{"id":19746,"date":"2016-01-25T15:06:09","date_gmt":"2016-01-25T13:06:09","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19746"},"modified":"2016-01-25T15:06:29","modified_gmt":"2016-01-25T13:06:29","slug":"stervanger-episode-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/","title":{"rendered":"Stervanger, episode 3"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><em><strong>Buddy<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p>Mamoeks roep van onder af: \u201cAmo, hier is \u2019n besoeker vir jou!\u201d Jessie het haar klaar in die kombuis ingewurm. Sy en haar hond.<\/p>\n<p>\u201cJessie wil opstap na die watertoring en rietbos. Stap saam met haar.\u201d<\/p>\n<p>Amo kan nie glo dat sy ma wil h\u00ea hy moet die meisiekind na een van sy heiligste plekke op aarde neem nie. Netnou wil sy die toring uitklim. Die le\u00eb plafon op die stellasie langs die watertenk was sy pa se gunsteling plek. Hy en sy pa het saam \u2019n nuwe platform gebou vir hulle teleskope. Maar nou is dit verbode om die toring uit te klim. Mamoeks het hom verbied.<\/p>\n<p>Sy haat die toring na sy pa se dood. Sy wou dit al laat afbreek, maar sy weet dit sal Amo se hart breek as sy dit doen.<\/p>\n<p>Amo voel effe stuurs, maar stap voor in die paadjie. Jessie se Labrador kom skuur partykeer by hom verby en gaan swem dan \u2019n draai in die rivier.<\/p>\n<p>\u201cOns het in die Kaap ook langs \u2019n rivier gebly. Jama is mal oor water. Dit is hoekom my pa die plaas langs die rivier gekies het. Vir hom en Jama. My pa roei elke dag.\u201d<\/p>\n<p>Amo skop \u2019n paar los klippe uit sy pad. Hy is nie lus om Jessie watertoring toe te neem nie. Dis sy plek. Wat soek sy hier?<\/p>\n<p>\u201cOns kan die watertoring van ons boonste balkon sien. Toe wonder ek hoe dit van naby lyk.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis gevaarlik. Jy mag dit nie uitklim nie, gehoor? My oupa se pa het dit nog gebou.\u201d<\/p>\n<p>Amo hoop hy sal haar afskrik.<\/p>\n<p>\u201cHet jy al tot bo geklim?\u201d<\/p>\n<p>Amo weet hy is vas. Lieg is sy swakste vaardigheid. Hy word bloedrooi as hy lieg.<\/p>\n<p>\u201cJa, ek het al.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBaie keer?\u201d<\/p>\n<p>Amo wens die meisiekind wil nou ophou.<\/p>\n<p>\u201cDis gevaarlik.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk is nie bang nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy kan jou dood val. Los dit liewer.\u201d<\/p>\n<p>Amo gooi \u2019n paar plat klippies in die rivier. Hy wens Jessie wil nou die toring uitlos.<\/p>\n<p>\u201cHey, Jessie, kan jy \u2019n klippie laat hop op die water?\u201d<\/p>\n<p>Miskien trek dit haar aandag af. Nes hy verwag het, kan sy \u2019n klip vier keer laat hop. Ellendige meisiekind.<\/p>\n<p>\u201cWatse ding is daar bo-op die toring se platform gebou?\u201d<\/p>\n<p>\u201cSommer net iets.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWaste iets?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMy pa het dit gebou vir ons teleskope.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, klim jou pa die toring gereeld uit?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy is dood.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJimmel, jammer hoor.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis ok.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoe hoog is dit? Ek het nog nooit so \u2019n steil leer gesien nie.\u201d<\/p>\n<p>Jessie skop-skop met haar Convers teen die los klippe.<\/p>\n<p>\u201cToe ek klein was, het ek geglo die leer gaan tot by die sterre.\u201d<\/p>\n<p>Hy is dadelik spyt hy het dit vir Jessie vertel. Netnou dink sy hy is simpel.<\/p>\n<p>\u201cEk en my pa het al op daardie vreeslike wipkar by Ratanga Junction in die Kaap gery. Ek is mal oor spoed en hoogtes.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJessie, los asseblief die toring, dis gevaarlik. Kom ons gaan nou, ek het baie huiswerk.\u201d<\/p>\n<p>Amo voel hy word rooi. Sy is in sy klas en hulle het nie huiswerk nie. \u201cEk het iets om te doen,\u201d maak hy verskoning.<\/p>\n<p>Hulle stap \u2019n rukkie in stilte al langs die rivier tot by die klipbanke.<\/p>\n<p>Amo voel skuldig oor hy so kortaf was.<\/p>\n<p>\u201cDink jy jy sal more die ander kan wen met die vasvra?\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs hulle goed?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHulle is ok.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWel, ek is baie goed. My brein is soos \u2019n spons, s\u00ea my pa. Net jammer ek onthou soms net die onbenullige goed en vergeet die belangrike goed soos regte huiswerk.\u201d<\/p>\n<p>Amo weet sy spot met hom. Dalk is sy nie so sleg nie \u2026 Vir \u2019n meisiekind.<\/p>\n<p>Jessie gooi stokke tot diep in die rivier. Jama duik in en bring dit elke keer terug.<\/p>\n<p>\u201cGaan jy nie jou maats van die Kaap mis nie?\u201d<\/p>\n<p>Jessie lag.<\/p>\n<p>\u201cHet jy my nie by die skool in aksie gesien nie? Ek is nie die maatjie-tipe nie. Ek hou van weirdo\u2019s. Soos jy.\u201d<\/p>\n<p>Amo kyk verstom na haar.<\/p>\n<p>\u201cHoe bedoel jy ek is \u2019n weirdo?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg, mens kan dit op \u2019n duisend kilometer ver sien! Maar moenie worry nie, dis ok.\u201d<\/p>\n<p>Amo is nie so seker of dit \u2019n kompliment is nie.<\/p>\n<p>\u201cWeet jy wanneer het ek besef jy is ok, Amo? Toe jy die verskil tussen planete en sterre geken het. Daai juffrou is so slim soos \u2019n witbrood. Sy dink sowaar die maan is \u2019n planeet, ek wed jou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy het Ou Wessels nogal ontsenu. Ek wonder wie die vrae vir more gaan opstel. Hopelik nie sy nie. Ek dink nie algemene kennis is haar strek punt nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDaai blonde onnie met die spykerhare, is hulle saam?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJohnny Bravo? Ek dink so.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNogal \u2019n skerp naam vir hom, Johnny Bravo. Hy lyk nogal so. Hou jy van cartoons?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNet van party. Ek kyk nie eintlik TV nie. Ek kyk sterre met my teleskoop.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDan sal jy en my ma lekker kan gesels. Sy bestudeer astrologie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis nie heeltemal dieselfde nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg man, natuurlik ken ek die verskil tussen astrologie en astronomie, maar daar is darem raakpunte.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSoortvan. Ek bestudeer die sterre self en jou ma kyk hoe hulle mense se lewens be\u00efnvloed. Of so iets?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, whatever.\u201d<\/p>\n<p>Amo kan nie help om vir Jessie se gesigte en gebare te lag nie. Haar hande en elke spier in haar gesig praat saam met haar mond.<\/p>\n<p>Jama begin blaf. Aan die agterkant van die rietbos trek \u2019n rokie. Amo weet wat dit beteken.<\/p>\n<p>\u201cKom ons draai om.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoekom? Ek wil gaan kyk wie daar vuur maak. Dis mos nog op julle grond?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet, maar kom ons draai om. Kom nou.\u201d<\/p>\n<p>Jama hardloop vooruit en staan by die rietbos en blaf. Kurt en Jak kom om die draai. Jaco kort op hul hakke.<\/p>\n<p>\u201cO, dis Amo en sy nuwe girl! Wag, help my bietjie reg? Is jy nou of is jy nie \u2019n meisie nie?\u201d<\/p>\n<p>Kurt het \u2019n halfgerookte sigaret in sy hand. Hy vat manhaftig \u2019n trek daaraan en skiet dit in die rivier.<\/p>\n<p>Jama knor en blaf en hardloop draaie om Kurt en Jak. Hy wys sy tande as Kurt voor Jessie kom staan. Jessie is byna net so lank soos hy. Dit moet vir Kurt vreemd wees om nie af te kyk na iemand nie, dink Amo by homself. Maar hy wens Jessie wil liewer saam hom omdraai en huis toe gaan.<\/p>\n<p>Die rook borrel skielik woes uit die rietbos. Amo hardloop nader.<\/p>\n<p>\u201cKurt, my ma het mos ges\u00ea julle mag nie hier vuur maak nie. Julle sal die bos aan die brand steek! Jaco, kom help my die vuur doodmaak voor die bos vlam vat. Is julle dan stupid? As die bos brand, kan julle binne-in vasgekeer raak!\u201d<\/p>\n<p>Jaco help Amo sand op die vuur gooi, maar Kurt stamp Amo onderstebo.<\/p>\n<p>\u201cDis my vuur! Wie gee jou die reg?\u201d<\/p>\n<p>Amo bereik die punt van woede wat hy nie graag bereik nie. Die punt waarop hy Kurt teen sy beterwete bestorm. Gewoonlik neem die geveg daarna net \u2019n rukkie voor Kurt hom op die grond vaspen.<\/p>\n<p>Maar vandag verloop dinge anders. Kurt maak hom nog so sit op Amo se maag, gereed om hom in die gesig te slaan, toe tref \u2019n haakhou hom van die kant. Hy rol slap eenkant toe en hou sy oog vas. Jak en Jaco staan versteend en toekyk. Nog voor Kurt kan regop kom, tref die tweede hou hom. Hy l\u00ea in \u2019n bondel en kerm. Sy trawante staan verder tru.<\/p>\n<p>\u201cKom, Amo, kom ons gaan huis toe,\u201d s\u00ea Jessie kalm.<\/p>\n<p>Amo en Jama loop in stilte agter Jessie aan. Na \u2019n ruk breek Amo die stilte.<\/p>\n<p>\u201cJy hoef my nie te help fight nie. Ek kan vir myself sorg.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het nie vir jou baklei nie, hy het my \u2019n seun genoem. Ek sal hom wys hoe \u2019n meisie sy ore warm klap.\u201d<\/p>\n<p>Amo kan nie help om te lag nie. Dit is die eerste keer waarvan hy weet dat Kurt \u2019n geveg verloor. En dit teen \u2019n meisiekind!<\/p>\n<p>\u201cDi\u00e9 keer is dit ok dat jy inmeng met my fight, maar volgende keer los jy my dat ek hom self opdons.\u201d<\/p>\n<p>Jessie lag en gee Amo \u2019n hou teen die arm.<\/p>\n<p>\u201cAg ok man, ek het gesien jy is besig om hom te wen, toe steel ek jou oomblik van glorie.\u201d<\/p>\n<p>Amo beduie woes met die vuiste wat hy volgende keer als met Kurt gaan doen en Jessie rol op die gras soos sy lag.<\/p>\n<p>\u201cEk en Jama beter dan seker huis toe gaan want ons maak seker nou inbraak op jou gimnasium-tyd. Ek kan hoor hoe jou gewigte jou roep!\u201d<\/p>\n<p>Jama hardloop vooruit en groet Mamoeks op die stoep.<\/p>\n<p>\u201cEk was bekommerd, ek het rook by die rietbos gesien. Ek wou Jakob-hulle net met die brandweer-treiler stuur toe sien ek die vuur is geblus. Was dit weer Kurt-hulle?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAls ok daar Mamoeks. Ek en Jaco het die vuur met sand geblus.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk sal weer met Kurt se pa moet praat. Ek sien nie kans dat die rietbos afbrand nie. Die eende en vinke maak daar nes. Dis buitendien gevaarlik.\u201d<\/p>\n<p>Amo keer vinnig.<\/p>\n<p>\u201cAg Ma, los Kurt se pa. Hulle sal nie weer daar vuur maak nie. Jaco het belowe.\u201d<\/p>\n<p>Voor sy groet vra Jessie Amo hoekom hy keer dat sy ma Kurt se pa bel.<\/p>\n<p>\u201cKurt was woedend die vorige keer toe my ma gebel het. Kurt het my disnis geslaan by die skool. Jaco het my vertel dis oor Kurt se pa hom met die sambok geslaan het. Kurt se pa slaan genadeloos. Veral as hy baie gedrink het. Arme Kurt.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJimmel jy is \u2019n goeie mens, Amo. Kurt boelie jou dan by die skool?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy boelie almal, Jessie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWel, hy gaan my nie boelie nie. Moet ek jou leer fight? Ek het in die Kaap karate en judo geneem en my pa het my leer boks.\u201d<\/p>\n<p>Amo moet net keer soos Jessie haar karateskoppe demonstreer. Sy vat hom aan sy hemp vas en gooi hom oor haar heup op die gras.<\/p>\n<p>\u201cToe, ek leer jou fight en jy leer my van die astronomie. Hoes daai?\u201d<\/p>\n<p>Sy hou haar hand op vir \u2019n high five en dan gryp sy sy hand vas en vou hulle hande inmekaar. Dan stamp sy hulle toegevoude hande een keer op sy bors en dan een keer op hare.<\/p>\n<p>\u201cDaarsy, dis ons nuwe Buddy-groet. Ek het dit nounet uitgedink. Jy is nou my Buddy, hoor jy? Sien jou more ou sterrekyker!\u201d<\/p>\n<p>Amo staan byna verdwaas en kyk hoe Jessie en Jama met die rivierpaadjie af verdwyn na hulle huis. Hierdie meisiekind is anders as enige ander seun of meisie wat hy nog ooit ontmoet het. Hy dink hy is bly sy is sy Buddy. Skielik lyk die laaste jaar van laerskool nie so sleg nie.<\/p>\n<p>Voor hy gaan slaap, rig hy die teleskoop op die Suiderkruis. Hy fokus altyd op die plek waar hy dink die lyne na die vier sterre in die middel kruis. Net daar, het sy pa eendag vir hom vertel, gaan hy \u2019n tentjie opslaan as dinge op die aarde vir hom te veel raak. \u201cDan sal jy altyd presies weet waar ek is as ek nie meer op die aarde is nie.\u201d<\/p>\n<p>Vanaand hoop hy sy pa kan sien hy het \u2019n Buddy.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Buddy Mamoeks roep van onder af: \u201cAmo, hier is \u2019n besoeker vir jou!\u201d Jessie het haar klaar in die kombuis ingewurm. Sy en haar hond. \u201cJessie wil opstap na die watertoring en rietbos. Stap saam met haar.\u201d Amo kan nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":19700,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[3230],"class_list":["post-19746","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-vervolgverhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stervanger, episode 3 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stervanger, episode 3 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Buddy Mamoeks roep van onder af: \u201cAmo, hier is \u2019n besoeker vir jou!\u201d Jessie het haar klaar in die kombuis ingewurm. Sy en haar hond. \u201cJessie wil opstap na die watertoring en rietbos. Stap saam met haar.\u201d Amo kan nie [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-25T13:06:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-25T13:06:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"476\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Stervanger, episode 3\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:06:09+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T13:06:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/\"},\"wordCount\":1887,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/\",\"name\":\"Stervanger, episode 3 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:06:09+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-25T13:06:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"width\":850,\"height\":476,\"caption\":\"Stervanger, SLOT-episode\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-3\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stervanger, episode 3\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stervanger, episode 3 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stervanger, episode 3 | rooi rose","og_description":"Buddy Mamoeks roep van onder af: \u201cAmo, hier is \u2019n besoeker vir jou!\u201d Jessie het haar klaar in die kombuis ingewurm. Sy en haar hond. \u201cJessie wil opstap na die watertoring en rietbos. Stap saam met haar.\u201d Amo kan nie [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-01-25T13:06:09+00:00","article_modified_time":"2016-01-25T13:06:29+00:00","og_image":[{"width":850,"height":476,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Stervanger, episode 3","datePublished":"2016-01-25T13:06:09+00:00","dateModified":"2016-01-25T13:06:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/"},"wordCount":1887,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","keywords":["vervolgverhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/","name":"Stervanger, episode 3 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","datePublished":"2016-01-25T13:06:09+00:00","dateModified":"2016-01-25T13:06:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","width":850,"height":476,"caption":"Stervanger, SLOT-episode"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-3\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stervanger, episode 3"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19746","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19746"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19746\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19746"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19746"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19746"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}