{"id":3347,"date":"2009-11-08T18:10:00","date_gmt":"2009-11-08T16:10:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/loop-die-kerk-leeg\/"},"modified":"2016-03-02T14:07:51","modified_gmt":"2016-03-02T12:07:51","slug":"loop-die-kerk-leeg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/","title":{"rendered":"Loop die kerk leeg?"},"content":{"rendered":"<p>Gaan mense deesdae minder kerk toe? Hou die tradisionele Afrikaanse kerke tred met verandering? Mari\u00ebtte Snyman het ondersoek ingestel<\/p>\n<p>Sondae is <em>malls<\/em> malende mensemassas. Dit laat jou wonder hoe vol die kerkbanke is. Vra jy rond, hoor jy van aanddienste wat afgeskaf word, gemeentes wat moet saamsmelt om te oorleef en kerkgeboue wat verkoop word. Maar daar is ook gemeentes wat aanhou groei, mega-gemeentes met kolossale kerkgeboue en \u2019n toename in huisgemeentes, Internetbediening en informele bediening, onder meer by werkplekke. Hoe lyk die ware prentjie? Di\u00e9 artikel fokus op die vier Afrikaanse hoofstroomkerke: die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk), Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Apostoliese Geloofsending van Suid- Afrika (AGS).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gemeenstestruktuur<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Gemeentes wat beduidend van grootte verander, se bedieningswyse verander ook. Alice Mann (The in-between church: Navigating size transitions in congregations. New\u00a0York: Alban Institute, 1989) onderskei tussen vier gemeentegroottes.\u00a0Die predikantsrol, en di\u00e9 van lidmate,verander telkens:<\/p>\n<p><strong>1 Familiegrootte<\/strong> (tot 200 aktiewe lidmate)<br \/>\nIn di\u00e9 klein gemeentes is verhoudings heg en neem lidmate dikwels groot verantwoordelikheid vir verskillende aspekte van die bediening. Die werklike leierskap l\u00ea by patriarge of matriarge en die predikant vervul die rol van \u2019n kapelaan.<\/p>\n<p><strong>2 Pastorgrootte<\/strong> (200 tot 800 aktiewe lidmate)<br \/>\nIn di\u00e9 herder-kuddemodel staan die predikant sentraal. Lidmate verwag dat hul geestelike behoeftes vervul sal word deur \u2019n persoonlike verhouding met die predikant. Hy of sy is meestal voorsitter van die kommissies en dryf die aksies van die gemeente.<\/p>\n<p><strong>3 Programgrootte<\/strong> (800-1 500 aktiewe lidmate) Programme neem die plek in van persoonlike verhoudings met die predikant as die prim\u00eare bron van geestelike sorg. Predikante beplan en organiseer programme of aksies saam met lidmaatleiers en rus lidmate toe om dienswerk te doen. \u2019n Missiestelling is belangrik.<\/p>\n<p><strong>4 Korporatiewe grootte <\/strong>(1 500+ aktiewe lidmate)<br \/>\nDit word van die programgroottegemeente\u00a0onderskei deur kompleksiteit en diversiteit. Die kwaliteit van eredienste is hoog, daar is bre\u00eb lidmaatbetrokkenheid en patriarge en matriarge keer terug as sterk leiers in die kerkraad of -bestuur. \u2019n Leierleraar dien as die simbool van eenheid.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<hr \/>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vol kerke? Dit kyk na beskikbare statistiek en tendense op die kerktoneel. Die NG Kerk se lidmaattal van om en by die 1,3 miljoen het die afgelope dekade min of meer konstant gebly.<\/p>\n<p>\u201cBaie mense het ge\u00ebmigreer, maar ons getalle is deur lidmate uit ander kerkverbande aangevul,\u201d s\u00ea Kobus Schoeman, professor in praktiese teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en navorser vir Kerkspie\u00ebl, die amptelike sensusopname van die NG Kerk.<\/p>\n<p>In die Hervormde en Gereformeerde kerke lyk dit minder rooskleurig. Die Hervormde Kerk, met 136 045 lidmate, het die laaste dekade \u2019n gemiddelde daling van 3 600 lidmate per jaar beleef. In die Gereformeerde Kerke, wat vandeesmaand hul 150-jarige bestaan vier en 100 829 lidmate het, was die jaarlikse daling 1 tot 1,5%. Die AGS, daarenteen, het sowat 1,5 miljoen lidmate en groei die afgelope tien jaar jaarliks met vyf tot tien persent.<\/p>\n<p>\u201cDis net \u2019n skatting,\u201d s\u00ea pastoor Peter de Witt, spesiale adviseur en konsultant vir die kerk. \u201cOns kry nooit al die sensusvorms terug nie. Ons landwye Judeaprojek, waar ons tente staanmaak in voorheen agtergeblewe gebiede, toon veral groei.\u201d<\/p>\n<p>Al vier kerke het individuele gemeentes wat moeilik die mas opkom. \u201cTwintig persent van die NG-gemeentes kyk na samewerking of samesmelting met buurgemeentes,\u201d s\u00ea prof. Schoeman. \u201cIn sommige gevalle dink hulle bloot proaktief.\u201d \u201cIn die AGS is samesmelting \u2019n klein faktor. Dit kom meestal in wit geledere voor,\u201d s\u00ea pastoor De Witt. \u201cIn die agtergeblewe gebiede bestaan gemeentes met 50 lidmate met gemak.\u201d<\/p>\n<p>In die Gereformeerde Kerke is daar 25 wit en 60 swart vakante predikantsposte, wat sommige gemeentes dwing om saam te smelt of \u2019n predikant te deel, s\u00ea ds. Leo van Schaik, skakeldeputaat van die GKSA. Nog \u2019n neiging is dat van die kerke al \u201couer\u201d word. In 1981 het een derde van die NG Kerk uit dooplidmate bestaan, en teen 2006 was dit net \u2019n kwart. Terselfdertyd was \u2019n kwart van die lidmate ouer as sestig. In die Hervormde Kerk is die getal sterftes reeds meer as die geboortes, s\u00ea dr. Wim Dreyer, sekretaris vir die Apostolaat. \u201cDaarby doen minder as 75% van die kinders wat in die NHKA gedoop word, uiteindelik belydenis van geloof in die NHKA. Dit meen dat die kerk geen groei sal beleef deur die natuurlike aanwas en die normale proses van doop, kategese en belydenis nie.\u201d<\/p>\n<p>Dit dan wat betref lidmaatgetalle, maar hoeveel lidmate sit Sondae in die kerk?<\/p>\n<p>Die NG kerk doen elke jaar in Februarie \u2019n opname van oggend-erediensbywoning in alle gemeentes, s\u00ea prof. Schoeman. Bywoning word uitgedruk as \u2019n persentasie van gemeentes se lidmaattal.<\/p>\n<p>\u201cSedert 1991 het die bywoning met net een persentasiepunt geval \u2013 van 34% na 33%. Sedert 2006 neem ons ook kinder- en gesinsdienste in ag, wat 5% van die 33% bywoning uitmaak.\u201d \u201cErediensbywoning verskil dramaties van gemeente tot gemeente,\u201d s\u00ea dr. Dreyer. \u201cDaar kan selfs net 5% van die lidmate in die kerk wees. Waar gemeentes en predikante optimaal funksioneer, styg die erediensbywoning tot 50% per Sondag. Dit lyk vir ons of sowat 10% van die lidmate nooit \u2019n erediens bywoon nie.\u201d Die GKSA en AGS het nie amptelike bywoningsyfers nie. Kerkwees strek natuurlik veel wyer as om Sondae in \u2019n erediens saam te kom. Daar is talle ander vorme van geloofsgemeenskap en \u2013 ervaring.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Behoefte aan hervorming<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDie druk waaronder die tradisionele kerke is, is \u2019n w\u00eareldwye verskynsel,\u201d beklemtoon dr. Dreyer, wat werk aan \u2019n doktorsgraad oor di\u00e9 onderwerp. \u201cDis die gevolg van radikale veranderinge in die samelewing waarmee die kerk nie altyd in pas kon bly nie. Navorsers wat kerkwees in \u2019n postmoderne, stedelike opset ondersoek, is dit eens oor die wesenlike probleem: die kerk het verander van \u2019n beweging na \u2019n instelling wat in vaste strukture en denksisteme gestol het, en daarom sy aanpasbaarheid en dinamika verloor het. Ons het \u2019n dramatiese \u2018kerkhervorming\u2019 nodig, soortgelyk en selfs omvattender as in die 16e eeu met Calvyn en Luther. Die harte en denke van mense moet verander sodat die kerk weer word wat dit veronderstel is om te wees: die liggaam van Christus wat diensbaar raak en met vreugde die evangelie op die onwaarskynlikste plekke verkondig. \u201cDie vroe\u00eb kerk het uit huisgemeentes bestaan wat dikwels in die geheim moes saamkom. Daar was geen kerkgeboue of formele kerkstrukture nie; die kerk was vloeibaar en aanpasbaar. Gewone mense het die evangelie versprei, en die Christendom het in die eerste twee tot drie eeue van twaalf dissipels tot sowat 20 miljoen Christene gegroei. Eers in 313, toe keiser Konstantyn die Christelike kerk amptelike erkenning gegee het, het die Christendom trekke van \u2019n instelling begin toon.\u201d<\/p>\n<p>Deur die eeue het die kerk sterk magstrukture ontwikkel. Die ampte, veral di\u00e9 van predikant, en gesagstrukture soos sinodes het sentraal kom staan. Maar intussen het ons bestaanwyse ingrypend verander. \u201cMense het hul vertroue in groot instellings, soos staatsinstellings, verloor. Ons funksioneer sterker in \u2019n kleiner omgewing, op \u2019n persoonlike vlak. Gemeentes wat dit regkry om hul lidmate te bemagtig om in hul onmiddellike of werkomgewing \u2019n verskil te maak deur byvoorbeeld \u2019n Bybelstudiegroep te lei, is di\u00e9 wat groei.\u201d Die ideaal, s\u00ea dr. Dreyer, is dat die kerk gemeentelede toerus om verantwoordelikheid vir kerkwees te aanvaar, en hulle toelaat en vertrou om hul geloof organies uit te leef. Dit vra \u2019n nuwe siening oor mag en beheer en impliseer ingrypende veranderinge in die predikantsrol. \u201cDie 500 jaar oue reformatoriese tradisie beskou die predikant as \u2018die een wat weet\u2019. Teoreties het lidmate wel \u2019n getuienisstaat, wat beteken hulle mag ook die evangelie uitdra, maar tradisioneel neem die kerkstrukture di\u00e9 taak uit lidmate se hande. \u201cOns moet onthou dat \u2019n groot deel van die kerk vroe\u00ebr ongeletterd was. Vyftig jaar terug was die gemiddelde opleidingsvlak in die Afrikaanse susterskerke gr. 9. Vandag is dit matriek en ho\u00ebr. Groter getalle het naskoolse opleiding. Sommige lidmate sit al dekades na preke en luister en is byna so kundig soos die predikant, maar word nie doeltreffend benut nie.<\/p>\n<p>Dis tyd dat die kerk sy eie kategeseprogram en prediking begin vertrou. \u201cSodra ons dit regkry om ons magsposisies te laat vaar en ons magstrukture deur ander strukture te vervang, kom daar nuwe energie. In baie gemeentes steur meelewende lidmate hulle buitendien nie meer aan sinodale besluite nie. Veral die jonger geslag trek hul skouers op en maak wat hulle wil.\u201d \u2019n Informeler manier van kerkwees is al geruime tyd besig om hand oor hand toe te neem, wys dr. Dreyer uit. \u201cIn Suid-Afrika is daar letterlik duisende huiskerke. Na raming het die Zionist Christian Church sowat 11 miljoen lidmate. Hulle het nie kerkgeboue, formele teologiese opleiding of geordende predikante nie. Behalwe die jaarlikse groot saamtrek naby Polokwane, kom hulle onder bome of in motorhuise byeen. Gewone lidmate word bemagtig om die evangelie uit te dra. \u2019n Tuinman word op Sondae predikant.\u201d Hoe gemaak om die voorgestelde paradigmaskuif prakties toe te pas? \u201cDit gaan lank vat om di\u00e9 groot skip te swaai. Predikante moet heropgelei word om die veranderinge te hanteer. In die Hervormde Kerk het ons nou \u2019n week lange fasiliterende leierskapskursus vir predikante. Die terugvoer is uitstekend, en die betrokke gemeentes groei.\u201d<\/p>\n<h4><strong><br \/>\n<\/strong>Gestuurde gemeentes<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Dreyer se visie van die kerk wat lidmate vir dissipelskap toerus, is reeds op talle plekke sigbaar. Een so \u2019n gemeente is Lux Mundi in Garsfontein, Pretoria, deel van die NG Kerkfamilie. \u201cLux Mundi beteken \u2018lig vir die w\u00eareld\u2019 en ons is ernstig oor die uitleef daarvan,\u201d s\u00ea dr. Elsje B\u00fcchner, die leraar verantwoordelik vir inkombediening. \u201cHier word mense aangemoedig om Christus se hande en voete in die w\u00eareld te wees. Lidmate begin die naam al as \u2019n werkwoord gebruik. \u201cOns vraag aan lidmate is: Wat gaan jy d\u00f3\u00e9n in die Koninkryk? Ons stel dit duidelik dat ons nie \u2019n kerk is waarheen mense kom net om iets te kry of vermaak te word nie.\u201d Dit beteken nie dat lidmate wat reeds \u2019n vol lewe het met take en verantwoordelikhede oorlaai word nie. \u201cOns gebruik graag die metafoor van \u2019n atletiekbaan. Party mense is marathonatlete wat week na week betrokke is, terwyl ander net 100 m-atlete is of die koeldrankstalletjie beman. Die geheim is om deel te neem! Elkeen hoef net een ding te doen.\u201d Lux Mundi posisioneer hulle as \u2019n gemeenskapskerk. \u201cOns meet sukses aan uitreik, die geld wat ons weggee en die ure diens wat ons lewer, eerder as aan geld, getalle en geboue. Ons groei wel, en ons is dankbaar daarvoor. Ons doen moeite om sigbaar te wees in die gemeenskap en het \u2019n gemeenskapsentrum. Eredienste word in Afrikaans, Sepedi en Zoeloe gehou \u2013 \u00e9n in amptelike tiener-Afrikaans! Daar is informele dienste, \u2019n formeler diens by \u2019n nabygele\u00eb aftree-oord en \u2019n verskeidenheid kinderdienste.\u201d Sekere kwessies staan by Lux Mundi voorop: l \u201cOns bel\u00ea sterk in kinder- en jeugbediening. Mense wil weet hul kinders kry goeie geloofsonderrig. As die kinders gelukkig is, is die ouers ook tevrede. l \u201dOm individuele huisbesoek te doen by die 4 800 lidmate op ons boeke, is vir ses predikante \u2019n onbegonne taak. Maar ons kom by al die nuwe lidmate uit. Ons senior lidmate word ook besoek. Hulle wil gerus wees dat \u2019n bekende hulle gaan begrawe.\u201d l \u2019n Kerndoelstelling is \u201com mense wat \u2018weggeraak\u2019 het, by die Here terug te kry. Ons wil nie net gelowiges tussen kerke of gemeentes rondskuif nie.<\/p>\n<p>Ons hart l\u00ea by mense wat wil terugkom. Dis \u2019n moeilike proses en ons het nog baie om te leer. Een manier is om spesiale aandag te gee aan doopouers. Doop, kinders wat begin met Sondagskool, belydenisaflegging en begrafnisse is sleutelpunte waar mense die kerk weer raaksien. Ons het \u2019n volwasse belydenisafleggingskursus wat prakties na dissipelskap kyk: hoe lees ek die Bybel, hoe bid ek, hoe pas ek my geloof in my werk en lewe toe, en so meer. Dis allermins \u2019n administratiewe oefening. \u201cOns \u2018Stap net oor\u2019-kursus rus mense toe om langtermynvriendskappe op te bou met bure of ander mense, wat \u2019n geleentheid kan word om oor die Here te praat.\u201d *Pastorale versorging staan voorop. \u201cSo-veel mense is stukkend van binne. Ons het twee pastorale leraars, maar lidmate gaan na die persoon met wie hulle die gemaklikste voel.\u201d Blaai jy deur Lux Mundi se jaarlikse prospektus val die magdom projekte jou op. \u201cVan ons grootste projekte gaan sonder predikantbetrokkenheid voort. Sodra mense sien hulle k\u00e1n, kry dit momentum. Ons is nie \u2019n domineeskerk nie. Ons het \u2019n uitgebreide en doeltreffende steunstelsel. Ons stel eerder \u2019n maatskaplike of administratiewe werker aan as nog \u2019n predikant &#8211; dis goedkoper.\u201d Mense wil dolgraag sinvol betrokke wees in die gemeenskap, s\u00ea dr. B\u00fcchner. \u201cAs ons \u2019n oggendtee hou met borskanker as tema, is die belangstelling skraps. Begin ons \u2019n projek om vroue met borskanker te ondersteun deur hulle byvoorbeeld met gesigsbehandelings te bederf, is daar \u2019n golf van entoesiasme.\u201d Bowenal soek mense verhoudings en geestelike diepte. \u201cBybelgetrouheid is vir Suid-Afrikaners nog belangrik. Hulle is ingelig. Maar ons maak voorsiening vir verskillende style van aanbidding. \u201cGemeentes wat groei, verstaan hul roeping as lig vir die w\u00eareld. Hul grootte is van minder belang. Ons glo dat die Koninkryk van God moet kom. Daarom probeer ons nie om mense te \u2018verkerklik\u2019 nie, maar sien ons eerder hoe ons lidmate \u2019n verskil in die w\u00eareld maak.\u201d \u0001<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Aan die verander<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nuwe tendense op die godsdienstoneel sluit die volgende in:<\/p>\n<ul>\n<li>\u201dMense shop vir \u2019n kerk waar hulle met die aanbiddingstyl gemaklik voel, al moet hulle ver ry. In 2006 het 20% van die NG Kerk se lidmate reeds buite hul geografiese grense kerk toe gegaan,\u201d s\u00ea prof. Schoeman.<\/li>\n<li>Hy noem ook dat mense toenemend net een erediens op \u2019n Sondag bywoon.<\/li>\n<li>Die bronne waar mense geestelike voeding kry, brei gedurig uit en sluit die Internet, TV, radio, daaglikse SMS\u2019e en Bybelskole in. Amerikaanse studies wys dat al meer mense een week \u2019n konvensionele gemeente besoek, die week daarop \u2019n huiskerk en tussendeur by \u2019n aanlyngeloofsgemeenskap betrokke is of \u2019n bedieningsgeleentheid (live ministry event) bywoon.<\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.5;\">Die evangelie word toenemend tydens byeenkomste in koffiewinkels, by werkplekke, biker-saamtrekke en so meer verkondig.<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.5;\">Organiese geloofsgemeenskappe soos onafhanklike huiskerke neem toe.<\/span><\/li>\n<li><span style=\"line-height: 1.5;\">Amerikaanse navorsing wys dat individue toenemend hul eie stel geloofsoortuigings ontwikkel, pleks daarvan om die bestaande oortuigings van \u2019n kerk of gemeente in geheel as hul eie te aanvaar.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gaan mense deesdae minder kerk toe? Hou die tradisionele Afrikaanse kerke tred met verandering? Mari\u00ebtte Snyman het ondersoek ingestel Sondae is malls malende mensemassas. Dit laat jou wonder hoe vol die kerkbanke is. Vra jy rond, hoor jy van aanddienste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":16622,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674],"tags":[2984,2985],"class_list":["post-3347","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","tag-kerke","tag-godsdiens"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Loop die kerk leeg? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Loop die kerk leeg? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gaan mense deesdae minder kerk toe? Hou die tradisionele Afrikaanse kerke tred met verandering? Mari\u00ebtte Snyman het ondersoek ingestel Sondae is malls malende mensemassas. Dit laat jou wonder hoe vol die kerkbanke is. Vra jy rond, hoor jy van aanddienste [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-08T16:10:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-02T12:07:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"532\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Loop die kerk leeg?\",\"datePublished\":\"2009-11-08T16:10:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:07:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/\"},\"wordCount\":2349,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg\",\"keywords\":[\"kerke\",\"godsdiens\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/\",\"name\":\"Loop die kerk leeg? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg\",\"datePublished\":\"2009-11-08T16:10:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:07:51+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg\",\"width\":800,\"height\":532},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/loop-die-kerk-leeg\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Loop die kerk leeg?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Loop die kerk leeg? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Loop die kerk leeg? | rooi rose","og_description":"Gaan mense deesdae minder kerk toe? Hou die tradisionele Afrikaanse kerke tred met verandering? Mari\u00ebtte Snyman het ondersoek ingestel Sondae is malls malende mensemassas. Dit laat jou wonder hoe vol die kerkbanke is. Vra jy rond, hoor jy van aanddienste [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-08T16:10:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-02T12:07:51+00:00","og_image":[{"width":800,"height":532,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Loop die kerk leeg?","datePublished":"2009-11-08T16:10:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:07:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/"},"wordCount":2349,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg","keywords":["kerke","godsdiens"],"articleSection":["In die nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/","name":"Loop die kerk leeg? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg","datePublished":"2009-11-08T16:10:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:07:51+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/church-cathedral-catholic-christianity.jpg","width":800,"height":532},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/loop-die-kerk-leeg\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Loop die kerk leeg?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3347","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3347"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3347\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16622"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3347"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3347"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3347"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}