{"id":21109,"date":"2025-07-14T14:30:10","date_gmt":"2025-07-14T12:30:10","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=21109"},"modified":"2025-07-16T16:06:11","modified_gmt":"2025-07-16T14:06:11","slug":"wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/","title":{"rendered":"Wanneer is nog een glasie wyn te veel?"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ek het nog altyd baie gedrink<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk drink al baie van my studentedae af,\u201d vertel Madelein*, nou 58. Ek en my kamermaat het selfs een keer my dikwielfiets verkoop om geld vir bier te kry! Ek is op 17 uit die huis om te gaan swot en was nie aan die matelose vryheid gewoond nie. My pa het \u2019n drankprobleem gehad en die familiegeskiedenis was daar.<\/p>\n<p>\u201cEk het nooit in die week gedrink nie. Net naweke. Maar dan het ek goed ingehaal. Ek onthou hoe ons Saterdagoggende voor die Devonshire-hotel in Braamfontein sit en wag het vir die deure om elfuur oop te maak. En wanneer ek gedrink het, het ek ook gerook. Die een het die ander gesneller. Dus het ek net naweke gerook, maar dan het ek daardie Camels krom gesuig. Hoe meer ek gerook het, hoe meer het ek gedrink.<\/p>\n<p>\u201cIn my twintigerjare het ek bier gedrink, in my dertigs brandewyn en Coke en later whisky en soda. Ek het baie emosionele en geestelike probleme gehad; dinge waarmee ek maar nie vrede kon maak nie. Drank was my ontvlugting.<\/p>\n<p>\u201cEk was ook mal oor die opwinding wat drank my gebied het. Ek was die grapjas en het almal vermaak met my spitsvondigheid, gedans en gesing. Ek het van die aandag gehou en nie beheer verloor sodat ek \u2019n verleentheid was nie.<\/p>\n<p>\u201cEn ek kon baie drink. Ek kon enige man onder die tafel in drink sonder dat ek slinger, my tong sleep of ek naar word. Die volgende dag het ek natuurlik vir my oordaad betaal.<\/p>\n<p>\u201cIn my veertigerjare het ek in die week begin drink, maar net saans. Nooit by die werk nie. Ek het in die mediabedryf gewerk en my skofwerkery het dit makliker gemaak om die babelas weg te steek, want ek het tot laataand gewerk en dan weer \u2019n dag af gehad waarin ek kon herstel.<\/p>\n<p>\u201cEk het n\u00e1 werk omtrent huis toe gejaag om te drink. Drank word jou beste pel. Jy het niemand anders nodig nie. In die somer het ek op my stoep gesit, jazz of swaar klassieke musiek geluister en gerook en gedrink. Die drank het my baie emosioneel gemaak en ek het soms die hele aand omgehuil.<\/p>\n<p>\u201cEk het twee tot drie bottels whisky per week uitgedrink en stapels sigarette gerook. \u2019n Groot deel van my salaris het hierin verdwyn. Dit het my ook oordadig laat eet en \u2019n ander weelde was die pak kolwyntjies wat ek daagliks gekoop het.<\/p>\n<p>\u201cSo twee jaar gelede het die keerpunt gekom. My gestel was gedurig af en ek het chroniese brongitis van die rook gehad en met skeelhoofpyne gesukkel. My ma het baie siek geword en ek was in \u2019n verhouding wat skeefgeloop het. By die werk was ek baie vergeetagtig. Ek het besef ek kan nie langer in ontkenning leef nie.<\/p>\n<p>\u201cEk was te skaam om rehabilitasie te oorweeg en het eerder my huisdokter gaan spreek. N\u00e1 x-strale van my borskas het sy baie mooi met my gepraat en my gewys wat die rook en drank aan my lewer en longe gedoen het.<\/p>\n<p>\u201cEk het myself gehaat vir wat ek geword het en het besluit om geloof my anker te maak. In my geval is dit gebed wat my gered het. Dit was \u2019n wilsbesluit om op te hou rook en drink en ek moet gedurig daarteen baklei. Tog voel ek nie meer dat ek drank nodig het nie.<\/p>\n<p>\u201cEk voel nou lig en helder en \u2019n ander mens. Ek voel emosie, maar nie onnodige emosie nie. Voorheen was die kombinasie van antidepressante en drank fataal en het dit my in \u2019n afwaartse spiraal getrek. Ek het gedrink om die leegheid in my lewe te oorkom, maar drank het dit le\u00ebr gemaak en my van my vriende en familie vervreem.<\/p>\n<p>N\u00e1 jare is dit vir my weer lekker by die werk en ek voel in beheer. Tog moet ek gedurig bedag daarop wees. Jare se gewoontes trap diep spore &#8230; \u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/\">Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-155941 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-elina-sazonova-1850595-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>My man kan nie op-hou as hy begin nie<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cAs jy twintig is en dronk word op partytjies is dit dalk snaaks. In jou vyftigerjare is dit bloot pateties.\u201d<\/p>\n<p>So gesels Lizanne* (52) oor haar man, Dewald*. Hy is \u2019n susksesvolle sakeman in \u2019n baie mededingende beroep. Hulle drink dikwels drankies n\u00e1 werk en soveel keer het dinge al handuit geruk.<\/p>\n<p>\u201cEk kan jou nie s\u00ea hoeveel keer ek tot laatnag gesit en naels kou het en wag dat hy huis toe kom nie. Dit was voor die dae van selfone en ek het nooit geweet of hy in \u2019n ongeluk was, of saam met sy drinkebroers sit en fuif nie.<\/p>\n<p>\u201cSy gedrink het deur die jare vir soveel onmin in ons huwelik gesorg. Hy voel sy probleem is nie groot genoeg dat hy hulp nodig het nie, en dat rehabilitasie hom as \u2019n alkoholis sal uitsonder.<\/p>\n<p>\u201cDis nie dat hy \u2019n alkoholis is wat enige tyd van die dag m\u00f3\u00e9t drink, of by elke geleentheid alkohol moet gebruik nie. Tog het hy \u2019n ongesonde verhouding met drank en weet nie wanneer om op te hou nie.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig kan hy ook nie sy drank hanteer nie. Vriende maak grappe omdat hy sleeptong praat en dit het al by werksgesellighede gebeur dat van sy kollegas, wat ek beswaarlik ken, vir my kom s\u00ea hulle is so jammer oor my man se gedrag. Ek kon sterf van verleentheid. Van ons vriende kan net soveel drink, maar lyk nie dronk nie.<\/p>\n<p>\u201cHoe later, hoe kwater. Wat my veral ontstel, is dat hy later baie beledigend word, my uitsonder en my die vreeslikste goed toesnou. Agterna kan hy niks onthou nie, en besef nie hoe seergemaak ek voel nie. Hy het al soveel spesiale geleenthede vir my bederf.<\/p>\n<p>\u201cEk het dit altyd vir die kinders probeer wegsteek, maar noudat hulle volwasse is, verstaan hulle vir die eerste keer hoe ek voel. Hy het met sy drinkery ook al spesiale aande vir hulle bederf, of afsprake nie nagekom nie.<\/p>\n<p>\u201cEk skram nou weg van alle sosiale geleenthede, want die blote gedagte daaraan maak my angstig. As ons iewers heen gaan, of selfs mense oornooi, is ek heelaand so gespanne dat ek nie goeie geselskap is nie, en almal dink ek oorreageer as ek s\u00ea hy moet stadig. Hy kan nie stadig drink nie. Hy sluk \u2019n glas wyn in \u2019n paar groot teue weg. Soos koeldrank.<\/p>\n<p>\u201cBoonop het ons vriende wat \u2019n drinkery aanmoedig. Sy glas is nog half, dan sal die vriend s\u00ea: \u2018Toe jong, drink klaar dat ek kan vol maak.\u2019 Ek dink nou al vooraf verskonings uit as ek vermoed hulle gaan ons nooi.<\/p>\n<p>\u201cDit bring mee dat ek nooit iets drink nie, want ek weet ek is elke keer die een wat huis toe moet bestuur.<\/p>\n<p>\u201cMaar wat my veral bekommer van sy drinkery n\u00e1 werk, is dat hy onder die invloed huis toe bestuur. Hy het \u2019n jaar gelede \u2019n ander voertuig gestamp toe hy nie betyds by \u2019n verkeerslig stilgehou het nie, en die ongeluk het ons meer as R100 000 gekos. Ons kon nie van die versekering eis vir die herstel van die motors nie, want omstanders het ges\u00ea hulle kon sien hy is nie nugter nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het hom nou oorreed om lid te word van \u2019n \u2018terugry-skema\u2019 waar iemand jou n\u00e1 \u2019n partytjie in jou eie voertuig huis toe neem.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig is daar \u2019n sterk familiegeskiedenis van drankverslawing. Twee van sy sibbe het dieselfde probleem en ek het nou breekpunt bereik. Sonder die drankprobleem is hy \u2019n wonderlike metgesel en het ons baie pret saam, maar dit het nou \u2019n punt bereik waar ek weet as hy nie instem om heeltemal op te hou drink nie, ons huwelik verby is.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/altyd-moeg-dis-dalk-hoekom\/\">Altyd moeg? D\u00eds dalk hoekom<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-155943 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4694292-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>My bejaarde ouers drink te veel<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk voel skaam om dit te s\u00ea, maar sedert my ouers afgetree het, drink hulle te veel,\u201d vertel Karien (47). \u201cSo lank as wat ek kan onthou, het my ouers \u2019n kroeg in die huis gehad en saans drankies gedrink. Dit was alles gesofistikeerd en hulle sou nooit meer as twee drankies drink nie. Naweke het hulle oor middagete ook iets gedrink, maar dit was nooit oordadig nie. Hulle het altyd een stel drinkre\u00ebls vir die week en een vir die naweek gehad.<\/p>\n<p>\u201cNoudat albei afgetree het &#8211; hulle is in hul vroe\u00eb sewentigerjare &#8211; is dit asof hulle permanent op vakansie is. Nou drink hulle ook saam met middagete en oor naweke rek die middagdrankies aand toe. Die probleem is dat hulle minder aktief is en ook minder eet. Dus voel dit vir my of die alkohol \u2019n groter uitwerking het.<\/p>\n<p>\u201cEk kry die indruk dat Sondag die \u2018drinkdag\u2019 is en dat daar dan geen re\u00ebls geld nie. Ons het \u2019n re\u00ebling dat ek Sondagmiddag so vyfuur bel, maar ek ys nou al vir die oproepe, want n\u00e1 heeldag se drankies praat my ma sleeptong en kan die volgende dag nie onthou waaroor ons gepraat het nie. Alkohol maak hulle ook baie liggeraak en bewaar jou siel as jy in \u2019n argument betrokke raak. Ek kan niks bevraagteken nie, of ek is in die moeilikheid.<\/p>\n<p>\u201cHulle is gelukkig baie verantwoordelik en bly Sondae by die huis as hulle gedrink het. Die probleem is as hulle nie by die huis is nie en dieselfde drinkgewoontes volg.<\/p>\n<p>\u201cHulle het oor Kersfees by my broer en sy gesin met twee jong kinders gekuier en dit was vir my broer \u2019n verleentheid toe my pa slinger, \u2019n stoel omstamp en op die vloer val. Die twee kinders het gekraai van die lag en my broer was verle\u00eb voor sy vriende.<\/p>\n<p>\u201cAs hulle by ons kuier, veral vakansietye, is ek en my man bedag op die drinkery. Ons maak net een bottel wyn oop vir ons vier oor middagete sodat ons laatmiddag steeds drankies kan drink en weer met ete \u2019n glas wyn. Anders ruk dit handuit omdat dit elke dag se ding is.<\/p>\n<p>\u201cEk lees dikwels dat alkohol die sneller vir verskeie kankers is en dit pla my baie. My ouers is op heelwat chroniese medikasie en ek is nie altyd so seker hoe versoenbaar die twee is nie. Aan die een kant voel ek soos \u2019n preutse pretbederwer om gedurig daarop te hamer, maar ek is bekommerd oor hul gesondheid en dis ook \u2019n verleentheid.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-kosse-veroorsaak-jig\/\">Watter kosse veroorsaak jig?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Ek het nog altyd baie gedrink &nbsp; \u201cEk drink al baie van my studentedae af,\u201d vertel Madelein*, nou 58. Ek en my kamermaat het selfs een keer my dikwielfiets verkoop om geld vir bier te kry! Ek is op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":155942,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[381,3336],"class_list":["post-21109","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-wyn","tag-drankprobleem"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wanneer is nog een glasie wyn te veel? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wanneer word een drankie \u2019n bottel en weet jy nie wanneer om op te hou nie? Drie vroue vertel van hul pad met die bottel.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wanneer is nog een glasie wyn te veel? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wanneer word een drankie \u2019n bottel en weet jy nie wanneer om op te hou nie? Drie vroue vertel van hul pad met die bottel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-14T12:30:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-16T14:06:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Wanneer is nog een glasie wyn te veel?\",\"datePublished\":\"2025-07-14T12:30:10+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-16T14:06:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/\"},\"wordCount\":1753,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"wyn\",\"drankprobleem\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/\",\"name\":\"Wanneer is nog een glasie wyn te veel? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-14T12:30:10+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-16T14:06:11+00:00\",\"description\":\"Wanneer word een drankie \u2019n bottel en weet jy nie wanneer om op te hou nie? Drie vroue vertel van hul pad met die bottel.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wanneer is nog een glasie wyn te veel?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wanneer is nog een glasie wyn te veel? | rooi rose","description":"Wanneer word een drankie \u2019n bottel en weet jy nie wanneer om op te hou nie? Drie vroue vertel van hul pad met die bottel.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wanneer is nog een glasie wyn te veel? | rooi rose","og_description":"Wanneer word een drankie \u2019n bottel en weet jy nie wanneer om op te hou nie? Drie vroue vertel van hul pad met die bottel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-14T12:30:10+00:00","article_modified_time":"2025-07-16T14:06:11+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Wanneer is nog een glasie wyn te veel?","datePublished":"2025-07-14T12:30:10+00:00","dateModified":"2025-07-16T14:06:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/"},"wordCount":1753,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg","keywords":["wyn","drankprobleem"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/","name":"Wanneer is nog een glasie wyn te veel? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg","datePublished":"2025-07-14T12:30:10+00:00","dateModified":"2025-07-16T14:06:11+00:00","description":"Wanneer word een drankie \u2019n bottel en weet jy nie wanneer om op te hou nie? Drie vroue vertel van hul pad met die bottel.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/kelsey-chance-tAH2cA_BL5g-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-is-nog-een-glasie-wyn-te-veel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wanneer is nog een glasie wyn te veel?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21109","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21109"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21109\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156059,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21109\/revisions\/156059"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/155942"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21109"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21109"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21109"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}