{"id":170586,"date":"2026-11-23T12:02:44","date_gmt":"2026-11-23T10:02:44","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=170586"},"modified":"2026-11-23T12:02:44","modified_gmt":"2026-11-23T10:02:44","slug":"geraasbesoedeling-stilte-asseblief","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/","title":{"rendered":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief!"},"content":{"rendered":"<p class=\"_text_1hgab_2\"><em>Deur Maretha Botes<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Jy hoor dit waarskynlik nie: Die gedreun van alledaagse geraas. Motors op die snelweg, ambulanse in die verte, vliegtuie in die hemelruim, blareblasers, honde wat blaf. Dis dalk op die agtergrond, maar dit is d\u00e1\u00e1r. Die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WGO) s\u00ea omgewingsgeraas is onder die topomgewingsrisiko&#8217;s vir jou gesondheid.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Die uitwerking van di\u00e9 tipe geraas lei jaarliks tot die verlies van \u2019n geraamde een miljoen gesonde lewensjare w\u00eareldwyd. Geraas \u2013 selfs die alledaagse dreuning in die agtergrond \u2013 veroorsaak verhoogde stresvlakke wat \u2019n negatiewe impak op jou gesondheid en produktiwiteit het. Chroniese stres lei onder meer tot verhoogde bloeddruk en angsvlakke, slaapversteurings, buierigheid, en kan selfs tot hartsiektes lei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">Hoe geraas jou liggaam laat reageer<\/h4>\n<p class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Thomas M\u00fcnzel<\/strong>, &#8216;n <strong>kardioloog<\/strong> by die Johannes Gutenberg-universiteit in Mainz, Duitsland, verduidelik op die webwerf <strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Brainfacts.org<\/strong>, dat wanneer jy geraas hoor wat jou ontsenu (jy kom dit moontlik nie eens agter nie) die <strong>amigdala<\/strong>, \u2019n gedeelte in jou brein wat emosionele prosessering hanteer, \u2019n noodsein na die <strong>hipotalamus<\/strong> stuur. Op sy beurt stuur die hipotalamus seine na die adrenalienkliere wat adrenalien in die bloedstroom pomp \u2013 \u2019n evolusion\u00eare maatstaf om vinnig in lewensbedreigende situasies te reageer. <strong>Adrenalien<\/strong> en <strong>kortisol<\/strong>, \u2019n streshormoon, bring fisiologiese veranderinge, soos \u2019n verhoogde hartklop en bloeddruk, mee.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Hy s\u00ea jou liggaam reageer so vinnig, jy kom nie agter die reaksies het in jou brein en liggaam plaasgevind nie. Die probleem is egter dat chroniese blootstelling aan stres, soos geraas, hierdie stresrespons aanhoudend geaktiveer hou. Uiteindelik veroorsaak dit geestes- en fisieke gesondheidsprobleme.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Dis moeilik om jou in die alledaagse geskarrel \u2019n plek te verbeel waar jy die soort stilte kan beleef wat jou sintuie onbevange kan ervaar. Die soort stilte waarin jy kan baai sonder die o\u00eb van die w\u00eareld op jou. Daai stilte wat heel maak. Boonop is stilte iets wat baie mense afskrik, bang maak en ongemaklik laat voel. Maar dit is juis die tipe stiltes wat ons vir ons eie gesondheid moet najaag, meen kenners van geesteswelstand.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">Die oplossing<\/h4>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Die oplossing is om tyd vir stilword in te ruim. <strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Rudolph de Wet<\/strong>, \u2019n motiveringspreker van Meyerton in Gauteng, s\u00ea deur stil te wees, kan ons ons energie kanaliseer. Dit gee ons die duidelikheid wat ons nodig het om uitdagings en onsekerheid rustig die hoof te bied. &#8220;\u2019n Uur van stilte wat jy jouself elke oggend gun, kan \u2019n tyd wees om jou gedagtes te orden, jou verstand te oefen en te besluit hoe jy die dag wil ingaan.&#8221;<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Natuurlik is ons almal verskillend en die waarde wat ons aan stilte heg, hang onder meer af van faktore soos waar jy op die skaal van introvert\/ekstrovert l\u00ea. <strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Amy Sullivan<\/strong> is \u2019n sielkundige by die Cleveland-kliniek in Ohio, Amerika. Sy s\u00ea ongeag jou persoonlikheidstipe is dit noodsaaklik om stilte deel van jou dag te maak.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">&#8220;Stilte gee ons die geleentheid vir selfrefleksie en om te dagdroom, wat verskeie dele van die brein aktiveer. Dit gee jou kans om die geraas binne jou uit te doof en bewus te word van wat regtig saakmaak. Jy kweek op di\u00e9 manier bewustheid (mindfulness) \u2013 \u2019n waardering en erkenning van die oomblik waarin jy jouself bevind. Die fisieke voordele sluit in dat jy in kalm tye, soos stilwordtye, jou liggaam kans gee om sy reaksie op stres &#8216;stil te maak.&#8221;<\/p>\n<div id=\"attachment_170591\" style=\"width: 1034px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-170591\" class=\"wp-image-170591 size-large\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-nikolai-kolosov-07hLTjfRdk4-unsplash-1024x768.jpg\" alt=\"&quot;\u2019n Uur van stilte wat jy jouself elke oggend gun, kan \u2019n tyd wees om jou gedagtes te orden, jou verstand te oefen en te besluit hoe jy die dag wil ingaan,&quot; s\u00ea Rudolph de Wet, \u2019n motiveringspreker van Meyerton in Gauteng,\" width=\"1024\" height=\"768\" \/><p id=\"caption-attachment-170591\" class=\"wp-caption-text\">&#8220;\u2019n Uur van stilte wat jy jouself elke oggend gun, kan \u2019n tyd wees om jou gedagtes te orden, jou verstand te oefen en te besluit hoe jy die dag wil ingaan,&#8221; s\u00ea Rudolph de Wet, \u2019n motiveringspreker van Meyerton in Gauteng,<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">Wat stilwees beteken<\/h4>\n<p class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Lizette Volkwyn<\/strong>, \u2019n meesterlewensafrigter, s\u00ea stilwees beteken om te ontkoppel van die foon, sosiale media, musiek, die gejaag in jou kop en die leuens wat ons onsself vertel. &#8220;Maar waar begin ek as ek verslaaf is aan die besig wees, die gevoel van belangrikheid as ek iets doen en die nimmereindigende aanvraag van iemand wat aandag soek?&#8221; s\u00ea sy.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Sy s\u00ea dit gaan verg dat jy \u2019n bewuste besluit neem om tyd te maak, \u2019n doelbewuste besluit om in daardie oomblik in die nou in te beweeg en die ware jy te omhels. &#8220;Is dit maklik? Nie vir almal nie. Veral omdat baie van ons so hard probeer om nie die ware ek in die o\u00eb te kyk nie. Die beloning is egter veel groter as wat jy ooit kan verwag,&#8221; s\u00ea sy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">Stiltebewaring<\/h4>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Om di\u00e9 redes het die ekoloog <strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Gordon Hempton<\/strong> in 2005 reeds met \u2019n vorm van sogenaamde stiltebewaring met sy projek &#8220;One Square Inch of Silence&#8221; begin. Dit het aanleiding tot die nie-winsgewende organisasie <strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Quiet Parks International<\/strong> met uitgesoekte Quiet Parks om die w\u00eareld heen gegee.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Hul missie is die bewaring van stilte tot voordeel van alle lewe op aarde. Quiet Parks (stiltereservate) is natuurgebiede wat heeltemal van mensgemaakte klank en geraas vry is. Dit is nie maklik om status as \u2019n stiltereservaat te kry nie en jy word aan uiters streng kriteria onderwerp. Een so \u2019n park is in Namibi\u00eb. Die NamibRand-natuurreservaat het onlangs eers sy status as \u2019n stiltereservaat ontvang. Die afgelope 20 jaar het die reservaat gasteverblyf tot een bed per duisend hektaar beperk. Die kans dat jy dus \u2019n ander mens gaan hoor praat, lag of \u2019n glasie wyn geniet, is bitter skraal. Dit is jy en die stilte van die rooi woestyn. \u2019n Wegbreek na so \u2019n reservaat is egter nie vir almal beskore nie. Wat doen jy dan om stilte te kry?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 class=\"_text_1hgab_2\" style=\"text-align: center;\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Wat doen ek met die niks in die stilte?<\/strong><\/h4>\n<p class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Begin fokus op die nou:<\/strong> Hoe voel jy in die oomblik, wat is die emosie wat jy voel, wat het dit voortgebring en wat is die waarheid? <strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Lizette<\/strong> s\u00ea: &#8220;So baie keer raak ons angstig, kwaad of self ongelukkig deur die wanopvattings in ons lewe. Vra jouself af wat jy daaraan kan doen \u2013 sonder om dadelik aan &#8216;n plan te begin werk \u2013 koester jou sterk punte en begin op jou asemhaling fokus, raak in hierdie 30 minute absoluut rustig. Sien dit as jou kans om te herlaai.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 class=\"_text_1hgab_2\" style=\"text-align: center;\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Stiltetyd as deel van jou lewe<\/strong><\/h4>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Leef in die oomblik<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Stilte leer jou om teenwoordig te wees en waarde aan die klein, eenvoudige oomblikke van die lewe te heg. Jy begin dinge raaksien wat jy voorheen nie in die gejaag opgelet het nie, soos die skoonheid van die natuur of die warmte van \u2019n eenvoudige gesprek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Vrede en aanvaarding<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Deur stilte te beoefen, leer jy om jou gedagtes en emosies sonder oordeel te aanvaar. Dit kweek \u2019n dieper vrede en aanvaarding van jouself en jou omstandighede, en jy begin om minder beheer oor dinge te probeer uitoefen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Dieper waardering en dankbaarheid<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Stilte help jou om meer bewus van jou se\u00ebninge te wees, en dit waarvoor jy dankbaar is. Hierdie bewustheid kweek \u2019n gevoel van vervulling, selfs in moeilike tye.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Verhoogde intu\u00efsie en wysheid<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Stilte gee jou toegang tot jou innerlike stem en wysheid. Jy leer om jou intu\u00efsie te vertrou, wat jou na besluite lei wat meer in lyn is met jou ware self en jou doelwitte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Verminderde reaktiwiteit<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">As jy stilte deel van jou lewe maak, is jy minder geneig om impulsief of reaktief te wees. Jy ontwikkel die vermo\u00eb om rustig op uitdagings te reageer, wat jou \u2019n meer gebalanseerde uitkyk op dinge gee.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Eenvoud en fokus<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Stilte leer jou om onnodige geraas uit jou lewe te verwyder, wat ruimte skep vir dit wat regtig saakmaak. Jou lewe voel eenvoudiger, meer gefokus, en doelgerig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Groter geestelike verbinding<\/strong><\/h5>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Stilte kan ook geestelike verdieping meebring, maak nie saak wat jou geloof of oortuigings is nie. Dit verbind jou met iets groter as jouself, en dit kan \u2019n gevoel van betekenis en rigting na jou lewe bring.<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\">Om stilte deel van jou lewe te maak, verander jou uitkyk van \u2019n gejaagde, onrustige bestaan na een van betekenis, bewustelikheid en innerlike vrede. Dis \u2019n uitnodiging om stadiger te leef, meer bewus te wees, en die rykdom van die lewe ten volle te ervaar.<\/p>\n<div id=\"attachment_170594\" style=\"width: 778px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-170594\" class=\"wp-image-170594 size-large\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123pexels-lea-claisse-2160105977-36656465-768x1024.jpg\" alt=\"Ruim tyd vir stilword in. Foto: Lea Claisse, Pexels\" width=\"768\" height=\"1024\" \/><p id=\"caption-attachment-170594\" class=\"wp-caption-text\">Ruim tyd vir stilword in. Foto: Lea Claisse, Pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3 class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Ek smag na stilte &#8230;<\/strong><\/h3>\n<p class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Santa Topham<\/strong> van Vereeniging s\u00ea: &#8220;Ek is van daardie mense wat nie sonder tjoepstilte kan bestaan nie. Een dag \u2019n week klim ek uit my lewe uit en praat en luister na niks en niemand behalwe myself nie. Dis soos geestelike bed-opmaak. Ek stoei met chroniese pyn vir ses dae van die week. Op dag sewe moet ek net stilte h\u00ea. Vir my l\u00ea stilte in poele onder bome en die laag oor die aarde waar waters en oop grond is.&#8221;<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Rentia Haasbroek<\/strong>, \u2019n opvoedkundige sielkundige van Durban, s\u00ea: &#8220;My grootste pyn op die oomblik is hoe almal in die mediese sentrum waar ek werk hul fone op luidspreker sit. Ek wil nie na iemand anders se musiek, Tiktok-byklanke, kerkdiens of Whatsapp-gesprekke luister nie.&#8221;<\/p>\n<p class=\"_text_1hgab_2\"><strong class=\"_textBold_1hgab_145\">Shanda Luyt<\/strong>, \u2019n onderwyseres van Jeffreysbaai, s\u00ea: &#8220;Ek smag na stilte n\u00e1 \u2019n dag van skoolhou en drink dit letterlik in as ek by die huis kom. Ek wil nie eens een mens hoor praat nie. Net stilte, stilte, stilte &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fibromialgie-die-onsigbare-siekte\/\">Fibromialgie die onsigbare siekte | rooi rose<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Maretha Botes &nbsp; Jy hoor dit waarskynlik nie: Die gedreun van alledaagse geraas. Motors op die snelweg, ambulanse in die verte, vliegtuie in die hemelruim, blareblasers, honde wat blaf. Dis dalk op die agtergrond, maar dit is d\u00e1\u00e1r. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":67,"featured_media":170590,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[6400,10779,99072,99073,99074,99075,99076,99077,99078,99079,38,136],"class_list":["post-170586","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-stilte","tag-adrenalien","tag-maretha-botes","tag-thomas-munzel","tag-kardioloog","tag-amigdala","tag-hipotalamus","tag-kortisol","tag-rudolph-de-wet","tag-amy-sullivan","tag-rooi-rose","tag-gesondheid"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Kenners s\u00ea alledaagse geraas het &#039;n groter impak op jou gesondheid as wat jy dink en dat dit belangrik is om tyd vir stilwees in te ruim.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kenners s\u00ea alledaagse geraas het &#039;n groter impak op jou gesondheid as wat jy dink en dat dit belangrik is om tyd vir stilwees in te ruim.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-11-23T10:02:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1910\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rachel Jonker\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\"},\"headline\":\"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief!\",\"datePublished\":\"2026-11-23T10:02:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/\"},\"wordCount\":1543,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg\",\"keywords\":[\"stilte\",\"adrenalien\",\"Maretha Botes\",\"Thomas M\u00fcnzel.\",\"kardioloog\",\"amigdala\",\"hipotalamus\",\"kortisol\",\"Rudolph de Wet\",\"Amy Sullivan\",\"rooi rose\",\"Gesondheid\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/\",\"name\":\"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-11-23T10:02:44+00:00\",\"description\":\"Kenners s\u00ea alledaagse geraas het 'n groter impak op jou gesondheid as wat jy dink en dat dit belangrik is om tyd vir stilwees in te ruim.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1910,\"caption\":\"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! Foto: Documerica, unsplash\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\",\"name\":\"Rachel Jonker\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rachel Jonker\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! | rooi rose","description":"Kenners s\u00ea alledaagse geraas het 'n groter impak op jou gesondheid as wat jy dink en dat dit belangrik is om tyd vir stilwees in te ruim.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! | rooi rose","og_description":"Kenners s\u00ea alledaagse geraas het 'n groter impak op jou gesondheid as wat jy dink en dat dit belangrik is om tyd vir stilwees in te ruim.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-11-23T10:02:44+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1910,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rachel Jonker","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rachel Jonker","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/"},"author":{"name":"Rachel Jonker","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e"},"headline":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief!","datePublished":"2026-11-23T10:02:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/"},"wordCount":1543,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg","keywords":["stilte","adrenalien","Maretha Botes","Thomas M\u00fcnzel.","kardioloog","amigdala","hipotalamus","kortisol","Rudolph de Wet","Amy Sullivan","rooi rose","Gesondheid"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/","name":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg","datePublished":"2026-11-23T10:02:44+00:00","description":"Kenners s\u00ea alledaagse geraas het 'n groter impak op jou gesondheid as wat jy dink en dat dit belangrik is om tyd vir stilwees in te ruim.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/20261123-documerica-8fZAwCPuBUM-unsplash-1.jpg","width":1920,"height":1910,"caption":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief! Foto: Documerica, unsplash"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geraasbesoedeling-stilte-asseblief\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Geraasbesoedeling: Stilte, asseblief!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e","name":"Rachel Jonker","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rachel Jonker"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/170586","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/67"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170586"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/170586\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":170595,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/170586\/revisions\/170595"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/170590"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170586"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=170586"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=170586"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}