{"id":2804,"date":"2014-10-10T00:00:00","date_gmt":"2014-10-09T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/"},"modified":"2016-03-03T15:54:55","modified_gmt":"2016-03-03T13:54:55","slug":"die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/","title":{"rendered":"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne"},"content":{"rendered":"<p>In die Kaap, so s\u00ea hulle, tel ou geld. Hier spog mense met familiebande en titels wat geslagte ver in die verlede instrek. Dit is nie te koop nie. Jy het dit of jy het dit nie.<\/p>\n<p>Maar soms kan jy vir \u2019n wegbreekkansie jou verbeel jou bloed is blou. So bloubloed koninklik blou dat jy selfs hooggebore Kapenaars \u2019n jaloerse groen kan laat verkleur. Di\u00e9 verruklike wegkomplekkie is in Kampsbaai.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die Marly.<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Marley, soos in Bob Marley?<\/p>\n<p>Nee. Marly, soos in Ch\u00e2teau de Marly.<\/p>\n<p>Ch\u00e2teau de Marly?<\/p>\n<p>Soos in Koning Louis IV, die Sonkoning wat Versailles gebou het, se eie private paleis.<\/p>\n<p>Ver weg van die gedruis en gepolitiekery van Versailles het Louis die Veertiende vir hom \u2019n klein paleis laat bou waar hy in vrede saam met sy gunsteling <em>courtiers<\/em> kon kuier, jag en ontspan.<\/p>\n<p>En hier, vierhonderd jaar later, kan moderne sonkonings en sonkoninginne net so lekker en luuks soos Louis IV in die Kaap kom uitspan.<\/p>\n<p>\u00c1s jy di\u00e9 boetiekhotel kan kry, want jy moet weet waar om te kyk. En \u00e1s jy plek kan kry, want die Marly neem net twee-en-twintig gaste in hul elf vyfster suites. Niks en niemand meer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/The-Marly-Hotel-Final-01.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><\/div>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Waar is dit?<\/strong><\/span><\/span><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nIewers tussen die Bay en Blues, digby die Umi, gaap die smal, onopvallende ingang van \u2019n parkeergarage. Kyk mooi. Dit is net verby die Emporium Gelateria. As jy verby Blues is is jy verby. As jy by die Theatre on the Bay verby is, is jy v\u00e9r verby. Draai maar links, ry om die blok en probeer weer.<\/p>\n<p>Nog \u2019n wenk: jy is op soek na \u2019n doodgewone, beton-oerwoud parkeergarage. Daar is niks van buite af wat voorspel wat binne op jou wag nie.<\/p>\n<p>Dit is so reg in die tradisie van ware boetiekhotelle. Gewone hotelle, selfs vyfster plekke, kondig hulself in neonkleure aan. \u2019n Egte boetiekhotel doen dit n\u00f3\u00f3it nie. Sy naam flikker n\u00earens buite nie. Daar is dalk \u2019n klein naambordjie of \u2019n vlag of \u2019n voordeurmatjie. Iets subtiel. Net die ingeligtes weet waar dit is want hulle maak op <em>word of mouth<\/em> staat. Die Marly is reg aan die einde van die boonste vlak van die parkeergarage, met as aanduiding dat jy by die regte plek is net \u2019n pikswart, 5cm-dik fluweeltou.<\/p>\n<p>As jy in die parkeergarage uitklim ruik jy die see. As jy jou kamer binnestap si\u00e9n jy die see. Nie \u2019n veraf blou strepie op die horison nie. Nee, die branders rol reg voor jou op die sand uit. Jy\u2019s drie verdiepings bo die straat. Hoog genoeg sodat jy niks van die gedruis van die verkeer en mense onder jou hoor of sien nie maar so naby aan die strand dat dit voel asof die sandsoom tot teenaan die balkon van jou suite loop.<\/p>\n<p>Voor jou strek die wit strand uit, met branders wat uitrol en terugtrek in die nimmereindigende ritme van die see. Jy is in die hartjie van die hartjie van Kamspbaai. Op die Strip met sy dosyne<em> vibey<\/em> eetplekke en terselfdertyd so na aan die sand en see as wat kan kom.<\/p>\n<p>Die verruklike Marly is intiem en baie persoonlik. As jy instap weet die personeel weet wie jy is, en groet gasvry asof jy familie is. Elkeen is so ingenome met hul Marly, en wys jou trots rond \u2013 die biblioteek en leeskamer met koerante, musiek en dvds op aanvraag, die beskutte swembad en poelterras, die privaat hysbak wat jou eksklusiewe toegang tussen die Marly en die restaurante gee.<\/p>\n<p>Dan na jou kamer. Jy stap af in \u2019n ruim gang waar die mure en embellishments op elke kamerdeur hipermoderne Franse <em>chic <\/em>uitspel. Als is wit, greige, silwer, glas en spie\u00ebl.<\/p>\n<p>In jou kamer wag al die gewone geriefies \u2026 en \u2019n bietjie meer.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/The-Marly-Hotel-Final-17.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><\/div>\n<p>\u2019n Privaat stoep so groot soos jou ruim suite met skuifdeure na die see met twee lieflike buitel\u00eastoele en \u2019n koloniale sambreel waaronder jy soos \u2019n sonkoningin kan uitstrek, met \u2019n boek en\/of sjampanje.<\/p>\n<p>\u2019n Regte <em>slipper bath.<\/em> Spierwit met silwer pootjies. Badkersies. \u2019n Re\u00ebnstort. \u2019n <em>Bath butler<\/em>-diens.<\/p>\n<p>En vanselfsprekend japonne en pantoffels, handdoeke, sepies en sjampoes, lugre\u00ebling, TV, internet. Jou eie Nespresso en \u2019n goed toegeruste yskaskroegie wat elke dag aangevul word en niks ekstra kos nie. En spie\u00ebls oral.<\/p>\n<p>Snags kan jy met jou deur oopslaap, omring met die klanke van die see, of die klankdigte deure toesluit vir totale stilte. (\u2019n Nota: Ons slaap oor op \u2019n Donderdagaand. Dit is r\u00e9gtig stil. Maar ons vermoed jy sal op 31 Desember heelwat meer van die naglewe hoor. Die concierge beloof egter dat die deure alle klank demp.)<\/p>\n<p>Die <em>bath butler<\/em> is vir my nuut. Di\u00e9 diens, wat vooraf bespreek moet word, beteken dat jy bederf word met \u2019n bottel sjampanje (alkoholies of nie-alkoholies) en \u2019n eksotiese bad-ervaring van die menu kies, met blomblare, lyfbotters en kerse in verskeie geure. Dit is die kersie op die koek, die finale tikkie wat jou jou laat verbeel dat jy Marie Antoinette se rinkelende laggie net buite die deur hoor opklink.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n ander w\u00eareld. Waarlik \u2019n sjiek ruimte waarin jy kan rus en kuier soos dit jou behaag.<\/p>\n<p>Bespreek by <a href=\"http:\/\/www.themarly.co.za\"><span style=\"color: #0000ff;\">www.themarly.co.za<\/span><\/p>\n<p><\/a> <span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Kamers<\/strong><\/span><\/span><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nSee-uitsig op Kampsbaai hoofstrand of berg-uitsig van die Twaalf Apostels. Elkeen het \u2019n privaat buitestoep. Ingesluit is parkering, wi-fi, ontbyt by die La Belle Bistro &amp; Bakery, kompliment\u00eare kamerkroegie, Charlotte Rhys-produkte, volledige multimedia TV met volle bouquet van programme, iPod dok, internasionale en plaaslike kragpunte en koningsgrootte bed.<br \/>\nDie superluukse kamers het \u2019n afsonderlike sitkamer, \u2019n instap aantrekkamer, badgeriewe wat op die privaatstoep uitloop en \u2019n buite-Jacuzzi.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/The-Marly-Hotel-Final-05.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/The-Marly-Hotel-Final-03.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"263\" \/><\/div>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Fooie<\/strong><\/span><\/span><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nVanaf R2 800 buite seisoen vir die gewone suites (waarin ons gebly het) tot R10 100 in hoogseisoen vir die heel luukse suites. Fooie is per kamer, nie per persoon nie. Slegs twee persone per suite, met \u2019n maksimum van een kind per suite, teen R500 ekstra per nag vir \u2019n kind onder twaalf en R1000 vir \u2019n kind van 12-16. Wiegies op aanvraag.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Hoe om daar te kom <\/strong><\/span><\/span><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nNaaste lughawe: Kaapstad lughawe. Re\u00ebl vervoer met die Marly.<br \/>\nOf ry self. Aanwysings by <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/themarly.co.za\/location-camps-bay \">http:\/\/themarly.co.za\/location-camps-bay <\/a><\/span><br \/>\n<strong><br \/>\n<span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\">Konferensiegeriewe <\/span><\/span><br \/>\n<\/strong><br \/>\nVir 16-30 persone, teen R450 per persoon per dag, met \u2019n tweegangmaaltyd en drie versnaperingspouses ingesluit. Met al die konferensietoerusting en filmgeriewe.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Wat om te doen<\/strong><\/span><\/span><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\n\u2022 Bespreek \u2019n <em>bath butler <\/em>of gaan vir \u2019n massering of spa-behandeling by enige van die twee spa\u2019s in die kompleks.<br \/>\n\u2022 Die Theatre on The Bay bied maand op maand van die beste teatervermaak in die land. Dit is net twee blokke ver van die Marly en veilig om te stap. Of re\u00ebl vervoer met die Marly.<br \/>\n\u2022 Eet uit. Jy is in die hartjie van Kampsbaai met sy dosyne toprestaurante. Ons kan die Umi (hulle spesialiseer in sushi en seekos) en La Belle Bistro &amp; Bakery aanbeveel.<br \/>\n\u2022 Swem. Veilige ryplek vir lyfplankryers en branderplankryers aan die noordekant. Maar bring jou eie bord en <em>wet suit<\/em>. Die water is koud \u2013 vir Suid-Afrikaners, altans. Ons het verskeie mense die oggend voor ontbyt sien swem \u2013 die regte raad om al die oordaad uit te balanseer.<br \/>\n\u2022 Stap langs die see<br \/>\n\u2022 Koop roomys by die Gelateria. (Die keuses is net so verstommend as die stywe pryse \u2013 van oreokoekieroomys tot klapperroomys in pragtige bakkies. Maar dit \u00eds luuks en lekker vir oud en jonk.)<br \/>\n\u2022 Geniet \u2019n skemerkelkie by enige van die talle restaurante. Pryse begin by R30 en is nie buitensporig duur nie. Onthou dat stywe boetes gehef word as jy met drank op die strand betrap word.<br \/>\n\u2022 Kry die Micity-bus na die Waterfront (vir flieks, Robbeneiland, helikoptervlugte, bootritte na Houtbaai, inkopies, die mediese museum by die Somerset hospitaal, die Kaapse Oog), Melbosstrand, Tafelberg of die stad. Kry die roetekaarte by <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.myciti.org.za\">www.myciti.org.za<\/a><\/span> Koop jou kaartjie tydens kantoor-ure weeksdae by die dorpsbiblioteek reg agter die Marly. R35 vir die kaartjie plus R30 vir rykrediet op jou kaartjie.<br \/>\n\u2022 Dagtoer met die Blou en\/of Rooi Busse wat jou na al die beste Kaapse hoogtepunte neem, soos die Kasteel, Tafelberg, Kirstenbosch, Groot Constantia, verskeie museums en die Tuine. Die rooi bus stop regvoor die Marly. Jy kan die kaartjies net by die Waterfront koop. As jy nie jou eie vervoer het nie haal die Micity bus na die Waterfront en koop daar jou hop-on-hop-off kaartjie. <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.hop-on-hop-off-bus.com\">http:\/\/www.hop-on-hop-off-bus.com<\/a><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Jy is ook binne bereik van<\/strong> <\/span><\/span><\/p>\n<p>\u2022 die wynplase van die Paarl, Stellenbosch en Franschhoek<br \/>\n\u2022 World of Birds in Houtbaai<br \/>\n\u2022 Kaappunt en<br \/>\n\u2022 Naby die vertrekpunte van die Argus, Two Oceans en Cape Town Marathon.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><span style=\"font-size: medium;\"><strong>Twee laaste wenke<\/strong><\/span><\/span><strong><br \/>\n<\/strong><br \/>\nAs jy vir \u2019n huweliksherdenking, verjaardag of wittebrood oorslaap noem dit wanneer jy plek bespreek. Die bestuurder s\u00ea hulle bederf altyd gaste wat \u2019n spesiale geleentheid gedenk.<\/p>\n<p>En hou hul webwerf dop vir <strong>buiteseisoen aanbiedings<\/strong>.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/The-Marly-Hotel-Final-08.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die Kaap, so s\u00ea hulle, tel ou geld. Hier spog mense met familiebande en titels wat geslagte ver in die verlede instrek. Dit is nie te koop nie. Jy het dit of jy het dit nie. Maar soms kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":21810,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[154,155],"class_list":["post-2804","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-the-marly","tag-kampsbaai"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die Kaap, so s\u00ea hulle, tel ou geld. Hier spog mense met familiebande en titels wat geslagte ver in die verlede instrek. Dit is nie te koop nie. Jy het dit of jy het dit nie. Maar soms kan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-10-09T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-03T13:54:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Die-Marly.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne\",\"datePublished\":\"2014-10-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-03T13:54:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/\"},\"wordCount\":1465,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/10\\\/Die-Marly.jpg\",\"keywords\":[\"the marly\",\"kampsbaai\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/\",\"name\":\"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/10\\\/Die-Marly.jpg\",\"datePublished\":\"2014-10-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-03T13:54:55+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/10\\\/Die-Marly.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/10\\\/Die-Marly.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne | rooi rose","og_description":"In die Kaap, so s\u00ea hulle, tel ou geld. Hier spog mense met familiebande en titels wat geslagte ver in die verlede instrek. Dit is nie te koop nie. Jy het dit of jy het dit nie. Maar soms kan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-10-09T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-03T13:54:55+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Die-Marly.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne","datePublished":"2014-10-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-03-03T13:54:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/"},"wordCount":1465,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Die-Marly.jpg","keywords":["the marly","kampsbaai"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/","name":"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Die-Marly.jpg","datePublished":"2014-10-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2016-03-03T13:54:55+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Die-Marly.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Die-Marly.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-marly-speelplek-vir-sonkonings-en-koninginne\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die Marly: speelplek vir sonkonings en koninginne"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2804","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2804"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2804\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21810"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2804"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2804"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2804"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}