{"id":2752,"date":"2014-12-15T08:17:00","date_gmt":"2014-12-15T06:17:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/"},"modified":"2018-07-06T13:17:57","modified_gmt":"2018-07-06T11:17:57","slug":"krismis-op-avondster-hoofstuk-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/","title":{"rendered":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4"},"content":{"rendered":"<p><strong>HOOFSTUK 4<\/strong><\/p>\n<p>Magdalena vryf oor die meisie se natgeswete voorkop. Die baba maak sagte kreungeluidjies terwyl hy aan sy ma drink. Buite hoor Magdalena hoe mans op die stoep gesels. Sy bid dat dit mense is wat kan kom help. Die bloeding het gestop, maar sy weet die hoeveelheid bloed wat die meisie verloor het, is te veel.<\/p>\n<p>\u201cMary? My kind, jy het die pragtigste seuntjie. Voel jy hom aan jou drink? Hy is \u2019n fris knapie hoor? Ai my kind, word net wakker.\u201d<\/p>\n<p>Josh kom sit by die voetenent van die bed.<\/p>\n<p>\u201cAntie? Hoekom is sy nie wakker nie. En al die bloed? Gaan sy dood, Antie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy moet bly glo, my kind. Kom sit hier by haar en hou haar hand vas. Vertel haar hoe lief jy haar het. Dan bid jy vir haar.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena luister na sy kinderlike gebed. Sy glo dit vlieg van Josh se lippe tot by God se ore.<\/p>\n<p>\u201cAg Liewe Jesus, jy moet Mary help. Sy is \u2019n goeie <em>girl<\/em>. Sy is my Mary, my Mary quite contrary. Maak haar oge asseblief oop.<\/p>\n<p>Magdalena luister hoe die stemme van die mans van die stoep tot in die kombuis beweeg. Dan verskyn Krisjan in die kamerdeur.<\/p>\n<p>\u201cEnige verandering?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, sy l\u00ea nog net so. Wie is daar in die kombuis?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis drie Oosterse toeriste. Op pad na die Sterrewag. Verkeerde pad gevat.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie tyd van die nag?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis al dagbreek, my vrou. Dis Kersfees. Watter verskriklike Kerfees.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena druk haar man teen haar vas.<\/p>\n<p>\u201cDis Kersfees, Krisjan. Jy sal sien, vandag gaan \u2019n mooi dag wees. Het jy vir die mans koffie aangebied? Hulle is seker gedaan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn honger, hulle is besig om jou beskuitblik leeg te eet. Kan skaars Engels praat. Genade vrou, wat gaan hier op ons plaas aan? Vir weke sien ons niemand. En nou is ons huis vol vreemdes!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena lag en pomp haar man goedig in die ribbes.<\/p>\n<p>\u201cEk het jou mos ges\u00ea mens weet nooit wie die Here op ons pad stuur nie.\u201d<\/p>\n<p>Josh kom staan voor Krisjan. Hy neem beide sy hande en kyk smekend op na die groot ou man.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOompie? Die Here sal na jou luister, sal jy vir my Mary bid?\u201d<\/p>\n<p>Magdalena vou haar arm om haar man se groot ou lyf. Sy weet onder sy harde dop is \u2019n klein hartjie.<\/p>\n<p>\u201cSal jy vir ons bid, my man?\u201d<\/p>\n<p>Krisjan sug hard en kyk op na die plafon asof hy hulp soek in \u2019n moeilike situasie.<\/p>\n<p>Dan doen hy iets wat soos \u2019n knop in Magdalena se keel gaan sit. Hy sit sy arm om die skraal jong man se skouer.<\/p>\n<p>\u201cSeun, kom staan hier by my, dan bid ons. &#8220;Onse God, dis Kersoggend op Avondster. Ons het \u2019n moeilike nag gehad. Ons dank U vir die gesonde baba wat vandag hier gebore is, en ons dra Mary aan U op. Ons vra dat U haar lewe sal spaar. Dis in die naam van U seun Jesus wat ons dit vra.\u201d<\/p>\n<p>Lank nadat Krisjan uitgestap het, staan Magdalena nog stil om die omvang van die atmosfeer in te neem. Sy stuur \u2019n dankgebed op om God te bedank vir haar liewe ou man wat pas die gees van Kersfees uitgestraal het.<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Magdalena hoor hoe lekker Krisjan en die toeriste in die kombuis gesels. Krisjan se Engels is self nie van die beste nie, maar blykbaar verstaan die klomp mekaar. Die drie mans staan hoflik op langs die kombuistafel as sy inkom.<\/p>\n<p>\u201cThis is my wife. Vrou, die mans wil ry. Hulle vra of hulle die baba kan sien.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena gaan haal die baba en die mans bekyk die kofiebruin baba met bewondering. Hulle brabbel in hul eie taal en vat versigtig aan die handjies.<\/p>\n<p>\u201cWe all baby,\u201d verduidelik een. Magdalena en Krisjan moet na verskeie kinderfoto\u2019s op selfone kyk. Josh staan skaam eenkant.<\/p>\n<p>\u201cThis is Josh, the father,\u201d stel Magdalena hom voor.<\/p>\n<p>Die mans skud Josh se hande en dan begin hulle een na die ander banknote in die verskrikte jong man se hande druk.<\/p>\n<p>\u201cFor the baby.\u201d<\/p>\n<p>Toe hulle motor se stertliggies by die draai van die tweede hek verdwyn, vee Magdalena haar wange droog. Sy weet haar ou man besef ook dat hier besig is om \u2019n groot wonderwerk op hulle plaas te gebeur.<\/p>\n<p>\u201cWat kom hulle by die Sterrewag maak?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVrou, soos ek verstaan, is hulle sterrekundiges. Die een of ander studie wat hulle hier kom doen. Ek het hulle die regte pad beduie. Wat is dit so met almal wat die verkeerde pad in ons koers vat?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMy man, jy weet, ek dink nie hulle vat die verkeerde pad nie. Die Here stuur hulle. Josh en Mary, hulle het ons net weer kom herinner dat \u2019n kind se geboorte \u2019n wonderwerk is. Jy sal sien, Mary gaan ook beter word. Sy gaan leef, want dis Kersfees, my man.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan steek sy pyp op en mor die kamma \u2013 \u2019n mor wat Magdalena al weet is meer blaf as byt.<\/p>\n<p>\u201cJy is seker reg, soos altyd, Magdalena. As David daardie kinders nie gekry het nie. Jy weet hoe min mense ons afdraai vat.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit moes so gebeur het. Dankie my man, dankie vir wat jy in die nag gedoen het. Ek weet dit was moeilik vir jou.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan grom onderlangs.<\/p>\n<p>\u201cHet ek \u2019n keuse gehad?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, jy het nie. Hier was niemand anders nie. Dis die werkie wat die liewe Heer vir jou vir hierdie Kersfees uitgesoek het.\u201d<\/p>\n<p>Die ou man sug swaar.<\/p>\n<p>\u201cJa, wat \u2019n Kersfees. Die dag gaan nog lank word. Ek wonder hoe laat Kris gaan bel.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Josh staan nog met die baba in sy arms in die kombuis. Hy wieg die kind heen en weer en sing <em>Jingle Bells<\/em>. Voor hom op die kombuistafel l\u00ea \u2019n hopie note.<\/p>\n<p>\u201cJissie Antie, kyk net al die geld wat die <em>Chinamen<\/em> vir die <em>baby<\/em> gegee het! \u2019n Klomp geld. Hulle s\u00ea dis \u2019n <em>good luck baby<\/em> di\u00e9. Daai een hy het die <em>baby<\/em> in sy taal ge<em>bless<\/em>. Dink antie dis \u2019n goeie ding dat die vreemde mense so vir die kind bid as hulle nie <em>Christians <\/em>is nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHulle bedoel dit goed, Josh. Hulle gebede sal by die regte plek beland. God verstaan ander tale ook.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMary? Dink Antie sy gaan ok wees?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie oom gaan weer probeer om \u2019n ambulans te kry. Anders moet ons self ry. Sy moet by \u2019n hospitaal kom.\u201d<\/p>\n<p>Hulle gaan l\u00ea die baba weer saggies by Mary neer. Hy drink gulsig en sterk aan sy mamma. Mary begin kreun en probeer bedwelmd regop kom.<\/p>\n<p>\u201cMy Mary! Praize God. Jirre as jy vandag hier \u2019n <em>miracle <\/em>laat gebeur, ek sweer ek sal die beste dada vir die laaitie wees. Ek sal hom alles leer. Ek sal vir Mary oppas.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena vee Mary se natgeswete voorkop weer af.<\/p>\n<p>\u201cGod hoor jou Josh, Hy hoor. Mary? Hoor jy my?\u201d<\/p>\n<p>Mary maak haar o\u00eb half oop.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n goeie teken as sy begin bykom. Bring vir my skoon koue water uit die kombuis, ek wil haar weer afvee. Sy bly warm.\u201d<\/p>\n<p>Die foon lui verder af in die gang.<\/p>\n<p>\u201cDis seker nou Kris! Krisjan!\u201d<\/p>\n<p>Maar Krisjan is eerste by die foon.<\/p>\n<p>\u201cSeun? (STILTE) Ja, Gese\u00ebnde Kersfees vir jou ook. (STILTE) Hier? Ons het \u2019n vreeslike nag gehad. Ek en jou ma het \u2019n baba gevang! (STILTE) Nee, \u2019n mensbaba! Die mense se kar het hier naby gaan staan. Die hitte het die meisie gevang en toe gaan sy in kraam. (STILTE) Pragtige bulletjie. Te pragtig. (STILTE) Wag, hier is jou ma. Jy sal moet raad gee, die meisie lyk nie te goed nie. Sy het baie gebloei. Maar \u2019n ambulans kom hopelik later van Laingsburg (STILTE) Dis reg, jy ook. Hier&#8217;s jou ma. Ek moet krale toe.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena sien hoe haar man trane afvee. Kris is sy trots. Al boer Kris nie, is hy sy pa se groot trots.<\/p>\n<p>Soos dit \u2019n ma betaam, berispe sy Kris eers oor hy so rondloop.<\/p>\n<p>\u201cMy kind! Waar het jy rondgeloop? Ons het gebel en gebel. (STILTE) Dit was \u2019n vreeslike geboorte. (STILTE) Sy het gesukkel want sy was swak van hitte-uitputting. Sy het baie gebloei. (STILTE) Ja, dit bloei nie meer nie, maar sy raak soms bewusteloos. (STILTE) Die mense is van die Kaap. Nog bloedjonk. (STILTE) Van die Kaapse Vlakte. (STILTE) Ja, (LAG) jy ken jou pa, vreeslik gemor, maar hy is nou kalm. (STILTE) Kan jy dit nou glo? Ja, sy knor is mos maar nie te ernstig nie. Hy het maar ook geskrik toe die meisie so swak is. (STILTE) Stuur liefde vir Michelle. Wanneer bring jy haar om vir ons te wys? (STILTE) Ons sal seker later almal saam Kersete eet. (STILTE) Jou pa? Het hy \u2019n keuse?\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>David hou in \u2019n stofwolk voor die agterdeur stil. Sonder sy ma.<\/p>\n<p>\u201cDavid! Waar\u2019s jou ma?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAi Mevrou, dit gaan baie sleg daar by oompie Koos. Ma kan regtig nie kom nie. Maar sy stuur hierdie bossiemedisyne. Mevrou moet dadelik vir die vrou twee eetlepels vol gee en daarna een elke uur.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan bekyk die botteltjie agterdogtig.<\/p>\n<p>\u201cVrou, jy kan nie vir Mary daai goed gee nie. Sy begin nou net beter lyk. Die baba drink aan haar.\u00a0Netnou? Watse goed is dit, David?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg my man, as Anna iets gemeng het, vertrou ek dit.Sy ken haar bossies.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan weet as hy \u2019n geveg nie gaan wen nie.<\/p>\n<p>\u201cEk hoop jy weet wat jy doen. Kom David, ons moet voor middagete daardie skape gaan haal wat jy daar by die hoofpad-kamp gelos het. Hoop hulle is nog daar.\u201d<\/p>\n<p>David stap gewillig saam. As die Meneer gepraat het, het hy gepraat.<\/p>\n<p>\u201cIs reg Meneer, en Meneer, Gese\u00ebnde Kersfees. Ma vra of dit nog reg is dat die statte se kinders vanmiddag kom? Meneer weet? Met die ding met die vrou en die baba?\u201d<\/p>\n<p>Magdalena luister glimlaggend hoe haar man se hart verkrummel.<\/p>\n<p>\u201cJa jong, is reg so, jy kan maar vir Harold met die trekker en <em>trailer<\/em> stuur om hulle te gaan haal.\u201d<\/p>\n<p>David vertel opgewonde van die middag se konsert.<\/p>\n<p>\u201cDie kleintjies oefen al weke lank aan hulle <em>show<\/em>. Om te dink net anderdag was ek ook in die <em>show<\/em>, onthou Meneer?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, en jy was vrek stout ook. Stoutste engel in die koor. Amper die hele spul aan die brand gesteek het met jou kers!\u201d<\/p>\n<p>\u201cLekker tye Meneer, ek sal dit altyd onthou, die lekker tye op Avondster.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Mary sit half regop teen die kussings. Josh hou aan haar hand asof sy lewe daarvan afhang.<\/p>\n<p>\u201cMary? Tannie is so bly jy is weer met ons. Jy het ons laat skrik hoor!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk vertel die ding vir haar Antie, hoe baie ons gebid het. Die oompie ook.\u201d<\/p>\n<p>Mary verkyk haar aan die baba.<\/p>\n<p>\u201cHy is pragtig, n\u00ea Antie?\u201d<\/p>\n<p>&#8220;God het vir julle \u2019n volmaakte kindjie gegee, en, julle moet onthou om altyd vir hom te vertel watter wonderwerk sy geboorte was. Kom, sluk hierdie medisyne wat David se ma gestuur het. Ek glo dit gaan jou sterk maak.&#8221;<\/p>\n<p>Magdalena wys haar hoe om die baba te laat drink.<\/p>\n<p>\u201cHy drink sterk n\u00ea? Wens so my mamma kon hier wees.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie oom s\u00ea ons moet jou ma bel, sy moet weet van jou en die baba. Die oom gaan eers jou pa bel. Moenie bekommer nie, die oom sal weet hoe om hom te hanteer. Dan praat ons daarna met jou ma. My kind, jy was amper dood, jou ma moet weet hoe dit met jou gaan. Dis haar reg.\u201d<\/p>\n<p>Josh rek sy o\u00eb groot oor die nuus.<\/p>\n<p>\u201cJa, Mary, di\u00e9 oompie is \u2019n kwaai ene, hy weet hoe om met die Here te praat, en die Here luister as die oompie bid. <em>Genuine<\/em>. Hierdie oom is die regte man om met Daddy te praat.\u201d<\/p>\n<p>Mary begin huil.<\/p>\n<p>\u201cEk wens my mamma was hier. As als beter is, gaan haal ons my mamma, hoor jy Josh?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNet so Mary, Mary quite contrary, net so.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Krisjan bring die foon met \u2019n verlengtou na die slaapkamer. Hy sit op die stoel langs die bed en bel die nommer wat Josh neergeskryf het.<\/p>\n<p>\u201cHallo? Mevrou, kan ek met Pastoor praat? (STILTE) Dis Krisjan Naud\u00e9 van Sutherland, ek het Mary en Josh hier. (STILTE) Pastoor, luister nou baie mooi na my. Die kinders is veillig hier op my plaas, en voor jy by hulle kan uitkom, moet jy verby my kom. (STILTE)<\/p>\n<p>En ek, is \u2019n bebliksemde ou man. Jy gaan hierdie kind nooit weer met jou vuiste bydam nie, verstaan jy my? Jou kleinkind is vanoggend gebore, \u2019n volmaakte baba, en jou dogter is byna dood. (STILTE) Ons het haar lewe van God af gebid en jy en jou vuiste bly van haar af weg. En laat ek net hoor dat jy haar ma weer slaan. Ek het vriende in die polisie daar in die Kaap. Hulle sal vir jou kom uithaal, pastoortjie, dan sal jy voel hoe om met iemand van jou eie <em>size<\/em> te baklei. En nou, gaan roep jy jou vrou om met Mary te praat. En as jy haar keer, bel ek my vriende. (STILTE) Mevrou, ek het Mary hier by my, sy wil met jou praat.\u201d<\/p>\n<p>Mary se stem is sag en huilend.<\/p>\n<p>\u201cMamma! Die <em>baby<\/em>, hy is gebore, hy is so pragtig. Al die vingers en tone, \u2019n seuntjie! (STILTE) Ons het verdwaal en toe gaan staan Josh se kar. Maar die Here het \u2019n oompie en antie gestuur anders het die son ons vrek gebrand. (STILTE) Ek het baie gebloei Mamma, ek het gevoel hoe ek wegswewe, maar iets het my heeltyd teruggehou. Dis die Here Mamma, Hy het my teruggestuur, na Josh en my <em>baby<\/em>. Is Mamma ok? Het Daddy?<\/p>\n<p>Ek worry oor Mamma, kan ma nie by Josh se mammie gaan bly tot ons terug is nie? Asseblief Mamma?\u201d<br \/>\nKrisjan neem met die groetslag die foon by Mary.<\/p>\n<p>\u201cMevrou, ek hoop die pastoor is naby sodat hy my kan hoor. S\u00ea vir hom ek het elke woord bedoel wat ek s\u00ea. As hy weer aan jou raak, laat sluit ek vir hom toe. Mary is nog swak, \u2019n ambulans kom haar haal, sy kan weer bel as sy beter is.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Josh en David is doenig in die kombuis en eetkamer. Krisjan deel bevele uit en die twee jong mans spring. Ekstra plekke word aan tafel gedek en kos word opgewarm.<\/p>\n<p>\u201cJosh, Mevrou het ges\u00ea ek en jy en Meneer eet aan tafel en Mevrou en Mary in die kamer.\u201d<\/p>\n<p>Josh verkyk hom aan die silwer eetgerei.<\/p>\n<p>\u201cHei man, <em>fancy stuff<\/em>. Lyk soos \u2019n hotel!\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs Mevrou se beste goed, moenie daai borde laat val nie.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan val hulle knorrend in die rede.<\/p>\n<p>\u201cIs julle twee klaar? Ek pak solank die opskepbakke op die tafel. Ek is honger. En, gaan was julle hande. Julle kom sit nie so aan tafel nie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa Meneer, maak so! Kom Josh, ons beter spring.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena kom inspekteer die tafel en skuif die messegoed netjies reg.<\/p>\n<p>\u201cEn toe, my man? Is julle reg? Darem meer plekke aan tafel as net twee armsalige oumense, n\u00e9 my man?\u201d<\/p>\n<p>Krisjan brom.<\/p>\n<p>\u201cBleddie Capey en plaasvolk aan my tafel, jy kan bly wees dis Kersfees, anders \u2026\u201d<\/p>\n<p>Maar sy vrou praat hom dood.<\/p>\n<p>\u201cSien jy, nou het ons genoeg kos vir almal. Ek het jou mos ges\u00ea mens weet nooit wie die Here almal op ons pad stuur nie.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Die plaasvolk se kinders se Kerskonsert is soos gewoonlik \u2019n effense chaos met skaapwagters wat Josef met hulle stawwe bydam en Maria wat op die top van haar stem gil dat een van die engele haar geknyp het.<\/p>\n<p>\u201cSien jy my man, dit was die mooiste Kersspel nog!\u201d<\/p>\n<p>Sy maak of sy nie raaksien hoe aangedaan die ou knorpot is nie.<\/p>\n<p>\u201cJy s\u00ea dit elke jaar.\u201d<\/p>\n<p>Sy trek speels aan sy vals wit baard.<\/p>\n<p>\u201cWaar het jy toe jou pa se Kersvaderpak gekry? Sien dit sit maar knap en jy ruik die ene motballe!\u201d<\/p>\n<p>Krisjan kan nie help om saam te lag nie.<\/p>\n<p>\u201cMy ma draai in haar graf om oor die heidense klere!\u201d<\/p>\n<p>\u201cHet jy gehoor hoe jil en skree die kinders? Vir hulle was jy vandag die regte egte Kervader.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan probeer sy siniese waardigheid behou.<\/p>\n<p>\u201cHulle kan mos sien dis ek.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg Krisjan, partykeer sien jou kop een ding en jou hart glo \u2019n ander. Veral as jy \u2019n kind is. Dankie, dankie vir hierdie Kersfees, my man.\u201d<\/p>\n<p>Sy soen Kersvader op die wang.<\/p>\n<p>\u201cLyk my elke jaar is daar moles in die engelekoor. Was dit Minnie se Jantjie en klein Bees wat so vuisgeslaan het? Mens het net gesien gansvere waai! Foei, en hulle ma\u2019s het weke lank aan daardie vlerke gewerk. Het vir my gelyk die Josef en Maria was ook effens haaks! Die arme baba Jesus is maar taamlik hardhandig behandel!\u201d<\/p>\n<p>Al weet die plaaskinders dit is Krisjan agter die Kerspak, maak hulle of hulle dit nie weet nie. Kort-kort kom pluk een versigtig aan sy baadjie of baard.<\/p>\n<p>Kersvader probeer sy bes om sy rol goed te speel en gee soms \u2019n goedige:\u201d Ho ho ho.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKlein wetters moet vasgevat word. Heeltemal te Hans, s\u00ea ek jou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, my man, ek hoor jou. Wag, lyk my hulle gaan vir oulaas sing voor hulle ry. Toe Krismisvader, vat die sak lekkers en gaan staan gereed as hulle by die treiler opklim.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Magdalena help Josh om \u2019n paar goedjeis vir Mary vir die hospitaal in te pak. Mary l\u00ea haar en verkyk aan die baba.<\/p>\n<p>\u201cJosh, die ambulans kom netnou. Jy beter Mary se tannie gaan bel en s\u00ea hulle neem haar Laingsburg toe.\u201d<\/p>\n<p>Die bossiemedisyne het \u2019n wonderwerk verrig. Mary lyk sommer heelwat sterker.<\/p>\n<p>\u201cJissie my Antie, wat is in daai bossiegoed wat jy Mary gegee het? Mens kan baie geld maak met daai goed. Ek sien al die <em>TeeVee advertisement<\/em>, Wonder Cure for a Miracle.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBelowe my jy gaan baie mooi na Mary en die baba kyk? Het julle al op \u2019n naam besluit?\u201d<\/p>\n<p>Josh staan op en kom staan in groot erns voor Magdalena.<\/p>\n<p>\u201cMy Antie, kyk na my, hierdie man is ge<em>cure<\/em> van alle sone, van nou af loep ek die <em>straight and narrow<\/em>. Sal Antie die oompie roep? Ons wil hom iets vra.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan kom by die kamer ingestap, steeds in sy Kersvaderpak.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie wag om uit hierdie warm klere te kom nie.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena kan nie help om te lag nie.<\/p>\n<p>\u201cEn ek kan nie wag om die foto\u2019s vir Kris te stuur nie!\u201d<\/p>\n<p>Krisjan gee sy gewone brom-antwoord en begin weer uitstap, maar Josh keer hom.<\/p>\n<p>\u201cWag eers Oompie, ons wil iets <em>important<\/em> vra. Oompie moet eers die <em>baby<\/em> vashou. Ons het gewonner of ons die <em>baby<\/em> se naam nou kan gee?\u201d<\/p>\n<p>Krisjan Hou die baba ongemaklik vas.<\/p>\n<p>\u201cNou wat gaan sy naam wees? Dit beter \u2019n goeie naam wees want hierdie klong gaan nog groot dinge bereik, ek voel dit aan.\u201d<\/p>\n<p>Josh staan nader. Hy hou Mary se hand vas.<\/p>\n<p>\u201cOompie, dis hoekom ons gewonner het, kan ons hom maar Krisjan noem?\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Krisjan en Magdalena staan op die stoep en kyk hoe die ambulans wegry. Die son begin sak oor die plaas. Magdalena vee die trane weg.<\/p>\n<p>\u201cAg ek hoop hulle gaan ok wees. Sy lyk darem heelwat beter.\u201d<\/p>\n<p>\u201cGenade vrou, wat is in daardie mengsel van Anna?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie, maar ek glo geloof, hoop en liefde is van die bestanddele wat Anna altyd gebruik.&#8221;<\/p>\n<p>Krisjan steek sy pyp op en blaas \u2019n paar rustige rookwolke in die lug.<\/p>\n<p>\u201cKris het netnou gebel toe jy Mary help inpak. Hy wou hoor hoe dit met haar gaan. Ek het vir hom ges\u00ea hy beter meer kom kuier anders gaan hy sy erfporsie kwyt wees. Daar is mos nou nog \u2019n Krisjan wat kan aanspraak maak op die familiegrond.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena stuur dankgebede op. Haar ou knorpot kon toe nie die vrede van Kersfees weerstaan nie.<\/p>\n<p>\u201cDis so \u2019n lekker laatmiddag, my man. Kom ons stap af stalle toe net om bietjie stilte te kry. Die plaas was \u2019n malhuis van gister af.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa dit was. Wie sou gisteroggend kon dink al die goed kan hier op Avondster gebeur?\u201d<\/p>\n<p>Die twee oumense stap hand aan hand die grondpad af.<\/p>\n<p>\u201cKrisjan, soms vergeet ek om te kyk hoe mooi dit hier by ons is. Hoe mooi is al die kleure in die lug noudat die son gesak het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn daar kom die eerste sterre uit. Jy is reg, ek sien dit ook nie meer altyd raak nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKyk my man, kyk net!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk sien, die aandster hang vanaand laag oor ons huis. \u201c<\/p>\n<p><strong>EINDE<\/strong><\/p>\n<p><a id=\"65722&amp;h=Krismis-op-Avondster:-Hoofstuk-1&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>* Lees ook hoofstuk 1-3 hier<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>HOOFSTUK 4 Magdalena vryf oor die meisie se natgeswete voorkop. Die baba maak sagte kreungeluidjies terwyl hy aan sy ma drink. Buite hoor Magdalena hoe mans op die stoep gesels. Sy bid dat dit mense is wat kan kom help. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":98976,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[97,98,99],"class_list":["post-2752","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-krismis-op-avondster","tag-hoofstuk-4","tag-verhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Krismis op Avondster: Hoofstuk 4 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"HOOFSTUK 4 Magdalena vryf oor die meisie se natgeswete voorkop. Die baba maak sagte kreungeluidjies terwyl hy aan sy ma drink. Buite hoor Magdalena hoe mans op die stoep gesels. Sy bid dat dit mense is wat kan kom help. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-12-15T06:17:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-06T11:17:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"17 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4\",\"datePublished\":\"2014-12-15T06:17:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:17:57+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/\"},\"wordCount\":3444,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg\",\"keywords\":[\"Krismis op Avondster\",\"hoofstuk 4\",\"verhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/\",\"name\":\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg\",\"datePublished\":\"2014-12-15T06:17:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-06T11:17:57+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/07\\\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg\",\"width\":575,\"height\":575},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4 | rooi rose","og_description":"HOOFSTUK 4 Magdalena vryf oor die meisie se natgeswete voorkop. Die baba maak sagte kreungeluidjies terwyl hy aan sy ma drink. Buite hoor Magdalena hoe mans op die stoep gesels. Sy bid dat dit mense is wat kan kom help. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-12-15T06:17:00+00:00","article_modified_time":"2018-07-06T11:17:57+00:00","og_image":[{"width":575,"height":575,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"17 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4","datePublished":"2014-12-15T06:17:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:17:57+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/"},"wordCount":3444,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg","keywords":["Krismis op Avondster","hoofstuk 4","verhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/","name":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg","datePublished":"2014-12-15T06:17:00+00:00","dateModified":"2018-07-06T11:17:57+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/ONTSPANNING-Krismis-op-avondster-hf-4.jpg","width":575,"height":575},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-4\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 4"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2752","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2752"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2752\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98976"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2752"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2752"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2752"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}