{"id":2830,"date":"2014-10-10T13:22:00","date_gmt":"2014-10-10T11:22:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/"},"modified":"2018-04-10T08:43:50","modified_gmt":"2018-04-10T06:43:50","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-42","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die soen<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Liesl maak vinnig verskoning. Sy moet uit die situasie wegkom. Die toneeltjie waarin Herman aan die tafel oorkant haar met die godin flikflooi, is net te veel vir haar.<\/p>\n<p>Sy bars byna uit van die lag as sy haar spie\u00eblbeeld in die kleedkamer sien: smeulend opgedollie en gewaks vir Michael, en nou staan sy hier en bewe van ontsteltenis oor Harry \u2026 en dit, skaars weke na Konrad se dood.<\/p>\n<p>\u201cNee genade, Liesbet,\u201d spreek sy haarself aan in die stemtoon wat Emily in hierdie situasie sou gebruik het, \u201cjou kop is die ene muisneste!\u201d Sy verduidelik aan haarself dat haar emosies deurmekaar is met al die drama van die afgelope ruk en dat haar verliefdheid op Harry \u2019n pure \u201crebound\u201d emosie is.<\/p>\n<p>Voor die kleedkamer se deur loop sy haar in Harry vas.<\/p>\n<p>\u201cO, ek sien jy het klaar gerou?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn ek sien jy is darem nie net besig met renosters nie?\u201d<\/p>\n<p>Sy vererg haar vir hom omdat hy so aantreklik lyk in die wit hemp en swart broek. Sy hempsmoue is opgerol en hy vou sonbruin voorarms voor sy bors waar hy oor haar toring.<\/p>\n<p>\u201cEk dog ek laat jou met rus op die plaas om te treur? Lyk my jy voel heelwat beter?\u201d<\/p>\n<p>Sy vererg haar vir sy arrogansie.<\/p>\n<p>\u201cMichael is \u2019n ou universiteitsvriend.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMmm, ja, ek kan sien hy het baie na jou verlang.\u201d<\/p>\n<p>Sy kan nie glo dit is die immer sagte Harry wat so kwaai met haar praat nie. Wie dink hy is hy?<\/p>\n<p>\u201cEk het vir weke niks van jou gehoor nie,\u201d maar sy is dadelik spyt toe die woorde uit haar mond kom, sy weet dit klink of sy desperaat was om van hom te hoor.<\/p>\n<p>\u201cEk bedoel, ek mag seker uitgaan met wie ek wil? Pragtige vrou aan jou sy \u2026\u201d<\/p>\n<p>Harry staan nader aan haar. Hy ruik na skeerroom en sonskyn.<\/p>\n<p>\u201cIs jy jaloers, Liesl?\u201d Sy voel lus om die glimlag van sy mond af te vee.<\/p>\n<p>\u201cAg weet jy wat, Herman, ek dink jy het nodig om \u2019n bietjie in die arms van \u2019n smeulende vrou te beland. Ek gun jou dit. Dis dalk wat jy nodig het om van jou frustrasie ontslae te raak.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, jy dink ek het opgeboude frustrasies?\u201d<\/p>\n<p>Hy trek haar nader en voor sy kan antwoord, is sy lippe op hare. Eers effe hardhandig, maar gaandeweg voel sy hoe haar woede verdwyn en haar eierstokke hande klap.<\/p>\n<p>Hy los haar net so vinnig soos hy haar vasgestruk het.<\/p>\n<p>\u201cToe, nou het ek van \u2019n stukkie van my frustrasie ontslae geraak. Ek glo jou vriend Michael het ook \u2019n paar frustrasies waarmee jy kan uithelp.\u201d<\/p>\n<p>Liesl storm terug na die kleedkamer. Sy huil van vernedering en woede. Harry is die een man wat sy gedink het anders is. Sy snuit haar neus, spat koue water oor haar gesig en maak haar lippe weer rooi. Met \u2019n opgeplakte glimlag stap sy terug na Michael. Haar o\u00eb vermy die tafel langsaan waar Harry en sy godin deel is van \u2019n luide geselskap.<\/p>\n<p>\u201cEk dog jy het \u2019n taxi gaan bel en verdwyn. Is alles reg?\u201d Michael lyk seergemaak dat sy hom so lank alleen gelos het.<\/p>\n<p>Sy voel soos \u2019n boef om blatand vir hom te jok.<\/p>\n<p>\u201cEk dink ek is allergies vir iets wat ek ge\u00ebet het, sal jy omgee om my huis toe te neem?\u201d<\/p>\n<p>Die knop in haar keel is byna te groot om weg te sluk. Haar hart pyn van opgekropte emosies.<br \/>\nDie rit op pad huis toe is ondraaglik stil. Michael lyk effe ge\u00efrriteerd omdat sy hul aandjie kortknip. Sy weet sy behoort hom in te nooi vir koffie, maar sy weet ook sy het dit nie in haar om nog \u2019n uur in hierdie man se geselskap deur te bring nie. Waks of te not.<\/p>\n<p>Emily beantwoord die foon dadelik.<\/p>\n<p>\u201cSo vroeg? Ek het gewag dat jy aan my terugrapporteer. Ek neem aan die waks het nie gewerk nie.\u201d<\/p>\n<p>Liesl kry nie \u2019n woord uit nie. Net \u2019n paar snikke.<\/p>\n<p>\u201cO aarde! So sleg? Wat het Michael Saunders gedoen om jou so te ontstel? Of, laat ek dit so stel, wat het hy nie gedoen nie! Ek wonder altyd oor mans wat so intens metromanne is.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis nie hy nie, dis Harry.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWaar kom Harry in vanaand se prentjie in?\u201d<\/p>\n<p>Tussen snikke en sarsies woede vertel sy van haar gesprek met Harry en die soen voor die kleedkamer.<\/p>\n<p>\u201cJoe! Ek het nie gedink Harry het dit in hom nie! En toe soen jy terug? Was dit lekker? Hoe soen hy? Mens weet nooit met sulke stil sterk manne soos Harry nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis die einde van my vriendskap met daardie neandertalagtige buffel!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy bedoel renoster?\u201d<\/p>\n<p>Liesl huil van frustrasie. Sy hou net mooi niks daarvan dat Emily die situasie amusant vind nie. Harry se optrede was onverskoonbaar.<\/p>\n<p>Sy slaap sleg en rusteloos. Die bikiniwaks laat haar jeuk en herinner haar heelnag aan die vernederende aand.<\/p>\n<p>Met die aanbreek van kantoorure die volgende oggend bel sy haar reisagent en vervroeg haar besprekings vir die Inkaroete. Sy het nodig om weg te kom en haar kop behoorlik skoon te gaan stap.<\/p>\n<p>Die geluk is aan haar kant en daar is \u2019n kansellasie. Sy kan oor \u2019n week vlieg.<\/p>\n<p>Tussen die laaste re\u00eblings en inkopies vang sy haarself dat sy dikwels soos \u2019n verliefde skooldogter wag dat die foon moet lui. Maar dit swyg.<\/p>\n<p>Is jy nou heeltemal stapelgek, Liesl! Raas sy met haarself. Jy is nou verlief op \u2019n bruuske man wat vroue teen hulle sin in donker hoeke vasdruk en soen. En dit terwyl hy saam met \u2019n ander vrou uit is.<\/p>\n<p>Die mislike immer beskuldigende stemmetjie in haar agterkop noem dat sy wat Liesl is eintlik die soen geniet het. En, dat sy immers ook die aand saam met \u2019n man uit was.<\/p>\n<p>Liesl vermy Emily want sy is nie lus om aan haar swakhede herinner te word nie. Dit is duidelik dat sy wat Liesl is nie goeie oordeel het wat mans betref nie, en niemand, nie eens haar beste vriendin, hoef dit te beklemtoon nie.<\/p>\n<p>\u201cIs jy nog dikbek?\u201d vra Emily as Liesl uiteindelik die foon optel.<\/p>\n<p>\u201cEk is nie, ek is net besig, ek vlieg reeds volgende week. Die Inka-roete is wat ek nou nodig het. Wie weet, dalk loop ek \u2019n ordentlike man daar raak.\u201d<\/p>\n<p>Emily lag hard en ongeskik in Liesl se oor. \u201cAi, Liesbet, maar ons is liggeraak! Vlug jy nou weg van Harry? Het hy jou al gebel?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, Em, hy gaan nie bel nie en ek gaan hom nooit weer kontak nie. Ons is nie meer vriende nie. Dis verby.\u201d<\/p>\n<p>Emily lag weer en Liesl vererg haar so sy is lus om die foon neer te sit.<\/p>\n<p>\u201cEk dog jy is my vriendin? En, ek het nog altyd geglo jy is \u2019n verligte vrou? Ons leef lankal nie meer in die tye wat mans vroue ru kan vasvat en soen nie. Hy is \u2019n barbaar, daardie vriend van jou!\u201d<\/p>\n<p>Liesl is dankbaar as Emily die boodskap kry dat die gespot nou genoeg is. Sy voel regtig seergemaak en ontnugter. Harry se reaksie was geensins wat sy ooit van hom verwag het nie.<\/p>\n<p>Met haar rugsak met milit\u00eare presisie (Emily se invloed), gepak staan Liesl die volgende week by die inweegtoonbank in die internasionale vertreksaal van O.R Tambo.<\/p>\n<p>\u201cLiesbet, is jy seker jy gaan ok wees so op jou eie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk is altyd weer ok, Em? Het jy nog nie agtergekom nie? Ek sien regtig uit na die tyd op my eie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn as jy terugkom?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk sal sien. Ek sal \u2019n nuwe blyplek moet soek. Iets waar Maks lekker kan speel. Hy is vreeslik ontwrig die laaste tyd. Hy kan nie altyd by Harry bly nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cPraat jy en Harry steeds nie met mekaar nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, ek gaan nooit weer met hom praat nie. Ek praat met Roxy oor Maks se re\u00eblings.\u201d<\/p>\n<p>Liesl gee Emily \u2019n moordende kyk as sy glimlag.<\/p>\n<p>\u201cEk het ook gister met Rox gepraat, sy s\u00ea Harry is net so knorrig soos jy deesdae, maar sy kan nie agterkom of hy oorwerk is en of dit die Spaanse joernalis is wat hom besig hou nie.\u201d<\/p>\n<p>Die aas wat Emily uitgooi, het die gewenste uitwerking.<\/p>\n<p>\u201cSpaanse joernalis?\u201d<\/p>\n<p>\u201cCatalina, die godin wat jy die aand saam met hom in die restaurant gesien het. Hulle het mekaar glo in die Krugerwildtuin ontmoet toe sy oor die renosterprojek kom skryf het.\u201d<\/p>\n<p>Al wat Liesl kan uitkry, is \u2019n kort: \u201cO, ek sien.\u201d<\/p>\n<p>Sy voel hoe haar keel toetrek. Dit is hoekom Harry haar nie besoek het op die plaas nie, besef sy. Dan vertel hy hy het haar kamma gelos om op haar eie te treur. Sy besluit finaal dat sy Harry nooit weer wil sien nie.<\/p>\n<p>Haar vlug word aangekondig en sy gee Emily \u2019n laaste drukkie.<\/p>\n<p>\u201cLiesbet? Jy moet nou oor alles gaan ontspan. Maak jou kop leeg en los die Suid-Amerikaanse manne uit, gehoor?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEm, daarvan kan jy seker wees. Ek is beslis klaar met mans. Vir altyd \u2026\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die soen Liesl maak vinnig verskoning. Sy moet uit die situasie wegkom. Die toneeltjie waarin Herman aan die tafel oorkant haar met die godin flikflooi, is net te veel vir haar. Sy bars byna uit van die lag as sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[71,72],"class_list":["post-2830","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-lees","tag-botox-barbies-en-bietse","tag-rooi-rose-verhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 42 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die soen Liesl maak vinnig verskoning. Sy moet uit die situasie wegkom. Die toneeltjie waarin Herman aan die tafel oorkant haar met die godin flikflooi, is net te veel vir haar. Sy bars byna uit van die lag as sy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-10-10T11:22:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T06:43:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42\",\"datePublished\":\"2014-10-10T11:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T06:43:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/\"},\"wordCount\":1519,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"keywords\":[\"botox barbies en bietse\",\"rooi rose verhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2014-10-10T11:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T06:43:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42 | rooi rose","og_description":"Die soen Liesl maak vinnig verskoning. Sy moet uit die situasie wegkom. Die toneeltjie waarin Herman aan die tafel oorkant haar met die godin flikflooi, is net te veel vir haar. Sy bars byna uit van die lag as sy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-10-10T11:22:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T06:43:50+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42","datePublished":"2014-10-10T11:22:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T06:43:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/"},"wordCount":1519,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"keywords":["botox barbies en bietse","rooi rose verhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2014-10-10T11:22:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T06:43:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-42\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 42"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2830","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2830"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2830\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}