{"id":19753,"date":"2016-01-25T15:10:54","date_gmt":"2016-01-25T13:10:54","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19753"},"modified":"2016-01-25T15:10:54","modified_gmt":"2016-01-25T13:10:54","slug":"stervanger-episode-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/","title":{"rendered":"Stervanger, episode 1"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><em><strong>Meisiekind<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p>Die gras is dounat onder hulle lywe. Die seun l\u00ea met sy kop op sy pa se maag. As hy sy kop skuins draai, kan hy die gor-gor van sy pa se maag hoor. As hy mooi luister, hoor hy sy pa se hartklop.<\/p>\n<p>Sy pa hou \u2019n deurskynende, harde plastiekvel bokant hulle koppe. Die sterre skyn deur die plastiek. Met \u2019n veltpen maak sy pa kolle op die plastiek by elke belangrike ster in \u2019n konstellasie. Die konstellasie lyk soos \u2019n vlie\u00ebr en hang laag oor die horison.<\/p>\n<p>\u201cKyk, ek hou die sterkaart sodat jy mooi kan sien. Hierdie vier sterre is die Suiderkruis.\u201d<\/p>\n<p>Die pa neem \u2019n ander plastiekvel met die kolle van \u2019n groter sterrekonstellasie op. Hy skuif dit so dat die sterre ooreenkom met die kolle. Die seun trek \u2019n pad tussen die kolle op die plastiekvel met sy vinger.<\/p>\n<p>\u201cDaardie drie sterre bymekaar is deel van Orion se gordel. Neem jou vinger regs. Sien jy die bogie sterre? Dit is sy skild. Orion is \u2019n jagter.\u201d<\/p>\n<p>Die pa vertel die storie van hoe die jagter homself teen die vegtende bul wil beskerm met sy skild. \u201cDie jagter is hoogmoedig,\u201d s\u00ea die pa. \u201cHy spog graag oor hoe sterk en vreesloos hy is, maar toe wag die skerpioen sy kans af en steek die jagter dood.<\/p>\n<p>\u2019n Klein skerpioen het die arrogante jagter tot \u2019n val gebring. Sy kop was so hoog in die lug van hoogmoed, dat hy nie die skerpioen op die grond gesien het nie. Dit het hom tot \u2019n val gebring. Nou sit die jagter vir ewig in die hemelruim op \u2019n plek waar hy sy oorwinnaar kan sien.\u201d<\/p>\n<p>Die pa neem die plastiekvel waarop die konstellasie van die skerpioen uitgemerk is. \u2019n Groep sterre vorm die krul van sy stert en angel.<\/p>\n<p>\u201cPappa, gaan jy my vanaand van die Stervanger vertel?\u201d<\/p>\n<p>Die kind luister tot sy o\u00eb nie meer oop kan bly nie. Tot hy net die dreuning van sy pa se stem deur sy borskas hoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">XXX<\/div>\n<p>AMO se ma jaag hom al van vroeg af aan. Dis die eerste dag van die skooljaar en sy en die ander onnies moet vroeg by die skool wees.<\/p>\n<p>\u201cAg Mamma Moeks, my liefste Mamoeks, kan ek nie met die bus ry soos altyd nie? Ek is so lui om nou al op te staan.\u201d<\/p>\n<p>Mamoeks ken haar kind.<\/p>\n<p>\u201cDan gaan jy nooit by die skool uitkom nie!\u201d Sy ruk die duvet van hom af.<\/p>\n<p>Amo is net mooi niks lus vir graad sewe nie, mor en kla hy terwyl hy regmaak vir skool.<\/p>\n<p>Die plaaspad is sopnat van die re\u00ebn. Mamoeks ry stadig.<\/p>\n<p>\u201cSkulprivier is vanjaar mooi, n\u00e9? Die gras groei geil, sou Oupa Amos altyd ges\u00ea het.\u201d<\/p>\n<p>Amo en sy ma bly op sy pa se familie-erfplaas langs die Vaalrivier. Oupa Amos was glo baie kwaad toe Mamoeks en sy pa hom net Amo genoem het, pleks van Amos, soos sy oupa en pa.<\/p>\n<p>Amo haat partykeer sy naam, veral as nuwe onnies dit verkeerd uitspreek. Party s\u00ea \u201cAay-mou\u201d en sommiges dink mens spreek dit amper soos die waspoeier Omo uit: \u201cAmou\u201d. Hoe moeilik is dit vir mense om \u201cA-moe\u201d uit te spreek?<\/p>\n<p>Die plaas is in die hartjie van die Vredefort-Koepel. Dit is \u2019n W\u00earelderfenisgebied. Die halfkring koepelkoppe is gevorm toe \u2019n meteoriet duisende jare gelede die aarde getref het. Die grootste deel van die meteoriet is onder die dorp Vredefort, naby Skulprivier.<\/p>\n<p>Amo het homself belowe hy sal nooit ooit van die plaas af weggaan nie. Sy pa se as is hier gestrooi. In die hartjie van die meteoriet.<\/p>\n<p>\u201cSien jy uit na jou laaste jaar op laerskool?\u201d vra Mamoeks die vraag wat elke ma seker maar aan die begin van haar kind se laaste jaar op laerskool vra, dink Amo.<\/p>\n<p>\u201cEk hoop regtig nie ek kry natuurwetenskap en geografie by Ou Wessels nie. Weet Ma hoe dom is daai vrou? Haar algemene kennis is nul. Ek weet nie hoe Snorre haar vakke kan laat gee waarvan sy niks weet nie. Sy is \u2019n kunsjuffrou. Al waarmee sy goed is, is om met Johnny Bravo te gesels.\u201d<\/p>\n<p>Mamoeks hou op die aflaaipunt voor die skool stil.<\/p>\n<p>\u201cToe, spring, anders gee ou Knorrie my weer \u2019n kaartjie. En moenie so lelik oor jou onnies praat nie. Ai, waar is julle kinders se respek!\u201d<\/p>\n<p>Mamoeks is self \u2019n onnie. Sy gee Afrikaans by die Engelse ho\u00ebrskool op Ventersdrif. Amo weet sy ma lag self oor die byname wat kinders die onderwysers gee. Hy het al gehoor hoe sy en Janus oor die onnies van die verskillende skole praat. Dan lag hulle oor die byname. Janus is sy ma se <em>boyfriend<\/em>. Hy gee wiskunde en rig atletiek en rugby af by die Ventersdrif ho\u00ebrskool. Amo dink Janus is net jaloers op Johnny Bravo se spiere oor hy self so \u2019n lang seningrige drel is. Hy preek alewig vir Mamoeks oor haar kind wat aan geen sport deelneem nie.<\/p>\n<p>\u201cDie kind het oefeninge en sonskyn nodig, Elsa. Kyk hoe bleek is hy. Heeldag voor die rekenaar en heelnag voor die teleskoop. Ek s\u00ea jou, daardie kind het balans nodig.\u201d<\/p>\n<p>Van al die <em>boyfriends <\/em>wat sy ma al gehad het, dis nou al drie, is Janus seker die goorste, is Amo se mening. Glibberige Gerhardus en daai Barry-ou het hom gewoonlik net ge\u00efgnoreer. Net in sy ma belang gestel. Maar Janus wil skynbaar aan sy ma bewys hy is \u2019n goeie opvoeder. Hy wil soort van \u2019n pa wees en dit irriteer vir Amo.<\/p>\n<p>Ou Snorre is op sy stukke tydens opening. Preek oor als wat verkeerd is by Brandwag Laerskool en wat hulle met hierdie nuwe jaar moet regruk: Die terrein is vol papiere, die seuns se hemde hang uit, die meisies se hare hang in slierte.<\/p>\n<p>Die kinders ken al Snorre se geteem. Amo is eintlik verlig toe Kurt \u2019n onbeskofte harde wind los en die kinders histeries begin lag. Lank na Snorre se kwaai gluur die gegiggel tussen die graad sewes laat bedaar het, hang die aroma van Kurt se ontbyt nog soos \u2019n swaar bruin wolk oor die saal.<\/p>\n<p>Snorre kondig af dat die graad sewes na saal moet agterbly. Almal kyk beskuldigend na Kurt.<\/p>\n<p>Terwyl die ander kinders uitstap, los hy en Jak nog \u2019n paar winde. Dit maak Johnny Bravo so kwaad dat Amo kan sweer hy sien die onnie se spiere \u2019n sentimeter groter bult.<\/p>\n<p>Die woorde wat uit Snorre se mond kom, is verbysterend vir Amo: \u201cDie onderwyseres wat vanjaar die span van Brandwag gaan afrig vir die Vasvra-olimpiade van die Noord-Vrystaat is, Juffrou Wessels!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk s\u00ea julle lankal Snorre is seniel,\u201d fluister Jaco onderlangs vir Amo. \u201cTyd dat hy aftree, s\u00ea my ma ook. Nou stel hy \u2019n juffrou met die IK van \u2019n aartappel aan om ons olimpiade toe te neem. Ons gaan vanjaar ons alies sien! Dis \u2019n ramp!\u201d<\/p>\n<p>Jaco is maats met Kurt en Jak, maar hy is die een met die breins. Amo kan nie verstaan hoekom Jaco saam met die <em>scruffy\u2019s <\/em>uithang nie. Hulle rook en het al gespog oor hoe hulle Kurt se pa se bier gegaps het. As Kurt sy vingers klap, spring Jak eerste en daarna Jaco.<\/p>\n<p>Amo is dankbaar hy en Jaco is elke jaar saam in die olimpiade. Dan los Kurt-hulle hom bietjie uit. Vandat hy en Jaco soortvan maats is, staan Jaco altyd half eenkant as Kurt en Jak hom karnuffel. Amo weet hy, Ulrich en Jeandr\u00e9 is van graad een af Kurt se gunsteling-teikens.<\/p>\n<p>Ulrich is tingerig en sieklik. Hy word darem meer met die tong as met die vuiste bygedam. Jeandr\u00e9 dra die dikste bril in die skool. Dit is sy swakplek. As Kurt Jeandr\u00e9 se bril gryp, is die stryd reeds gewonne. Amo het al gewonder hoekom kry Jeandr\u00e9 se ouers nie vir hom kontaklense nie, dan het Kurt nie meer \u2019n wapen teen hom nie. Maar dan laat dit hom en Ulrich as teikens, en Amo weet hy gaan die slegste daarvan afkom.<\/p>\n<p>Kurt was die eerste kind wat in graad een langs Amo gesit het. Sy hare was toe al \u2019n kort borselkop met so \u2019n parmantige kuifie voor. Die juffrou het die eerste dag nog na Kurt se oulike sproete verwys, maar daarna kon Amo sien Kurt maak die juffrou gedaan. \u201c\u2019n Kandidaat vir Ritalin,\u201d het Amo gehoor hoe die een juffrou met die ander een praat. \u201cBeslis aandagafleibaar.\u201d So het die juffrouens Kurt al in graad een gediagnoseer en die etiket moeilikheidmaker om sy nek gehang. Amo het sy pa daardie aand gevra wat di\u00e9 diagnose beteken. Sy pa het gereken die juffrouens se diagnose is dalk voortydig en bietjie onregverdig.<\/p>\n<p>Pa het Kurt se ouers geken. Hulle bly op die buurplaas waar Kurt se pa voorman by die varkboerdery is. \u201cKurt is net \u2019n gewone aktiewe seun. Pille is nie die antwoord vir hom nie. Hy kort liefde,\u201d het Amo gehoor sy pa s\u00ea vir Mamoeks.<\/p>\n<p>Amo het gewonder hoe hy vir Kurt liefde kan gee. Kurt is \u2019n nare gemene boelie, maar Amo het nie vir sy pa ges\u00ea wat sy eie diagnose van Kurt is nie. Kurt het nog altyd als gevat by ander kinders wat hy wou. Almal is skrikkerig vir Kurt.<\/p>\n<p>Amo kan nie onthou hoeveel keer hy van graad een af onder Kurt deurgeloop het nie. Dis net daai een jaar wat Kurt hom \u2019n ruk uitgelos het. Toe Amo se pa dood is.<\/p>\n<p>Al het hulle almal se bene deur die jare gerek, het Kurt die grootste gebly. Amo, Jeandr\u00e9 en Ulrich was nog altyd die kleinstes. Hulle het selfs in \u2019n stadium met Jeandr\u00e9 se pa se gewigte geoefen, maar Kurt was altyd sterker as hulle.<\/p>\n<p>Juffrou Wessels hou nie vasvra-uitdunne soos Juffrou Allen altyd gedoen het nie. Te lui, dink Amo by homself. Hy was hartseer toe Juffrou Allen aftree. Sy was sy gunstelingjuffrou. Hy kon darem met haar oor interessante goed praat. Sy het altyd artikels en nuusberigte teen haar kennisgewingbord vasgesteek oor nuwe navorsing en ontdekkings. Amo was van die min kinders wat dit gelees het.<\/p>\n<p>\u201cAmo, Ulrich, Jaco, Jeandr\u00e9, Sanet, Ellen en Esm\u00e9, julle is ons vasvraspan vir vanjaar,\u201d kondig Juffrou Wessels aan. Daar is dadelik \u2019n onderlangse gemor oor hoe onregverdig sy is want daar is dan nie eens \u2019n uitdun-rondte gehou nie. Amo krimp instinktief ineen want hy haat dit om in die kollig te wees.<\/p>\n<p>\u201cEk wil ook in die span wees!\u201d<\/p>\n<p>Almal het vanoggend voor opening nuuskierig na die nuwe rooikop meisie gestaar. Sy kom glo van die Kaap. \u201cLyk bietjie soos \u2019n seunskind,\u201d het Amo Ellen vir Sanet hoor fluister.<\/p>\n<p>\u201cMy naam is Jessie van Vuuren en ek wil ook deelneem,\u201d kondig die nuwe meisiekind parmantig aan en gaan staan voor Juffrou Wessels. Haar hare is kort en deurmekaar. Haar o\u00eb byna pikswart en haar neus kort en wipperig.<\/p>\n<p>\u201cNie slegte bene nie,\u201d s\u00ea Kurt hoorbaar. Jessie gluur hom aan. Amo probeer onderlangs loer of hy iets buitengewoon aan Jessie se bene kan sien. Haar bene is bruingebrand en gespierd langs die maer wit beentjies van Juffrou Wessels.<\/p>\n<p>Die kinders geniet die nuwe meisie se astrantheid. Almal kan sien Ou Wessels is ontsenu.<\/p>\n<p>\u201cEk sal jou eers moet toets.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJuffrou kan my enigiets vra!\u201d Jessie staan effe uitdagend nader aan die trippelende juffrou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meisiekind Die gras is dounat onder hulle lywe. Die seun l\u00ea met sy kop op sy pa se maag. As hy sy kop skuins draai, kan hy die gor-gor van sy pa se maag hoor. As hy mooi luister, hoor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":19700,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[3230],"class_list":["post-19753","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-vervolgverhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stervanger, episode 1 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stervanger, episode 1 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Meisiekind Die gras is dounat onder hulle lywe. Die seun l\u00ea met sy kop op sy pa se maag. As hy sy kop skuins draai, kan hy die gor-gor van sy pa se maag hoor. As hy mooi luister, hoor [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-25T13:10:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"476\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Stervanger, episode 1\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:10:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/\"},\"wordCount\":1893,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/\",\"name\":\"Stervanger, episode 1 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:10:54+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"width\":850,\"height\":476,\"caption\":\"Stervanger, SLOT-episode\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-1\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stervanger, episode 1\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stervanger, episode 1 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stervanger, episode 1 | rooi rose","og_description":"Meisiekind Die gras is dounat onder hulle lywe. Die seun l\u00ea met sy kop op sy pa se maag. As hy sy kop skuins draai, kan hy die gor-gor van sy pa se maag hoor. As hy mooi luister, hoor [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-01-25T13:10:54+00:00","og_image":[{"width":850,"height":476,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Stervanger, episode 1","datePublished":"2016-01-25T13:10:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/"},"wordCount":1893,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","keywords":["vervolgverhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/","name":"Stervanger, episode 1 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","datePublished":"2016-01-25T13:10:54+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","width":850,"height":476,"caption":"Stervanger, SLOT-episode"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-1\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stervanger, episode 1"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19753","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19753"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19753\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19753"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19753"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19753"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}