{"id":19060,"date":"2025-12-12T10:02:29","date_gmt":"2025-12-12T08:02:29","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/?p=19060"},"modified":"2025-12-12T10:05:41","modified_gmt":"2025-12-12T08:05:41","slug":"jy-kan-dinge-verander","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/","title":{"rendered":"Jy kan dinge verander"},"content":{"rendered":"<p>Tony Schwartz, skrywer van <em>Be Excellent at Anything<\/em>, s\u00ea ons gedrag is 95% van die tyd gewoonte, of die gevolg van \u2019n sterk eksterne stimulus. Net 5% van ons keuses word bewustelik gemaak. Hy s\u00ea navorsing toon ook dat die meeste van ons ons wilskrag en selfdissipline heeltemal oorskat.<\/p>\n<p>\u201cVir blywende verandering moet ons minder op die frontale lobbe staatmaak en meer op die primitiewer dele van ons brein waar gewoontes gevorm word. Eenvoudig gestel: hoe meer ons gedrag roetine en rituele word \u2013 deur dit bewustelik te oefen \u2013 hoe minder energie vereis dit en hoe meer word dit outomaties.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hy het <em>vyf stappe<\/em> ge\u00efdentifiseer wat verandering makliker en suksesvoller kan maak:<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Wees baie presies en spesifiek<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Kyk na jou lysie met Nuwejaarsvoornemens. Pleks van \u201coefen gereeld\u201d, skryf neer watter dae jy wil oefen, hoe laat en presies wat jy wil doen. As jy een van die dae mis, moet jy dit die volgende dag inhaal. Navorsers noem dit \u201cimplementation intentions\u201d, en dit verhoog jou kanse op sukses dramaties.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Een uitdaging op \u2019n slag<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Moenie al die groot veranderinge wat jy wil aanpak gelyk takel nie. Gee elke nuwe uitdaging jou onverdeelde aandag totdat jy dit baasgeraak het en dit outomaties kom.<\/p>\n<p>\u201cRekenaars kan verskeie programme gelyktydig laat loop. Maar \u2019n mens funksioneer die heel beste wanneer jy net een nuwe ding op \u2019n slag aanpak en bemeester voordat jy die volgende een begin.\u201d (In praktyk kan dit dalk beteken dat jy eers jou nuwe eetpatroon onder die knie kry voordat jy begin oefen \u2013 stel vas wat vir jou werk.)<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Nie te min of te veel nie, net genoeg<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Moenie meer afbyt as wat jy kan kou nie. As jy die afgelope paar jaar glad nie geoefen het nie, en skielik oefen jy elke dag \u2019n uur lank, is die kans groter dat jy n\u00e1 \u2019n paar sessies sal tou opgooi omdat dit te pynlik is. Moet ook nie te min aanpak nie, want dan gaan jy nie gemotiveer bly nie omdat jy nie resultate sien nie. Kry jou eie goue middeweg \u2013 wat vir jou vriendin werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Dit waarteen ons skop, gaan ons bly pla<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit, s\u00ea Schwartz, is die grootste rede waarom di\u00ebte so dikwels misluk. \u201cGewoonlik moet jy dit waarvan jy hou, vermy en uit-eindelik raak dit net te moeilik vir ons beperkte selfbeheersing.\u201d<\/p>\n<p>Dieselfde geld die pieng van die e-posse wat jy probeer ignoreer terwyl jy aan \u2019n belangrike projek werk. Vermy die versoeking \u2013 maak jou e-pos toe en lees dit net op sekere tye, en fokus op dit wat jy m\u00e1g eet wanneer jy op dieet is en nie op die verbode kosse nie. Beplan jou maaltye en porsies vooruit en sorg dat daar niks in die huis is wat jou kan verlei nie. Hoe minder jy oor \u2019n aksie hoef te dink, hoe makliker gaan jy daarby hou.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Immuun teen verandering?<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Schwartz verwys na navorsing wat toon dat ons almal in \u2019n mate immuun is teen verandering. Maar lees verder: dis bloot omdat ons \u2019n sekere mate van gemak en veiligheid binne ons gevestigde roetines ervaar, selfs al doen dit ons glad nie goed nie. Navorsing deur Robert Kegan en Lisa Lahey het bewys dat selfs ons mees passievolle toewyding aan \u2019n bepaalde verandering uiteindelik uitgebalanseer word deur \u2019n ewe sterk botsende toegewydheid om nie te verander nie, oftewel \u2019n \u201ccompeting commitment\u201d.<\/p>\n<p>Vra jou af: Wat keer my om my doel te bereik? Schwartz gebruik die voorbeeld van e-posse wat jou gedagtegang voortdurend onderbreek \u2013 is dit dalk omdat jy altyd vir mense beskikbaar wil wees? Besluit nou wat dit is wat jou keer om by \u2019n dieet te hou\/meer georganiseerd te wees\/te begin oefen.<\/p>\n<p>\u201cIdentifiseer jou competing commitment en besluit dan hoe jy dit kan aanpak sodat jy die verlangde voordele kan kry terwyl jy terselfdertyd die vrese minimali-seer wat verandering meebring.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In hul boek <em>Change Anything: The New Science of Personal Success<\/em> (Kerry Patterson, Joseph Grenny et al) identifiseer die skrywers \u2019n hele klompie tegnieke wat verandering makliker maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hier is vyf wat jy in feitlik enige situasie kan toepas:<\/strong><\/h4>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Identifiseer maak-of-breek oomblikke<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Of dit nou in jou werksdag is, of met daardie dieet wat net nie werk nie, elkeen van ons het sulke oomblikke. Jy ken daardie dae wanneer dit voel of jy niks uitgerig het by die werk (of met jou nuwe eetplan nie). Gaan kyk wat saboteer jou. Dalk trek jou e-pos voortdurend jou aandag af \u2013 sit dan spesifieke tye uit wanneer jy e-posse antwoord (soos net elke twee uur). Kry jy net nie weer gefokus n\u00e1 koffie met jou kollegas nie? Iets soos \u2019n dieet sneuwel ook dikwels omdat ons nie die maak-of-breek-oomblik-ke herken nie. Is vars brood jou swak? Moet dan nie op \u2019n le\u00eb maag verby die bakkery stap nie. Sodra jy weet wat joune is, besluit hoe jy dit gaan verander. (Rehabilitasieprogramme vir verslaafdes gee altyd die raad om mense, roetine en selfs plekke te vermy wat jou na die bottel of dwelms kan laat gryp. Doen dieselfde, of dit nou in jou loopbaan of met \u2019n dieet is.)<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Omring jou met die regte mense en dinge<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Sny negatiewe mense (en dinge!) uit jou lewe \u2013 of dit nou in jou persoonlike lewe is, of by die werk. Volgens Dorie Clark, Amerikaanse skrywer van Reinventing You en Stand Out, reageer ons op ons omgewing \u2013 moenie toelaat dat mense joune vergiftig nie. As jy \u2019n klomp gewig het om af te skud, bestee (al is dit ook net totdat jy immuun voel teen verleiding) meer tyd saam met die mense wat jou gaan help om maer te word en minder met jou vriendin wat jou verseker jy (en jou ekstra 20 kg) is pragtig nes jy is terwyl sy vir jou koek aandra.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Skep die regte strukture<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Sukses gaan nie net oor wilskrag nie, maar meer dikwels oor struktuur. Vestig nuwe gewoontes, sorg dat daar niks verbode kos (of sigarette, as jy wil ophou rook) in jou kaste is nie en vermy ou kuierplekke as dit moet.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Naby of ver?<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Afstand speel \u2019n groot rol in ons lewe, en studies bevestig dit. By die werk raadpleeg jy makliker \u2019n kollega wat op dieselfde vloer as jy werk, en jy sal meer waar- skynlik oefen as jou oefenapparaat in jou kamer is eerder as in die motorhuis (of in die gim kilometers van jou huis af). As daar koekies op jou lessenaar is, is dit meer waarskynlik dat jy dit sal eet as wanneer jy eers moet opstaan om dit te gaan haal. Kyk krities na dit wat jy wil aanpak en hoe afstand \u2019n rol speel in jou mislukking. As jy by die werk net nie kan ophou loer na facebook nie, b\u00eare jou foon in \u2019n kas ver van jou lessenaar af sodat jy elke keer moet opstaan.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Dring aan op goeie, deeglike terugvoer<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>As jou baas s\u00ea hy is nie tevrede met jou verslag nie, moet hy duidelike riglyne gee oor hoe jy dit kan verbeter. Dieselfde geld enige groot projek, ook \u2019n eetprogram. Moenie jouself paai met vae antwoorde en riglyne nie \u2013 vra en lees totdat jy die regte antwoorde kry.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4><\/h4>\n<h4><strong>Die eerste Dertig Dae<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In haar boek <em>The First 30 Days<\/em> skryf Ariane de Bonvoisin dat daar bewese maniere is om enigiemand deur verandering te help. Of dit nou egskeiding, \u2019n nuwe werk, \u2019n stryd teen siekte of \u2019n nuwe baba is, of iets soos om gewig te verloor of op te hou rook. Wat ook al j\u00f3\u00fa uitdaging, De Bonvoisin meen die eerste dertig dae is die belangrikste fase in enige verandering.<\/p>\n<p>\u201cDie eerste paar dae en weke is dikwels die moeilikste, mees emosionele tyd. Dis wanneer ons die meeste vrae, emosies, vertwyfelings en vrese het, en wanneer ons sekere besluite moet neem. Dis ook die tyd waarin ons die meeste rigting, inligting en ondersteuning nodig het.\u201d<\/p>\n<p>De Bonvoisin meen suksesvolle verandering is moontlik as ons nege beginsels volg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Ontwikkel \u2019n positiewe ingesteldheid \u2013 nie net teenoor die lewe nie, maar ook teenoor jouself.<\/li>\n<li>Glo dat verandering altyd \u2019n positiewe kant ook het.<\/li>\n<li>Ons almal het \u2019n \u201cveranderingspier\u201d. Dis wat ons deursettingsvermo\u00eb gee, sterk maak en in staat stel om selfs die grootste krisis te oorleef. Die eerste stap is om joune te ontdek en aan jouself te erken dat jy sterker is as wat jy dink jy is.<\/li>\n<li>Leer dat die uitdagende emosies (sy noem dit \u201cveranderingsdemone\u201d) wat jy gedurende verandering voel, jou nie hoef te stuit nie, maar jou kan lei tot positiewe emosies wat jou beter sal laat voel. Sy identifiseer hierdie veranderingsdemone as vrees, twyfel, ongeduld, blaam, skuldgevoelens en skaamte. Ondersoek dan die oplossing vir elkeen (geloof, oorgawe, deursettingsvermo\u00eb, eerlikheid, vergifnis en eerbaarheid).<\/li>\n<li>Hoe gouer jy die verandering aanvaar, hoe minder pynlik gaan dit wees.<\/li>\n<li>Gebruik positiewe woorde en vrae en denke, en druk jou gevoelens uit. Verandering kan jou laat voel dinge is buite beheer \u2013 deur jou woorde en gedagtes bewustelik te verander, kan jy jou belewenis van die situasie begin verander.<\/li>\n<li>Glo dat jy aan iets groters as jyself verbind is.<\/li>\n<li>Omring jou met mense wat jou kan help, wat soos jy glo en wat die regte vaardighede het om jou deur jou verandering te help. Besluit wie jy in jou \u201cspan\u201d wil h\u00ea, wees eerlik oor wat jy nodig het, en moenie bang wees om buite jou gewone sosiale kring hulp te soek nie. Kies mooi: soek jy iemand wat saam met jou in die put gaan klim, of iemand wat vir jou \u2019n leer gaan afgooi en jou uit die put uitpraat? As dit moet, verander jou omgewing, al is dit ook net vir \u2019n halwe dag of \u2019n dag \u2013 \u2019n nuwe plek gee altyd nuwe perspektief.<\/li>\n<li>Doen iets, al is dit ook hoe klein. Ontwikkel \u2019n plan van aksie, volg dit en kyk mooi na jouself \u2013 dan sal jy vorentoe beweeg.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-dinge-wat-jy-vanjaar-kan-doen-om-gelukkiger-te-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">10 dinge wat jy vanjaar kan doen om gelukkiger te wees<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tony Schwartz, skrywer van Be Excellent at Anything, s\u00ea ons gedrag is 95% van die tyd gewoonte, of die gevolg van \u2019n sterk eksterne stimulus. Net 5% van ons keuses word bewustelik gemaak. Hy s\u00ea navorsing toon ook dat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":160463,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[662],"tags":[2791],"class_list":["post-19060","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-jou-lewe","tag-nuwejaarsvoornemens"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy kan dinge verander | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Moenie dat Nuwejaarsvoornemens teen die tweede week van Januarie al sneuwel nie. Hier is praktiese wenke wat kan help.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy kan dinge verander | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moenie dat Nuwejaarsvoornemens teen die tweede week van Januarie al sneuwel nie. Hier is praktiese wenke wat kan help.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-12T08:02:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-12-12T08:05:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-koolshooters-7143264.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Jy kan dinge verander\",\"datePublished\":\"2025-12-12T08:02:29+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-12T08:05:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/\"},\"wordCount\":1666,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-koolshooters-7143264.jpg\",\"keywords\":[\"nuwejaarsvoornemens\"],\"articleSection\":[\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/\",\"name\":\"Jy kan dinge verander | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-koolshooters-7143264.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-12T08:02:29+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-12T08:05:41+00:00\",\"description\":\"Moenie dat Nuwejaarsvoornemens teen die tweede week van Januarie al sneuwel nie. Hier is praktiese wenke wat kan help.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-koolshooters-7143264.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/pexels-koolshooters-7143264.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Jy kan dinge verander!\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-dinge-verander\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy kan dinge verander\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy kan dinge verander | rooi rose","description":"Moenie dat Nuwejaarsvoornemens teen die tweede week van Januarie al sneuwel nie. Hier is praktiese wenke wat kan help.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy kan dinge verander | rooi rose","og_description":"Moenie dat Nuwejaarsvoornemens teen die tweede week van Januarie al sneuwel nie. Hier is praktiese wenke wat kan help.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-12-12T08:02:29+00:00","article_modified_time":"2025-12-12T08:05:41+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-koolshooters-7143264.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Jy kan dinge verander","datePublished":"2025-12-12T08:02:29+00:00","dateModified":"2025-12-12T08:05:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/"},"wordCount":1666,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-koolshooters-7143264.jpg","keywords":["nuwejaarsvoornemens"],"articleSection":["Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/","name":"Jy kan dinge verander | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-koolshooters-7143264.jpg","datePublished":"2025-12-12T08:02:29+00:00","dateModified":"2025-12-12T08:05:41+00:00","description":"Moenie dat Nuwejaarsvoornemens teen die tweede week van Januarie al sneuwel nie. Hier is praktiese wenke wat kan help.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-koolshooters-7143264.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/pexels-koolshooters-7143264.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Jy kan dinge verander!"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-dinge-verander\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy kan dinge verander"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19060","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19060"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19060\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160464,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19060\/revisions\/160464"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/160463"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}