{"id":165962,"date":"2026-06-29T15:25:37","date_gmt":"2026-06-29T13:25:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=165962"},"modified":"2026-06-29T16:21:38","modified_gmt":"2026-06-29T14:21:38","slug":"dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/","title":{"rendered":"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur kykNET verskaf<\/em><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\"><br \/>\n\u2019n Mens se jeugdrome kan verander, of jy kan later selfs besef daar is \u2019n ander aspek aan jou droom wat jy eerder wil uitleef. Pleks om self prestasies op die sportveld na te jaag, het dr. Henning Gericke besef hy wil inderwaarheid ander help om groot hoogtes te bereik en persoonlik te groei.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><i><span data-contrast=\"auto\">Die gees agter die spiere<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> vertel die verhaal van \u2019n sportsielkundige wat op sy dag goed genoeg was om op die w\u00eareldverhoog as naelloper mee te ding, maar uiteindelik ander gehelp het om hul drome te verwesenlik. Of om teleurstellings en terugslae te oorkom, want dit is immers deel van \u2019n pad na sukses.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Henning het te kampe gehad met \u2019n persoonlike uitdaging tydens die verfilming van die dokument\u00ear, wat nog meer diepte verleen aan die boodskap van hoop wat dit oordra. Dit sluit ook eerlike en openhartige onderhoude met sportlui soos Cameron van der Burgh, Marcell Coetzee en Os du Randt in.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-165967 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Z257443-500x334.jpeg\" alt=\"Die gees agter die spiere\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Vrae vir Pierre Malan, regisseur<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede. Vertel meer.<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek het eintlik van dr. Henning Gericke gehoor deur Natie Ferreira (vervaardiger van die prent), wat ek leer ken het terwyl ek sy program <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Fanaties<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> verfilm het. Natie het my vertel van Henning se lewensverhaal, en wat my onmiddellik aangegryp het, was dat hy self \u2019n talentvolle atleet was wat vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer het, maar weens apartheid nooit die geleentheid gekry het om daardie droom uit te leef nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Maar dit was nie net sy eie storie wat my nuuskierig gemaak het nie. Natie het ook vertel van Henning se besondere vermo\u00eb om die beste in mense na vore te bring. Hier was iemand wat sy eie droom verloor het, maar daarna sy lewe daaraan gewy het om ander mense te help om hulle s\u2019n te bereik.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek wou hom ontmoet, en ons het by Loftus Versfeld (bekende rugbystadion in Pretoria) gaan koffie drink. Wat my opgeval het, was hoe maklik hy toegang gehad het tot hierdie w\u00eareld agter die skerms van professionele sport. Oral waar ons gekom het, was daar mense wat hom geken het en stories gehad het om te vertel. Dit het gevoel asof ek skielik toegang kry tot \u2019n w\u00eareld wat die meeste mense nooit sien nie.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Toe het ek besef hierdie is nie eintlik \u2019n storie oor sport nie. Dit is \u2019n storie oor die menslike gees, oor terugslae, oor tweede kanse en oor iemand wat \u2019n buitengewone invloed op ander mense se lewens gehad het. Dit was vir my die begin van <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die gees agter die spiere<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\">.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-165964 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/image-7-e1782739480699-500x272.jpg\" alt=\"dr. Henning Gericke\" width=\"500\" height=\"272\" \/><\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Gedurende die verfilming is dr. Henning Gericke se vrou, Hennelie, met Guillain-Barr\u00e9-sindroom gediagnoseer. Hoe het dit die dokument\u00ear verander?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Dit het die dokument\u00ear op \u2019n baie diep en persoonlike vlak verander. Aanvanklik het ons gefokus op Henning se werk met top-sportlui en hoe hy mense help om uitdagings te oorkom. Toe Hennelie met Guillain-Barr\u00e9-sindroom gediagnoseer is, het ons skielik gesien hoe die temas van die dokument\u00ear in Henning se eie lewe uitspeel.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Hier was iemand wat vir jare ander mense gehelp het om deur moeilike tye te kom, en nou moes hy self een van die grootste uitdagings van sy lewe hanteer. In baie opsigte is die beginsels waaroor hy altyd gepraat het, nou in sy eie lewe getoets. Dit het die dokument\u00ear meer menslik gemaak en gewys dat niemand vrygestel is van swaarkry nie, selfs nie die mense wat ander help om dit te verwerk nie.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Waar het jy jou reis as dokument\u00eare filmmaker begin? En wat beteken Die gees agter die spiere vir jou?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek dink my reis as dokument\u00eare filmmaker het eintlik begin lank voordat ek ooit \u2019n kamera opgetel het. Toe ek nog in \u2019n boekwinkel gewerk het, het ek besef hoe ongelooflik interessant gewone mense se stories kan wees. Mense het ingestap om boeke te koop, maar agter elkeen was daar \u2019n lewe vol ervarings, uitdagings en unieke stories.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Later, toe ek aan my eerste reisprogram vir SABC 2 gewerk het, het dit daardie besef net versterk. Oral waar ons gegaan het, het ons mense ontmoet wie se lewens net so interessant was soos enige karakter in \u2019n rolprent. Dit het my laat besef dat die beste stories dikwels nie uit iemand se verbeelding kom nie, maar uit die werklike lewe.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Dit is wat my na dokument\u00eare films trek. Ek wil stories vertel van regte mense wat regte dinge beleef het. Vir my is <\/span><i><span data-contrast=\"auto\">Die gees agter die spiere<\/span><\/i><span data-contrast=\"auto\"> presies so \u2019n storie. Op die oppervlak gaan dit oor sport, maar eintlik gaan dit oor mense, oor terugslae, oor hoop en oor die vermo\u00eb om aan te hou wanneer die lewe jou toets.<\/span><\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Die gees agter die spiere fokus op die taai w\u00eareld van sport, die betrokkenheid van \u2019n sogenaamde \u201ckopdokter\u201d by sportmense se voorbereiding. Soms sien mens die trane vlak l\u00ea in die mans se o\u00eb. Vertel van die aspek van genesing.<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Een van die verrassings tydens die verfilming was hoe eerlik die deelnemers was. Ons sien sportsterre dikwels as sterk en onbreekbaar, maar baie van hulle het openlik gepraat oor hul vrese, teleurstellings en uitdagings.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Wat my opgeval het, is dat genesing nie in die dokument\u00ear as iets dramaties uitgebeeld word nie. Dit gebeur dikwels wanneer mense eerlik raak oor hul seerkry en hul menslikheid aanvaar. Die film wys dat selfs die sterkste mense soms hulp nodig het, en dat daar baie krag daarin l\u00ea om dit te erken.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Humor speel ook \u2019n rol wanneer daar met die mens se gees gewerk word. Hoe pas Leon Schuster by die storie in?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Leon bring \u2019n unieke perspektief na die dokument\u00ear. Mense ken hom as iemand wat Suid-Afrikaners al vir dekades laat lag, maar in die film maak hy ook oop oor moeilike tye in sy eie lewe en die rol wat Henning daarin gespeel het. Henning was vir baie jare iemand by wie hy raad en ondersteuning kon kry.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-165966 size-medium\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Z257449-500x334.jpeg\" alt=\" Leon Schuster\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Wat interessant is, is dat die invloed ook in die ander rigting gewerk het. Leon vertel hoe hy en Henning saam gewerk het om humor as hulpmiddel te gebruik toe die Springbok-span deur \u2019n moeilike tyd gegaan het. Humor het gehelp om spanning te breek, mense nader aan mekaar te bring en weer \u2019n gevoel van eenheid in die groep te skep. Dit is \u2019n goeie voorbeeld van hoe iets so eenvoudig soos lag soms \u2019n groot verskil kan maak.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><span data-contrast=\"auto\">Enigiets anders wat jy met die kykers wil deel?<\/span><\/b><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">Ek hoop mense besef dat hierdie nie net \u2019n dokument\u00ear vir sportliefhebbers is nie. Die temas in die film is universeel. Dit gaan oor drome, terugslae, groei en die mense wat ons help om die beste weergawe van onsself te word.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span data-contrast=\"auto\">As kykers wegstap met \u2019n bietjie meer hoop, of dalk \u2019n nuwe waardering vir die mense wat hulle deur moeilike tye help dra, dan het die film sy werk gedoen.<\/span><span data-ccp-props=\"{}\"><br \/>\n<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p data-ccp-border-bottom=\"0px none #000000\" data-ccp-padding-bottom=\"0px\" data-ccp-border-between=\"0px none #000000\" data-ccp-padding-between=\"0px\"><strong>Die 14de kykNET Silwerskermfees word van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Kaartjies vir die films, asook die prestigeryke toekenningsgeleentheid op Saterdag 22 Augustus, is beskikbaar by Quicket.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p data-ccp-border-between=\"0px none #000000\" data-ccp-padding-between=\"0px\"><span data-contrast=\"none\">Vir die volledige program, besoek <a href=\"https:\/\/silwerskermfees.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.silwerskermfees.co.za<\/a><\/span><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kokkedoor-maak-n-klassieke-terugkeer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kokkedoor maak \u2019n Klassieke terugkeer: Wat jy moet weet van hierdie seisoen se beoordelaars<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur kykNET verskaf \u2019n Mens se jeugdrome kan verander, of jy kan later selfs besef daar is \u2019n ander aspek aan jou droom wat jy eerder wil uitleef. Pleks om self prestasies op die sportveld na te jaag, het dr. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":66,"featured_media":165978,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[166,213,97676,97707,97987],"class_list":["post-165962","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-kyknet","tag-sport","tag-dokumentere-film","tag-leon-schuster","tag-dr-henning-gericke"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-29T13:25:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-06-29T14:21:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/A741472-e1782741340393.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1892\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"695\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Chanel Petersen\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Chanel Petersen\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Chanel Petersen\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43\"},\"headline\":\"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor\",\"datePublished\":\"2026-06-29T13:25:37+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-29T14:21:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/\"},\"wordCount\":1245,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/A741472-e1782741340393.jpeg\",\"keywords\":[\"kyknet\",\"sport\",\"dokument\u00eare film\",\"Leon Schuster\",\"dr. Henning Gericke\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/\",\"name\":\"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/A741472-e1782741340393.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-06-29T13:25:37+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-29T14:21:38+00:00\",\"description\":\"Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/A741472-e1782741340393.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/06\\\/A741472-e1782741340393.jpeg\",\"width\":1892,\"height\":695,\"caption\":\"Leon en dr. Henning Gericke\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43\",\"name\":\"Chanel Petersen\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Chanel Petersen\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor | rooi rose","description":"Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor | rooi rose","og_description":"Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2026-06-29T13:25:37+00:00","article_modified_time":"2026-06-29T14:21:38+00:00","og_image":[{"width":1892,"height":695,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/A741472-e1782741340393.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Chanel Petersen","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Chanel Petersen","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/"},"author":{"name":"Chanel Petersen","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43"},"headline":"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor","datePublished":"2026-06-29T13:25:37+00:00","dateModified":"2026-06-29T14:21:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/"},"wordCount":1245,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/A741472-e1782741340393.jpeg","keywords":["kyknet","sport","dokument\u00eare film","Leon Schuster","dr. Henning Gericke"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/","name":"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/A741472-e1782741340393.jpeg","datePublished":"2026-06-29T13:25:37+00:00","dateModified":"2026-06-29T14:21:38+00:00","description":"Die idee vir Die gees agter die spiere kom nie uit sportgeledere nie, maar van iemand wat eintlik fanaties is oor oudhede.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/A741472-e1782741340393.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/A741472-e1782741340393.jpeg","width":1892,"height":695,"caption":"Leon en dr. Henning Gericke"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dokumentere-film-die-gees-agter-die-spiere-spreek-tot-n-wye-gehoor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dokument\u00eare film \u2018Die gees agter die spiere\u2019 spreek tot \u2019n wye gehoor"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/707cbea1d245a9b6e73bd224b0822c43","name":"Chanel Petersen","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/be26193ff950cbf9092695d0bde6575a08251648fa46058e1a5a1b6b2293f071?s=96&d=mm&r=g","caption":"Chanel Petersen"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/165962","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/66"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=165962"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/165962\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":165977,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/165962\/revisions\/165977"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/165978"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=165962"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=165962"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=165962"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}