word te bekommer nie. Rolprentwerk neem vreeslik baie van jou tyd in beslag en as die vervaardiging verby is, is daar nog die bekendstellings bekendstellingswerk ook. Ek wil ook nie teaterwerk doen terwyl my kind jonk is nie. Die ure is te sleg &#8211; ek sien haar nooit en ek is altyd uitgeput en in \u2019n slegte bui. Ek is \u2019n oggendmens. Ek hou ook van skryf. Ek is mal daaroor om iets te skep. Ek kan net so maklik in my skryfwerk opgaan as in optredes. En as ek skryf, hoef ek nie \u2019n ander karakter te word nie, of met \u2019n spul klere en grimering te spartel nie. Ek kan enigiets doen met die karakters wat in my kop lewe. Op di\u00e9 manier geniet ek dit om van optredes verlos te wees sonder dat dit te veel opoffering verg. As ek nie geskryf het nie, sou ek seker maar steeds moes optree.<\/p>\n<p><strong>Vertel ons van jou dogter. Hoe hou sy daarvan om \u2019n bekende ma te h\u00ea? <\/strong><br \/>\nSy hou nie baie daarvan nie, nie van roem of die newe-effekte daarvan nie. Dit maak te veel inbreuk op haar lewe. Sy het ook \u2019n rolletjie in <em>Last Chance Harvey<\/em> &#8211; sy is die kind wat s\u00ea: \u201cJy besef jy is by die kinders se tafel?\u201d Ons het in die Dorchester-hotel gebly en gewerk. As sy klaar was vir die dag, het sy kamer toe gegaan, kamerdiens gebel en kos bestel, in die bed geklim en gel\u00ea en TV kyk terwyl sy eet. Dit was haar ervaring van rolprentwerk. Sy was mal oor kamerdiens! Ek het haar gevra of sy steeds van die werk sou hou as daar nie kamerdiens was nie, en sy moes erken dat dit dalk nie die beste beroep vir haar is nie. Haar twee droomberoepe is kelnerin en kunstenaar. Die kelnerinstorie is haar pa se skuld! Hy het haar geleer mengeldrankies maak toe sy baie jonk was. Sy maak die beste Bloody Mary\u2019s in die w\u00eareld. Di\u00e9 vaardigheid het nogal \u2019n opskudding by die skool veroorsaak. Toe die klas onlangs \u2019n werkaansoekvorm moes voltooi, het al die ander kinders ontvangsdame of so iets normaals ingevul, maar sy het ges\u00ea dat sy mengeldrankies in \u2019n kroeg wil bedien, en al die drankies gelys wat sy kan maak (lag). Ek het gedink die welsyn gaan enige oomblik aan ons deur klop. Sy is baie snaaks.<\/p>\n<p>Vertaal deur Hannelie Diedericks<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Emma Thompson is net soos die karakters wat sy speel: slim, sonder nonsens, met \u2019n fyn humorsin en \u2019n kandoen- houding wat jou laat wens sy was jou vriendin sodat jy op haar knoppie kan druk as jy \u2019n krisis [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,23450],"class_list":["post-3370","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Emma Thompson: Plat op die aarde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Emma Thompson: Plat op die aarde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Emma Thompson is net soos die karakters wat sy speel: slim, sonder nonsens, met \u2019n fyn humorsin en \u2019n kandoen- houding wat jou laat wens sy was jou vriendin sodat jy op haar knoppie kan druk as jy \u2019n krisis [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-09T10:40:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:27:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Emma Thompson: Plat op die aarde\",\"datePublished\":\"2009-11-09T10:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:27:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/\"},\"wordCount\":1621,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/\",\"name\":\"Emma Thompson: Plat op die aarde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2009-11-09T10:40:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:27:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Emma Thompson: Plat op die aarde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Emma Thompson: Plat op die aarde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Emma Thompson: Plat op die aarde | rooi rose","og_description":"Emma Thompson is net soos die karakters wat sy speel: slim, sonder nonsens, met \u2019n fyn humorsin en \u2019n kandoen- houding wat jou laat wens sy was jou vriendin sodat jy op haar knoppie kan druk as jy \u2019n krisis [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-09T10:40:00+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:27:17+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Emma Thompson: Plat op die aarde","datePublished":"2009-11-09T10:40:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:27:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/"},"wordCount":1621,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["celebs","entertainment"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/","name":"Emma Thompson: Plat op die aarde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2009-11-09T10:40:00+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:27:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emma-thompson-plat-op-die-aarde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Emma Thompson: Plat op die aarde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3370","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3370"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3370\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}