{"id":169273,"date":"2026-10-13T15:04:43","date_gmt":"2026-10-13T13:04:43","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=169273"},"modified":"2026-10-13T15:04:43","modified_gmt":"2026-10-13T13:04:43","slug":"chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","title":{"rendered":"Chan\u00e9l Muller oor &#8216;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#8217;"},"content":{"rendered":"<p><em>Uitgereik deur kykNET<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><i><span data-contrast=\"auto\">Sy, die meeue en die Heilige Gees<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">, \u2019n mini-dramareeks van drie episode, vertel die verhaal van Ingrid en haar sesjarige dogter, Zoey, wat verhuis na Vishoek. Die laaste episode wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\"><strong>Chan\u00e9l Muller<\/strong> is die skrywer, regisseur en vervaardiger van die reeks.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span data-contrast=\"auto\">Sy het \u2019n paar vrae beantwoord oor die reeks:<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Waar het die oorspronklike idee vir die reeks ontstaan?\u00a0<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Om \u2019n ma te word was aanvanklik vir my \u2019n baie groot uitdaging. Dit was iets waarop ek net nie \u2019n greep kon kry nie, totdat ek later \u2013 met baie genade \u2013 ontdek het dat dit eerder iets is om te laat gaan en nie te probeer vashou nie. Ek wou perfek wees, die regte dinge doen, die regte dinge s\u00ea, maar ek het heeltyd gevoel ek kom kort. Totdat ek geleer het (natuurlik ook met die wysheid van my man, Len) dat om \u2019n ouer te wees daaroor gaan om op te daag. Jy hoef nie perfek te wees nie, jy moet net d\u00e1\u00e1r wees.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek is gese\u00ebnd om omring te wees deur \u2019n liefdevolle, ondersteunende man, ouers en \u2019n gemeenskap, en ek het myself afgevra: Hoe vind jy jou eie identiteit in moederskap as jy ni\u00e9 daardie netwerk het nie? As jy alleen is. As daar nie iemand is om die las saam met jou te dra as die druk te veel raak nie.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Parallel hieraan, was my ervaring met my eie geloofspad. Ek het nog altyd \u2019n baie intieme, persoonlike verhouding met die Here gehad, en ek het nog nooit daardie verhouding op skerm, veral in ons taal, gesien nie. Dit was nog altyd net baie styf en saaklik \u2013 en as ek so ver mag gaan om te s\u00ea: kerklik. Ek wou dus graag \u2019n storie vertel oor die God wat ek ken, wat sagmoedig en nederig van hart is, wat in liefde en omgee omgaan met sy kinders en wat ons altyd sal opsoek; ons altyd sal aanhou <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">romance<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Hoeveel van Ingrid is gegrond op werklike mense of ervarings?<\/span><\/b><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ingrid is gegrond op \u2019n wye kombinasie van vroue wat al oor my pad gekom het, vrae wat ek al self gevra het, en vroue wat ek al gesien het wat deur moeilike dinge in die lewe moes werk. Ek dink daar is \u2019n stukkie van elkeen van ons in Ingrid en vice versa.<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Waarom was dit belangrik om geloof op hierdie manier uit te beeld?<\/span><\/b><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie. Daar is \u2019n bitter groot verskil.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">God is nie net in die kerk nie. Hy is teenwoordig in die alledaagse goed waarmee ons onsself besig hou. Ja, dis soms in \u2019n mooi sonsondergang, maar die Here is dikwels meer in die stiltes. In die regtige, morsige, selfsugtige dele van onsself. Dit was vir my belangrik dat dit alles baie subtiel en saggies ingeweef moes word in Ingrid se storielyn. God word nooit \u201caangekondig\u201d nie. Hy is net heeltyd daar. Ingrid ontdek die Here self en kies Hom uiteindelik self \u2013 nie omdat iemand vir haar ges\u00ea het sy m\u00f3\u00e9t nie. Soos wat sy leer dat om \u2019n goeie ouer te wees net beteken om op te daag, leer sy ook uiteindelik dat om Hom te ken, is net om bereidwillig te wees.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Bybelverse en prekerigheid word so dikwels in ons kele afgedruk, en dit beteken niks sonder konteks nie. Wat van die ongemaklike vrae? Die vrae wat soveel van ons te skaam is om hardop te vra? Hoeveel mense is daar buite wat dalk wonder oor Hom? Wat \u00earens in hul lewe al seergekry het in \u2019n kerk, of seergemaak is deur ander Christene deur die klippe wat na hulle kant toe gegooi is as gevolg van hul keuses, of oor hoe hulle hul lewens lei \u2013 en dan maak daardie mense die deur heeltemal bot toe. Waar is die stories vir daardie mense?<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Dit was vir my belangrik dat God se hart vir elkeen van ons in die storie deurkom. Hy wil net h\u00ea dat ons naby Hom moet wees. Al vloek ons. Al lyk ons lewens nie heilig nie. Hy het nog nooit van enige van ons verwag om perfek te wees om by Hom te wees nie. Ons kan kom soos ons is.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<div class=\"slider_wrapper tg_gallery\"><div class=\"flexslider tg_gallery\" data-height=\"750\"><ul class=\"slides\"><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07315.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07756.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC06940.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07429.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07752.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07763.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC06806.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><li><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg\" alt=\"\"\/><\/li><\/ul><\/div><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Wat beteken die titel vir jou?<\/span><\/b><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">\u201cSy\u201d verwys na Ingrid en haar ontdekkingsreis. \u201cDie meeue\u201d is die gemeenskap om Ingrid \u2013 die verskillende vroue op haar pad wat haar omring en ondersteun. En dan natuurlik is \u201cdie <strong>Heilige Gees<\/strong>\u201d die teenwoordigheid van God wat ons almal daagliks volg. Al glo sommige van ons dit nie, dit is daar.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Wat hoop jy kykers ontdek oor hulself deur Ingrid se reis?\u00a0<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">My hoop is dat hulle nie hulself deur Ingrid se reis sal ontdek nie, maar vir Hom.<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Watter toneel is die naaste aan jou hart?<\/span><\/b><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Vir seker die toneel in episode twee by Kalkbaai se hawe waar Ingrid na die branders kyk wat so ongelooflik groot en kragtig oor die kaai breek. Dit is haar eerste, werklik intieme ontmoeting met die Here. Die beelde is so mooi, en die pragtige stuk musiek wat Richard Onraet vir daardie toneel geskryf het, sal altyd na aan my hart wees. Ek weet ook dat daardie spesifieke oomblik vir <strong>Simon\u00e9 [Pretorius]<\/strong>\u00a0baie persoonlik en roerend was, en daarom sal ek dit altyd met my saamdra.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Wat was die grootste uitdaging om \u2019n storie te skryf oor iemand wat uiteindelik \u2019n ontmoeting met die Here het en die besluit neem om Hom te begin volg?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Enige persoon se geloofsreis is \u2019n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik. Wat dit natuurlik \u2019n groot uitdaging maak \u2013 want hoe wys jy iemand se gedagtes en vrae oor die Here as hulle dit nie hardop s\u00ea nie? Hoe wys jy hoe die Heilige Gees besig is om in iemand se lewe te werk?<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Vir my het die antwoord gel\u00ea in die vrugte van die Gees wat uiteindelik deel vorm van haar karakterreis: hoe sy geduldiger word, vriendeliker word, selfbeheersing uitoefen, vrede en liefde vind en die heel belangrikste, genade aanvaar. Om dit te kon doen, moes sy natuurlik aan die begin van die reeks die teenoorgestelde hiervan wees.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Daarmee saam: Hoe kry jy iemand in die kerk, wat nie noodwendig ooit in \u2019n kerk sou opeindig nie, of sou kies om self daarheen te gaan nie? Die antwoord: Jy bring die idee van kerk, wat eintlik net \u2019n gemeenskap van gelowiges is, na haar toe \u2013 daarom al die vroue wat rondom haar \u201ckerk\u201d word sonder dat sy dit weet.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Wat het Simon\u00e9 Pretorius so besonders na die rol gebring?<\/span><\/b><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek en Simon\u00e9 stap al \u2019n baie lang pad, en om n\u00e1 tien jaar uiteindelik die voorreg te kon h\u00ea om in hierdie kapasiteit saam te werk was die grootste geskenk. Simon\u00e9 het my van dag een af 100% vertrou, en dit is wat dit so besonders maak. Die feit dat sy soveel van haar eie self kant toe kon skuif om in die binnekant van Ingrid te klim is wat hierdie proses so besonders gemaak het. Ek weet ook dat die tema en inhoud vir haar net so belangrik is, en daarom het sy dit met oorgawe aangepak.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek wil ook net welverdiende krediet en erkenning vir <strong>Mila-Sofi Clasen<\/strong> gee. Sy is \u2019n ongelooflike, natuurlike aktrise. Sy het soveel lewe in Zoey geblaas deur die mens wat sy is, en ek sal haar ewig dankbaar wees dat sy deel was van hierdie proses.<\/span><\/p>\n<div id=\"attachment_169275\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-169275\" class=\"size-medium wp-image-169275\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07734-500x334.jpg\" alt=\"Simon\u00e9 Pretorius, Chan\u00e9l Muller en Mila-Sofi Clasen. Foto: kykNET\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-169275\" class=\"wp-caption-text\"><em>Simon\u00e9 Pretorius, Chan\u00e9l Muller en Mila-Sofi Clasen. Foto: kykNET<\/em><\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h6 style=\"text-align: center;\"><b><span data-contrast=\"auto\">Wat wil jy h\u00ea kykers moet saamneem wanneer die reeks eindig?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h6>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Aan die einde van episode drie, net voor die eindkrediete rol, is daar \u2019n boodskap.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{&quot;335559685&quot;:360}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><i><span data-contrast=\"auto\">Sy, die meeue en die Heilige Gees<\/span><\/i><\/b><b><span data-contrast=\"auto\"> se laaste episode wys vanaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/\">Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uitgereik deur kykNET &nbsp; Sy, die meeue en die Heilige Gees, \u2019n mini-dramareeks van drie episode, vertel die verhaal van Ingrid en haar sesjarige dogter, Zoey, wat verhuis na Vishoek. Die laaste episode wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":67,"featured_media":169279,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[243,2985,85382,98616,98617,98618,98724,98725,166,232],"class_list":["post-169273","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-vroue","tag-godsdiens","tag-simone-pretorius","tag-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees","tag-mila-sofi-clasen","tag-chanel-muller","tag-vishoek","tag-christen","tag-kyknet","tag-geloof"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Chan\u00e9l Muller oor &#039;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#039; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Chan\u00e9l Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van &#039;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#039;, s\u00ea, &quot;Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie.&quot;\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Chan\u00e9l Muller oor &#039;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#039; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Chan\u00e9l Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van &#039;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#039;, s\u00ea, &quot;Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie.&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-10-13T13:04:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1211\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rachel Jonker\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\"},\"headline\":\"Chan\u00e9l Muller oor &#8216;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#8217;\",\"datePublished\":\"2026-10-13T13:04:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\"},\"wordCount\":1377,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/DSC07691.jpg\",\"keywords\":[\"vroue\",\"godsdiens\",\"Simon\u00e9 Pretorius\",\"Sy die meeue en die Heilige Gees\",\"Mila-Sofi Clasen\",\"Chan\u00e9l Muller\",\"Vishoek\",\"Christen\",\"kyknet\",\"Geloof\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\",\"name\":\"Chan\u00e9l Muller oor 'Sy, die meeue en die Heilige Gees' | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/DSC07691.jpg\",\"datePublished\":\"2026-10-13T13:04:43+00:00\",\"description\":\"Chan\u00e9l Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', s\u00ea, \\\"Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie.\\\"\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/DSC07691.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/DSC07691.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1211,\"caption\":\"Chan\u00e9l Muller is die skrywer, regisseur en vervaardiger van Sy, die meeue en die Heilige Gees.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Chan\u00e9l Muller oor &#8216;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#8217;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\",\"name\":\"Rachel Jonker\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rachel Jonker\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Chan\u00e9l Muller oor 'Sy, die meeue en die Heilige Gees' | rooi rose","description":"Chan\u00e9l Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', s\u00ea, \"Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie.\"","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Chan\u00e9l Muller oor 'Sy, die meeue en die Heilige Gees' | rooi rose","og_description":"Chan\u00e9l Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', s\u00ea, \"Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie.\"","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-10-13T13:04:43+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1211,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rachel Jonker","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rachel Jonker","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/"},"author":{"name":"Rachel Jonker","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e"},"headline":"Chan\u00e9l Muller oor &#8216;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#8217;","datePublished":"2026-10-13T13:04:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/"},"wordCount":1377,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg","keywords":["vroue","godsdiens","Simon\u00e9 Pretorius","Sy die meeue en die Heilige Gees","Mila-Sofi Clasen","Chan\u00e9l Muller","Vishoek","Christen","kyknet","Geloof"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","name":"Chan\u00e9l Muller oor 'Sy, die meeue en die Heilige Gees' | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg","datePublished":"2026-10-13T13:04:43+00:00","description":"Chan\u00e9l Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', s\u00ea, \"Ek wou graag \u2019n storie vertel oor iemand wat die Here ontmoet of ontdek \u2013 nie al lank ken nie.\"","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/DSC07691.jpg","width":1920,"height":1211,"caption":"Chan\u00e9l Muller is die skrywer, regisseur en vervaardiger van Sy, die meeue en die Heilige Gees."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chanel-muller-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Chan\u00e9l Muller oor &#8216;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#8217;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e","name":"Rachel Jonker","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rachel Jonker"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/169273","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/67"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169273"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/169273\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":169287,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/169273\/revisions\/169287"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/169279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169273"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=169273"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=169273"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}