{"id":3345,"date":"2009-11-08T18:09:00","date_gmt":"2009-11-08T16:09:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/verslaaf-op-jou-oudag\/"},"modified":"2016-07-22T15:49:32","modified_gmt":"2016-07-22T13:49:32","slug":"verslaaf-op-jou-oudag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/","title":{"rendered":"Verslaaf op jou oudag"},"content":{"rendered":"<p>In die geval van dobbelverslawing het \u2019n ouer mens natuurlik nie die kans om daarna deur harde werk en spaarsamigheid \u2019n neseier vir die oudag op te bou nie. Nes met tieners word die hele familie dikwels by die ouer mens se probleem ingesleep (buiten in die geval van dieetsiektes waar die lyer die probleem in die kas druk) en kwel die nabye familie hulle oor die geliefde wat op \u2019n ongelukspad beland het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Drank- en medisyneverslawing<\/h4>\n<p>Janie* se suster Bettie* is nou sewentig en sy het al twintig jaar lank \u2019n probleem met drank-en-medisyne-verslawing. Janie huil oor die telefoon toe sy vertel hoe die suster se probleem hare geword het en hoe dit die hele familie be\u00efnvloed het. \u201cMy suster ru\u00efneer haar lewe en die hele familie is ontsteld daaroor. Soms dink ek dat dit in elk geval te laat is. Sy sal nie meer kan verander nie. Ander tye dink ek weer waar daar lewe is, is daar hoop en ek praat met haar oor die probleem. Maar wat kan jy doen as iemand haar verslawing vir so lank ontken dat dit haar baie diep in \u2019n baie donker put laat beland het? Haar man staan by haar. Soms word hy moedeloos en s\u00ea sy moet die huis verlaat, maar die volgende oggend trek hy maar weer sy woorde terug omdat hulle al so lank saam is.\u201d Wanneer Bettie nie onder die invloed van drank of pille is nie, is sy nog haar ou self. Sy gesels intelligent, maak grappies en haar hart is oop vir ander mense, maar sodra sy gedrink het, ondergaan sy \u2019n persoonlikheidsverandering. Dan is sy selfvoldaan en vol bravade.<\/p>\n<p>Bettie is die oudste van vyf kinders. Sy is vroeg uit die skool omdat daar nie geld was om haar skoolloopbaan te voltooi nie. Daarna het die gesin se geldelike situasie verbeter sodat die ander vier almal n\u00e1 skool verder gaan studeer het. Bettie koester nou nog \u2019n wrok daaroor, en as sy onder die invloed is, verwyt sy die res van die familie. Nie dat dit geldelik sleg gaan met Bettie nie. Danksy haar man se suksesvolle sakeonderneming kan sy enigiets kry wat haar hart begeer, maar hul nuwe rykdom het vir haar in \u2019n groot probleem verander &#8211; meteens moes hulle as \u2019n middeljarige paartjie onthale bywoon waar hulle met ryk en vername mense geselsies moes aanknoop. Maar Bettie was nooit heeltemal tuis onder di\u00e9 mense nie en sy moes elke keer \u2019n \u201cversterkinkie\u201d drink voordat hulle \u2019n onthaal bygewoon het. Janie meen die \u201cversterkings was nodig\u201d omdat Bettie nooit baie selfvertroue gehad het nie. Sy is van haar kinderdae af al \u2019n bietjie oorgewig en sy is nie op haar gemak in die geselskap van vreemde mense nie. As sy nie drank in die hande kan kry nie, drink Bettie pynpille, medisyne en ander middels wat oor die toonbank gekoop kan word.<\/p>\n<p>Twee jaar gelede het een van Bettie se kinders gere\u00ebl dat sy in \u2019n inrigting vir dwelmverslaafdes opgeneem word. Sy het baie goed op die program gereageer en die familie het gedink dat sy herstel het, totdat Janie onlangs \u2019n ruk by hulle gekuier het en Bettie weer na \u2019n Lennons-middel geruik het. \u201cEintlik was die inrigting nie reg vir haar nie, want sy was saam met jongmense met dwelmprobleme. Daar was niemand anders van haar ouderdom nie,\u201d maak Janie vir haar suster verskoning. Sy vertel dat Bettie altyd besig is om die familie om die bos te probeer lei. Sy koop byvoorbeeld handsakke met spesiale ritssakkies waarin pille en botteltjies weggesteek kan word, of sy vul drankbottels met water op, soos di\u00e9 keer toe haar man \u2019n duur bottel drank as geskenk vir een van sy skoonseuns geneem het. Die bottel was op die oog af gese\u00ebl, maar toe hulle daarvan drink, het hulle agtergekom daar is meer water in as drank. Maar die grootste probleem vir Janie is dat haar suster haar by haar probleme betrek: \u201cEk weet nie hoe sy dit regkry nie, maar op die een of ander manier maak sy haar probleem myne. Sy s\u00ea die hele tyd vir my hoeveel ek vir haar beteken en dat sy nie sonder my kan klaarkom nie. Ek probeer om nie t\u00e9 betrokke te raak nie, om my nie te laat insuig nie, maar dis baie moeilik as jy weet dat iemand na aan jou nie baie vriende het nie en jy dikwels die enigste is op wie sy kan staatmaak. \u201cEk weet ook nie hoe lank jou liggaam soveel misbruik kan verduur nie. Ons familie verwag dat haar organe nou gaan begin ingee en dis vir ons verskriklik dat iemand met sulke mooi eienskappe haarself willens en wetens so afgebreek het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dobbelverslawing<\/h4>\n<p>Sarah* (75) het sowat dertig jaar gelede haar man (\u2019n drank- en dobbelverslaafde) in Engeland verlaat en haar by haar twee kinders in Suid-Afrika aangesluit. Hier het sy haar lewe verander, \u2019n goeie werk gekry, en \u2019n ontspanne en gemaklike bestaan gevoer met goeie verhoudings met haar kinders en kleinkinders. Tien jaar gelede het sy haar huis verkoop en by \u2019n dorpie vir bejaardes ingetrek. Skielik het sy te veel tyd gehad. Een vriendin het voorgestel dat hulle \u201csommer vir die pret\u201d een keer per maand na \u2019n casino gaan. Sarah het elke keer net R200 bestee, want as vrou van \u2019n dobbelverslaafde het sy geweet hoeveel geld op die dobbeltafels verlore kan gaan. Omdat die vriendin nie meer as een keer per maand wou gaan nie en Sarah verveeld was, het sy ook alleen en saam met ander mense begin gaan. Sy het haarself die hele tyd oortuig dat sy nie verslaaf is nie omdat sy net met klein bedrae speel en die geld wat sy vir haar huis gekry het, steeds veilig in die bank weggeb\u00eare was. \u201cEk dink verveling het \u2019n groot rol gespeel. Ek het baie tyd gehad en as ek nie by my kinders gekuier het nie, het die dae eindeloos voor my uitgestrek. \u201cEen aand het ek \u2019n vergadering van Gamblers Anonymous bygewoon en verstom na die mense se stories geluister.<\/p>\n<p>Hulle het werklik groot probleme gehad, sommige het hul huise, hul huwelike, hul hele toekoms weggedobbel. Ek het myself getroos dat ek darem nog nie so erg is nie. Ek het beheer oor my lewe en my dobbelplesiertjies, het ek vir myself ges\u00ea. \u201cMaar toe gaan my dogter en haar gesin vir drie weke met vakansie &#8211; in daardie drie weke was ek elke dag by die casino en het ek elke dag gespeel. Soms het ek klein bedrae gewen, maar meer dikwels verloor en dan moes ek verder speel om vir die verliese te vergoed. \u201cToe my dogter terugkom, het ek haar vir koffie genooi en haar die hele storie vertel, want meteens was my verskoning dat ek beheer gehad het en dat my huis se geld veilig was, nie meer geldig nie. Ek het baie van die geld wat ek deur die jare gespaar het, binne drie weke weggedobbel. Wat oor was, het ek vir my dogter gegee, op voorwaarde dat sy dit vir my sal teruggee as ek dit die dag nodig het. \u201cOm \u2019n hele klomp geld te \u2018verloor\u2019, het my laat besef dat ek werklik \u2019n probleem het. Dit het verlede April gebeur en ek het nog nooit weer gaan dobbel nie. Ek werk nou weer &#8211; om besig te bly en ook omdat ek baie van mense hou &#8211; en ek het ook \u2019n hele klomp stokperdjies. In my geval was ledigheid werklik die duiwel se oorkussing, want hoewel my man aan dobbel verslaaf was, kan ek hom nie hiervoor blameer nie Dit was my eie besluit.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Anoreksie en bulimie<\/h4>\n<p>Lenie* lyk jonger as haar 55 jaar. Sy is \u2019n vrou met \u2019n mooi postuur en jy sal nie sommer kan sien dat sy al sedert haar sestiende jaar aan die dieetsiektes anoreksie en bulimie ly nie. Sy trek modern aan en hou van mooi klere en skoene. Volgens Lenie kan jy wel soms sien dat sy \u2019n dieetsiekte het, veral in haar anoreksiefase. \u201cEk is bitter maer. My hare val uit en my vel raak baie droog. My gemoedstoestand verander en ek is baie angstig. Ek dra ook dan los klere (amper soos iemand wat vet is) maar in my geval om my ondervoede voorkoms te verbloem. Tog is ek eufories as ek onder my klere my heupbene se skerp punte kan vertroetel. Maar daar is fases wanneer ek bulimies word. Met bulimie is die skuldgevoelens oorweldigend. Dit is \u2019n vieslike en vernederende siekte. \u201cGemeet aan die standaarde van mense met \u2019n eetsteurnis, is anoreksie ver \u2018verhewe\u2019 bo bulimie omdat dit soveel dissipline verg om nie eet nie, al is jy hoe honger.<\/p>\n<p>Omdat bulimie tot geweldige skuldgevoelens lei, verval jy in \u2019n diep depressie en toon selfmoordneigings. M\u00f4re lyk net hopeloos en donker. \u201cDie skade aan my liggaam raak nou in my vyftigerjare \u2019n werklikheid. Ek sukkel met \u2019n foliensuur- en ystertekort, en die begin van \u2019n bros beenstruktuur. Ek het ook al baie van my tande weens die bulimie verloor.\u201d Haar kollegas dink sy het die mooiste lyf denkbaar. \u201cEk laat hulle dit maar glo. Ek is ook soms \u2019n bietjie onvoorspelbaar en plofbaar by die werk, maar ek dink nie enige van my kollegas het al die verband raakgesien nie.\u201d Lenie vertel dat sy kleintyd die mollige enetjie in die gesin was. Haar ma en sussie was rietskraal. Maar sy is \u2019n perfeksionis en \u2019n presteerder en kon hierdie \u201cnederlaag nie toelaat nie\u201d. Toe het sy haar voorgeneem om net so maer soos hulle te wees. Iets wat sy met vasberadenheid en dissipline reggekry het. \u201cVir my voel dit of ek besig is om \u2019n rol te speel, of ek voorgee om iemand te wees wat ek nie is nie. Iemand vol vrolikheid en grappies. Maar hoe kan jy gelukkig wees as jy nie normaal kan funksioneer nie? Ek lyk by die werk, tuis en op die sportveld na \u2019n baie gedissiplineerde mens, maar ek weet dit is nie so nie. Ek het baie demone.\u201d Lenie s\u00ea sy ly aan dieetsiektes omdat sy voel sy het nie beheer oor enigiets in haar lewe nie &#8211; buiten oor haar gewig. En as daar baie stres in haar lewe is, is sy ook meer vatbaar vir bulimie en anoreksie. Is sy bang vir die gevolge? \u201cNee wat, dis te laat vir berou. Ek het geen lewensvooruitsigte nie. Ek het jare gelede laas uit my maag gelag.\u201d Sy s\u00ea dat sy nie \u2019n ondersteuningstelsel het nie. Sy is geskei, haar ouers is bejaard en steun op haar vir hulp en raad en haar kinders is nie bewus van haar siekte nie. Sy voel ook dat sy nie van haar kinders kan verwag om haar te \u201cdra\u201d nie. Sy is dus baie eensaam en voel te skaam om iemand van haar probleem te vertel. \u201cDis \u2019n alleenpad vol skande,\u201d s\u00ea sy. Sy raak soms honger, maar dit het eintlik meer te doen met die fase waarin sy is. \u201cDie anoreksielyer het abnormale wilskrag. Die euforie l\u00ea juis in die feit dat jy \u2018nee\u2019 kan s\u00ea. Die lyer raak in der waarheid verslaaf aan die \u2018honger\u2019-gevoel. Die bulimielyer se high kom wanneer sy haarself reinig deur van die abnormale massas kos ontslae te raak. \u201cAnoreksielyers hou gewoonlik baie daarvan om vir ander te kook, maar sal nooit self daarvan eet nie. Hulle fantaseer oor kos, en voel selfs nog beter as hulle ander kan voer en self nie eet nie. Bulimielyers eet alleen, agter geslote deure.\u201d Lenie was al verskeie kere in inrigtings. Op die oomblik is haar anoreksie\/bulimie redelik onder beheer danksy \u2019n spesifieke antidepressant wat daarvoor help. \u201cOngelukkig herstel jy n\u00f3\u00f3it van \u2019n eetsteurnis nie. Soos enige verslawing vat jy dit dag vir dag tot jy die dag doodgaan. Ek dink nie ek sal ooit gemaklik met kos wees nie.\u201d<\/p>\n<p>*Skuilnaam<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hulp vir verslaafdes<\/h4>\n<p><strong>Alkoholiste Anoniem<\/strong>: bel die nasionale\u00a0hulplyn by 0861 HELPAA (435722)<br \/>\n<strong>Gambler\u2019s Anonymous<\/strong>: bel 083 308 8175<br \/>\n<strong>Anxiety Group: <\/strong>bel die anoreksie-en-bulimie-volwasse-hulplyn by\u00a0084 563 4141<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die geval van dobbelverslawing het \u2019n ouer mens natuurlik nie die kans om daarna deur harde werk en spaarsamigheid \u2019n neseier vir die oudag op te bou nie. Nes met tieners word die hele familie dikwels by die ouer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":55246,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[231,4439,5093,5094,5464,5465,5466,5467,5468],"class_list":["post-3345","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-verslawing","tag-anoreksie","tag-teenveroudering","tag-anti-ageing","tag-dobbelverslawing","tag-drankverslawing","tag-dwelmverslawing","tag-oudag","tag-bulimie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Verslaaf op jou oudag | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Verslaaf op jou oudag | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die geval van dobbelverslawing het \u2019n ouer mens natuurlik nie die kans om daarna deur harde werk en spaarsamigheid \u2019n neseier vir die oudag op te bou nie. Nes met tieners word die hele familie dikwels by die ouer [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2009-11-08T16:09:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-07-22T13:49:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Dobbel.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Verslaaf op jou oudag\",\"datePublished\":\"2009-11-08T16:09:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-22T13:49:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/\"},\"wordCount\":2017,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Dobbel.jpg\",\"keywords\":[\"Verslawing\",\"anoreksie\",\"teenveroudering\",\"anti ageing\",\"dobbelverslawing\",\"drankverslawing\",\"dwelmverslawing\",\"oudag\",\"bulimie\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2009\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/\",\"name\":\"Verslaaf op jou oudag | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Dobbel.jpg\",\"datePublished\":\"2009-11-08T16:09:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-07-22T13:49:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Dobbel.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2009\\\/11\\\/Dobbel.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verslaaf-op-jou-oudag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Verslaaf op jou oudag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Verslaaf op jou oudag | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Verslaaf op jou oudag | rooi rose","og_description":"In die geval van dobbelverslawing het \u2019n ouer mens natuurlik nie die kans om daarna deur harde werk en spaarsamigheid \u2019n neseier vir die oudag op te bou nie. Nes met tieners word die hele familie dikwels by die ouer [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2009-11-08T16:09:00+00:00","article_modified_time":"2016-07-22T13:49:32+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Dobbel.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Verslaaf op jou oudag","datePublished":"2009-11-08T16:09:00+00:00","dateModified":"2016-07-22T13:49:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/"},"wordCount":2017,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Dobbel.jpg","keywords":["Verslawing","anoreksie","teenveroudering","anti ageing","dobbelverslawing","drankverslawing","dwelmverslawing","oudag","bulimie"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2009","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/","name":"Verslaaf op jou oudag | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Dobbel.jpg","datePublished":"2009-11-08T16:09:00+00:00","dateModified":"2016-07-22T13:49:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Dobbel.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2009\/11\/Dobbel.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verslaaf-op-jou-oudag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Verslaaf op jou oudag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3345","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3345"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3345\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/55246"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3345"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3345"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3345"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}