{"id":166841,"date":"2026-08-05T12:05:07","date_gmt":"2026-08-05T10:05:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=166841"},"modified":"2026-08-05T12:05:07","modified_gmt":"2026-08-05T10:05:07","slug":"ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/","title":{"rendered":"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Ilette Coetzer<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Mindful eating<\/em> (om bewustelik of aandagtig te eet) is een van ons hedendaagse gonswoorde as dit by gesonde eetpatrone kom. Maar wat beteken dit werklik?<\/p>\n<p><strong>Xenia Ayiotis<\/strong>, lid van The Centre for Mindful Eating, was haar lewe lank in \u2019n stryd met kos gewikkel. Sy het as 13-jarige tiener met haar eerste dieet begin. N\u00e1 30 jaar het sy amper elke dieet beproef. Dit maak nie saak hoe sy gelyk het nie, sy het haar lyf gehaat. Haar lewe het om kos gedraai.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\">\u201cEk was \u2019n kompulsiewe eter. Ek het ge\u00ebet as ek hartseer, kwaad of gefrustreerd was. Selfs as ek gelukkig was.\u201d<\/h4>\n<p>N\u00e1 elke dieet het sy net weer gewig aangesit. Net voor haar 40ste verjaardag het sy besluit genoeg is genoeg. Sy sien nie weer kans vir die le\u00eb beloftes van n\u00f3g \u2019n dieet nie. Sy het begin om haar verhouding met kos te herstel sodat sy kos nie meer as haar persoonlike vyand gesien het nie. Xenia het haar fisieke behoeftes begin verstaan en besluit om ander vroue te help wat ook destruktiewe verhoudings met kos het.<\/p>\n<p>Sekere studies het al bewys dat slegs 5% van mense wat gewig tydens di\u00ebte verloor, hul gewigsverlies met tyd handhaaf. Een van die belangrikste redes hiervoor is omdat mense nie \u2019n gesonde verhouding met kos het nie. Om bewustelik te eet, is \u2019n onbevooroordeelde benadering tot kos. Dit gaan nie hier oor re\u00ebls en regulasies nie, maar wel oor \u2019n sekere bewustheid oor dit wat jy in jou mond sit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Di\u00ebte werk nie<\/strong><\/h4>\n<p>\u2019n Dieetkundige van Kaapstad, <strong>Lize Stander<\/strong>, s\u00ea om bewustelik te begin eet, het eintlik niks met gewigsverlies te doen nie. Dis maar \u2019n klein persentasie vroue wat gewig verloor as hulle daarmee begin.<\/p>\n<p>\u201cOns is gekondisioneer om gesondheid en gewig as dieselfde ding te sien, maar dit is twee heeltemal verskillende konsepte. \u2019n Mens kan nie vasstel hoe gesond iemand is deur na sy of haar lyf te kyk nie,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-166851 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622195-500x333.jpg\" alt=\"Ongesonde eetpatrone - Vrou met kos. Pexels (Gustavo Fring)\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy stem saam met Xenia dat di\u00ebte op die agtergrond geskuif moet word en daar eerder op \u2019n gesonde verhouding met kos gefokus moet word; geen dieet is op die ou end volhoubaar nie.<\/p>\n<p>Gewoonlik gaan eet gepaard met \u2019n werklik fisieke behoefte, jou gedagtes en hoe jy in daardie stadium voel. Hoekom eet jy as jy nie werklik honger is nie? Hoekom eet jy te veel? Xenia s\u00ea ons is nie van kleins af geleer hoe om sekere emosies te hanteer nie, en glo dat jy stres, eensaamheid of hartseer kan \u201cwegeet\u201d. Slegte gewoontes speel ook dikwels \u2019n belangrike rol in sulke besluite. Wie kan byvoorbeeld sonder \u2019n boks springmielies fliek? Of verby \u2019n pannekoekstalletjie by \u2019n basaar stap?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hoekom kan ek myself nie keer nie?<\/strong><\/h4>\n<p>Verstaan hoekom jy met kos oorboord gaan. So baie van ons is op di\u00ebte, en as jy die oggend eers begin verkeerd eet, is dit amper soos \u2019n wegholtrein en eet jy sommer die res van die dag verkeerd. Die teendeel is ook waar. Party slaaie se inhoud is misleidend, maar omdat jy glo dis net slaai, eet jy ook hopeloos te veel.<\/p>\n<p>Leer om na jou lyf te luister. Is jy werklik honger as jy opstaan? Hoekom eet jy al jou kos by \u2019n restaurant, al is jy versadig?<\/p>\n<p>Baie van ons is geleer om nie met kos te mors nie, maar \u2019n mens moet jou persepsies oor kos aanpas. Leer om op te hou as jy genoeg gehad het, al het jy daarvoor betaal. Eet eerder \u2019n voorgereg as \u2019n hoofgereg. Maar moenie sekere kossoorte van jouself weerhou nie.<\/p>\n<p>Xenia beveel aan om te begin deur bewus van jou fisieke liggaam, gedagtes en emosies te raak. Al drie het \u2019n invloed op w\u00e1t jy eet, h\u00f3\u00e9 jy eet, h\u00f3\u00e9kom jy eet en hoe baie jy eet. Jy hoef nie jou porsies te beheer en net sekere voedselgroepe te eet nie. Jy moet leer om alle tipes kos te geniet vir wat dit is: Kos moet jou liggaam voed, maar ook genot verskaf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Eet aandagtig<\/strong><\/h4>\n<ul>\n<li>Moenie deur jou etes jaag nie.<\/li>\n<li>Raak rustig, sit jou foon af, gee aandag aan die kos op jou bord. Probeer om nie voor die TV te sit en eet nie.<\/li>\n<li>Span al jou sintuie in en geniet jou kos.<\/li>\n<li>Eet stadig, maar hou op as jy versadig is.<\/li>\n<li>Net so belangrik soos wat dit is om te weet w\u00e1t jy eet, is dit belangrik om te besef wanneer jy eet sonder om te dink \u2013 \u201cmindless eating\u201d. Was jy al verveeld en het die koekkas leeggemaak sonder om werklik daaroor te dink? Hoe laat dit jou n\u00e1 die tyd voel? Daar is gewoonlik sekere snellers wat hiervoor verantwoordelik is. Kyk hoekom jy soms oorboord gaan of eet sonder om werklik daaroor te dink. Daar is gewoonlik \u2019n emosionele rede waarom jy jou sekere tye aan sekere kossoorte vergryp.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Begin om dagboek te hou<\/strong><\/h4>\n<p>Jou verhouding met kos is \u2019n ontdekkingsreis. Begin om jou gedagtes oor kos neer te skryf. Vra jouself die volgende paar vrae af:<\/p>\n<ul>\n<li>Watter tipe verhouding wil jy graag met kos h\u00ea?<\/li>\n<li>Wat sal jy graag wil eet?<\/li>\n<li>Waar sal jy graag wil eet?<\/li>\n<li>Hoe voel jy terwyl jy eet?<\/li>\n<li>Hoe wil jy voel nadat jy ge\u00ebet het?<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Vergeet van die skuldgevoelens<\/strong><\/h4>\n<p>Xenia s\u00ea die enigste manier om vrede met kos te maak, is om vir jouself toestemming te gee om te eet waarvoor jy lus is. En om na jou lyf te luister. Eet dit waarvoor jou lyf vra sonder om skuldig te voel. Jy mag maar \u2019n sny koek tydens \u2019n geselligheid geniet.<\/p>\n<p>Maar hoe luister jy na jou lyf? Haal diep asem en raak rustig. Raak bewus van hoe jou lyf op die oomblik voel. Is jy honger? Hoe honger is jy? As jy nie honger is nie, hoe voel jy? Tevrede of ongemaklik vol? Probeer om die oefening \u2019n paar keer op \u2019n dag te doen. Dit gaan jou help om meer op jou lyf en sy behoeftes ingestel te raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-166855 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-shvetsa-4587678-500x333.jpg\" alt=\"Ongesonde eetpatrone - Vrou het 'n oefensessie. Pexels (Shvetsa)\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Xenia s\u00ea dis ook belangrik om vrede met jou lyf te maak. Ons almal kan nie soos die modelle in tydskrifte lyk nie. Hulle lyk in elk geval dikwels ook nie so nie!<\/p>\n<p>As jy met bewustheid begin eet, gaan dit oor jou gesondheid, en nie oor wat jy weeg nie. \u2019n Plankdun lyfie is nie sinoniem met gesondheid nie. Hou op om elke oggend op die skaal te klim!<\/p>\n<p>Party van ons is soos ons oumas of ma\u2019s met bre\u00eb heupe of groot borste gebou. Leer om jou liggaam lief te h\u00ea vir wie jy is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Begin om jou lyf te respekteer<\/strong><\/h4>\n<p><strong>Xenia s\u00ea:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Aanvaar waar jy vandaan kom en onthou baie lyfkwessies is geneties.<\/li>\n<li>Wees dankbaar vir dit wat jou lyf kan doen.<\/li>\n<li>Hou op om jou lyf met ander te vergelyk. Wat is in elk geval die norm?<\/li>\n<li>Kyk hoe jy met jouself praat. Kritiseer jy daagliks hoe jy lyk? Fokus daarop om liefdevol en goedgesind met jouself te wees.<\/li>\n<li>Vergeet van di\u00ebte. Dit werk nie op die duur nie.<\/li>\n<li>Hou op om jouself elke dag te weeg.<\/li>\n<li>Wees selektief na dit waarna jy kyk en luister. Wie volg jy op Instagram en Twitter? Breek dit wat jy daar sien jou selfbeeld af of bou dit jou op?<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lize voeg by:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Lees boeke van skrywers soos Evelyn Tribole en Elyse Resch oor bewustelike eetgewoontes. Potgooie soos <em>Food Psych<\/em> is ook baie insiggewend.<\/li>\n<li>Hou op om jou liggaam as die vyand te sien. Dis belangrik om saam met jou lyf te werk.<\/li>\n<li>Fokus op dit wat waarde tot jou lewe byvoeg, soos genoeg slaap, streshantering, nodige voeding, beweeglikheid en pret.<\/li>\n<li>Fokus op verskeidenheid, veral as dit by kos kom.<\/li>\n<li>Hou op om jouself met oefening wat jy nie geniet nie te straf. Vind iets wat jou gelukkig maak.<\/li>\n<li>Dit is amper onmoontlik om die pad alleen te stap. Skakel by \u2019n ondersteuningsgroep in of sien \u2019n dieetkundige of spesialis wat jou kan bystaan.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Begin vandag met jou reis na \u2019n gesonder jy. Hou op om skuldig te voel as jy saam met vriendinne \u2019n verjaarsdag vier of \u2019n glas wyn saam met jou man geniet.<\/p>\n<p>Verander jou denke en begin \u2019n gesonde pad met kos stap. Die lewe is te kort om jouself van die lekkertes van kos te weerhou.<\/p>\n<p>Daar is egter geen kortpaaie nie. Dit gaan tyd neem om ou persepsies waarmee jy grootgeword het, te verander. Maar leer om verdraagsaam met jouself te wees. Versorg jou liggaam en met tyd sal jy jouself begin liefh\u00ea vir wie jy is, en nie hoe jy lyk nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oefen-jouself-jonger\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Oefen jouself jonger<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Ilette Coetzer &nbsp; Mindful eating (om bewustelik of aandagtig te eet) is een van ons hedendaagse gonswoorde as dit by gesonde eetpatrone kom. Maar wat beteken dit werklik? Xenia Ayiotis, lid van The Centre for Mindful Eating, was haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":66,"featured_media":166852,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[136,620,2160,5078],"class_list":["post-166841","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-oefening","tag-dieetkundige"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die stryd wat sommige vroue met hul gewig en ongesonde eetpatrone voer, is een van die dinge wat hul lewensvreugde steel...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die stryd wat sommige vroue met hul gewig en ongesonde eetpatrone voer, is een van die dinge wat hul lewensvreugde steel...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-05T10:05:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Chanel Petersen\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Chanel Petersen\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Chanel Petersen\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43\"},\"headline\":\"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af\",\"datePublished\":\"2026-08-05T10:05:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/\"},\"wordCount\":1465,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"Oefening\",\"dieetkundige\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/\",\"name\":\"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-05T10:05:07+00:00\",\"description\":\"Die stryd wat sommige vroue met hul gewig en ongesonde eetpatrone voer, is een van die dinge wat hul lewensvreugde steel...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Ongesonde eetpatrone - Vrou met kos. Pexels (Gustavo Fring)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43\",\"name\":\"Chanel Petersen\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Chanel Petersen\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af | rooi rose","description":"Die stryd wat sommige vroue met hul gewig en ongesonde eetpatrone voer, is een van die dinge wat hul lewensvreugde steel...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af | rooi rose","og_description":"Die stryd wat sommige vroue met hul gewig en ongesonde eetpatrone voer, is een van die dinge wat hul lewensvreugde steel...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-08-05T10:05:07+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Chanel Petersen","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Chanel Petersen","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/"},"author":{"name":"Chanel Petersen","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43"},"headline":"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af","datePublished":"2026-08-05T10:05:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/"},"wordCount":1465,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","Oefening","dieetkundige"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/","name":"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg","datePublished":"2026-08-05T10:05:07+00:00","description":"Die stryd wat sommige vroue met hul gewig en ongesonde eetpatrone voer, is een van die dinge wat hul lewensvreugde steel...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/pexels-gustavo-fring-5622207.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Ongesonde eetpatrone - Vrou met kos. Pexels (Gustavo Fring)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ongesonde-eetpatrone-klim-van-die-dieetwipplank-af\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43","name":"Chanel Petersen","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g","caption":"Chanel Petersen"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/166841","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/66"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=166841"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/166841\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":166856,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/166841\/revisions\/166856"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/166852"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=166841"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=166841"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=166841"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}