{"id":3360,"date":"2009-11-09T11:43:00","date_gmt":"2009-11-09T09:43:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/van-verknorsing-tot-vryheid\/"},"modified":"2018-07-06T13:17:14","modified_gmt":"2018-07-06T11:17:14","slug":"van-verknorsing-tot-vryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/","title":{"rendered":"Van verknorsing tot vryheid"},"content":{"rendered":"<p>Ons is in die verknorsing. Wit, swart en bruin is in die rooi. Jare lank was dit die Rooi Gevaar van Kommunisme wat die groot bedreiging was, maar nou is dit die spreekwoordelike rooi van \u2019n geldkrisis wat die w\u00eareld, ongeag kleur en kultuur, stand of land, laat sidder. Die wolf is aan ons deur. Aan my deur ook. Saam met skuldeisers en klerke van die hof wat dagvaardings op my beteken, het die wolf ook my adres en jaag hy my nag en dag die skrik op die lyf. Di\u00e9 storie van die wolf is nie \u2019n slapenstydsprokie waarmee \u2019n mens iemand droomland toe sus nie. Dis die werklikheid en dis \u2019n nagmerrieverhaal.<\/p>\n<p>Di\u00e9 wolf wat jare lank net armes en onbekendes bedreig het, het nou ook diegene wat warmpies daar ingesit het, veral die middelklas, se skuilplekke uitgesnuffel. Goeie, toerekeningsvatbare landsburgers wat \u2019n jaar of drie tevore aansienlike kredietwaardigheid gehad het, veg om geldelik te oorleef en om in die proses hul geloofwaardigheid en menswaardigheid te behou. Almal word geraak. Van reusebanke wat internasionaal ondergaan en sakeryke wat in duie stort tot eenvoudige mense wat in die verste uithoeke van byna alle lande in die w\u00eareld saans honger ly. Nag en dag grom hy dreigend en hou ons uit die slaap. Soete nagrus bestaan nie en gemoedsrus ook nie. Teen die voordagure l\u00ea ons wakker en stel balansstate op wat nie klop nie en beraam planne oor hoe ons ons teen sy aanslae gaan verweer.<\/p>\n<p>Jy besef jy het die rooi gebied betree wanneer die aanmanings begin kom: \u201cU rekening is meer as 90 dae agterstallig. Betaal asseblief onmiddellik die uitstaande bedrag of skakel ons om re\u00eblings te tref.\u201d Jou selfoon lui van voordag tot laataand (jou huisfoon is al afgesny): \u201cIs dit (jou doopname en van) wat praat?\u201d Jy bevestig dit. \u201cOns skakel in verband met u rekening\u201c Later skeur jy nie meer die vensterkoeverte oop nie en gaan haal nie posstukke wat per aangetekende pos aan jou gestuur word nie. As jou selfoon lui, vrees jy dis iemand vir wie jy geld skuld en antwoord nie oproepe van onbekende nommers nie. Tjeks word onverrekend teruggestuur, debietorders bons terug, jy mag nie meer op jou rekeninge koop nie, die bank wil nie vir jou \u2019n oortrokke gerief toestaan nie. Intussen laat jou geldsake jou snags rondrol. Jy werk verbete, raak poegaai aan die slaap en skrik in die voordagure wakker en begin worstel met jou balansstaat wat net nie wil klop nie. Jy het net \u2019n sekere bedrag geld tot jou beskikking, jy het al jou spaargeld opgebruik, jou behoeftes afgeskaal tot n\u00e9t die noodsaaklikste, maar steeds oorskry jou uitgawes jou inkomste.<\/p>\n<p>Hoe het dit gebeur dat ons in geldelike verknorsing beland het? Op di\u00e9 vraag is daar waarskynlik net soveel antwoorde soos die aantal mense wat worstel om uit die welsand van geldverknorsing te kom. Te\u00ebspoed &#8211; in watter vorm ook al &#8211; is die oorsaak. Die natuur se buierigheid woed in vloede en droogtes; die politiek se oorwinnings en nederlae word uiteindelik in vernietigende oorlo\u00eb besleg; die markte se bulle en bere meet kragte en in die skermutselinge loop ons ook deur. Dis die groot kragte buite ons beheer wat die ekonomie kan knou, selfs laml\u00ea, en sodoende ons as individue se geldsituasie be\u00efnvloed. Dan is daar persoonlike terugslae. Siekte, egskeiding, \u2019n motorongeluk, \u2019n mislukte onderneming. En persoonlike swakhede soos dobbel en kooplus wat, as dit vergrype word, jou geldelik kan laat ondergaan.<\/p>\n<p>Kyk \u2019n mens na Suid-Afrikaanse statistieke, is dit skokkend h\u00f3\u00e9 erg die internasionale ekonomiese krisis soos \u2019n sinkgat die w\u00eareld laat inkalwe en maatskappye en mense verswelg &#8211; van stedelike sakekerne tot in afgele\u00eb landelike uithoeke.<br \/>\nSoos in my geval: \u2019n Artikelskrywer of joernalis skryf gewoonlik ander mense se verhale. Maar di\u00e9 keer hoef ek nie verder as myself te soek nie. Ek is \u2019n voorbeeld van \u2019n verantwoordelike mens wat in die geldknyp beland het as gevolg van die meeste van die oorsake wat ek hierbo genoem het. Nie omdat ek spandabelrig geleef het nie, maar vanwe\u00eb \u2019n sameloop van omstandighede Soos almal anders is ek aan die kragte buite my beheer onderworpe: die eb en die vloed van die natuur wat kospryse be\u00efnvloed, die verhoging en verlaging van die petrolprys, die stand van die ekonomie, die waarde van die rand en die inflasiekoers. Op persoonlike vlak is ek in my veertigs, die ma van twee tienerkinders \u2013 \u2019n seun wat studeer en \u2019n tienerdogter op skool. Ek is \u2019n joernalis. Ek het twee universiteitsgrade en werk die afgelope 25 jaar ononderbroke op vaste en vryskutgrondslag. Ek is ook \u2019n binneversierder en vul my verdienste aan deur op \u2019n vryskutgrondslag binneversiering te doen. Ek is geskei en ons kinders woon by my. D\u00edt is die deel van \u2019n mens se lewe waarin jy keuses maak wat jou later kan inhaal. In goedertrou het ek verkeerde besluite geneem wat my duur te staan gekom het. Ek het byvoorbeeld tydens my huwelik met my inkomste die elkedagse goed soos kruideniersware, klere en meubels gekoop en vir ons vakansies betaal. Ek moes dit &#8211; soos my gewese man &#8211; bel\u00ea het in vaste bates. Maar ek het hom vertrou. Toe ek my o\u00eb uitvee, het hy ons polisse, pensioengeld en eiendom met sy roekelose geldbestuur en dobbelary verkwis. En toe bly daar niks oor nie. Hiermee saam is ek in baie opsigte die gemiddelde, middeljarige, middelklaslandsburger in \u2019n tydvak wat w\u00eareldwyd as \u2019n jaar van ekonomiese insinking opgeteken word. Ek is van albei kante af deur \u2019n geldkrisis getref. Dis hoekom ek my verhaal kan vertel en weet dat baie mense hulle daarmee sal kan vereenselwig. Miskien nie tot in die fynste besonderhede nie, maar met die groter prentjie.<\/p>\n<p>My verhaal van verknorsing begin soos alle ander verhale by \u201ceendag\u201d. Maar di\u00e9 \u201ceendag\u201d is nie te lank gelede nie, eintlik sommer nou die dag nog, toe ek nog deur die bank as \u2019n gewaardeerde kli\u00ebnt met \u2019n ho\u00eb vlak van kredietwaardigheid beskou is. Ek werk verantwoordelik met geld van jongs af. Met banklenings het ek twee keer studeer en dit trou afgelos. Ek het nie my oortrokke gerief of kredietkaart gebruik nie en het ook nie winkelrekenings gehad nie. En toe val die regte lewe voor. My huwelik was aan die verbrokkel en my gewese man het sy werk in die vroe\u00eb stadium van die ekonomiese agteruitgang verloor. Met sy pensioenuitbetaling het hy \u2019n eie onderneming begin, maar by gebrek aan kennis van die jongste tegnologie in sy veld, kon hy nie kers vashou vir sy jonger kollegas wat bygebly het nie.<\/p>\n<p>Die onderneming het ondergegaan en sy toerusting is weens wanbetaling teruggeneem. Hy het verbete begin dobbel &#8211; sonder my medewete. Hy het op my naam met \u2019n vervalste handtekening by \u2019n mediese hulpfonds aangesluit &#8211; ook sonder my medewete. Met die eerste aftrekking van my tjekrekening af het ek dit eers uitgevind. Ons elektrisiteitsrekening het opgeloop. Hy het paaiemente op ons huisverband begin oorslaan. Ek het begin instaan en opdok deur my kredietwaardigheid en onbesproke kredietrekord in te span. Dit was maklik om \u2019n oortrokke gerief op my tjekrekening te kry, en so ook motorfinansiering. Met my as borg het my kind \u2019n studielening vir sy graadkursus van drie jaar gekry en ek kon rekeninge by twee kettingwinkels open. As gevolg van my gewese man se werkloosheid is \u2019n ontoereikende bedrag as onderhoud vir ons minderjarige kind toegestaan. Selfs d\u00edt word nie op \u2019n vaste grondslag betaal nie. My inkomste is die enigste waarop ons kan reken. Toe ons skei, het hy as werklose nie geld gehad om die oortrokke tjekrekening of kredietkaartskuld wat ek net ter wille van oorlewing aangegaan het, te help delg nie. Weens sy werkloosheid en dobbelverslawing, moes ons ook ons huis verkoop. Die wins is gebruik om skuld te delg.<\/p>\n<p>Ek het uit \u2019n huwelik van meer as twintig jaar gestap sonder \u2019n dak oor ons kop of \u2019n skikking of realistiese onderhoud vir ons kinders. Hoe nypender die gelddruk geraak het, hoe meer moes ek en ons kinders afskaal. Ons het nie meer \u2019n mediese hulpfonds nie. Ook nie korttermyn- of lewensversekering nie. Ook nie \u2019n huis- of \u2019n tuinhulp nie. Ons kinders se studiepolisse het hy lankal (sonder my medewete) laat verval. Ons oudste kind se studielening (met rente) moet afbetaal word en ons tweede kind se skoolgeld moet betaal word. Ons gaan nie met vakansie nie. Ons koop net die allernoodsaaklikhede en berei ekonomiese geregte met bestanddele wat bepaal word deur wat op spesiale aanbod beskikbaar is. Ons is in die rooi. Ons het ons vryheid verloor. Ons het die knegte van ons skuld geword. Maar ons gees is nie geblus nie. Al voel ek die eerste keer in my lewe soos \u2019n misdadiger omdat ek nie my verpligtinge kan nakom en my ondernemings gestand kan doen nie, al voel skuldeisers se oproepe soos \u2019n aanklag, weet ek dat \u2019n mens se menswaardigheid nie van sy kredietwaardigheid afhang nie. Ons wil ons weg uit die doolhof van di\u00e9 dwingelandy kry.<\/p>\n<p>IN MAART: Hoe om aan te gaan wanneer jy nie meer k\u00e1n nie.<\/p>\n<table border=\"\" width=\"\" cellspacing=\"\" cellpadding=\"\" align=\"\">\n<tbody>\n<tr>\n<td bgcolor=\"\"><strong>GELDKRISIS KNOU ONS ALMAL<\/strong><\/p>\n<p>Nie net in die geskiedenisboeke sal geskiedskrywers die heersende internasionale geldkrisis as een van die ergstes die afgelope eeu opteken nie \u2013 elke dag word die swaarkry deur die media in hoofopskrifte verklaar en deur verslaggewers en kenners geboekstaaf:<\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0\u201cMense in SA n\u00e1 finansi\u00eble instorting tot 50% armer\u201d \u2013 Rapport, 9 November<br \/>\n2008; Adri van Zyl skryf: \u201cSuid-Afrikaners is nou baie armer as wat hulle \u2019n jaar gelede<br \/>\nwas en veral hul vermo\u00eb om op kort termyn skuld te delg, wek kommer.\u201d<\/li>\n<li>\u201cW\u00eareldresessie is \u2018onvermydelik\u2019\u201d \u2013 Die Burger, 16 Oktober 2008; In \u2019n onlangse<br \/>\nopname van Merrill Lynch onder batebestuurders is bevind dat sewe uit tien internasionale<br \/>\nfondsbestuurders glo die w\u00eareldekonomie gaan \u2019n resessie betree, skryf<br \/>\nNellie Brand.<\/li>\n<li>\u201cSkuld knou verhoudings \u2013 ook tussen die lakens\u201d \u2013 Die Burger, 28 Oktober 2008:<br \/>\nAldi Schoeman skryf dat mense se onvermo\u00eb om hul skuld in die huidige ekonomiese<br \/>\nkrisis te delg, gesinsverhoudinge toenemend negatief raak en dat kinders weens die<br \/>\nverbrokkelende gesinsverhoudings swaarkry. Sy haal me. Uland\u00e9 Janse van Rensburg,<br \/>\n\u2019n skuldberader van Consumer Assist, aan: \u201cMense met skuld leef dikwels in vrees en<br \/>\ndit maak hulle kort van draad. Dit raak jou verhouding met jou man of vrou, met jou<br \/>\nkinders en met jou kollegas.\u201d<\/li>\n<li>\u201cOlikheid n\u00e1 die vrolikheid\u201d \u2013 Finweek, 4 September 2008\u201d: \u201cBank- en kleinhandelaandele val weer en verbruikers bly babelaas n\u00e1 doepa van ho\u00eb inflasie, rentekoerse<br \/>\nen voedsel- en oliepryse.\u201d Onder die opskrif \u201cIn die knyp \u2013 verbruikers dra<br \/>\nswaar aan skuldlas\u201d berig Vic de Klerk, Shaun Harris en Bruce Whitfield onder meer:<br \/>\n\u2019n Ontleding van die onlangse vloed van resultate van genoteerde banke en kleinhandelaars gee \u2019n nuttige beeld van die gesondheid van die SA ekonomie en gee insig in hoe verbruikers die vierdubbele slag van stygende rentekoerse, ho\u00ebr voedselpryse, stygende energiekoste en kwaai munisipale rekeninge die hoof bied. G\u2019n wonder nie dat mense se besteebare inkomste onbeduidend is en slegte skuld toeneem.\u201d<\/li>\n<li>\u201cVerbruikers se slegte skuld gaan hul \u00e1l meer oorweldig\u201d: Joanita Cilli\u00e9 skryf in<br \/>\nDie Burger dat slegte skuld in die volgende jaar of wat meer gaan voorkom en haal<br \/>\nmnr. Kevin Lings, ekonoom van Stanlib, aan: \u201cDit is omdat mense hul ho\u00eb leefstyl<br \/>\nnaarstig probeer handhaaf, of as die skuld wat hulle die afgelope vier jaar gemaak<br \/>\nhet, hulle begin oorweldig.\u201d<\/li>\n<li>In \u2019n voorbladberig van The Sunday Times onder die opskrif \u201cDebt Nightmare\u201d,<br \/>\nword statistieke aangehaal uit \u2019n verslag wat deur Roger Brown, uitvoerende direkteur<br \/>\nvan die skuldberadermaatskappy Credit Matters, opgestel is. Daarvolgens is meer as<br \/>\nses miljoen verbruikers in Maart 2008 op die Kredietburo se swartlys met die wit<br \/>\nbevolkingsgroep wat in 2008 die diepste in die skuld was met \u2019n skuldlas van R680<br \/>\nbiljoen. In 2008 is gemiddeld 6 000 voertuie en 2 000 huise per maand teruggeneem.<br \/>\nOnder huiseienaars was daar teen die einde van die jaar byna 100 000 wat<br \/>\nnie hul verband se premie elke maand kon betaal nie en 25 000 wat hul huise as<br \/>\ngevolg van agterstallige premies kwyt kan wees.<\/li>\n<\/ul>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons is in die verknorsing. Wit, swart en bruin is in die rooi. Jare lank was dit die Rooi Gevaar van Kommunisme wat die groot bedreiging was, maar nou is dit die spreekwoordelike rooi van \u2019n geldkrisis wat die w\u00eareld, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98947,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680],"tags":[],"class_list":["post-3360","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Van verknorsing tot vryheid | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Van verknorsing tot vryheid | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons is in die verknorsing. Wit, swart en bruin is in die rooi. Jare lank was dit die Rooi Gevaar van Kommunisme wat die groot bedreiging was, maar nou is dit die spreekwoordelike rooi van \u2019n geldkrisis wat die w\u00eareld, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-09T09:43:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:17:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1005\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Van verknorsing tot vryheid\",\"datePublished\":\"2009-11-09T09:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:17:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/\"},\"wordCount\":2011,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg\",\"articleSection\":[\"Sukses en geld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/\",\"name\":\"Van verknorsing tot vryheid | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg\",\"datePublished\":\"2009-11-09T09:43:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:17:14+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg\",\"width\":1005,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/van-verknorsing-tot-vryheid\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Van verknorsing tot vryheid\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Van verknorsing tot vryheid | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Van verknorsing tot vryheid | rooi rose","og_description":"Ons is in die verknorsing. Wit, swart en bruin is in die rooi. Jare lank was dit die Rooi Gevaar van Kommunisme wat die groot bedreiging was, maar nou is dit die spreekwoordelike rooi van \u2019n geldkrisis wat die w\u00eareld, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-09T09:43:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:17:14+00:00","og_image":[{"width":1005,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Van verknorsing tot vryheid","datePublished":"2009-11-09T09:43:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:17:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/"},"wordCount":2011,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg","articleSection":["Sukses en geld"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/","name":"Van verknorsing tot vryheid | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg","datePublished":"2009-11-09T09:43:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:17:14+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/JOU-LEWE-Van-verknorsing-tot-vryheid.jpeg","width":1005,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/van-verknorsing-tot-vryheid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Van verknorsing tot vryheid"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3360","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3360"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3360\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3360"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3360"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3360"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}