{"id":19739,"date":"2016-01-25T15:02:36","date_gmt":"2016-01-25T13:02:36","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19739"},"modified":"2016-01-25T15:02:36","modified_gmt":"2016-01-25T13:02:36","slug":"stervanger-episode-5","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/","title":{"rendered":"Stervanger, episode 5"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><em><strong>Blou<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p>Die twee stap busstop toe. Amo dra sy gewonde maat se tas.<\/p>\n<p>\u201cHeita, Amo, sien jou boyfriend het seergekry?\u201d<\/p>\n<p>Kurt het skaars die trappe van die bus uitgeklim of hy tuimel soos \u2019n vrot vel na onder. Die hele bus skater van die lag. Kurt is woedend. \u201cWag net, ek sal uitvind wie het my getrip, daardie een sal spyt wees!\u201d<\/p>\n<p>Amo pomp Jessie liggies in die ribbe. \u201cEk mag nie sterk wees nie, maar ek het \u2019n paar skills.\u201d<\/p>\n<p>By hulle afklimplek herinner Amo Jessie om die aand oor te kom om na die sterre te kyk.<br \/>\nNa ete stel hy die teleskoop op, maar na agtuur besef hy dat sy nie gaan kom nie. Hy wil haar nie WhatsApp nie.<\/p>\n<p>\u201cMiskien wil sy vanaand alleen wees,\u201d s\u00ea Mamoeks.<\/p>\n<p>\u201cKlink of sy \u2019n harde dag gehad het.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">XXX<\/div>\n<p>DIE VOLGENDE OGGEND kom Jessie kruppel aangestap na die busstop.<\/p>\n<p>\u201cHey Jess, is dit seer?\u201d Vra Amo.<\/p>\n<p>\u201cEk sal leef.\u201d<\/p>\n<p>Hy wil, maar vra haar nie waar sy die vorige aand was nie. Jessie is stil in die bus. Sy reageer nie eens as Kurt haar met \u2019n lemoen gooi nie. By die skool staan Sanet en haar maats weerskante van die voorhekkie waar die buskinders moet deurloop.<\/p>\n<p>\u201cKom ons sien hoe hardloop sy vandag \u2019n 100m met daardie kruppel bene van haar.\u201d<\/p>\n<p>Amo gaan staan voor Sanet. \u201cAs ek jy is, sal ek nie trots wees op gister se wen nie. Jy weet net so goed soos ek Linette het Jessie getrip. Ons almal het dit gesien.\u201d<\/p>\n<p>Jessie gryp hom aan die arm. \u201cKom nou Amo, moenie jou asem mors met hulle nie.\u201d Sy kyk oor haar skouer in Sanet se rigting. \u201cSien jou vanmiddag by die wegspring!\u201d<\/p>\n<p>In die wiskundeklas kyk Amo na Jessie se knie\u00eb. Mens kan sien die nerwe is diep af. Dit moet baie seer wees. Teen die kant van haar been is daar blou kolle. Seker van die val, dink hy.<\/p>\n<p>Daardie Linette en Sanet is gemeen. Wag maar, die blinde sambok reken met sulke mense af, het Mamoeks gisteraand ges\u00ea toe hy haar van die trippery in die 100m vertel. Hy het liefs nie vir sy ma vertel dis hy wat Kurt by die bus se trap gepootjie het nie. Maar die blinde sambok slaan seker nie so seer as mens die skool se boelie hard laat val nie? Hy hoop nie so nie. Kurt het darem geen stukkende plekke opgedoen nie. Net sy ego het bietjie seergekry. Maar Jessie se bene lyk sleg. Amo hoop die sambok piets die gemene meisiekinders haar op hulle agterstewes. Net so \u2019n skrikmakertjie.<\/p>\n<p>Teen eerste pouse begin Jessie ontdooi.<\/p>\n<p>\u201cJammer oor gisteraand. Ek het siek gevoel.\u201d<\/p>\n<p>Hulle stap saam om die vraag- en- antwoordlyste vir die vasvra by Juffrou Wessels te gaan haal. Sy is sommer baie vriendeliker met Jessie as die vorige dag. \u201cAllamapstieks, Jessie, vanjaar stof ons die ander skole in die Noord-Vrystaat uit. Jy lees seker baie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, en ek kyk ook baie Discovery-kanaal, Juffrou.\u201d Maar Amo kan sommer op Wessels se gesig sien sy het nie \u2019n idee wat Discovery-kanaal is nie. \u201cEk dink sy ken net die kanale met die sepies,\u201d s\u00ea Amo toe hulle uitstap. Hy is bly om te sien Jessie lag weer. Sy waag dit selfs om Kurt se pennesakkie te gaps en weg te steek. Hy het die hele klas byna omgekeer van woede, maar Jessie opsigtelik vermy. Amo vermoed Kurt is bang vir Jessie na sy hom by die rivier so hard gepot het.<\/p>\n<p>Die hele Brandwag en Ventersdrif weet nou al van die groot wedywering tussen Sanet en Jessie. Tweede pouse word selfs weddenskappe aangegaan oor wie die 100m huissport-rekord vir meisies onder 13 vanjaar gaan verbeter. Selfs in die personeelkamer word die wedloop druk bespiegel, hoor Amo.<\/p>\n<p>Juffrou Alta en hy is blykbaar die enigstes wat bekommerd is oor Jessie se seer bene. Hulle dink nie sy moet hardloop nie, maar toe die atletiekperiode aanbreek, staan Jessie gereed in haar atletiekklere. Amo sien haar ander bobeen en kuite is agter ook vol blou kolle. Hy hoop Sanet en haar vriende sien dit en die rowe op haar kniekoppe en kry skaam.<\/p>\n<p>\u201cIs jy seker jy kan vandag hardloop?\u201d vra Juffrou Alta vir oulaas besorgd. \u201cDit gaan baie pynlik wees en die rowe gaan oop bars. Jy hoef jouself nie te moor nie. Jy weet mos jy sal Sanet Saterdag by die huissport kan wen.\u201d<\/p>\n<p>Amo hou baie van Juffrou Alta. Sy is \u2019n sagte mens wat al die kinders ewe liefhet. Selfs vir Kurt. Die een keer toe Kurt met \u2019n dik lip by die skool aangekom het nadat hy kamma uit \u2019n boom geval het, het Juffrou Alta hom onder hande geneem. Al die kinders het vermoed dis Kurt se pa wat hom weer bygedam het.<\/p>\n<p>Die kinders van die Springbokke en Blesbokke drom ook saam om Sanet en Jessie te sien hardloop. Amo staan nie naby genoeg om te hoor wat ges\u00ea word nie, maar hy sien hoe Jessie met Linette praat. Linette gaan staan skoon in die heel anderkantste baan. Verste weg van Jessie. Sanet maak weer dramaties haar spiere los. Dit rek en strek vir \u2019n vale. Amo vang Jessie se oog. Hy kan sien sy vind die vreeslike voorbereiding van Sanet amusant.<\/p>\n<p>\u201cKom nou meisies, op julle merke, gereed \u2026\u201d<\/p>\n<p>Toe Johnny Bravo die fluitjie blaas, is Jessie eerste weg. Sy nael los voor die ander. Almal kan sien Sanet gaan haar di\u00e9 keer nie vang nie. Maar by die 50m merk sak Sanet inmekaar. Sy hou haar kuit vas. Eers sien niemand haar ellende raak nie. Hulle kyk net na die Kaapse meisiekind wat soos die wind verby die eindstreep hardloop.<\/p>\n<p>Juffrou Alta is eerste daar om Jessie geluk te wens. Die bloed stroom uit die rowe op haar knie\u00eb, maar sy gaan spoel dit ewe onge\u00ebrg onder \u2019n kraan af. Dit gee Juffrou Alta kans om aan die beseerde Sanet aandag te gee. Haar maats dra haar na die noodhulptent. Sy snik soos sy huil.<\/p>\n<p>Drama queen, dink Amo by homself.<\/p>\n<p>\u201cKan sy nie maar net beken jy is \u2019n beter atleet nie? Hoekom al die drama? Ek wed jou daardie is \u2019n aansit-kramp.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk s\u00ea jou wat, Amo, ek gaan haal gou ons tasse dan gaan maak jy of jy my sweetpaktop by die noodhulptent soek. Dan spioeneer jy bietjie vir ons oor die erns van Sanet se kramp.\u201d<\/p>\n<p>Amo hou van die plan. Hy sal graag wil sien hoe lank Sanet \u2019n kramp kan fake. By die deurflappe van die tent gaan staan hy stil. Hy hoor Juffrou Alta met iemand praat. Hy hoor Jessie se naam. \u201cDaardie blou kolle op haar bene is nie van gister se val nie. Dit lyk erg.\u201d<\/p>\n<p>Hy hoor woorde soos \u201carme kind\u201d en \u201cons sal die situasie moet dophou.\u201d Amo se bene word lam. Sou Juffrou Alta dink iemand het Jessie so geslaan? Wanneer? Gisteraand? Dis dalk hoekom sy nie na die teleskoop kom kyk het nie. Dis hoekom sy vanoggend so stuurs was. Maar wie? Tog seker nie haar pa nie. Sy praat dan met soveel aanbidding van hom. Haar ma? Nee, nie daardie klein fyn vroutjie wat hy langs die rivier sien stap het nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Blou Die twee stap busstop toe. Amo dra sy gewonde maat se tas. \u201cHeita, Amo, sien jou boyfriend het seergekry?\u201d Kurt het skaars die trappe van die bus uitgeklim of hy tuimel soos \u2019n vrot vel na onder. Die hele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":19700,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[3230],"class_list":["post-19739","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-vervolgverhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stervanger, episode 5 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stervanger, episode 5 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Blou Die twee stap busstop toe. Amo dra sy gewonde maat se tas. \u201cHeita, Amo, sien jou boyfriend het seergekry?\u201d Kurt het skaars die trappe van die bus uitgeklim of hy tuimel soos \u2019n vrot vel na onder. Die hele [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-25T13:02:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"476\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Stervanger, episode 5\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:02:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/\"},\"wordCount\":1210,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/\",\"name\":\"Stervanger, episode 5 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"datePublished\":\"2016-01-25T13:02:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"width\":850,\"height\":476,\"caption\":\"Stervanger, SLOT-episode\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-5\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stervanger, episode 5\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stervanger, episode 5 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stervanger, episode 5 | rooi rose","og_description":"Blou Die twee stap busstop toe. Amo dra sy gewonde maat se tas. \u201cHeita, Amo, sien jou boyfriend het seergekry?\u201d Kurt het skaars die trappe van die bus uitgeklim of hy tuimel soos \u2019n vrot vel na onder. Die hele [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-01-25T13:02:36+00:00","og_image":[{"width":850,"height":476,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Stervanger, episode 5","datePublished":"2016-01-25T13:02:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/"},"wordCount":1210,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","keywords":["vervolgverhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/","name":"Stervanger, episode 5 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","datePublished":"2016-01-25T13:02:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","width":850,"height":476,"caption":"Stervanger, SLOT-episode"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-5\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stervanger, episode 5"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19739","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19739"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19739\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19739"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19739"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19739"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}