{"id":166665,"date":"2026-07-27T15:04:12","date_gmt":"2026-07-27T13:04:12","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=166665"},"modified":"2026-07-27T16:15:28","modified_gmt":"2026-07-27T14:15:28","slug":"die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/","title":{"rendered":"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings"},"content":{"rendered":"<p><em>Verskaf deur kykNET<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die oorsprong van die storie strek ses dekades terug met gedwonge verskuiwings. Toe volg die grondeis van die 1990\u2019s en uitgerekte wetlike prosesse. Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad neem nou uiteindelik stelselmatig gestalte aan met bouwerk wat na verwagting teen vroeg 2028 voltooi sal wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die dokument\u00eare kortflim <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Die grond onthou<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Regisseur Mia Cilliers het kennis geneem van di\u00e9 projek toe daar in Maart 2025 amptelik met die ontwikkeling begin is. Vroeg reeds het sy aanvoorwerk gedoen om kontak te maak met betrokkenes om beeldmateriaal in te samel. Onder andere met Sonia Roman (77). Met die goedkeuring van die dokkie-voorstel kon sy vir die kykNET Silwerskermfees, wat van 19 tot 22 Augustus in Kaapstad aangebied word, op \u2019n gedeelte van die verhaal fokus. \u2019n Begin, want die storie is nog nie klaar nie &#8230;\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><b>Vrae vir Mia Cilliers, regisseur<\/b><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b>Die grond onthou is \u2019n interessante titel, gegewe die konsep van \u201cthe body remembers\u201d (byvoorbeeld trauma). Wat wil jy met die titel oordra?<\/b><\/h5>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie konsep word deur die titel ge\u00efmpliseer, ja. Al was daar \u2019n amptelike sisteem in plek wat honderde mense in Protea Village van hulle grond kon verwyder, kan mens nooit hulle menswees, ervarings en herinneringe uitwis nie. Die verlies bly agter soos \u2019n letsel in die aarde. Nou kan 86 families hulle grond terugkry, maar hulle sal nooit terugkeer na dieselfde plek wat hulle eens geken het nie.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b>Dit word beskou as \u2019n suksesverhaal van \u2019n geslaagde grondeis, maar die uitdagings vir die oorlewendes is groot. Wei asseblief uit hieroor.<\/b><\/h5>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Protea Village is van die suksesvolste, indien nie di\u00e9 suksesvolste grondeis in Suid-Afrika nie. Baie gemeenskappe wat suksesvolle eise gehad het, is geldelik vergoed of het alternatiewe (meestal minderwaardige) grond ontvang.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wat hierdie geval so uniek maak, is dat die meerderheid van die grond waarop die gemeenskap gewoon het nooit ontwikkel is nie. Die grond l\u00ea skuins onder die hoofingang van Kirstenbosch Botaniese Tuine en dit het altyd oop gebly as \u2019n groen strook vir die Bishopscourt-inwoners om langs die Liesbeekrivier te stap.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nie net kan die Protea Village-gemeenskap terugkeer na van hul oorspronklike grond nie, maar hulle het grond gekry in een van Kaapstad se spogbuurte wat baie werd is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit is ook die eerste keer dat \u2019n werkbare ekonomiese model geskep is: Verkoop \u2019n derde van die grond as erwe teen markverwante pryse (Bishopscourt Estate), d\u00edt befonds dan die bou van 86 huise op die tweede derde van die grond (Protea Village Estate). Die twee l\u00ea oorkant die pad van mekaar. Die laaste deel sal as \u2019n groen strook behoue bly vir almal om te geniet.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u2019n Toekomstige uitdaging is die dienste en belasting van die area. Die grondeisers het \u2019n 10-jaar-vergunning van Stad Kaapstad gekry, maar dit verstryk binne die volgende paar jaar. Die gemeenskap maak wel \u2019n plan deur self \u2019n fonds te skep, deels befonds deur heffings van die Bishopscourt Estate-eienaars.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Onderling gaan families moet besluit oor die gebruikreg van die huise. Waar daar een familie-eis ingedien is, is daar vandag dalk ses sibbe wat geregtig is op die erfporsie. Vir baie families mag dit meer sin maak om hul huise te verhuur, of later te verkoop (hulle mag vir tien jaar nie verkoop nie). Maar die Protea Village Communal Property Association se doel is om almal te ondersteun om te verhoed dat mense moet verkoop en die gemeenskap weereens verdeel word.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_166668\" style=\"width: 435px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-166668\" class=\"size-medium wp-image-166668\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-GROND-POSTER-A0-WEB-425x600.jpg\" alt=\"'Die grond onthou' is 'n dokument\u00eare kortfilm. Foto: Verskaf\" width=\"425\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-166668\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;Die grond onthou&#8217; is &#8216;n dokument\u00eare kortfilm. Foto: Verskaf<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b>Wanneer is jou dokument\u00ear voltooi? Waar staan die proses nou? Die oorlewendes en nageslagte sal glo vroeg in 2028 kan terugtrek. Is dit iets wat tot \u2019n moontlike \u201copvolgprent\u201d kan lei en sou jy dit enigsins oorweeg?<\/b><\/h5>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ons het geskiet tussen November 2025 en April 2026. Teen Julie vanjaar is die paaie in Protea Village al gebou en teen volgende jaar sal hulle begin met die bouwerk van die huise sodat mense in 2028 kan intrek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ons sal baie graag die storie verder wil neem en het aansoek gedoen vir verdere befondsing by die Nasionale Rolprent- en Video-stigting (NFVF). \u2019n Vollengte-dokument\u00ear sal wys hoe die families intrek en hoe hulle aanpas by die nuwe lewe in Protea Village, asook enige uitdagings wat hulle moes <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">navigate<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> om te besluit wie trek terug.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b>Jou latere studies was gefokus op dokument\u00eare rolprentkuns. Vertel meer. En wat is die belang daarvan in die tydvak waarin ons ons tans bevind.<\/b><\/h5>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ek het joernalistiek op Stellenbosch geswot, maar wou in film ingaan en het toe \u2019n meestersgraad by UCT gedoen in Documentary Arts. Die meestersgraad het my ook die geleentheid gegee om as uitruilstudent in Berlyn (Freie Universit\u00e4t Berlin) en in Los Angeles (UCLA) film te studeer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wat my aangetrek het tot die kreatiewe dokument\u00ear is dat dit nie gesien moet word as aktualiteit of nuus nie. As \u2019n filmmaker \u2019n situasie betree, maak hulle die \u201cwaarheid\u201d hul eie. Daar is dus baie ruimte om te speel met \u2019n storie en hoe mens dit wil oordra en wat jy wil s\u00ea.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In \u2019n tydperk van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">deepfakes<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">, KI-gegenereerde inhoud en \u2019n kort aandagspan, is mense steeds gretig om die meeslepende niefiksie-storievertelling in die langer vorm te sien \u2013 dit laat mens <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">connected<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> voel aan iets.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h5><b>Is daar enigsins \u2019n fiktiewe storie wat jy wil vertel?\u00a0<\/b><\/h5>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Ek het oor die laaste jare baie navorsing gedoen oor hoe georganiseerde misdaad, bendes en polisie-owerhede in Kaapstad saamsweer en hoe dit lei tot die vlakke van misdaad en geweld wat mens in die Kaap sien. Dis moeilik om dit as \u2019n dokument\u00ear te vertel, maar sal fantasties kan wees as \u2019n fiktiewe film.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die 14de kykNET Silwerskermfees word van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Kaartjies vir die films, asook die prestigeryke toekenningsgeleentheid op Saterdag 22 Augustus, is beskikbaar by Quicket.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vir die volledige program, besoek <\/span><a href=\"http:\/\/www.silwerskermfees.co.za\"><span style=\"font-weight: 400;\">www.silwerskermfees.co.za<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">.<\/span><\/p>\n<p>Lees ook: Verwikkelde verhouding tussen pa en seun in kortfilm \u2018Genoeg\u2019 verken<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskaf deur kykNET &nbsp; Die oorsprong van die storie strek ses dekades terug met gedwonge verskuiwings. Toe volg die grondeis van die 1990\u2019s en uitgerekte wetlike prosesse. Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad neem nou uiteindelik stelselmatig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":67,"featured_media":166667,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43451,3476],"tags":[166,528,3632,62313,97676,98074,98075,98076],"class_list":["post-166665","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kalender","category-ontspanning","tag-kyknet","tag-kaapstad","tag-kyknet-silwerskermfees","tag-kirstenbosch","tag-dokumentere-film","tag-mia-cilliers","tag-protea-village","tag-die-grond-onthou"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die dokument\u00eare kortflim &#039;Die grond onthou&#039; fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die dokument\u00eare kortflim &#039;Die grond onthou&#039; fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-27T13:04:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-27T14:15:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-Die-grond-onthou.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1080\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"605\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rachel Jonker\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rachel Jonker\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\"},\"headline\":\"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings\",\"datePublished\":\"2026-07-27T13:04:12+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-27T14:15:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/\"},\"wordCount\":1027,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/20260727-Die-grond-onthou.jpg\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"Kaapstad\",\"kyknet silwerskermfees\",\"Kirstenbosch\",\"dokument\u00eare film\",\"Mia Cilliers\",\"Protea Village\",\"Die grond onthou\"],\"articleSection\":[\"Kalender\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/\",\"name\":\"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/20260727-Die-grond-onthou.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-27T13:04:12+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-27T14:15:28+00:00\",\"description\":\"Die dokument\u00eare kortflim 'Die grond onthou' fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/20260727-Die-grond-onthou.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/20260727-Die-grond-onthou.jpg\",\"width\":1080,\"height\":605,\"caption\":\"'Die grond onthou' fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e\",\"name\":\"Rachel Jonker\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rachel Jonker\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings | rooi rose","description":"Die dokument\u00eare kortflim 'Die grond onthou' fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings | rooi rose","og_description":"Die dokument\u00eare kortflim 'Die grond onthou' fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-07-27T13:04:12+00:00","article_modified_time":"2026-07-27T14:15:28+00:00","og_image":[{"width":1080,"height":605,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-Die-grond-onthou.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rachel Jonker","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rachel Jonker","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/"},"author":{"name":"Rachel Jonker","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e"},"headline":"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings","datePublished":"2026-07-27T13:04:12+00:00","dateModified":"2026-07-27T14:15:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/"},"wordCount":1027,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-Die-grond-onthou.jpg","keywords":["kyknet","Kaapstad","kyknet silwerskermfees","Kirstenbosch","dokument\u00eare film","Mia Cilliers","Protea Village","Die grond onthou"],"articleSection":["Kalender","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/","name":"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-Die-grond-onthou.jpg","datePublished":"2026-07-27T13:04:12+00:00","dateModified":"2026-07-27T14:15:28+00:00","description":"Die dokument\u00eare kortflim 'Die grond onthou' fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village neffens die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad wat tussen 1959 en 1970 ingevolge die Groepsgebiedewet verwyder en oor die dorre Kaapse Vlakte versprei is.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-Die-grond-onthou.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/20260727-Die-grond-onthou.jpg","width":1080,"height":605,"caption":"'Die grond onthou' fokus op die verhaal van bruin inwoners van die oorspronklike Protea Village. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-protea-village-en-gedwonge-verskuiwings-belig-in-die-grond-onthou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2018Die grond onthou\u2019 werp lig op Protea Village en gedwonge verskuiwings"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/fa0cd8cfd1df366674ad5da9f06be17e","name":"Rachel Jonker","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1f2a9354aac18335d2af501601b8223e1978e9b1dc44e1b2211c2f14fac00fd9?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rachel Jonker"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/166665","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/67"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=166665"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/166665\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":166674,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/166665\/revisions\/166674"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/166667"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=166665"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=166665"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=166665"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}