{"id":169013,"date":"2026-10-06T14:59:30","date_gmt":"2026-10-06T12:59:30","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=169013"},"modified":"2026-10-06T14:59:30","modified_gmt":"2026-10-06T12:59:30","slug":"simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","title":{"rendered":"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d"},"content":{"rendered":"<p><strong><i>Sy, die meeue en die Heilige Gees<\/i><\/strong><span data-contrast=\"auto\">, \u2019n mini-dramareeks van drie episode wat verlede week op <strong>kykNET<\/strong> begin het, vertel die verhaal van Ingrid, \u2019n vrou wat omtrent enigiets kan laat werk. Maar om die enkelma van haar sesjarige dogter, Zoey, te wees, is die een ding waarop sy net nie \u2019n houvas kan kry nie. Met die hoop op \u2019n nuwe begin verhuis Ingrid en Zoey na Vishoek.\u00a0<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, terwyl <strong>Mila-Sofi Clasen<\/strong> en <strong>Evan Hengst<\/strong> as Zoey en Simon, Zoey se pa, te sien is. Die ondersteunende rolverdeling sluit onder andere Cintaine Schutte, Albert Pretorius, Daneel van der Walt, Ira Blanckenberg en Marion Holm in.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Simon\u00e9 het \u2019n paar vrae beantwoord oor die reeks:<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><i><span data-contrast=\"auto\">Sy, die meeue en die Heilige Gees<\/span><\/i><\/b><b><span data-contrast=\"auto\"> het verlede week op kykNET begin. Hoe sou jy die reeks beskryf?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Dis \u2019n reeks wat jou nie los nie. Ingrid neem jou saam op \u2019n baie intieme reis. Soms is dit so intiem dat dit voel asof jy as kyker te naby is, asof jy meer sien as wat jy veronderstel is om te sien. Dis weerloos, rou en eerlik oor die uitdagings van moederskap, en spesifiek oor hoe dit is om dit alleen as enkelma te doen.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Wat was dit van hierdie storie of karakter wat jou onmiddellik laat besluit het om deel van die projek te wees?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek is aanvanklik genader om Celine te vertolk, en op papier het dit sin gemaak: Celine is gelowig, sy het drie kinders en \u2019n gesonde huwelik. Maar \u2019n paar weke voor die verfilming het die skrywer en regisseur, <strong>Chan\u00e9l Muller<\/strong>, vir my ges\u00ea sy voel eintlik Ingrid is my rol. Toe ek die teks lees, kon ek dit nie neersit nie. Ek het soveel van myself in haar gesien en ook van my ma. My ma was \u2019n enkelma wat \u2019n nuwe begin vir haarself moes maak toe ek vier jaar oud was. Sy het heel toevallig ook \u2019n Golfie gery! Die storie was net so na aan die huis. En die kans om \u2019n volwaardige drama te doen was vir my baie opwindend.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Die reeks roer temas soos geloof, identiteit en verhoudings aan. Watter van hierdie temas het jou persoonlik die diepste geraak?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Die geloofstema l\u00ea baie na aan my hart. Maar wat my regtig opgewonde maak, is hoe subtiel dit in die storie verweef is, sonder om te preek. Mense voel dadelik as iets in hul kele afgedruk word. Hier is dit amper asof die kyker saam met Ingrid vir God ontdek. En Hy is sag en geduldig met haar, nes Hy met ons is. Dis vir my spesiaal om \u2019n storie te kyk wat my w\u00eareld wys \u2013 by die huis en in die kerk.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<div id=\"attachment_169022\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-169022\" class=\"size-medium wp-image-169022\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius-8-500x263.png\" alt=\"Hier is dit amper asof die kyker saam met Ingrid vir God ontdek. Foto: kykNET\" width=\"500\" height=\"263\" \/><p id=\"caption-attachment-169022\" class=\"wp-caption-text\">Hier is dit amper asof die kyker saam met Ingrid vir God ontdek. Foto: kykNET<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Vertel ons meer van die karakter wat jy speel.\u00a0<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ingrid is \u2019n ma wat haar uiterste bes probeer, maar dikwels voel dit is nie genoeg nie. Sy is moeg, sy is soms kortaf, sy maak foute, en sy is lief vir haar kind met alles wat sy het. Ek dink baie vroue gaan hulself in daardie spanning herken: dat jy sterk m\u00f3\u00e9t wees terwyl jy eintlik net daarna smag dat iemand jou raaksien. Sy begin oor in \u2019n nuwe plek, sonder \u2019n plan, en leer stadig om weer mense toe te laat en ook vir God. Mens hoef nie \u2019n enkelma te wees om haar te verstaan nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Was daar aspekte van die karakter se reis waarmee jy self kon identifiseer?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ja, beslis. My man is \u2019n fantastiese pa, en ons is \u2019n regte span, maar hy werk baie hard, en daar is aande wat ek drie kinders alleen in die bed moet sit. Dan is my lont soms r\u00e9gtig kort, want ek is van nature \u2019n ongeduldige mens. Daardie moegheid en frustrasie ken ek goed. Die res het ek geskoei op wat ek as kind beleef het: om groot te word by \u2019n enkelma wat deur \u2019n seer egskeiding moes gaan.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Jy is al lank een van Suid-Afrika se geliefde aktrises. Hoe het jou benadering tot rolle en stories oor die jare verander?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Dankie, dis \u2019n groot kompliment. Die grootste verandering het gekom met drie klein kinders wat soveel van my tyd en aandag verg. As ek nou vir iets ja s\u00ea, weet ek dit vra ook opoffering van baie ander mense. Dit is mense wat met groot glimlagte inspring en met soveel liefde help. Maar \u2019n mens is net baie meer bewus van wat dit kos om weg van die huis te wees. So, ek oorweeg nou elke geleentheid driehonderd keer, want dit moet regtig die moeite werd wees. Vroe\u00ebr, toe ek minder gebonde was, het ek makliker en vinniger ja ges\u00ea, en dit was ook goed. Maar nou kies ek met meer intensie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<div id=\"attachment_169017\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-169017\" class=\"wp-image-169017 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius-3-500x264.png\" alt=\"Simon\u00e9 Pretorius kies nou haar rolle met meer intensie. Foto: kykNET\" width=\"500\" height=\"264\" \/><p id=\"caption-attachment-169017\" class=\"wp-caption-text\">Simon\u00e9 Pretorius kies nou haar rolle met meer intensie. Foto: kykNET<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Wat was die grootste uitdaging maar ook die grootste beloning van hierdie rol?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Albei was om met Mila-Sofi te werk. Sy is absoluut wonderlik. Dit was so \u2019n beloning om te sien wat sy alles na die tafel bring, en hoe eerlik en spontaan sy is. Dit is aansteeklik. Maar sy is steeds klein, en \u2019n stel is uitputtend en oorstimulerend, selfs vir grootmense. Daar is \u2019n toneel by die bad in episode een wat ons geskiet het nadat sy al so lank en so mooi gewerk het. Sy het genoeg gehad van in die bad sit, en dit moes ons respekteer. So, ek het my kant van die toneel teen \u2019n muur gespeel en geskree. Om daardie emosie sonder haar voor my te vind, was \u2019n heerlike uitdaging.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">Wat hoop jy neem kykers weg van die reeks?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Episode twee is \u2019n lieflike episode. Ingrid begin haar voete vind in Vishoek, dit gaan goed met haar en Zoey, en sy begin haar hart oopmaak vir die mense rondom haar. En dan kom Simon. As ek kykers een ding sou vra om saam te neem na die laaste episode, is dit dit: Onthou hoe Ingrid in episode twee is en hoe sy \u2019n beter ma vir Zoey is sonder hom. Dit gee belangrike konteks vir wat sy in episode drie doen.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b><span data-contrast=\"auto\">As jy vir jou jonger self een stukkie raad kon gee oor liefde, geloof en die lewe, wat sou dit wees?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/h5>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek sou vir haar s\u00ea jy hoef nie perfek te wees om geliefd te wees nie: nie deur God nie, nie deur jou man nie, en nie deur jou kinders nie. Hulle het nie \u2019n perfekte ma nodig nie. Hulle het \u2019n ma nodig wat jammer kan s\u00ea en weer kan begin.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<div id=\"attachment_169021\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-169021\" class=\"wp-image-169021 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius-7-500x265.png\" alt=\"&quot;Jy hoef nie perfek te wees om geliefd te wees nie: nie deur God nie, nie deur jou man nie, en nie deur jou kinders nie,&quot; s\u00ea Simon\u00e9 Pretorius. Foto: kykNET\" width=\"500\" height=\"265\" \/><p id=\"caption-attachment-169021\" class=\"wp-caption-text\">&#8220;Jy hoef nie perfek te wees om geliefd te wees nie: nie deur God nie, nie deur jou man nie, en nie deur jou kinders nie,&#8221; s\u00ea Simon\u00e9 Pretorius. Foto: kykNET<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><i><span data-contrast=\"auto\">Sy, die meeue en die Heilige Gees<\/span><\/i><\/b><b><span data-contrast=\"auto\"> wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.<\/span><\/b><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-wys-op-kyknet-en-kyknetkie-in-oktober-2026\/\">Wat wys op kykNET en kykNET&amp;kie in Oktober 2026 | rooi rose<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy, die meeue en die Heilige Gees, \u2019n mini-dramareeks van drie episode wat verlede week op kykNET begin het, vertel die verhaal van Ingrid, \u2019n vrou wat omtrent enigiets kan laat werk. Maar om die enkelma van haar sesjarige dogter, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":67,"featured_media":169024,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,232,78017,85194,85477,86010,86023,86098,98616,98617,98618],"class_list":["post-169013","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-geloof","tag-ira-blanckenberg","tag-evan-hengst","tag-cintaine-schutte","tag-daneel-van-der-walt","tag-marion-holm","tag-albert-pretorius","tag-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees","tag-mila-sofi-clasen","tag-chanel-muller"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, &#039;n enkelma, in &#039;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#039;, \u2019n mini-dramareeks op kykNET.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, &#039;n enkelma, in &#039;Sy, die meeue en die Heilige Gees&#039;, \u2019n mini-dramareeks op kykNET.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-10-06T12:59:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rachel Jonker\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\"},\"headline\":\"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d\",\"datePublished\":\"2026-10-06T12:59:30+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\"},\"wordCount\":1236,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"Geloof\",\"ira blanckenberg\",\"Evan Hengst\",\"Cintaine Schutte\",\"Daneel van der Walt\",\"Marion Holm\",\"Albert Pretorius\",\"Sy die meeue en die Heilige Gees\",\"Mila-Sofi Clasen\",\"Chan\u00e9l Muller\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\",\"name\":\"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png\",\"datePublished\":\"2026-10-06T12:59:30+00:00\",\"description\":\"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, 'n enkelma, in 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', \u2019n mini-dramareeks op kykNET.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png\",\"width\":1920,\"height\":1200,\"caption\":\"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, 'n enkelma, in 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\",\"name\":\"Rachel Jonker\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rachel Jonker\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose","description":"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, 'n enkelma, in 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', \u2019n mini-dramareeks op kykNET.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose","og_description":"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, 'n enkelma, in 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', \u2019n mini-dramareeks op kykNET.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-10-06T12:59:30+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1200,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png","type":"image\/png"}],"author":"Rachel Jonker","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rachel Jonker","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/"},"author":{"name":"Rachel Jonker","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e"},"headline":"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d","datePublished":"2026-10-06T12:59:30+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/"},"wordCount":1236,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png","keywords":["kyknet","Geloof","ira blanckenberg","Evan Hengst","Cintaine Schutte","Daneel van der Walt","Marion Holm","Albert Pretorius","Sy die meeue en die Heilige Gees","Mila-Sofi Clasen","Chan\u00e9l Muller"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/","name":"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png","datePublished":"2026-10-06T12:59:30+00:00","description":"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, 'n enkelma, in 'Sy, die meeue en die Heilige Gees', \u2019n mini-dramareeks op kykNET.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Sy-die-meeue-en-die-Heilige-gees-Simone-Pretorius.png","width":1920,"height":1200,"caption":"Simon\u00e9 Pretorius vertolk die rol van Ingrid, 'n enkelma, in 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/simone-pretorius-oor-sy-die-meeue-en-die-heilige-gees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Simon\u00e9 Pretorius oor Sy, die meeue en die Heilige Gees: \u201cHierdie storie was net so na aan die huis\u201d"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e","name":"Rachel Jonker","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rachel Jonker"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/169013","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/67"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169013"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/169013\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":169026,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/169013\/revisions\/169026"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/169024"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169013"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=169013"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=169013"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}