{"id":3355,"date":"2009-11-08T18:29:00","date_gmt":"2009-11-08T16:29:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/plastiek-die-skurke-die-helde\/"},"modified":"2017-05-13T13:05:30","modified_gmt":"2017-05-13T11:05:30","slug":"plastiek-en-jou-gesondheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/","title":{"rendered":"Plastiek en jou gesondheid"},"content":{"rendered":"<p>Toe dr. Carl Albrecht van Kansa in \u2019n babawinkel bababottels deurkyk, is \u201cseker 90%\u201d van die bottels van <strong>polikarbonaatplastiek<\/strong> gemaak. Die probleem? Polikarbonaatplastiek word aan borskanker verbind, altans in navorsing op rotte. Rotkleintjies wat aan polikarbonaat blootgestel is, toon as jong volwassenes reeds vroe\u00eb tekens van borskanker. Toevallig, of dalk nie, kom borskanker die afgelope twee dekades al meer voor by vroue in hul dertigerjare en selfs in hul twintigerjare. Kanada het twee en twee bymekaar getel en verbied sedert 2008 bababottels van polikarbonaat. Dalk is hulle oorversigtig, maar intussen het nog navorsing in die vooraanstaande JAMA verskyn wat \u2019n duidelike verband trek tussen BPA (\u2019n komponent van polikarbonaat wat daaruit loog) en hartkwale en diabetes by mans. Polikarbonaat is nie al plastiek wat kommer wek nie: sekere poliviniele (PVC\u2019s) is ook op party instellings se lys van ongewenstes. Die groot hospitaalgroep <em>Catholic Health Care West<\/em> gebruik nie meer kateters en drupsakke van PVC met DEHP nie, en selfs die <em>Food and Drug Administration<\/em> (FDA) het onlangs aanbeveel dat vervaardigers na alternatiewe vir hierdie soort PVC soek.<\/p>\n<p>Maar by ons is die publiek doodstil oor veilige en ho\u00ebrisiko-plastiek. Anders as in Europa, die VSA en Kanada is hier by ons geen bohaai oor speelgoed van sagte plastiek nie. Ook nie oor die kleefplastiek waarin ons supermarkvleis netjies verpak is, plastiekhouers vir skoolkos, seksspeelgoed, kateters en drupsakke in die hospitaal, of mengbakke wat ons in die mikrogolf sit nie. Al die plastiekprodukte maak ons lewe makliker, maar stel die kankerwekkers en hormoonontwrigters BPA (Bisfenol A), DEHA en DEHP onsigbaar vry en kan ons gesondheid potensieel ernstig skaad.<\/p>\n<p>Is dit tyd dat ons regop sit en leer hoe om ons PETs van sy gevaarliker boeties, die PC\u2019s en PVC\u2019s, te onderskei &#8230; en ons stemme dik te maak om ons en ons kinders se risiko op kanker te verklein? Beslis. Niemand gaan dit vir ons doen nie. Die regering se hande is oorvol en die <em>Plastics Federation of South Africa<\/em>, die relevantste organisasie om verbruikers op die hoogte te hou, hou vol plastiek is veilig. Volgens hul webwerf is ons besorgdheid gegrond op Internetmites en Amerikaanse verbruikershisterie. Die vlakke van gevaarlike stowwe in hul lede se plastiek is \u201cver onder die FDA se riglyne\u201d. Maar hulle noem nie dat <em>Health Canada<\/em> en die Europese Unie, die w\u00eareldleiers op plastiekveiligheid, die FDA-riglyne as irrelevant beskou nie. Is die <em>Plastics Federation<\/em> besig om twee keer te dink?<\/p>\n<p>Volgens David Hughes, uitvoerende direkteur, is hulle by Vinyl Forum betrokke, waar plaaslike navorsers en kenners binnekort gaan begin om riglyne neer te l\u00ea om ons te beveilig. Met ander woorde hulle is self nie meer so seker dat alle plastiek veilig is nie. Nogtans s\u00ea Johan Visser, bestuurder van navorsing en ontwikkeling by Nampak, moet ons darem nie die baba(bottel) met die badwater uitgooi nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDaar is plastiek \u00e9n plastiek. As vervaardigers van verpakkingsmateriaal bly ons aan die voorpunt van navorsing en kan ons regtig met vertroue s\u00ea die oorgrote meerderheid is heeltemal veilig. Ons wil immers ook nie kanker kry nie.\u201d <\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar dis waar dat ons as verbruikers swak ingelig is en nie weet wie om te glo nie. Johan glo die verbruikers se beste verweer is om met die versigtigste eksperte saam te gaan. \u201cWat plastiek betref, is dit <em>Health Canada<\/em>, en selfs hulle is tevrede met die meeste soorte plastiek. Daar is net rooi ligte oor die polikarbonate wat met BPA geplastiseer is en sekere PVC\u2019s, en ook net as dit in sekere omstandighede gebruik word.\u201d hou sy opsies oop: \u201cOns leer algaande. Van die meer as 100 000 mensgemaakte molekules is minder as 5% getoets vir karsinogeniteit. Ons is \u2019n lewende eksperiment, en na my mening is daar baie, baie vraagtekens oor sommige produkte. Ek dink dit is tyd dat ons as verbruikers vasstel wat is veilig en wat nie sodat ons onsself kan beskerm. Ek verkies glas en erdehouers om my kos in te stoor.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die skurke en goeie outjies<\/h4>\n<p>Maar vir seker kan ons nie na \u2019n w\u00eareld voor plastiek terugkeer nie. Van ons selfone tot ons tandedraadjies word daarvan gemaak. Dis wyser om te leer onderskei tussen veiliges en onveiliges en om te leer hoe om plastiek reg te gebruik. Plastiek word in sewe klasse gedeel. Hulle is oorspronklik geskep om plastiek vir herwinning te sorteer, eerder as om die slegtes en goeies te onderskei. Maar dis die beste stelsel wat ons as verbruikers tans het. So val alle PVC\u2019s in Klas 3, en al is party veilig het ons geen manier om maklik te onderskei nie. Die ander groep om te vermy is Klas 7, bloot omdat dit enige onge\u00efdentifiseerde plastiek aandui, maar ook omdat polikarbonaatplastiek hier ingedeel word. Jou kind se skoolkosblik val waarskynlik in Klas 3 of 7 \u2026<\/p>\n<p>En die goeie outjies? As jy <em>Health Canada<\/em> se riglyn gebruik, kan jy ontspan oor PET en polistireen. Daardie skrik-e-pos wat kort-kort die rondte doen dat ons kanker gaan kry van ons PET-waterbottels is regtig \u2019n mite. Maar die stories oor PVC en PC is ni\u00e9. Onder hierdie rokies brand vuurtjies. Wat is dit met PVC? Poliviniele is sterk en duursaam en staatmakers in die boubedryf, vir tuistoebehore en in die vervaardigingsektor. In die jare sewentig is PVC sonder twyfel aan \u2019n skaars soort lewerkanker by fabriekswerkers w\u00eareldwyd verbind. Die vervaardigingsproses is toe geoutomatiseer en is volgens die vervaardigers nie meer \u2019n gevaar nie. PVC alleen is hard en bros, en daarom word dit geplastiseer (sag en buigsaam gemaak), en dis hier waar die volgende kwessie inkom. Die twee algemeenste plastiseerders is DEHP en DEHA. DEHP vorm daardie sagte plastiek wat vir kinder- en seksspeelgoed gebruik word. DEHA gee \u2019n besonder sterk, elastiese kleefplastiek \u2013 die kommersi\u00eble soort wat supermarkte vir verpakking van vars produkte gebruik. Die probleem is dat hierdie twee kankerwekkers \u201cverdamp\u201d uit PVC en veral na vette migreer. Hoe warmer, hoe meer migrasie vind plaas. Jy kan jou indink wat gebeur wanneer kommersi\u00eble kleefplastiek gebruik word om vleis (vetterig) te verpak, vir dae op die rak staan, waarna jy dit vries en dan in die mikrogolf (hitte) ontdooi.<\/p>\n<p>Skoolkosblikke wat in die son rondstaan, is eweneens soos oondjies wat hierdie kankerwekkers uit die plastiek loog. Aangesien die DEHP daarin die probleem is, eerder as die PVC, skakel baie vervaardigers oor na DINP wat \u2019n veiliger plastiseerder is, en meen baie vervaardigers PVC is nou veilig. Maar daar is nog \u2019n probleem: die uiters toksiese karsinogeen dioksien word vrygestel wanneer PVC vervaardig word. Dit is die hoofrede waarom Japanse motorvervaardigers nie meer PVC binne-in fabrikate soos Honda gebruik nie. Nogtans doen vervaardigers groot moeite om die besoedeling met dioksien te keer. Die probleem met PC\u2019s (polikarbonate) is dat die estrogeennabootser bisfenol A meestal gebruik word om dit te vervaardig.<\/p>\n<p>Navorsers is meer besorg oor BPA-kontak vir babas as vir volwassenes. Die rede? Waar volwassenes oor die ensieme beskik om BPA doeltreffend af te breek en in die urien uit te skei kan babas nie. In hul lyfies word BPA as estrogeen gelees, wat teoreties minstens een van die redes kan wees vir die stygende voorkoms van bors- en prostaatkanker by al hoe jonger vroue en mans.<\/p>\n<p>Waar sal jy die verkeerde plastiek kry? Die algemene riglyn is dat PVC helder, hard en breekvas is, terwyl sommige PVC\u2019s die kenmerkende \u201cnuwe motor\u201d reuk het. Maar talle PVC\u2019s is sag, gekleur en reukloos. Sonder die Klas 3-merk sal leke hulle moeilik uitken. Boonop word verskillende klasse plastiek dikwels gemeng gebruik: vleis kan byvoorbeeld in \u2019n polistireenbakkie l\u00ea en met PVC-plastiek bedek word. Die wet verplig vervaardigers nie om plastiek te merk nie, s\u00ea David Hughes van die Plastics Federation. \u201cOns kan maar net die plastiekbedryf aanmoedig om hul plastiek te identifiseer, verkieslik met groot, leesbare simbole.\u201d Ons sal maar s\u00e9lf die bal aan die rol moet sit. En met goeie oordeel, want vanselfsprekend hou PVC-tuinstoele en dies meer min risiko in, maar wees versigtig as PVC in kontak kom met jou kos of as jy dampe daarvan gaan inasem. Dring daarop aan dat hierdie plastiek duidelik ni\u00e9 PVC, polikarbonaat, Klas 3 of Klas 7 mag wees nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wees hier op jou hoede<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>In die supermark <\/strong><\/p>\n<p>Kleefplastiek veral oor kaas, vleis, biltong en brode. (Glad Wrap en die supermarkhandelsmerke, soos Spar Cling Wrap, is veilig maar die ander is\u00a0nie). Herverpak alles in glas, karton (sonder \u2019n plastieklagie) of PET-plastieksakkies.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>In jou mikrogolfoond <\/strong><\/p>\n<p>Kleefplastiek en sommige plastiekbakke. Glasbakke en\u00a0-deksels is altyd veiliger.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>In jou plastieklaai<\/strong><\/p>\n<p>Klas 3, Klas 7 en alle ongemerkte plastiek. Tupperware s\u00ea hul\u00a0produkte \u201cbevat veilige hoeveelhede PBA soos deur die FDA toegelaat\u201d maar <em>Health\u00a0Canada<\/em> aanvaar dit nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Vir babas <\/strong><\/p>\n<p>Sagte plastiekspeelgoed, veral as dit soos \u201cnuwe motor\u201d ruik en goedkoper\u00a0polikarbonaat-bababottels &#8211; al is hulle dierbaar versier. Die veilige, duurder\u00a0polikarbonaat-vryes is: Nuk, New Born Free, MAM, Flow, Pigeon, Steribottle, Dizzy\u00a0Dots en Ez Freeze. NOTA Milton en Jik laat selfs meer BPA uit polikarbonaat loog.\u00a0Moet ook nie in PC-bottels melk in die mikrogolfoond verhit nie. En moenie PC-bottels\u00a0in die mikrogolfoond of met kookwater steriliseer nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Geplastiseerde blindings <\/strong><\/p>\n<p>PVC-behandelde materiaal en PVC-plastiektafeldoeke.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Waterhouers <\/strong><\/p>\n<p>Glas (die topkeuse) en PET-plastiekbottels is veilig, maar yskashouers\u00a0en modieuse plastiekbekers is nie noodwendig nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Seksspeelgoed <\/strong><\/p>\n<p>Di\u00e9 van sagte plastiek. Bedek dit met \u2019n kondoom, of gebruik glasitems.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>In jou badkamer <\/strong><\/p>\n<p>Jou plastiekstortgordyn.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Sport- en kamptoerusting <\/strong><\/p>\n<p>As jy daaruit gaan eet of drink (veral warm goed), of\u00a0dit gaan inasem, soek produkte wat duidelik ni\u00e9 PVC, polikarbonaat, die Klas 3- of\u00a0Klas 7-merk dra nie en nie by aankope na \u201cnuwe motor\u201d ruik nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ontspan oor<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Blikkieskos <\/strong><\/p>\n<p>Die binnekant van die meeste blikkie is uitgevoer is met PVC met BPA maar tydens vervaardiging word BPA vir alle praktiese doeleindes uitgeloog. Selfs Health Canada is gerus oor blikkieskos, hoewel hulle tog besig is om te kyk na beter houers vir formulemelk vir babas. Dis dalk tog veiliger om blikkieskos vir kinders onder \u2019n jaar te vermy.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Jou ketel <\/strong><\/p>\n<p>Dit behoort van \u2019n veilige plastiek te wees.<\/p>\n<p>Melk- en vrugtesaphouers Al die UHT-dosies is veilig, asook die tipiese melk-,jogurt- en maaskaashouers. Grootmaat-kaas (\u201cbrode\u201d) is meestal omhul met \u2019n veilige omhulsel, maar in supermarkte word dit in klein maat herverpak in kommersi\u00eble kleefplastiek. Koop liewer \u2019n \u201cbrood\u201d en herverpak dit tuis.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Klasse plastiek<\/h4>\n<ul>\n<li>\u2019n Klassifikasiestelsel (bo) is oorspronklik ontwikkel om plastiek maklik te herwin maar twee klasse plastiek is potensieel onveilig: Klas 3 en Klas 7<\/li>\n<li>Klas 1 met PETs (poli\u00ebtileen) waarvan veral bottels gemaak word vir water,<br \/>\nkoeldrank, kookolie en grondboonbotter.<\/li>\n<li>Klas 2 met HDPE\u2019s (ho\u00ebdigtheid-poli\u00ebtileen) wat veral vir melkbottels gebruik<br \/>\nword.<\/li>\n<li>Klas 3 PVC\u2019s (polivinielchloried).Klas 4 LDPEs (laedigtheid-poli\u00ebtileen) waarvan plastieksakke van alle soorte<br \/>\ngemaak word. Die meeste kleefplastiek huishandelsmerke en Glad Wrap word ook<br \/>\nhiervan gemaak.<\/li>\n<li>Klas 5 PP (polipropileen) waarvan plastiek soos jogurthouers gemaak word.<\/li>\n<li>Klas 6 PS (polistireen) wat ons as weggooibekers en die -houers en verpakkingsmateriaal<br \/>\nken.<\/li>\n<li>Klas 7 alle ander soorte plastiek onder meer polikarbonate. Hier is geen riglyne<br \/>\nnie, en geen veiligheidswaarborge nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Grys gebiede waaroor groot onsekerheid heers<\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Kleefplastiek<\/strong> Oppas vir die sterker, onvelige, kommersi\u00eble kleefplastiek wat deurgaans deur verpakkers en supermarkte gebruik word. Vervang hul kleefplastiek so gou jy kan met Glad Wrap of die supermarkte se eie handelsmerke.<\/li>\n<li><strong>Krone en die plastiekdele van ortodonsiedraadjies<\/strong> N\u00e1 die herrie oor kwikvulsels,\u00a0is hier nog olie op die vuur: \u2019n Japanse studie het bevind dat BPA hieruit loog \u2013\u00a0en meer as wat verwag is.<\/li>\n<li><strong>Water- en sportbottels<\/strong> Hoewel baie bottels van veilige PET-plastiek gemaak is, is talle van PVC en PC. Hou jou geld in jou sak tensy die bottel van PET is (Klas 1, 2 en 4).<\/li>\n<li><strong>Hospitaaltoerusting<\/strong> Talle hiervan word van PVC gemaak, soos kateters, drupsakke en so aan. Health Canada is besig om dit te ondersoek.<\/li>\n<li><strong>Die waterkoeler<\/strong> Omdat die water verkoel is, behoort min BPA uit te loog.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe dr. Carl Albrecht van Kansa in \u2019n babawinkel bababottels deurkyk, is \u201cseker 90%\u201d van die bottels van polikarbonaatplastiek gemaak. Die probleem? Polikarbonaatplastiek word aan borskanker verbind, altans in navorsing op rotte. Rotkleintjies wat aan polikarbonaat blootgestel is, toon as [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55345,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[762,5518,5519,5520,5521,5522,5523,5524,5525],"class_list":["post-3355","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-borskanker","tag-plastiek","tag-polikarbonaatplastiek","tag-polikarbonaat","tag-bababottels","tag-kleefplastiek","tag-plastiekhouers","tag-plastiekprodukte","tag-waterbottels"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Plastiek en jou gesondheid | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Plastiek en jou gesondheid | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Toe dr. Carl Albrecht van Kansa in \u2019n babawinkel bababottels deurkyk, is \u201cseker 90%\u201d van die bottels van polikarbonaatplastiek gemaak. Die probleem? Polikarbonaatplastiek word aan borskanker verbind, altans in navorsing op rotte. Rotkleintjies wat aan polikarbonaat blootgestel is, toon as [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-08T16:29:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-13T11:05:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Plastiekkoppie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Plastiek en jou gesondheid\",\"datePublished\":\"2009-11-08T16:29:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-13T11:05:30+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/\"},\"wordCount\":1970,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Plastiekkoppie.jpg\",\"keywords\":[\"borskanker\",\"plastiek\",\"polikarbonaatplastiek\",\"polikarbonaat\",\"bababottels\",\"kleefplastiek\",\"plastiekhouers\",\"plastiekprodukte\",\"waterbottels\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/\",\"name\":\"Plastiek en jou gesondheid | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Plastiekkoppie.jpg\",\"datePublished\":\"2009-11-08T16:29:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-13T11:05:30+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Plastiekkoppie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Plastiekkoppie.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plastiek-en-jou-gesondheid\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Plastiek en jou gesondheid\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Plastiek en jou gesondheid | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Plastiek en jou gesondheid | rooi rose","og_description":"Toe dr. Carl Albrecht van Kansa in \u2019n babawinkel bababottels deurkyk, is \u201cseker 90%\u201d van die bottels van polikarbonaatplastiek gemaak. Die probleem? Polikarbonaatplastiek word aan borskanker verbind, altans in navorsing op rotte. Rotkleintjies wat aan polikarbonaat blootgestel is, toon as [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-08T16:29:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-13T11:05:30+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Plastiekkoppie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Plastiek en jou gesondheid","datePublished":"2009-11-08T16:29:00+00:00","dateModified":"2017-05-13T11:05:30+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/"},"wordCount":1970,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Plastiekkoppie.jpg","keywords":["borskanker","plastiek","polikarbonaatplastiek","polikarbonaat","bababottels","kleefplastiek","plastiekhouers","plastiekprodukte","waterbottels"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/","name":"Plastiek en jou gesondheid | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Plastiekkoppie.jpg","datePublished":"2009-11-08T16:29:00+00:00","dateModified":"2017-05-13T11:05:30+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Plastiekkoppie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Plastiekkoppie.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plastiek-en-jou-gesondheid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Plastiek en jou gesondheid"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3355","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3355"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3355\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55345"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3355"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3355"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3355"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}