{"id":19742,"date":"2016-01-25T15:03:26","date_gmt":"2016-01-25T13:03:26","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19742"},"modified":"2016-01-25T15:03:26","modified_gmt":"2016-01-25T13:03:26","slug":"stervanger-episode-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/","title":{"rendered":"Stervanger, episode 4"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><em><strong>Trip<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p>ALMAL by die skool praat van die groot vasvra-uitdun in Ou Wessels se klas tydens tweede pouse. Selfs die onderwysers. Juffrou Bruwer s\u00ea sommer hardop voor die klas Jessie mag Sanet dalk op die atletiekveld weghardloop, maar sy sal haar nie met vasvra kan klop nie.<\/p>\n<p>\u201cDaai Sanet is vlymskerp,\u201d s\u00ea sy vir Mam Gerber, die Engelse juffrou.<\/p>\n<p>Amo kan sien Jessie het elke woord gehoor. Sy wip haar neus in die lug en gaan sit heel voor in Bruwer se klas.<\/p>\n<p>\u201cDis my plek,\u201d wil Lucinda nog keer, maar een kyk van Jessie laat Lucinda na \u2019n ander bank skarrel.<\/p>\n<p>Amo geniet die klein oorlog tussen Bruwer en Jessie. Elke vraag wat Bruwer durf vra, is Jessie se hand eerste op. Teen die helfte van die periode vra Bruwer nie meer vrae nie en later knipoog Jessie stilletjies vir Amo. Sy het die rondte gewen.<\/p>\n<p>Die wiskunde-klas was nog altyd Sanet se koninkryk. Maar Grobbies het skaars die som op die bord geskryf vir die blitsbrein-toets, of Jessie is klaar met hare. Alles reg. Amo kan sommer sien Sanet is suur daaroor.<\/p>\n<p>Die lekkerste deel van die skooldag vir Amo is dat Kurt uit Jessie se pad bly en hom dus ook vermy. Kurt se oog is effe geswel en Amo wonder wat die ander kinders sal doen as hulle uitvind Jessie het die skoolboelie so hard geklits. Hy besluit egter dat dit nie hy sal wees wat die nuus aan die res van Brandwag gaan oordra nie. Hy is nie \u2019n klikbek nie en as Kurt uitvind dis hy wat gepraat het, is stof vreet sy voorland.<\/p>\n<p>Net die vasvraspan en \u2019n paar onderwysers mag tweede pouse in Wessels se klas ingaan vir die vasvra-uitdunne. Amo sien hoe Bruwer \u2019n pakkie vrae aan Wessels oorhandig. Sy wil seker sien hoe Jessie vasgevra word oor Jessie so astrant was in haar klas. Johnny Bravo lewer ook \u2019n bydrae.<\/p>\n<p>Jessie staan kiertsregop voor in die klas. Haar neus in die lug en haar hare elkeen in sy eie koers. Sanet, Ellen en Esm\u00e9 staan effe weg van haar. Almal pynlik netjies van hulle haarstrikke tot by hulle blink Mary Jane-skoene met die bandjies oor die voet. Dis seker soort van hulle bende-voorkoms, dink Amo.<\/p>\n<p>Wessels is in beheer van die situasie.<\/p>\n<p>\u201cDie re\u00ebls werk so. Ek vra \u2019n vraag en die een wat eerste antwoord, kry die punt. Die onderwysers teenwoordig is die beoordelaars. Die meisie wat eerste vyf punte het, is die wenner. Daarna is daar \u2019n tweede en derde plek en so bepaal ons watter meisies na die olimpiade gaan.\u201d<\/p>\n<p>Amo sweer hy kan sien hoe Snorre se neushare van opwinding tril.<\/p>\n<p>\u201cVraag nommer een: Wie het die eerste vliegtuig gebou waarin mense kon vlieg?\u201d<\/p>\n<p>\u201cBoeing! Boeing\u201d gil Ellen.<\/p>\n<p>\u201cNee man, dis daardie miljard\u00ear Howard Hughes, die een van die fliek waarin Leonardo DiCaprio gespeel het,\u201d voeg Esm\u00e9 snipperig by.<\/p>\n<p>\u201cDis twee Amerikaners,\u201d s\u00ea Sanet halfhartig, maar sy kan nie hulle name onthou nie.<\/p>\n<p>\u201cDit was die Amerikaners, Orville en Wilbur Wright,\u201d gee Jessie die doodslag.<\/p>\n<p>Die kinders, wat soos agies deur die klasvensters loer, is tjoepstil.<\/p>\n<p>\u201cIn watter jaar het die Titanic gesink?\u201d<\/p>\n<p>Soos \u2019n koortjie gil al vier meisies: \u201c1912!\u201d Maar Snorre en Bruwer besluit die punt moet aan Sanet toegeken word want hulle meen sy was eerste. \u201cSeker \u2019n breukdeel van \u2019n millisekonde,\u201d fluister Ulrich.<\/p>\n<p>Die beslissing veroorsaak \u2019n sigbare wrywing in die kameraadskap Sanet, Ellen en Esm\u00e9 want elkeen voel sekerlik sy verdien die punt.<\/p>\n<p>\u201cWanneer is die eerste radio-uitsending gemaak?\u201d vra Wessels.<\/p>\n<p>\u201cDit was Marconi van Itali\u00eb!\u201d kom dit van Sanet, maar Ellen voeg by: \u201cMarconi het die radio in 1895 ontwerp.\u201d Sy kyk na die woedende Sanet. \u201cJuffrou wou die jaartal h\u00ea!\u201d<\/p>\n<p>Esm\u00e9 is doodstil, maar dan kom die kalm antwoord van Jessie: \u201cDie eerste uitsending was in 1906. Dit was \u2019n Amerikaanse Kersfeesprogram.\u201d Sanet, Ellen en Esm\u00e9 kyk gelyk na Wessels in afwagting dat sy moet s\u00ea Jessie is verkeerd. Wessels kyk na Bruwer, en Bruwer knik kop.\u00a0Jessie is reg. \u201cDit was \u2019n strikvraag,\u201d fluister Jeandr\u00e9 aan Amo. \u201cBruwer het dit sweerlik opgestel.\u201d<\/p>\n<p>Juffrou Wessels kug waarskuwend in hulle rigting: \u201cWie het die gloeilamp uitgevind?\u201d<\/p>\n<p>Weer gil al vier meisies gelyk: \u201cEdison!\u201d En weer bevind Bruwer en Snorre dat Sanet eintlik eerste was. Die telling is dus nou twee elk vir Sanet en Jessie.<\/p>\n<p>Met die volgende vraag gil al vier meisies weer gelyk, maar die keer gee die beoordelaars die punt aan Esm\u00e9.<\/p>\n<p>Die spanning in die klaskamer is ondraaglik toe Sanet en Jessie elk vier punte het, en Esm\u00e9 een punt.<\/p>\n<p>\u201cNou vir die finale vraag. Watter planeet is die grootste, die aarde of Saturnus?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie aarde!\u201d gil Sanet en klap haar hande van opgewondenheid omdat sy glo sy het gewen.<\/p>\n<p>\u201cSaturnus is groter as die aarde,\u201d s\u00ea Jessie droogweg toe die opgewondenheid bedaar.<\/p>\n<p>In ongeloof staar Sanet na Snorre wat Jessie as die wenner aandui.<\/p>\n<p>Amo glimlag vir Jaco. \u201cSanet gaan die nederlaag nie goed vat nie. By vanmiddag se atletiekoefening beter Jessie uithaal en wys want Sanet gaan haar in die aarde in probeer hardloop.\u201d<\/p>\n<p>Jessie is taamlik stil oor haar oorwinning.<\/p>\n<p>\u201cWat is fout?\u201d vra Amo later.<\/p>\n<p>\u201cAg niks.\u201d<\/p>\n<p>Maar hy kan sien Jessie voel nie lekker oor iets nie.<\/p>\n<p>By die atletiekoefening drom almal om die Gemsbokke saam as die 100m vir meisies onder 13 gehardloop word. Sanet strek haar lang bene en gee sulke kort blitsdraffies in die pylvak af. Maar Jessie sit afgetrokke in die koelte voor haar en uitstaar. Amo sien hier kom moeilikheid.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie wat jou byt nie, maar vanmiddag beter jy Sanet wen, hoor jy?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet ek kan haar wen.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaar hoekom lyk jy al heeldag so bekaf?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAmo, ek het soms \u2019n groot mond, maar partykeer wens ek ek was minder kompeterend. Dit het vir my nog net die lewe moeilik gemaak. Kyk om jou, elke meisie in die skool haat my klaar. En Kurt, weet jy wat het hy na pouse vir my ges\u00ea? Hy s\u00ea ek is nie regtig \u2019n meisie nie en hy gaan dit nog bewys.\u201d<\/p>\n<p>Amo hou sy Energade na haar uit.<\/p>\n<p>\u201cSluk, meisiekind, dan gaan hardloop jy hulle almal se monde stil. As jy Sanet vandag wen, wys ek jou vanaand hoe mooi die sterre deur my teleskoop lyk. Toe man, jy is mos my Buddy?\u201d Voor die wegspringplekke gee Jessie hom hulle nuwe Buddy-groet.<\/p>\n<p>Met die wegspring kry Jessie nie eens tyd om uit die blokke weg te beweeg nie toe \u2019n voet haar pootjie. Sy val dat die nerwe waai, maar spring op en eindig in die derde plek.<\/p>\n<p>Sanet en haar maats gil asof sy \u2019n goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het.<\/p>\n<p>Juffrou Alta kry Jessie aan die arm beet en sleep haar al protesterend na die noodhulptent. Haar kniekoppe bloei.<\/p>\n<p>Amo dra \u2019n Coke aan. \u201cLinette het jou getrip. Ek het dit gesien! Almal het dit gesien!\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg, dis ok, laat Sanet maar dink sy het gewen. Ek sal my kans kry. Daar is nog drie oefeninge oor voor die sportdag.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Trip ALMAL by die skool praat van die groot vasvra-uitdun in Ou Wessels se klas tydens tweede pouse. Selfs die onderwysers. Juffrou Bruwer s\u00ea sommer hardop voor die klas Jessie mag Sanet dalk op die atletiekveld weghardloop, maar sy sal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":19700,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[3230],"class_list":["post-19742","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-vervolgverhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stervanger, episode 4 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stervanger, episode 4 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Trip ALMAL by die skool praat van die groot vasvra-uitdun in Ou Wessels se klas tydens tweede pouse. Selfs die onderwysers. Juffrou Bruwer s\u00ea sommer hardop voor die klas Jessie mag Sanet dalk op die atletiekveld weghardloop, maar sy sal [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-25T13:03:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"476\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Stervanger, episode 4\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:03:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/\"},\"wordCount\":1179,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/\",\"name\":\"Stervanger, episode 4 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:03:26+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"width\":850,\"height\":476,\"caption\":\"Stervanger, SLOT-episode\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-4\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stervanger, episode 4\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stervanger, episode 4 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stervanger, episode 4 | rooi rose","og_description":"Trip ALMAL by die skool praat van die groot vasvra-uitdun in Ou Wessels se klas tydens tweede pouse. Selfs die onderwysers. Juffrou Bruwer s\u00ea sommer hardop voor die klas Jessie mag Sanet dalk op die atletiekveld weghardloop, maar sy sal [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-01-25T13:03:26+00:00","og_image":[{"width":850,"height":476,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Stervanger, episode 4","datePublished":"2016-01-25T13:03:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/"},"wordCount":1179,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","keywords":["vervolgverhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/","name":"Stervanger, episode 4 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","datePublished":"2016-01-25T13:03:26+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","width":850,"height":476,"caption":"Stervanger, SLOT-episode"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-4\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stervanger, episode 4"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19742","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19742"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19742\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19742"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19742"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19742"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}