{"id":3349,"date":"2009-11-09T11:23:00","date_gmt":"2009-11-09T09:23:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/op-die-rand-van-n-afgrond\/"},"modified":"2016-03-02T14:13:55","modified_gmt":"2016-03-02T12:13:55","slug":"op-die-rand-van-n-afgrond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/","title":{"rendered":"Is jy \u2019n kompulsiewe koper?"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Ek is \u2019n tweegesig.\u201d Hoewel Rentia Malan* se stelling \u2019n poging tot die waarheid is, sien sy steeds nie kans om haar gesig en haar naam aan di\u00e9 artikel te koppel nie. Sy spring van \u201cek sal alles vertel\u201d na\u00a0\u201cdaar\u2019s nie eintlik \u2019n storie nie\u201d, terwyl haar gerieflike motor kreun onder die pakkies van haar pas afgelope inkopietog. Rentia is \u2019n impulskoper. \u201cVir \u2019n buitestander sal my lewe seker gerieflik en sonder probleme lyk,\u201d het sy met ons eerste ontmoeting versigtig begin, waarna sy die onderhoud onverwags kortgeknip het. Ek was verbaas toe sy twee dae later bel en s\u00ea dat sy w\u00e9l wil voortgaan. Dit blyk dat Rentia feitlik die einde van haar uitgebreide kredietlyn bereik het, en die paniek jaag haar net meer tussen die winkelrakke in. \u201cEk kon die laaste vyf jaar met vernuf \u2019n mate van finansi\u00eble juggling doen,\u201d erken sy, en verklap dat sy ingenome gevoel het met haar vindingrykheid. Maar die skrif is aan die muur en Rentia is bevrees sy gaan ontmasker word. \u201cMario* is \u2019n goeie eggenoot, maar hy het baie definitiewe idees omtrent die huwelik en \u2019n vrou se rol daarin, en ek het beslis \u2019n klomp van ons ooreenkomste oortree \u2013 sonder sy medewete.\u201d Haar stemtoon is kalm asof sy van die onlangse goeie re\u00ebn praat.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Feite<\/h4>\n<p>\u2022 90% van alle inkopieslawe, is vroue.<br \/>\n\u2022 Navorsing wat Thomas O\u2019Guinn en Ronald Faber in 1992 gepubliseer het, het bevind dat die probleem in die Verenigde State van Amerika net so groot soos diabetes en depressie is.<br \/>\n\u2022 Impuls: \u2019n Sterk, skielike\u00a0begeerte om tot \u2019n handeling oor te gaan sonder vooraf besinning.<\/p>\n<p>Die volgende oomblik bars sy in trane uit. \u201cEk leef op die rand van \u2019n afgrond!\u201d Rentia se skuld beloop sowat \u2019n halfmiljoen rand. Mario het onlangs begin kyk na vakansie-eiendomme waar sy gesin kan ontspan, en Rentia besef hy gaan binnekort die ware toedrag van hul finansi\u00eble sake ontdek. \u201cMario is \u2019n doelgerigte man.<\/p>\n<p>Hy reis baie en het \u2019n veeleisende beroep met lang ure. Ek bestuur ons huislike sake en finansies. Hy word heeldag deur probleme gekonfronteer en verwag \u2019n rustige omgewing waarin hy kan ontspan wanneer hy tuis kom. Hy voorsien ruimskoots vir ons en verwag dat alles perfek moet wees.\u201d Voor hul huwelik het albei tot die praktiese ooreenkoms ingestem. Haar hare wat volgens die jongste modestyl en \u2013kleur gestileer is, salonnaels en vlekkelose vel getuig van \u2019n begroting wat vir pamperlang voorsiening maak. \u201cMario het ho\u00eb standaarde en ek moet gereeld aan sy sy wees met onthale,\u201d beduie sy argeloos na haar paar ingevoerde polvye wat prysgewys gewis menige vrou se totale maandelikse inkomste ewenaar. Maar hoe is dit dat Mario nie bewus is van al die oordadige aankope nie? Hy klink soos \u2019n man wat oplet na detail en hou van dinge soos dit is?<\/p>\n<p>\u201cEk neem nooit al my inkopies huis toe nie,\u201d help sy my reg. Toe haar pakkies te veel word om ongesiens te akkommodeer, het sy \u2019n pakkamer, ruweg so groot soos \u2019n motorhuis, gehuur waarin sy haar aankope kan opgaar. \u201cDis geheel en al privaat. Net ek het \u2019n sleutel en kan enige tyd sonder enige vrae daar aandoen. Die maandelikse huur is nie te veel nie, en ek het algehele privaatheid.\u201d Sy kikker merkbaar op by die noem van die pakkamer. Maar gebruik sy nie haar aankope nie? \u2019n Effense blos is sigbaar op haar goed versorgde gelaat. \u201cEk kan nie eintlik alles onthou wat ek al gekoop het nie. Ek maak nooit die bokse en pakkies oop nie.\u201d Aangesien die meeste mense koop uit nodigheid of die behoefte om iets te besit, moet jy vra \u201choekom dan?\u201d \u201cDit is vir my lekker dat alles daar bymekaar is, waar ek daarna kan kyk. Ek sit op \u2019n gerieflike leunstoel wat ek spesiaal vir di\u00e9 doel gekoop het en kyk na die honderde pakkies wat plek-plek tot teen die plafon gestapel is. Dit laat my \u2018iets\u2019 voel wat ek nie kan verduidelik nie\u201d. Sy bly \u2019n oomblik stil terwyl sy nadink. \u201cEk hoef dit ook nie te verduidelik nie.\u201d \u2019n Sweempie nukkerigheid is skielik deel van die atmosfeer. Sy begin in alle erns om haar optrede te regverdig en haar onderneming om hulp te soek, klink oortuigend, maar ek kan nie help om te wonder nie &#8230;<\/p>\n<p>Maar daar het \u2019n kilte in die onderhoud ingesluip en sy groet my baie formeler as toe sy by my aangesluit het. Net voor sy in die lushof van \u2019n duur winkel verdwyn, kyk sy vir \u2019n laaste keer om na my \u2013 en ek bly agter met die beeld van \u2019n vrou wat goed lyk en sterk voorkom, maar eintlik vreeslik weerloos en eensaam is.<\/p>\n<p>*Skuilname<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is j\u00fd \u2019n impulskoper?<\/h4>\n<p>\u2022 Gebruik jy sonder uitsondering inkope om\u00a0jou op te kikker as jy \u201caf\u201d voel?<br \/>\n\u2022 Bestee jy meer as wat jy kan bekostig?<br \/>\n\u2022 Koop jy dinge wat jy nie nodig het nie, en is jou aankope onbeheers?<br \/>\n\u2022 Is sommige van jou inkopies onoopgemaak of versteek?<br \/>\n\u2022 Voel jy skaam en verle\u00eb oor jou optrede?<br \/>\n\u2022 Sal jou lewe enigsins minder betekenis h\u00ea as jy ophou koop?<br \/>\n\u2022 Het jy al probeer om jou gedrag te verander &#8211; sonder sukses?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea die kenner?<\/h4>\n<p>Sommige kenners redeneer dat inkopieverslawing eerder \u2019n vorm van obsessief-kompulsiewe neurose of \u2019n impulsbeheer-neurose is soos met bingeeating of kleptomanie, want die woord \u2018verslawing\u2019 is eintlik \u2019n verouderde sinoniem vir afhanklikheid \u2013 veral fisieke afhanklikheid.<\/p>\n<p>\u201cWat wel waar is, is dat kompulsiewe kopers dieselfde high ervaar wat iemand beleef wat aan dwelms verslaaf is,\u201d s\u00ea dr. Ria van Niekerk, voorheen verbonde aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.<\/p>\n<p>\u201cDie koper glo aankope sal haar beter laat voel \u2013 en kortstondig is dit die geval. Hulle sal veral die winkels invaar wanneer hulle depressief, eensaam, verveeld of kwaad is.\u201d Maar die nadraai is dieselfde as met enige ander verslawing. \u201cTerwyl hulle inkopies doen, en op \u2019n <em>high<\/em> is, sal hulle dikwels uitspattige bedrae bestee aan goed wat hulle nie nodig het nie. Jy sal dikwels items in hul kaste kry wat nog \u2019n etiket aanhet.<\/p>\n<p>\u201cDie belangrikste om te onthou is dat s\u00f3 iemand nie rasioneel optree of handel nie,\u201d tree sy in die bresse vir \u2019n gedragsafwyking wat dalk vir ander na pure bederf klink. Is impulskoop vergelykbaar met ander verslawings? \u201cDie wetenskaplike naam vir impulskoop is oniomanie. Dit het in die verlede nie erkenning gekry as \u2019n gedragsafwyking of verslawing nie, maar deesdae is impulskoop \u2019n erkende probleem.<\/p>\n<p>Dit gaan nie vir hulle oor w\u00e1t hulle koop nie, dit gaan oor die proses. Wanneer die euforie van die inkopietog verby is, soos die geval met alle verslawings, is die resultaat oorweldigende skuldgevoel, skaamte en selfverwyt. Dit lei tot \u2019n onhanteerbare gevoel van wanhoop \u2013 en die enigste kuur in die o\u00eb van die verslaafde is om weer toe te gee aan die impuls om ontslae te raak van al die negatiewe emosies wat hulle dikwels nie kan hanteer nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoekom is veral vroue inkopieslawe?<\/h4>\n<p>\u201cKyk ons na ons oerouers, was mans die jagters en vroue die versamelaars. Vandag nog is winkel toe gaan in die meeste verhoudings die vrou se afdeling. Dit is \u2019n bekende omgewing en in baie gevalle die enigste plek waar \u2019n vrou \u2018vry\u2019 voel. In baie verhoudings is die een party sterk dominant en die ander een inskiklik. Wanneer die inskiklike party oormatig gedomineer voel of inherent ongelukkig is en selde geleentheid het om die ware self uit te leef binne die normale kon-teks van die huwelik, is gedragsafwykings soos koopverslawing \u2019n gevolg.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe begin dit?<\/h4>\n<p>\u201cDie eerste aankope is dikwels onskuldig. Maar sy ervaar genoegdoening, en as daar dalk \u2019n ongeoorloofde item ongesiens onder haar man se neus deurglip, gee dit haar moontlik \u2019n euforiese gevoel van mag en beheer \u2013 iets wat sy nie in haar verhouding het nie. \u201cHaar waagmoed sal toeneem en die doel van die inkopies is nie in die \u2018wat\u2019 nie, maar in die aankoop en verdoeseling daarvan. Namate die aankope toeneem en sy daarmee \u2018wegkom\u2019, is dit moontlik dat sy perspektief sal verloor. Baie inkopieslawe sal buitensporige maatre\u00ebls tref om hul inkope weg te steek. Dit is in baie gevalle vir hulle lekker om \u2019n \u2018geheim\u2019 te h\u00ea. \u201d Besef die mense hulle het \u2019n probleem? \u201cMiskien nie aanvanklik nie, want sy glo dalk dat sy dit kan beheer. Maar wanneer die siklus toeneem, sal sy weldra weet sy is buite beheer.\u201d En die gevolge? \u201cOmdat hulle buite beheer koop, sal hulle vroe\u00ebr of later in \u2019n geldelike verknorsing beland. Dit kan lei tot skuldeisers wat gedurig bel en deurentyd neem die spanning toe, wat weer aanleiding gee tot impulskope. Verhoudings, haar werk en die gesin se struktuur asook finansi\u00eble sekuriteit kom alles in gedrang wanneer die onbeheerste inkopietogte nie aandag kry nie.\u201d<\/p>\n<p>Ria s\u00ea dat inkopieslawe dikwels multiverslaaf is en ook \u2019n ander afhanklikheidsprobleem kan h\u00ea, soos die misbruik van medisyne of alkohol. Wat van die gesin? \u201cBaie mans wat gewoond is om in beheer te wees, is heeltemal oorbluf wanneer die onthulling gemaak word. Baie vroue kies om in \u2019n \u201cneutrale\u201d omgewing met die sak patats vorendag te kom, soos by \u2019n berader of in die bankbestuurder se kantoor omdat hulle die man se reaksie wil verdun.\u201d Sy s\u00ea dat die man hom gewoonlik in \u2019n groot mate blameer omdat hy, wat veronderstel is om in beheer te wees, die fout gemaak het om sy vrou te \u201cvertrou\u201d om met die finansies te werk. Hy sal voel dat hy gefaal het. \u201cVir gesinslede wat bewus is van die probleem, is dit \u2019n skrikwekkende en onvoorspelbare lewe. Hulle sal toenemend ontoereikend voel om te help en desperaat sukkel om dit te verwerk dat iemand vir wie hulle lief is, blykbaar met opset of sonder verantwoordelikheid stap vir stap hul lewe en sekuriteit verwoes.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Praktiese handleidings tot hulp<\/h4>\n<p><em>I Shop, Therefore I Am: Compulsive Buying and the Search for Self<\/em> (Aronson, 2000), asook Addictions: A Practical Handbook (Wiley, 2004) deur dr. April Lane Benson.<\/p>\n<p>\u2019n Reeks doeltreffende behandelings is beskikbaar, soos medisyne, individuele terapie en groepterapie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.help-for.com\" target=\"_blank\">http:\/\/www.help-for.com<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Ek is \u2019n tweegesig.\u201d Hoewel Rentia Malan* se stelling \u2019n poging tot die waarheid is, sien sy steeds nie kans om haar gesig en haar naam aan di\u00e9 artikel te koppel nie. Sy spring van \u201cek sal alles vertel\u201d na\u00a0\u201cdaar\u2019s [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":16615,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674],"tags":[233,2982,2983],"class_list":["post-3349","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","tag-inkopieslawe","tag-kompulsiewe-kopers","tag-impulskopers"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Is jy \u2019n kompulsiewe koper? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Is jy \u2019n kompulsiewe koper? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&#8220;Ek is \u2019n tweegesig.\u201d Hoewel Rentia Malan* se stelling \u2019n poging tot die waarheid is, sien sy steeds nie kans om haar gesig en haar naam aan di\u00e9 artikel te koppel nie. Sy spring van \u201cek sal alles vertel\u201d na\u00a0\u201cdaar\u2019s [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-09T09:23:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-02T12:13:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"534\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Is jy \u2019n kompulsiewe koper?\",\"datePublished\":\"2009-11-09T09:23:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:13:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/\"},\"wordCount\":1687,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg\",\"keywords\":[\"Inkopieslawe\",\"kompulsiewe kopers\",\"impulskopers\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/\",\"name\":\"Is jy \u2019n kompulsiewe koper? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg\",\"datePublished\":\"2009-11-09T09:23:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:13:55+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg\",\"width\":800,\"height\":534},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/op-die-rand-van-n-afgrond\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Is jy \u2019n kompulsiewe koper?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Is jy \u2019n kompulsiewe koper? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Is jy \u2019n kompulsiewe koper? | rooi rose","og_description":"&#8220;Ek is \u2019n tweegesig.\u201d Hoewel Rentia Malan* se stelling \u2019n poging tot die waarheid is, sien sy steeds nie kans om haar gesig en haar naam aan di\u00e9 artikel te koppel nie. Sy spring van \u201cek sal alles vertel\u201d na\u00a0\u201cdaar\u2019s [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-09T09:23:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-02T12:13:55+00:00","og_image":[{"width":800,"height":534,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Is jy \u2019n kompulsiewe koper?","datePublished":"2009-11-09T09:23:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:13:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/"},"wordCount":1687,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg","keywords":["Inkopieslawe","kompulsiewe kopers","impulskopers"],"articleSection":["In die nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/","name":"Is jy \u2019n kompulsiewe koper? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg","datePublished":"2009-11-09T09:23:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:13:55+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Modieuse-vrou-met-Louis-Vuitton-handsak.jpg","width":800,"height":534},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/op-die-rand-van-n-afgrond\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Is jy \u2019n kompulsiewe koper?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3349","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3349"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3349\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16615"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3349"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3349"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3349"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}