{"id":20979,"date":"2025-03-26T15:15:40","date_gmt":"2025-03-26T13:15:40","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=20979"},"modified":"2025-03-26T15:20:04","modified_gmt":"2025-03-26T13:20:04","slug":"ken-n-vis-allergie-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/","title":{"rendered":"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone"},"content":{"rendered":"<p>Allergiese reaksies op byna alle kossoorte is relatief lig \u2013 ongemaklik wel, maar dit sal jou gewoonlik nie jou lewe kos nie.\u00a0Jy m\u00f3\u00e9t egter van die twee uitsonderings weet: \u2019n allergie vir <span style=\"color: #333333;\"><strong>seekos <\/strong><\/span>en allergie vir\u00a0<span style=\"color: #333333;\"><strong>grondbone<\/strong><\/span>.<\/p>\n<p>Albei hierdie voedselsoorte kan by allergiese mense \u2019n hewige reaksie veroorsaak wat kan oorgaan in lewensbedreigende, anafilaktiese skok en die dood.\u00a0Boonop kan die reaksie baie gou ontwikkel. Jou lewe kan letterlik binne minute in gevaar wees, tensy jy die tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos kan uitken en blitsig die regte hulp kry.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/6-slaapprobleme-6-oplossings\/\">6 slaapprobleme, 6 oplossings<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hier is die <span style=\"color: #ff0000;\">ses tekens <\/span>van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ses simptome van \u2019n ernstige allergiese reaksie op seekos, vis en skulpvis<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Dit begin <strong>gou<\/strong>. Die meeste mense reageer binne \u2019n paar minute na hulle die seekos ge\u00ebet het, terwyl \u2019n klein groepie mense die eerste simptome eers \u2019n paar uur later ervaar.<\/li>\n<li>Sukkel om <strong>asem <\/strong>te haal. Die persoon voel en klink soos iemand wat asma het.<\/li>\n<li>Jou lippe, tong en\/of keel <strong>swel<\/strong>.<\/li>\n<li>Jou <strong>bloeddruk <\/strong>val. Omdat jy waarskynlik nie die regte toerusting by jou het nie, sal jy dit nie kan meet nie. Maar kyk uit vir die volgende simptome: sy pols is swak en stadig, hy is baie bleek, en\/of hy is verward of deurmekaar.<\/li>\n<li><strong>Veluitslag<\/strong>. Jy kan in kolle uitslaan, of rooi opgehewe swelsels ontwikkel.<\/li>\n<li>Jy <strong>jeuk<\/strong>. \u00a0Jy kan ontsettend jeuk, veral op jou lippe en in jou mind en keel.<\/li>\n<li><strong>Maagsimptome<\/strong>. Jy voel naar, gooi op, het maagkrampe en\/of diarree.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Neem iemand dadelik dokter toe as:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>hy\/sy sukkel om asem te haal<\/li>\n<li>sy\/haar tong en\/of lippe opswel of sy\/haar keel toeswel<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Vars-oesters.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" \/><\/div>\n<div><\/div>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wat om te doen n\u00e1 \u2019n allergiese reaksie op seekos<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vanselfsprekend gaan jy voortaan die spesifieke seekos waarop jy gereageer het heeltemal vermy.\u00a0Maar, het jy geweet dat allergie\u00eb in \u2018families\u2019 voorkom? As jy vir een item allergies is, is die kanse baie goed dat jy ook vir almal in dieselfde familiegroep allergies sal wees.\u00a0Laat jouself n\u00e1 \u2019n allergiese reaksie op \u2019n spesifieke seekos toets, en vind uit of daar ander seekosse is wat jy ook moet vermy.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/katarak-of-gloukoom\/\">Hoe voel dit as jy \u2019n katarak of gloukoom het?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Presies waarvoor is jy allergies?<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Seekos val eintlik in drie kategorie\u00eb:<\/p>\n<ul>\n<li>Vis, wat ook sushi insluit<\/li>\n<li>Gedopte skulpvis, soos kreef, garnale (<em>shrimp<\/em>) en kalamari<\/li>\n<li>Seeslakke soos perlemoen, oesters en mossels, dus seediere met \u2019n eie skulp.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mense is eintlik selde vir al drie soorte allergies.\u00a0As jy op vis reageer, is dit baie moontlik dat jy glad nie sal reageer op kreef of perlemoen nie.\u00a0Gestel jy reageer op perlemoen? Oppas dan vir al die ander soorte seekos wat uit skulpe kom, soos oesters, mossels en perdekrulle.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gordelroos-wat-jy-moet-weet\/\">Gordelroos: Wat jy moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Nicoise-slaai.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"344\" \/><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Kosse wat jy moet vermy as jy vir seekos allergies is<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is relatief maklik om seekos uit te ken, en dit dus te vermy. Maar het jy geweet die volgende items kan die allergeen in seekos bevat en ook \u2019n allergiese reaksie ontlok? As jy \u2019n seekos-allergie het, let op of hierdie items nie dalk ook simptome soos asma, \u2019n veluitslag of diarree by jou ontlok nie, sodat jy dit kan vermy:<\/p>\n<ul>\n<li><em>Caesar-<\/em>slaaisous<\/li>\n<li>Worcestershiresous<\/li>\n<li>Nam pla (Thai-vissous)<\/li>\n<li>Ceviche (rou vis of skulpvis wat in suurlemoensap gemarineer word en rou ge\u00ebet word)<\/li>\n<li>Kaviaar<\/li>\n<li>Gelatien (gaan die etiket na: dit kan van vis of van diere afkomstig wees)<\/li>\n<li>Omega 3-aanvullers (gaan die etiket na: dit kan van plante, neute of vis afkomstig wees)<\/li>\n<li>Geregte soos cioppino, bouillabaisse, fumet, paella, pissaladi\u00e8re, seekospizza, sushi, coponata, nico\u00efseslaai, rolmops, vischowder, visvingers, viskoekies.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Hoe verskil voedselvergiftiging van seekosallergie?<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jy het \u2019n visgereg ge\u00ebt en voel baie sleg: het jy voedselvergiftiging, of is dit jou eerste allergiese reaksie op seekos?\u00a0Mense met voedselvergiftiging het gewoonlik net simptome wat met hul maag verband hou. Jy is tipies:<\/p>\n<ul>\n<li>Naar<\/li>\n<li>Gooi op<\/li>\n<li>Het diarree<\/li>\n<li>Het erge maagkrampe<\/li>\n<\/ul>\n<p>Mense met \u2019n allergie het al hierdie simptome maar hulle sukkel ook om asem te haal, hul lippe, mond en\/of keel swel op en hulle kry \u2019n veluitslag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tekens-van-lae-ystervlakke\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Tekens van lae ystervlakke<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Allergiese reaksies op byna alle kossoorte is relatief lig \u2013 ongemaklik wel, maar dit sal jou gewoonlik nie jou lewe kos nie.\u00a0Jy m\u00f3\u00e9t egter van die twee uitsonderings weet: \u2019n allergie vir seekos en allergie vir\u00a0grondbone. Albei hierdie voedselsoorte kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":151745,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[86225,86226,2171,86224],"class_list":["post-20979","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-peanut-allergy","tag-allergic-reaction","tag-allergies","tag-fish-allergy"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hier is die ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-03-26T13:15:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-03-26T13:20:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/pexels-picasjoe-11352535.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1919\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone\",\"datePublished\":\"2025-03-26T13:15:40+00:00\",\"dateModified\":\"2025-03-26T13:20:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/\"},\"wordCount\":731,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/pexels-picasjoe-11352535.jpg\",\"keywords\":[\"peanut allergy\",\"allergic reaction\",\"allergies\",\"fish allergy\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/\",\"name\":\"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/pexels-picasjoe-11352535.jpg\",\"datePublished\":\"2025-03-26T13:15:40+00:00\",\"dateModified\":\"2025-03-26T13:20:04+00:00\",\"description\":\"Hier is die ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/pexels-picasjoe-11352535.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/03\\\/pexels-picasjoe-11352535.jpg\",\"width\":1919,\"height\":1282},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ken-n-vis-allergie-uit\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone | rooi rose","description":"Hier is die ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone | rooi rose","og_description":"Hier is die ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-03-26T13:15:40+00:00","article_modified_time":"2025-03-26T13:20:04+00:00","og_image":[{"width":1919,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/pexels-picasjoe-11352535.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone","datePublished":"2025-03-26T13:15:40+00:00","dateModified":"2025-03-26T13:20:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/"},"wordCount":731,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/pexels-picasjoe-11352535.jpg","keywords":["peanut allergy","allergic reaction","allergies","fish allergy"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/","name":"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/pexels-picasjoe-11352535.jpg","datePublished":"2025-03-26T13:15:40+00:00","dateModified":"2025-03-26T13:20:04+00:00","description":"Hier is die ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos. \u2019n Allergiese reaksie op grondbone lyk presies dieselfde.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/pexels-picasjoe-11352535.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/pexels-picasjoe-11352535.jpg","width":1919,"height":1282},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ken \u2019n vis-allergie uit: Ses tekens van \u2019n allergiese reaksie op seekos \u00e9n grondbone"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20979","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20979"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20979\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/151745"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20979"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20979"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20979"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}