{"id":19724,"date":"2016-01-25T14:58:55","date_gmt":"2016-01-25T12:58:55","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19724"},"modified":"2016-01-25T14:58:55","modified_gmt":"2016-01-25T12:58:55","slug":"stervanger-episode-9","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/","title":{"rendered":"Stervanger, episode 9"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><em><strong>Tjomma<\/strong><\/em><\/span><\/p>\n<p>Naby Kurt-hulle se afdraai sien hy iemand in die pad stap. Dis Kurt, hy het \u2019n rugsak by hom.<\/p>\n<p>\u201cHey, Kurt! Wat maak jy die tyd van die nag op die pad?\u201d<\/p>\n<p>Kurt herken Amo eers as hy die valhelm afhaal.<\/p>\n<p>\u201cBreins, wat is dit met die valhelm? Verbeel jy jou bike is \u2019n motorfiets?\u201d Hy grynslag.<\/p>\n<p>\u201cWaarheen is jy op pad, Kurt?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk waai. Ek gee pad uit hierdie dorp.\u201d<\/p>\n<p>In die maanlig kan Amo sien Kurt se gesig is stukkend geslaan.<\/p>\n<p>\u201cJou pa?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHou jou bek.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKom saam my huis toe, my ma sal jou help.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBreins, los my uit. Ek wil alleen wees, en as jy vir iemand s\u00ea jy het my hier gekry, maak ek jou dood.\u201d<\/p>\n<p>Amo voel hulpeloos. Kurt is \u2019n boelie, maar niemand verdien om so deur sy pa geslaan te word nie.<\/p>\n<p>\u201cGaan praat met die polisie.\u201d<\/p>\n<p>Kurt lag hom uit. \u201cJy is lekker mal. Dan slaan my ouman my regtig dood. Ek gaan na my ouboet toe, hy is in Bloemfontein.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy kan nie Bloemfontein toe loop nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk sal, ek sal jou wys.\u201d<\/p>\n<p>\u201cVat my fiets.\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs jy mal?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVat my fiets, Kurt, en gaan na jou broer toe. Ek sal vir niemand s\u00ea ek het jou hier gesien nie.\u201d<\/p>\n<p>Selfs in die flou maanskyn kan Amo sien Kurt se o\u00eb is toegeswel en sy lippe staan dik.<\/p>\n<p>\u201cJy is lekker mal, Breins, maar dankie, ek sal sorg dat jy jou fiets terugkry.\u201d<\/p>\n<p>Kurt staan \u2019n rukkie en kyk na hulle plaashuis se flou liggies in die verte.<\/p>\n<p>\u201cS\u00ea my Breins, wat maak jy die tyd van die nag hier buite?\u201d<\/p>\n<p>Amo weet nie wat hom besiel nie. Hy vertel vir Kurt van alle mense dat hy op \u2019n ruimtereis gegaan het. Dat hy deur die sterre gery het.<\/p>\n<p>Kurt s\u00ea gelukkig niks nie. Hy neem die fiets by Amo. Dan steek hy sy hand na Amo uit.\u00a0\u201cDankie, Tjomma.\u201d<\/p>\n<p>Amo staan en kyk hoe Kurt wegry. Dan stap hy stadig terug plaas toe. Hy sit die valhelm netjies terug op die rak. Wat hy vir Mamoeks en Janus gaan s\u00ea oor die fiets, weet hy nog nie, maar hy voel beter na die \u201cruimtereis\u201d. Arme Kurt, dink hy toe hy op die bed gaan l\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cPa, het jy gehoor? Kurt noem my sy Tjomma,\u201d fluister hy voor hy aan die slaap raak.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">XXX<\/div>\n<p>KURT se pa-hulle soek die volgende dag al langs die rivier af na hom. Later kom die polisie ook help. Amo voel baie skuldig en bly heeldag in sy kamer. Hy kyk kort-kort deur met die verkyker wat hulle doen en of hy beweging by Jessie se huis sien. Dit is doodstil by Jessie-hulle.<\/p>\n<p>Hy hoor hoe Mamoeks en Janus praat oor Kurt se pa hom so erg slaan. Janus dink Kurt is \u2019n boelie by die skool oor hy by die huis geboelie word. \u201cDie drankduiwel heers in Kurt-hulle se huis. Arme kinders,\u201d s\u00ea Janus.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">XXX<\/div>\n<p>MET saalopening die Maandagoggend heers daar \u2019n somber atmosfeer by die skool. Kurt se verdwyning is al waaroor die kinders praat. Dit en die geheimsinnige afwesigheid van Jessie by die huissport. Daar is selfs kinders wat glo die twee het saam weggeloop!<\/p>\n<p>Die ding vreet aan Amo. Wat as iemand Kurt langs die pad Bloemfontein toe vermoor het en hulle kry die fiets by hom? Die paar speurverhale wat Amo al gelees het, plant die saadjie by hom dat die polisie sal dink hy wat Amo is het \u2019n motief om Kurt te vermoor. Almal weet hy is die een wat die meeste deur Kurt geboelie word. Trouens, hy is waarskynlik die laaste een wat deur Kurt geboelie is. En Janus, hy kan dalk ook \u2019n verdagte wees. Hy het voor tientalle getuies gedreig om Kurt se stertvelle af te trek.<\/p>\n<p>Daar is \u2019n fluistering tussen die onderwysers oor Jessie, maar Amo kan nie agterkom waaroor dit gaan nie. Hy wens hy kon met Juffrou Alta praat oor Kurt en Jessie, maar sy moed begewe hom. Mamoeks, hy sal probeer om die middag met Mamoeks te praat, maar hy het Kurt belowe hy sal niks s\u00ea nie. En Kurt het hom sy Tjomma genoem.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n aaklige lang dag by die skool. Die busrit huis toe is net nie dieselfde sonder Kurt wat moleste maak en kinders boelie nie. Dit voel behoorlik of iemand dood is. Amo sidder by die gedagte. Hy hoop nie iemand is regtig dood nie.<\/p>\n<p>Janus se kar staan voor die deur. Dis al wat hy nodig het, sug Amo. Janus het seker gesien die fiets is weg, nou gaan hy onder kruisverhoor geneem word.<\/p>\n<p>Janus en Mamoeks sit op die stoep en staar na die rivier.<\/p>\n<p>\u201cO, hier is jy nou.\u201d Mamoeks lyk byna soos die dag toe sy pa dood is. Amo se maag maak \u2019n draai. Wie is dit? Jessie of Kurt?<\/p>\n<p>\u201cKom sit, ons wil met jou praat.\u201d Mamoeks lyk nie kwaad nie. Net baie hartseer.<br \/>\n\u201cJessie se pa het vanoggend gebel. Sy is baie ernstig siek. Het jy geweet?\u201d<\/p>\n<p>Amo se mond is te droog om te antwoord. Hy skud net sy kop.<\/p>\n<p>\u201cJessie het leukemie, bloedkanker. Sy was laasjaar baie siek daarvan, maar haar kanker het in remissie gegaan. Dit was \u2019n ruk weg. Verstaan jy dit?\u201d Weer skud Amo net die kop.<\/p>\n<p>\u201cDie kanker is nou terug. Daardie blou kolle waarvan jy my vertel het, dit is die kanker wat terug is. Dis nie haar ma of haar pa wat haar slaan nie, dis die kanker.\u201d<\/p>\n<p>Amo voel of sy liggaam versteend geraak het. Hy weet nie hoe om te reageer nie. Moet hy verlig wees dat Jessie nie deur haar ouers geslaan word nie? Uiteindelik kry hy die woorde uit.<\/p>\n<p>\u201cGaan sy dood?\u201d Mamoeks vat sy hand.<\/p>\n<p>\u201cOns weet net sy is baie ernstig siek. Sy is in die waakeenheid in \u2019n kliniek in Bloemfontein.\u201d<\/p>\n<p>Janus gee vir hom \u2019n glas koeldrank aan. \u201cJammer ou Amo, ek is jammer jou buddy is so siek. As sy beter is, vat ons jou Bloemfontein toe om te gaan kuier.\u201d<\/p>\n<p>Amo wonder of dit nou die regte tyd sal wees om te bieg oor Kurt.<\/p>\n<p>\u201cHet die polisie nog vandag hier by die rivier na Kurt gesoek?\u201d waag hy om die gesprek in die regte rigting te stuur.<\/p>\n<p>\u201cJa, die honde-eenheid help die water-eenheid, maar hulle kry net ou spore, nie nuwes nie. Dis of die duiwel los is hier langs die rivier. Jessie en Kurt \u2026\u201d<\/p>\n<p>Amo kan die spanning nie meer verduur nie. Hy hardloop na sy kamer en kruip onder sy duvet in. Kan alles nie maar net verbygaan nie? Kan als nie meer net ok wees nie?<\/p>\n<p>Hy huil tot hy aan die slaap raak.<\/p>\n<p>Hy droom hy ry saam met Kurt Bloemfontein toe met die fiets. Kurt ry op die bergfiets en hy probeer byhou met Mamoeks se ou mandjiefiets. \u201cWag Kurt! Wag!\u201d Maar hy sien hoe Kurt oor die bult verdwyn. \u201cCheers Tjomma!\u201d hoor hy Kurt skree. \u201cNee, Nee Kurt, kom terug!\u201d<\/p>\n<p>Mamoeks skud aan hom. \u201cWord wakker jong.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tjomma Naby Kurt-hulle se afdraai sien hy iemand in die pad stap. Dis Kurt, hy het \u2019n rugsak by hom. \u201cHey, Kurt! Wat maak jy die tyd van die nag op die pad?\u201d Kurt herken Amo eers as hy die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":19700,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[3230],"class_list":["post-19724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-vervolgverhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stervanger, episode 9 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stervanger, episode 9 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Tjomma Naby Kurt-hulle se afdraai sien hy iemand in die pad stap. Dis Kurt, hy het \u2019n rugsak by hom. \u201cHey, Kurt! Wat maak jy die tyd van die nag op die pad?\u201d Kurt herken Amo eers as hy die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-01-25T12:58:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"850\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"476\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Stervanger, episode 9\",\"datePublished\":\"2016-01-25T12:58:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/\"},\"wordCount\":1178,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"keywords\":[\"vervolgverhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/\",\"name\":\"Stervanger, episode 9 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"datePublished\":\"2016-01-25T12:58:55+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/01\\\/Stervanger-e1457513531806.jpg\",\"width\":850,\"height\":476,\"caption\":\"Stervanger, SLOT-episode\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stervanger-episode-9\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stervanger, episode 9\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stervanger, episode 9 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stervanger, episode 9 | rooi rose","og_description":"Tjomma Naby Kurt-hulle se afdraai sien hy iemand in die pad stap. Dis Kurt, hy het \u2019n rugsak by hom. \u201cHey, Kurt! Wat maak jy die tyd van die nag op die pad?\u201d Kurt herken Amo eers as hy die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-01-25T12:58:55+00:00","og_image":[{"width":850,"height":476,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Stervanger, episode 9","datePublished":"2016-01-25T12:58:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/"},"wordCount":1178,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","keywords":["vervolgverhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/","name":"Stervanger, episode 9 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","datePublished":"2016-01-25T12:58:55+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/01\/Stervanger-e1457513531806.jpg","width":850,"height":476,"caption":"Stervanger, SLOT-episode"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stervanger-episode-9\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stervanger, episode 9"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19724"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19724\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19700"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}