{"id":3363,"date":"2009-11-09T11:39:00","date_gmt":"2009-11-09T09:39:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/"},"modified":"2016-01-28T14:57:13","modified_gmt":"2016-01-28T12:57:13","slug":"wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/","title":{"rendered":"Wat mans by ons oor seks wil weet"},"content":{"rendered":"<p>Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g\u2019n werk nie, die lekkerste maniere en die regte hoeveelheid, alles wonderlik &#8230; vir altyd en ewig. In werklikheid sit ons met vrae waaroor ons te skaam is om openlik te wees. Ons sal dalk ons dokter vra, of \u2019n artikel daaroor lees of op die Internet rondloer, maar met ons maat gesels? Aik\u00f4na. Dalk is dit hoog tyd. Daarom gee ons die keer mans \u2013 al is dit net drie \u2013 kans om namens al die Adams hul vrae te vra aan: Emma, \u2019n tuisteskepper met drie kinders en nege jaar se getroude lewe as ondervinding; Lila, \u2019n kunstenaar wat op 51 en n\u00e1 dertig jaar se getroude lewe weet waarvan sy praat; Tia, \u2019n weduwee wat met die perspektief van afstand kan praat en dr. Etienne Kok, Gautengse seksuoloog van die Departement Urologie aan die Universiteit van Pretoria en die Steve Biko Akademiese Hospitaal. Hier\u2019s die vrae \u2013 en antwoorde &#8211; waarby jy en jou maat waarskynlik iets sou kon byvoeg.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Leon (28), predikant, drie jaar getroud<\/strong><\/span><\/p>\n<p><strong>Is ek genoeg van \u2019n man vir jou? Be\u00efndruk my fisieke aanbod jou?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Dit klink vir my asof dit vir mans baie belangriker is as vir vroue. My liefde is regtig blind as dit by grootte kom.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> Ja, jy is. Dis mos hoekom ek met jou getrou het. Ons vroue is gans te suinig met ons komplimentjies. Ons moet ons mans so laat verstaan dat hy dit weet. Jy kan deur jou gesigsuitdrukking be\u00efndruk lyk, of met \u2019n grappie of \u2019n troetelnaampie sjoe man, jy \u00efs indrukwekkend!<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Ja, ek hou daarvan dat hy manlik optree en lyk. Veral toe ek jonk was, wou ek sy ereksie bewonder en voel hy is entoesiasties. Maar aksie is vir my eintlik die hoogtepunt. As jy dit so aanpak, is jy mans genoeg vir my &#8211; groot of nie.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Vroue staan nie in \u2019n verhouding met \u2019n penis nie maar met \u2019n mens wat toevallig \u2019n penis het. Vroue los of skei buffels, nie mans wat nie man genoeg is in die penisgrootte-departement nie. As jy \u2019n hand en \u2019n mond het, het jy nie eens \u2019n penis nodig nie. Dis eintlik net \u2019n ekstra seksuele orgaan.<\/p>\n<p><strong>Ek weet vroue hou nie van porno nie maar hoe warm is net reg? Dirty Dancing? Die titel Wild Things doen dit al klaar vir my. Kan ek \u2019n warm DVD saam met jou kyk en hoop daar kom iets van?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Dis nie vir my so prikkelend nie, maar ek het nie eintlik besware nie.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> Ja, dis lekker om na kookwaterflieks te kyk, spesifiek saam met iemand. Maar help planne maak dat die kinders daardie aand uitslaap. Ek wil nie verlee voel voor hulle &#8211; of gepla word nie.<br \/>\n<strong><span style=\"color: #000000;\">Lila<\/span><\/strong> Ek is \u2019n hopelose romantikus! Daar sal beslis iets van kom as dit \u2019n visueel mooi fliek is &#8211; miskien eerder mooi, romanties en sensueel as baie eksplisiet en seksueel. Dalk iets soos Captain Corelli&#8217;s Mandolin of The Bridges of Madison County.<br \/>\n<strong><span style=\"color: #000000;\">Dr. Etienne<\/span><\/strong> Vroue wil identifiseer met dit wat visueel uitgebeeld word. Daarom is die meeste eksplisiete sekstonele gewoonlik vir hulle minder stimulerend as romantiese beeldmateriaal. Kies jou DVD oordeelkundig, met die klem op iets romanties en met \u2019n paar bietjie stout oomblikke, eerder as iets konkreets en deurentyd seksueel.<\/p>\n<p><strong>My vrou s\u00ea ek moet wag tot sy lus is. Dit voel vir my na \u2019n wat-was-eerste-die-hoender-of-die-eier debat: Sy gaan nie lus raak tensy ek haar lus maak nie, maar ek mag nie aan haar raak tensy sy lus is nie. Hoe kan ek jou lus maak sonder om aan jou te raak?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Lus word nie bereik met fisieke kontak nie. Humor, komplimente en bedagsaamheid is belangrik in die proses van lus word. As ek geliefd voel, is ek beslis meer geneig.<br \/>\n<strong>Tia <\/strong>Tawwe ene di\u00e9. Jy moet maar verskillende maniere probeer en my dalk ook vra waarvan sal ek hou &#8211; <em>it takes two to tango<\/em>.<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Komplimentjies is vir my die towersleutel. Maar komplimente is nie &#8220;ek is lus vir seks en jy is mos my vrou&#8221; nie. Komplimente gaan daaroor dat ek vir jou mooi lyk, lekker ruik, snaaks is, jy my kos waardeer, dit lekker is om net naby my te wees, jy graag met my gesels, dat jy gaaf met my is en my help en klein goedjies doen soos om my rug te vryf sonder om seks direk in ruil daarvoor te verwag.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Vroue verskil, jy moet uitpluis waar jou vrou inpas. Party het \u2019n spontane behoefte aan seks, soek toenadering en reageer positief daarop. Party vroue moet behoorlik die hof gemaak word voor hulle lus word vir seks. Nog \u2019n groep sal instem omdat hulle \u2019n behoefte aan emosionele nabyheid het, al is hulle nie spesifiek lus nie. In die proses van vaardige stimulasie raak hulle lus en geniet dit. Mans moet ook nie op die ashoop gaan sit en verwerp voel as hulle maat nie in die bui vir seks is nie. Dit beteken nie dat sy hom nie liefhet of van hom hou nie. Dit beteken net nie nou ni<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Reghardt (34), boer, 13 jaar getroud<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p><strong>Moet ek met jou praat tydens seks? Wat wil jy hoor?<\/strong><br \/>\n<strong><span style=\"color: #000000;\">Emma<\/span><\/strong> Nee, net as dit \u2019n gesprek is wat natuurlik vloei, nie \u2019n vooraf uitgedinkte monoloog nie. Dit klink baie pretensieus as jy soos in flieks praat.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> H\u2019m \u2026 mooi woordjies en kreune en steungeluide, asseblief.<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Nee wat, dade maak woorde oorbodig.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Seks is nie \u2019n sportuitsending met bal-vir-bal kommentaar nie. Maar sommige vroue hou van meer verbale seks.<\/p>\n<p><strong>Hoe hou ek jou van my lyf af? Grappie! Hoe kry ek jou om meer gereeld lus te wees?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Libido taan soos wat die eise in vroue se lewe toeneem. Ek sien om na drie kinders, en jy moet dit asseblief in ag neem. Maar as jy bedagsaam en liefdevol is, sal ek soveel as wat ek kan.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> Hoe meer jy my help, hoe meer seks kry jy daaruit! Moegheid is die hoofrede hoekom vroue minder meedoen.<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Vroue het baie om saans te doen. Dis kos maak, die volgende dag se skoolklere regkry, alles regsit sodat elkeen se planne vir die volgende dag vlot, help met huiswerk, seker maak dit gaan goed met die oupas en oumas en kinders wat reeds uit die huis is. Ek is uitgeput teen slaaptyd. As jy handjie bysit, is daar meer tyd oor vir sommer net ontspan, wat my meer toeganklik maak &#8211; gewaarborg!<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Ek kan maar net amen s\u00ea. Pasop dat jy as man nie seks gebruik om spanning te ontlaai nie. Wys haar dat jy haar liefhet en nie hoofsaaklik as jou bedmaat sien nie. Goeie seks begin met goeie maniere.<\/p>\n<p><strong>Waar sit daardie G-kol? Beleef jy hom elke keer? Is seks lekkerder as ek hom aangeraak het? Kan seks lekker wees vir jou as ek hom nie kry nie? Wat dink jy van avontuurliker tegnieke?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Watter kol? Nog nooit met hom kennis gemaak nie! Natuurlik is die G-kol onnodig. Ook nie allerlei posisies nie &#8211; hoewel ek dit sal waag as ek energie daarvoor het en nie my rug verstuit nie.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> Iewers, ek weet nie. Ja, meestal. Ja, beslis! Ja, ook. Hmm, dit hang af van wat \u2026 en waar.<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Ek dink die G-kol word oorskat. Daar is beslis baie ander kolle wat net soveel plesier gee.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> As jy seks wil maak, het jy kolle, plekke, tegnieke en posisies nodig. As jy liefde wil maak, het jy net twee mense nodig. Die belangrikste, sensitiefste en kompleksste seksorgaan is die brein; die grootste is die vel en \u2019n vrou se mees erogene sone is haar hart of emosie. Fokus daarop, eerder as op die G-kol.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Ernst (54), besit \u2019n selfoonwinkelgroep<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hoe baie pla my maag jou tydens seks?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Hoe baie pla myne jou? Ek dink vroue is baie meer emosioneel as fisiek ingestel. Solank die verpakking aangenaam versorg is, is die vorm daarvan nie so belangrik nie.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> As hy groot is, pla dit beslis. Maar die vrou s\u2019n moet ook nie pla nie.<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Glad nie. Ek is ook nie meer wat ek dertig jaar gelede was nie, en is eintlik verlig dat ek nie al een is wat tekens van die jare dra nie.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Jou groot maag pla haar nie soseer tydens seks nie maar dit maak haar bekommerd oor jou gesondheid. Oorgewig, gebrek aan oefening en stres kan deel wees van die metaboliese sindroom en \u2019n testosteroontekort. Dit laat \u2019n man al jonk-jonk sukkel met ereksies en maak jou \u2019n kandidaat vir \u2019n hartaanval. Werk aan jou maag nie vir seks nie maar om al die ander redes \u2026 met seks as jou bonus.<\/p>\n<p><strong>Ek kan deesdae seks in die week uitsny. Maar as ek nie wil nie, dink my vrou ek dink sy is vet of ek gee nie om nie. Al waaroor dit gaan, is dat ek moeg is. Of dalk is ek net nie meer so \u201caktief\u201d soos tevore nie? Gaan jy minder van my dink as ek seksueel afgaan?<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Ek is nog nie heeltemal daar nie, maar dit pla my al klaar glad nie om seks vir die naweke te spaar nie. Wees net eerlik oor die saak.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> Ek wonder hier: gaan dit oor verlei of verlui? Mans is selde te moeg. Seks gee hulle dan energie. Moet jou vrou dalk aan ander planne dink om jou te verlei? Daar is mos medisyne beskikbaar vir as jy te lui is?<br \/>\n<strong>Lila<\/strong> Dit word \u2019n frustrasie as seksuele behoeftes verskil. Toe ek en my vriendinne jonk was, het ons gekla omdat ons mans so baie keer wou. Maar ek weet van \u2019n hele paar huwelike waarin die bordjies omgeruil het, en die vroue kla oor te min soos hulle ouer word. Wat ek eintlik mis, is die emosionele aspek van seks. Ek voel <em>insecure<\/em> as jy my nie darem soms begeer nie. Maar vir my is verbale koestering kosbaar. So, as jy my verseker van jou liefde, gaan dit soveel soos seks tel.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Pasop vir telling hou. Die hoeveelheid is nie so belangrik as die hoe nie. Onthou, daar is geen ouderdomsbeperking op vry nie. Vry lekker gedurende die week sonder dat dit noodwendig in seks eindig en kom dan oor die naweek bymekaar uit.<\/p>\n<p><strong>Was dit lekker vir jou? N\u00e1 al die jare weet ek nog nie of jy dit regtig geniet nie. Sy s\u00ea ek moet uit haar liggaamstaal aflei hoe sy dit ervaar.<\/strong><br \/>\n<strong>Emma<\/strong> Ek is seker dat as jy regtig luister en op haar ingestel is, sal dit vir jou duidelik wees.<br \/>\n<strong>Tia<\/strong> Vroue moenie te skaam wees om hul mans te prys nie. Vertel hom hoe lekker dit was. En jy kan ook mos sien of ek dit geniet, soos as ek papnat gesweet is. Lila Die intensiteit van my orgasme of genot behoort vir jou \u2019n aanduiding te wees. Dis nie nodig dat ek terugvoer gee nie. As dit vir my lekker was, wil ek na die tyd styf teen jou l\u00ea en vasgehou word &#8211; dis liggaamstaal vir &#8220;dit was <em>great<\/em>&#8220;.<br \/>\n<strong>Dr. Etienne<\/strong> Seks is nie \u2019n toets waarvoor jou maat jou punte gee nie. Fokus op genotvolle saamwees. Moenie probeer raai waarvan jou maat hou nie. Wees bewus van mekaar en, as julle nie praters is nie, rig en wys mekaar met \u2019n vinger, hand of gebaar na die plekke of dinge wat lekker is of dit lekker maak.<\/p>\n<p><b>\u00a9 rooi rose<\/b><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g\u2019n werk nie, die lekkerste maniere [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":20709,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[1531,3304],"class_list":["post-3363","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-seks","tag-liefdesvrae"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat mans by ons oor seks wil weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat mans by ons oor seks wil weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g\u2019n werk nie, die lekkerste maniere [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-09T09:39:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-28T12:57:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"596\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wat mans by ons oor seks wil weet\",\"datePublished\":\"2009-11-09T09:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:57:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/\"},\"wordCount\":1960,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg\",\"keywords\":[\"seks\",\"liefdesvrae\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/\",\"name\":\"Wat mans by ons oor seks wil weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg\",\"datePublished\":\"2009-11-09T09:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-28T12:57:13+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg\",\"width\":800,\"height\":596},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat mans by ons oor seks wil weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat mans by ons oor seks wil weet | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat mans by ons oor seks wil weet | rooi rose","og_description":"Walt Disney moet die skuld kry vir ons wanindrukke oor seks. Dis hy wat met sy dosyne dolgelukkige Sneeuwitjies en hul prinse by ons daardie fantasie gevestig het van die volmaakte liefdesgeluk. Niks moeite, g\u2019n werk nie, die lekkerste maniere [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-09T09:39:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-28T12:57:13+00:00","og_image":[{"width":800,"height":596,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wat mans by ons oor seks wil weet","datePublished":"2009-11-09T09:39:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:57:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/"},"wordCount":1960,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg","keywords":["seks","liefdesvrae"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/","name":"Wat mans by ons oor seks wil weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg","datePublished":"2009-11-09T09:39:00+00:00","dateModified":"2016-01-28T12:57:13+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/23-Freeimages-Lisa-Fanucchi-e1453985823738.jpg","width":800,"height":596},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-mans-by-ons-oor-seks-wil-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat mans by ons oor seks wil weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3363","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3363"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3363\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20709"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3363"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3363"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3363"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}