{"id":20999,"date":"2016-02-01T12:31:18","date_gmt":"2016-02-01T10:31:18","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=20999"},"modified":"2016-06-30T18:50:35","modified_gmt":"2016-06-30T16:50:35","slug":"maak-n-detoks-jou-gesonder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/","title":{"rendered":"Maak \u2019n detoks jou gesonder?"},"content":{"rendered":"<p>Maak \u2019n detoks jou gesonder? Is gereelde detoksifisering, of \u2019n detoks, soos dit in die\u00a0omgangstaal bekend staan, goed vir jou? Dis nou \u2019n detoks soos ons leke dit verstaan,\u00a0met ander woorde \u2019n amperse vas vir \u2019n dag of drie, met op die spyskaart hoofsaaklik\u00a0vrugte, groente, water en rooibos, terwyl jy vette, prote\u00efene, stysel, koffie en alkohol uitsny.\u00a0Vir die meeste van ons is dit \u201cerg\u201d. Ons eet nie normaalweg so nie. En daarom verg\u00a0dit \u2019n vrag moed om sover te kom. Met ons Nuwejaarsvoornemens pas gemaak, het jy\u00a0dalk meer moed vir \u2019n detoks &#8211; as jy moet.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Is dit goed vir jou?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Is al die hongerly eintlik \u2019n vergeefse oefening?\u00a0En hoe detoks jy behoorlik?<\/p>\n<p>Vir Annette Scholtz (37) van ons Leserspaneel\u00a0is \u2019n detoks \u201cwonderlik!\u201d<\/p>\n<p>\u201cAs ek net eers verby die eerste middag\u00a0kom, voel ek energiek en verfris. Dis beslis \u2019n\u00a0heerlik \u2018gesonde\u2019 gewaarwording, en ek wens\u00a0ek kan altyd so voel. Ek skryf hierdie gevoel\u00a0van welheid daaraan toe dat my liggaam met\u00a0die detoks \u2018inhaal\u2019 op agterstallige skoonmaakwerk\u00a0en \u2019n bietjie ruskans kry.<\/p>\n<p>\u201cDit val my elke keer op hoe emosioneel\u00a0sterk ek n\u00e1 \u2019n detoks voel. Dis asof die feit dat\u00a0ek 48 uur of langer by \u2019n besluit kon hou, my\u00a0wys dat ek ander dinge ook kan regkry.<\/p>\n<p>\u201cDaar\u2019s \u2019n bonus: n\u00e1 \u2019n paar dae se\u00a0detoks is my eetgewoontes in die geheel \u2019n\u00a0bietjie beter, so asof ek minder smag na soet\u00a0en ryk kosse.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wat s\u00ea dieetkundiges?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Die meerderheid dieetkundiges, onder wie Julia\u00a0Fourie, Kaapse dieetkundige in privaat praktyk,\u00a0twyfel sterk aan die waarde van \u2019n detoks, as manier om jou liggaam te ontgiftig. Sy sien eerder \u2019n ander rol vir detoks.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Hoekom werk \u2019n detoks nie?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cDie aansprake van hierdie di\u00ebte is nie bewys\u00a0nie. Sterk, betroubare wetenskaplike bewyse\u00a0oor die voordele van detoksdi\u00ebte is nog\u00a0nooit gevind nie en daarom kan ons dit nie\u00a0aanbeveel nie. Die indruk oor die voordele van\u00a0detoks is geheel en al gegrond op mense se\u00a0persoonlike belewenisse, en glad nie op\u00a0wetenskaplike bevindings nie.<\/p>\n<p>\u201cMense s\u00ea byvoorbeeld dat hulle minder\u00a0winderig en\/of opgeblase voel. Maar dit is bloot omdat hulle nou kosse uitskakel wat by baie mense winderigheid veroorsaak, soos alles van meel, wat \u00a0rood, pasta, pizza, beskuit, donuts, samoesas en koekies inlsuit.\u00a0Detoksers sny suikers en versoeters uit. Te veel van altwee is berug daarvoor dat hulle jou gasserig maak. \u00a0Hulle sny ook groentesoorte uit wat veral aan winderigheid gekoppel word, soos broccoli, kopkool en uie. Verder vermy hulle melkprodukte wat by mense met laktose-intoleransie winderigheid veroorsaak.<\/p>\n<p>Hulle sny ook op gaskoeldranke en bier &#8211; nog twee items wat byna almal gebruik sonder om te besef dat dit die rede vir hul winderigheid kan wees. En hulle sny op kunsmatige versoeters, wat by baie mense winderigheid en selfs diarree veroorsaak. Hulle sny ook op kitskosse wat dikwels soja bevat, waarop baie mense reageer.\u00a0As \u2019n detoks jou winderigheid en opgeblaasdheid verlig is dit \u2019n \u00a0dat jy eintlik moet uitvind watter kos vir jou \u2019n probleem veroorsaak, sodat jy dit liewer meestal vermy, en nie net tydens \u2019n detoks nie.<\/p>\n<p>Ander meen hul vel lyk beter. Dis nie aan\u00a0die detoksdieet te danke nie, maar aan die\u00a0gesonde hoeveelheid water wat hulle drink.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Chroniese hoofpyn kan dui op voedselintoleransies<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cParty mense s\u00ea hulle kry minder hoofpyn n\u00e1 en tydens detoks, maar dit kan meestal toegeskryf word daaraan dat \u2019n detoks koffie, kaas en alkohol uitsny &#8211; bekende oorsake van gereelde hoofpyne.<\/p>\n<p>As \u2019n detoks jou hoofpyn verlig,\u00a0dink ek dat dit die beste vir jou langtermyngesondheid\u00a0is om vas te stel vir watter kosse\u00a0jy intolerant is en hulle dan altyd uit te sny &#8211; weer eens nie\u00a0net tydens \u2019n detoks nie.<\/p>\n<p>\u201cAnder kry weer erge hoofpyne &#8211; en lees\u00a0dit as \u2019n teken dat die liggaam besig is om toksiene\u00a0uit te skei.<\/p>\n<p>Maar jou liggaam\u00a0skei elke liewe dag afvalstowwe soos koffie,\u00a0preserveermiddels, soute en so aan sonder \u2019n\u00a0sweempie pyn uit. Hoekom sal dit tydens \u2019n\u00a0detoks pynlik wees &#8211; veral as jy juis dan minder\u00a0toksiese stowwe in jou liggaam insit, soos\u00a0tydens die tipiese detoksdieet?<\/p>\n<p>&#8220;Die rede vir jou detoks-hoofpyn is bloot dat di\u00e9 soort dieet jou bloedsuikervlakke verlaag, wat jou sleg laat voel.<\/p>\n<p>\u201cDaarby kry jy nou skielik nie jou daaglikse\u00a0dosis kafe\u00efenskop in nie en sit jy nou met onttrekkingsimptome, wat \u00a0opsigself die\u00a0kenmerkende hoofpyne verklaar.<\/p>\n<p>\u201cDie hele teorie agter \u2019n detoks strook ook\u00a0nie met die menslike fisiologie en biochemie\u00a0van eliminasie nie. Die uitskeidingsvermo\u00eb van\u00a0die longe, niere, lewer, gastro-intestinale\u00a0kanaal en vel is juis so ontwerp dat toksiene\u00a0gewoonlik binne ure n\u00e1 inname uitgeskei\u00a0word. Dit bou dus nie \u2018oor jare\u2019 op nie, en jy\u00a0hoef nie \u2018spesiaal\u2019 te detoks nie.\u201d<\/p>\n<p>Maar mense s\u00ea tog dat hulle beter voel as\u00a0hulle detoks?<\/p>\n<p>\u201cJa, dit hoor \u00e9n glo ek. Maar hulle voel\u00a0maar beter omdat hulle vir \u2019n slag gesonder\u00a0eet. Mense wat \u2019n gesonde leefstyl volg, voel\u00a0\u00e9lke dag asof hulle pas gedetoks het.<\/p>\n<p>\u201cEk glo dat as jy eerstens reg eet &#8211; matige hoeveelhede, iets van alles en min of niks wat jou persoonlik affekteer nie &#8211; kan jy heeltyd presies dieselfde voordele as \u2019n detoks ervaar.<br \/>\nJou liggaam het elke dag \u2019n detoks\u00a0nodig &#8211; nie net af en toe nie. Help jou liggaam\u00a0deur elke dag gesond te eet, genoeg te slaap\u00a0en \u2019n halfuur oefening te kry.<\/p>\n<p>\u201cMaar ek sit party van my pasi\u00ebnte met \u2019n\u00a0ander doel op \u2019n detoksdieet: die idee is om\u00a0hulle by \u2019n keerpunt te bring.<\/p>\n<p>Di\u00e9 dissipline gee\u00a0vir baie mense die nodige hupstootjie na \u2019n\u00a0gesonder en meer gebalanseerde en gematigder\u00a0lewenswyse. D\u00edt is kosbaar &#8211; en \u2019n goeie rede vir \u2019n sogenaamde detoks.<br \/>\n&#8216;Maar ek wil benadruk dat die soort &#8216;detoksdieet&#8217; wat ek voorstaan is eintlik \u2019n doogewone gesonde dieet. Dit is lig in die sin dat jy minder eet en net maklik verteerbare kosse eet wat min mense affekteer. Dit beteken nie dat jy dae lank net water drink nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die dieetkundige Sally-Ann Creed, skrywer\u00a0van Let Food be Your Medicine, is sterk\u00a0ten gunste van die detoksdieet.<\/p>\n<p>Maar as jy kyk na haar idee van \u2019n detoksdieet sien jy dit verskil prakties\u00a0gesproke nie\u00a0veel van Julia s\u2019n nie.<\/p>\n<p>Albei sien die ideale detoks as \u2019n projek\u00a0oor twee tot vier weke, met vis (gestoom of\u00a0oondgebak maar nooit in olie gebak nie) as die\u00a0volmaakte detoksprote\u00efen, hoenderborsies as\u00a0\u2019n gesonde tweede keuse, groente (gaar of\u00a0rou), bruinrys, water en kruietee, en \u2019n maksimum\u00a0van twee vrugte per dag. Di\u00e9 dieet stem\u00a0in beginsel ooreen met die bekende ontbytvervaardiger\u00a0se tiendag-detoksplan.<\/p>\n<p>Maar dis nie ons idee van detoks nie:\u00a0daardie ware vasbyt-en-hongerly-tot-jy-lekkerkry-of-flou-val soort ding nie, die ware Jakob\u00a0soos dit by die meeste spa\u2019s gedoen word.<\/p>\n<p>Diegene wat dit kan bekostig, is gek daarna &#8211;\u00a0die rede waarom die meeste teruggaan vir\u00a0meer van di\u00e9 \u201ckarige\u201d spyskaart van verruklik\u00a0opgediende vars vrugte, rou groente en water\u00a0(warm, lou, koud, met ysblokkies, sonder\u00a0ysblokkies, met suurlemoensap &#8211; maar water\u00a0en nogeens water).<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Benader dit omsigtig<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Dr. Geraldine Mitton, mediese direkteur van\u00a0die Sant\u00e9 Winelands-hotel en -gesondheidsentrum\u00a0gee toe dat die liggaam homself diens\u00a0en suiwer.<\/p>\n<p>\u201cMaar ons elimineer nie almal en altyd ewe\u00a0doeltreffend nie. Die waarde van \u2019n detoks is\u00a0dat jou liggaam kans kry om in ideale omstandighede\u00a0van opgehoopte gifstowwe ontslae\u00a0te raak. Jy elimineer vir \u2019n slag doeltreffend\u00a0en maak jou gestel skoon.\u201d<\/p>\n<p>Sy verduidelik dat die hele proses van\u00a0doeltreffende eliminasie begin by hoe jy kou.\u00a0As jy deeglik kou, word al die kos eerstens aan\u00a0alkaliese ensieme in die mond blootgestel en\u00a0afgebreek en dan in die maag verder deur die\u00a0suurensieme afgebreek. Daarna, in die dikderm,\u00a0onttrek galsappe die toksiese stowwe\u00a0en bind dit aan vesel sodat dit uitgeskei word.<\/p>\n<p>\u201cMaar as jou dieet arm aan vesel is, word\u00a0hierdie afvalstowwe nie behoorlik in die feces\u00a0gebind nie en herabsorbeer jou liggaam dit.\u00a0Dus hoop gifstowwe in jou liggaam op. Die\u00a0eliminasieproses gaan ook mank omdat jou\u00a0lewer byvoorbeeld oorval is met die afvalprodukte\u00a0van toksiene soos preserveermiddels,\u00a0koffie, wyn, suiker, vette en medisyne.<\/p>\n<p>\u201cMense vas of volg suiweringsdi\u00ebte al oor\u00a0duisende jare juis omdat dit hulle energiek,\u00a0verfris en meer bewus laat voel. Baie geestelike leiers het gevas juis om die spirituele voordele daarvan &#8211; onder meer\u00a0Jesus en Mahatma Gandhi.<\/p>\n<p>\u201cEk beveel dit beslis aan. Maar nogtans dink ek \u2019n detoks moet met\u00a0omsigtigheid benader word: dis onverstandig om drastiese detoksdi\u00ebte\u00a0soos die Oostenrykse Mayr-kuur vir meer as \u2019n paar dae te volg. En dan\u00a0moet dit liefs onder toesig plaasvind. As jy op jou eie detoks, is dit die\u00a0beste om dit oor die naweek aan te pak wanneer jy redelik rustig is sodat\u00a0jy fisiek en emosioneel ook kan rus.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Walliese wysheid<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Met haar skeut unieke Walliese wysheid is Leslie Kenton een van die\u00a0w\u00eareld se bekendste detoksvoorstanders. Sy glo dat jou detoksdieet &#8211;\u00a0en eintlik jou alledaagse eetpatroon &#8211; uit minstens 75 persent rou kos\u00a0moet bestaan. Hoekom rou?<\/p>\n<p>\u201cKos het nie net biochemiese waarde in die sin van vitamiene en\u00a0minerale en so aan nie. Dit is eintlik \u2019n hele, lewende energiesisteem.\u00a0Lewende, rou kos dra boodskappe oor die natuur aan jou liggaam oor.\u00a0Dis jou band met Moeder Aarde en haar inherente vermo\u00eb om die lewe\u00a0te laat gedy. As jy by hierdie energiestelsel inskakel, funksioneer jy mettertyd\u00a0op \u2019n heel nuwe vlak van energiekheid, een waarin jy jou diepste\u00a0mitiese kern sal ontdek en kan uitleef omdat jy nou die energie, vermo\u00ebns\u00a0en innerlike krag het om die lewe te dien op maniere waarvan jy nooit\u00a0tevore kon droom nie.\u201d<\/p>\n<p>Die sprong van gerasperde, rou beet na \u2019n lewe van algehele\u00a0vervulling klink groot \u00e9n vergesog. Maar dit is nie, s\u00ea sy, want namate jy\u00a0een word met die Natuur ontdek jy jou ware natuur. Sy s\u00ea dat as jy die\u00a0tipiese rougroentedetoks volg, sal jy oplet dat jy deur tipiese fases gaan.<\/p>\n<p>\u201cDie meeste mense ervaar heel eerste kleure en geure baie intenser,\u00a0helderder en sensueler. Geleidelik sal jou geestesdenke begin ontluik en\u00a0jy sal nou die fase bereik dat jy ook, soos die Natuur, wil koester en nie\u00a0wil seermaak en skade doen nie. Jy sal \u2019n groeiende eenheid met ander\u00a0begin aanvoel. In di\u00e9 stadium sien ek \u2019n verdere ontluiking by die meeste\u00a0mense: Hul verbeelding kry vleuels, en hulle ontdek in hulself nuwe ideale\u00a0en drome wat kenmerkend mense nader aan mekaar bring.<\/p>\n<p>\u201cWanneer dit gebeur, raak jy die diepste, mitiese kern van jou wese\u00a0aan, en met jou voedende kontak met die Natuur sal jy ervaar dat jy nou\u00a0ook oor die energie, vermo\u00ebns en innerlike krag beskik om die lewe lief\u00a0te h\u00ea en te dien. Hieruit spruit \u2019n ware, diep vreugde wat jou koester en\u00a0vrylik uit jou uitvloei om ander te koester. Dit is diep bevredigend en skep\u00a0\u2019n harmonie wat die w\u00eareld verander.\u201d<\/p>\n<p>D\u00eds groot woorde, en miskien daarom die edelste motivering om die\u00a0nuwe jaar met \u2019n ware detoks af te skop. Jy kan immers niks verloor nie\u00a0&#8211; en dalk help skep aan \u2019n hele nuwe vlak van vrede en vreugde.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maak \u2019n detoks jou gesonder? Is gereelde detoksifisering, of \u2019n detoks, soos dit in die\u00a0omgangstaal bekend staan, goed vir jou? Dis nou \u2019n detoks soos ons leke dit verstaan,\u00a0met ander woorde \u2019n amperse vas vir \u2019n dag of drie, met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":21001,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[5097,2573,5093],"class_list":["post-20999","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-anti-aging","tag-detoks","tag-teenveroudering"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Maak \u2019n detoks jou gesonder? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Maak \u2019n detoks jou gesonder? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Maak \u2019n detoks jou gesonder? Is gereelde detoksifisering, of \u2019n detoks, soos dit in die\u00a0omgangstaal bekend staan, goed vir jou? Dis nou \u2019n detoks soos ons leke dit verstaan,\u00a0met ander woorde \u2019n amperse vas vir \u2019n dag of drie, met [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-02-01T10:31:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-06-30T16:50:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/1\/Detoks.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"419\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Maak \u2019n detoks jou gesonder?\",\"datePublished\":\"2016-02-01T10:31:18+00:00\",\"dateModified\":\"2016-06-30T16:50:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/\"},\"wordCount\":1883,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/1\\\/Detoks.jpg\",\"keywords\":[\"anti aging\",\"detoks\",\"teenveroudering\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/\",\"name\":\"Maak \u2019n detoks jou gesonder? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/1\\\/Detoks.jpg\",\"datePublished\":\"2016-02-01T10:31:18+00:00\",\"dateModified\":\"2016-06-30T16:50:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/1\\\/Detoks.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/02\\\/1\\\/Detoks.jpg\",\"width\":640,\"height\":419},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-n-detoks-jou-gesonder\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Maak \u2019n detoks jou gesonder?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Maak \u2019n detoks jou gesonder? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Maak \u2019n detoks jou gesonder? | rooi rose","og_description":"Maak \u2019n detoks jou gesonder? Is gereelde detoksifisering, of \u2019n detoks, soos dit in die\u00a0omgangstaal bekend staan, goed vir jou? Dis nou \u2019n detoks soos ons leke dit verstaan,\u00a0met ander woorde \u2019n amperse vas vir \u2019n dag of drie, met [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-02-01T10:31:18+00:00","article_modified_time":"2016-06-30T16:50:35+00:00","og_image":[{"width":640,"height":419,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/1\/Detoks.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Maak \u2019n detoks jou gesonder?","datePublished":"2016-02-01T10:31:18+00:00","dateModified":"2016-06-30T16:50:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/"},"wordCount":1883,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/1\/Detoks.jpg","keywords":["anti aging","detoks","teenveroudering"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/","name":"Maak \u2019n detoks jou gesonder? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/1\/Detoks.jpg","datePublished":"2016-02-01T10:31:18+00:00","dateModified":"2016-06-30T16:50:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/1\/Detoks.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/1\/Detoks.jpg","width":640,"height":419},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-n-detoks-jou-gesonder\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Maak \u2019n detoks jou gesonder?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20999"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20999\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21001"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20999"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}