{"id":19898,"date":"2016-01-26T14:46:06","date_gmt":"2016-01-26T12:46:06","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19898"},"modified":"2016-01-26T14:46:06","modified_gmt":"2016-01-26T12:46:06","slug":"stervanger-episode-16","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/","title":{"rendered":"Stervanger, episode 16"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><em><strong>Tent<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p>Annie belowe Amo hy kan die aand kom en sy teleskoop saambring.<\/p>\n<p>\u201cOns kan haar bed skuif tot naby die buite-venster. Dan kan julle lekker in die sterre rondreis.\u201d<\/p>\n<p>By die gastehuis slaap Amo tot Janus hom wakker maak vir aandete.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan eet sommer \u2019n pizza voor ons hospitaal toe gaan.\u201d<\/p>\n<p>Amo weet Janus is nie lief vir pizza nie.<\/p>\n<p>\u201cDis ok, Janus, ons hoef nie net te doen waarvan ek hou nie. Kom ons gaan eet eerder \u2019n steak. Dit sal ons krag gee.\u201d<\/p>\n<p>Janus boks hom liggies op die arm.<\/p>\n<p>\u201cToemaar, ek is net tydelik nice. Volgende jaar as jy in die ho\u00ebr skool is, gaan ek jou laat les ops\u00ea. Wag maar. Dalk is jy reg, jy het die steak nodig. Bou jou kragte vir volgende jaar, laaitie.\u201d<\/p>\n<p>Amo verorber \u2019n reuse stuk steak. Hy is regtig honger.<\/p>\n<p>\u201cJanus?\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat? Moenie vir my s\u00ea jy soek nog nie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie dat jy my gebring het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cPlesier my ou, en soos jy weet, sal ek enigiets doen om by die skool weg te kom.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy is \u2019n regte luigat, Janus.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn jy lieg vreeslik.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWraggies?\u201d<\/p>\n<p>Amo is bly hy kan saam met Janus lag. Hy weet daar l\u00ea \u2019n paar moeilike dae voor.<\/p>\n<p>Jessie lyk die aand beter. Sy sit regop as Amo met sy gesteriliseerde teleskoop inkom. Hy stel die teleskoop op op die tafel wat oor die bed skuif.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie waarborg dat ons baie gaan sien uit hierdie posisie nie, maar kom ons hoop vir die beste.\u201d<\/p>\n<p>Met elke skuif van die lens verduidelik hy vir haar waarvoor om uit te kyk.<\/p>\n<p>\u201cWys my weer die Suiderkruis.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns kan dit net-net van hierdie hoek sien.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDink jy regtig jou pa het daar in die middel van die vier sterre sy tent gaan opslaan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis wat hy ges\u00ea het hy gaan doen.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHelp dit jou om te weet hy is daar?\u201d<\/p>\n<p>Amo voel ongemaklik. Dis moeilike vrae om te beantwoord.<\/p>\n<p>\u201cJa, dit help.\u201d<\/p>\n<p>Jessie skuif haar agteroor op die kussings.<\/p>\n<p>\u201cVertel my die storie van die <span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Stervanger<\/strong><\/span>, asseblief.\u201d<\/p>\n<p>Amo gaan sit op die voetenent van haar bed. Dit is een van sy gunsteling stories van kleins af. Hy weet sy pa het dit sommer self uitgedink, maar hy weet hy sal die storie vir altyd in sy hart saam dra.<\/p>\n<p>\u201cDaar was eendag \u2019n man wat bo-op \u2019n berg gewoon het. Die mense in die vallei onder die berg het gedink die man is baie arm, maar die man het hulle verseker hy het skatkamers vol rykdom. Op \u2019n dag het diewe die man agtervolg. Hulle wou sy skatkamers gaan beroof. Hulle het gewag tot hy gaan water skep en sy huis deursoek, maar daar was geen skatkamers nie.<\/p>\n<p>Toe dit nag word, sien hulle hom by sy huis uitkom. Hy het op die hoogste rots gaan staan met \u2019n vangnet. \u2019n Ster het verskiet en die man het die stukkies ster in sy net opgevang. Hy het tot by die rivier gestap en die sterstukkies in die rivier gestrooi. Die skelms het die man gevang en gedreig om hom dood te maak as hy nie vir hulle vertel waar sy skatte gehou word nie.<\/p>\n<p>\u2018Julle is klaar in my skatkamer,\u2019 het die man ges\u00ea. Die skelms kon eers niks sien nie. Toe sien hulle hoe blink die sterre soos diamante in die rivier. Hulle het dit met die man se net probeer vang, maar die net was elke keer leeg.<\/p>\n<p>\u2018Vertel ons jou geheim of ons maak jou dood,\u2019 het hulle hom gedreig.<\/p>\n<p>\u2018Kyk op, wat sien julle?\u2019 Hulle het bevestig dat hulle die sterre sien.<\/p>\n<p>\u2018Die sterre is my skatte. Die rivier is die spie\u00ebl van my skatkamer. Ek vang al die stukkende sterre. Dan gooi ek dit in die rivier sodat dit weer kan blink. Die rivier weerkaats dit terug na die hemelruim.\u2019<\/p>\n<p>Die skelms kon nie verstaan hoekom die sterre dan skatte kan wees nie.<\/p>\n<p>\u2018Agter elke ster skuil daar drome,\u2019 het die man verduidelik.<\/p>\n<p>\u2018Soms spat mens se drome uitmekaar, maar as jy al die stukkies weer bymekaar maak, kan dit weer \u2019n droom wees.\u2019<\/p>\n<p>Die man het die skelms daardie aand gewys hoe om hulle eie drome te kry tussen die sterre. Toe hulle weer onder in die vallei kom, het almal hulle gevra of hulle die skatte gekry het.<\/p>\n<p>\u2018Ja,\u2019 het hulle geantwoord. \u2018Ons is nou skatryk.\u2019<\/p>\n<p>Daardie aand het die mans die hele dorpie op die markplein laat bymekaar kom.<\/p>\n<p>\u2018Kyk op,\u2019 het hulle ges\u00ea. Die mense het opgekyk. \u2018Ons almal in hierdie dorpie is skatryk. Kyk net hoe maak God elke aand sy skatkamers vir ons oop.\u2019\u201d<\/p>\n<p>Jessie kyk saam met Amo by die venster uit.<\/p>\n<p>\u201cDankie, Buddy, nou is ek ook skatryk. Kyk net hoe blink al my dome aan die hemelruim. Ek gaan nou tussen hulle bly, weet jy?\u201d<\/p>\n<p>Amo knik sy kop. \u201cJou pa moes \u2019n baie slim man gewees het om so \u2019n storie te kan uitdink. Dis seker hoekom hy sy tent tussen die sterre gaan opslaan het. Nou kan hy vir altyd by sy drome wees.\u201d<\/p>\n<p>Amo kan sien Jessie is moeg. Hy gee haar die Buddy-groet, maar voor Annie die gordyne kan toetrek, keer Jessie.<\/p>\n<p>\u201cNie nou al nie, Annie, ek wil die sterre sien tot ek aan die slaap raak.\u201d<\/p>\n<p>Amo is stil in die bakkie op pad terug gastehuis toe. Hy dink self weer aan wat die betekenis agter sy pa se storie van die Stervanger is.<\/p>\n<p>\u201cJanus, het jy geweet hier is \u2019n heuwel in Bloemfontein waar mens oor die hele stad kan uitkyk?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, dit is Naval Hill. Die Sterrewag is daar bo. Moet ons gaan kyk of die hekke oop is?\u201d<\/p>\n<p>Janus en Amo sit lank op Naval Hill na die liggies van die stad en kyk. Amo stel sy teleskoop op die bakkie se enjinkap op. Hulle kyk saam deur die lens na die hemelruim bokant hulle.<\/p>\n<p>\u201cHet al jou drome al waar geword, Janus?\u201d<\/p>\n<p>\u201cParty het, party nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat doen jy as jou drome flop?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDan soek ek nuwes. Mens moet net nooit dat jou drome opraak nie, Amo. Jy moet nooit ooit ophou droom nie.\u201d Janus is darem ook nie te dom nie, dink Amo.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tent Annie belowe Amo hy kan die aand kom en sy teleskoop saambring. \u201cOns kan haar bed skuif tot naby die buite-venster. Dan kan julle lekker in die sterre rondreis.\u201d By die gastehuis slaap Amo tot Janus hom wakker maak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":19700,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[3230],"class_list":["post-19898","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-vervolgverhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stervanger, episode 16 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stervanger, episode 16 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Tent Annie belowe Amo hy kan die aand kom en sy teleskoop saambring. \u201cOns kan haar bed skuif tot naby die buite-venster. Dan kan julle lekker in die sterre rondreis.\u201d By die gastehuis slaap Amo tot Janus hom wakker maak [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-26T12:46:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"476\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Stervanger, episode 16\",\"datePublished\":\"2016-01-26T12:46:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/\"},\"wordCount\":1041,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/\",\"name\":\"Stervanger, episode 16 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"datePublished\":\"2016-01-26T12:46:06+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"width\":850,\"height\":476,\"caption\":\"Stervanger, SLOT-episode\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-16\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stervanger, episode 16\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stervanger, episode 16 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stervanger, episode 16 | rooi rose","og_description":"Tent Annie belowe Amo hy kan die aand kom en sy teleskoop saambring. \u201cOns kan haar bed skuif tot naby die buite-venster. Dan kan julle lekker in die sterre rondreis.\u201d By die gastehuis slaap Amo tot Janus hom wakker maak [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-01-26T12:46:06+00:00","og_image":[{"width":850,"height":476,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Stervanger, episode 16","datePublished":"2016-01-26T12:46:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/"},"wordCount":1041,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","keywords":["vervolgverhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/","name":"Stervanger, episode 16 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","datePublished":"2016-01-26T12:46:06+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","width":850,"height":476,"caption":"Stervanger, SLOT-episode"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-16\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stervanger, episode 16"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19898","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19898"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19898\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}